Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Suid-Afrikaanse goud op Kanadese bodem.
Suid-Afrikaanse goud op Kanadese bodem. [boodskap #9071] Sa, 12 April 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Een van die mooi dae gaan 'n maatskappy hier
in die Ottawa-rivier probeer om goud te herwin wat
oorspronklik in Suid-Afrika uit die grond gehaal is.
En dit nogal in die rivier net benede Parliament Hill.
Niemand sal jou kwalik neem as jy agterdogtig is
oor hierdie storie, en dink dis net weer een van daardie
goud-"scams" waarvoor Kanadese beroemd is. (Soos
byvoorbeeld die Bre-X vonds onlangs in Indonesiëe
se Busang-streek van die "grootste goudneerslag in
die wereld.") Maar hierdie Suid-Afrikaanse goud in
die Ottawa-rivier het 'n meer nugtere verklaring. Ek
haal aan uit "Macleans":
"The story begins in 1911, when the Royal Canadian
Mint, which has its main gold refining plant on a
cliff above the Ottawa River overlooking the Parlia-
ment Buildings, began to handle gold on a large
scale. The mint's capacity had to be drastically in-
creased during the First World War when South
Africa decided to have its bullion bound for the
Bank of England processed in Ottawa.... The Mint
eventually became the largest gold refinery in the
Western Hemisphere - but not the cleanest...up until
1972 there was not that much reason to guard every
minute particle of gold, because the price was only
$35 dollars an ounce or less...."
Die maatskappy wat die reg gekry het om modder uit die
rivier op te skep en daarin vir goud te soek, sal glo in
die nabye toekoms daarmee begin, noudat die ys op die
rivier omtrent gesmelt is. Die vraag in my kop is net:
Moet die Suid-Afrikaanse regering miskien belangstel in
hierdie goud, deel waarvan tog eintlik hulle s'n is?
Gisteraand het ons in Ottawa ook nog ander goud
uit Suid-Afrika ontgin. Die koor "Soweto Sings" het 'n
uitvoering hier gegee. (Hulle was vantevore bekend as die
Soweto Teachersê Choir.) Dit het my sommer weer ver
laat verlang. Die koor het " Oh, Canada" veel beter
gesing as wat Kanadese ooit kan hoop om dit te sing. Ek
dink hulle het die woorde " we stand on guard for thee"
met veel meer insig gesing as ons, want hulle weet waaroor
dit gaan.

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: Kultuur, kerk en privaatskole
Volgende onderwerp: BLOKKIESRAAISEL
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 22:12:17 MGT 2024