Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kultuur, kerk en privaatskole
Kultuur, kerk en privaatskole [boodskap #9056] Wo, 09 April 1997 00:00 na volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
gal...@ibm.net wrote in article ...
> KULTUUR, KERK en PRIVAATSKOLE

Liewe mense
> Die groot Boek is in my wakis ook. Die nuusgroep gaan oor Afrikaans
> en kultuur, en die rol van die bybel en die kerk in Afrikaans/kultuur/SA
> politiek vind ek steeds interessant en relevant.

Ek het die draad van die gesprek verander soos jy aangedui het.

Ons kan nie genoeg dankbaar wees dat ons twee sulke pragtige
vertalings van die bybel in Afrikaans het nie. Dit laat my terug dink
aan die geskiedenis omtrent 400 jaar gelede toe die vertaling van die
bybel so 'n groot invloed op die bemagtiging van mense in
Noord-Europa gehad het. Mense wat tale soos Nederlands (Frankonies)
of Duits (Swabies) gepraat het, is veel meer bemagtig as mense wat
Saksies gepraat het. Die kerk met die grootste getal Afrikaanse
lidmate het die eienaardige naam NEDERDUITSE Gereformeeerde Kerk. Ek
kom al meer onder die indruk hoe hierdie 'nederduits' intiem vervleg
is met die Saksiese kultuur van ouds. Omdat die Saksies sprekende
mense soveel minder bemagtig is, het hulle veel minder gehad om te
verloor toe hulle op die wankelrige skepies geklim het na Amerika,
Afrika en die verre Asi"e. Hulle het die onbekende ingevaar vanaf 'b
bekende wat nie vir hulle veel ingehou het nie. Dit was, byvoorbeeld,
so hittete, of die mense het vandag in Amerika eerder 'n vorm van
Saksies as amptelike taal gehad.

> Die waarheiskommisie se werk het tog duidelik te doen
> met vergifenis, wat tog 'n christelike begrip is, ens.

Ja, die Waarheid en Versoening Kommisie (WVK) het 'n komplekse taak.
Dit is so maklik om net een kant se saak te oordryf. Daardeur word
die waarheid nie bevorder nie. Wanneer 'n mens na die waarheid soek,
is dit ook belangrik om agter die kap van die byl te kom. Hoekom het
mense 'n bepaalde optrede gehad - watter kragte het die uitkoms
bepaal? Het julle nog nie begin wonder hoekom politici so min op die
WVK die kaarte op die tafel geplaas het nie?

> Van bybellees en kinders en opvoeding gepraat:
> Die Settelaars het kop omhoog gehou wat gelettertheid en skoling betref
> toe hulle in Afrika aangekom het, ten spyte van geweldige probleme.

Jy praat baie waar woorde. Aan my vrou se kant loop die Settelaars se
bloed baie dik. Haar ouma (wat 98 se kan toe staan) het ons baie
vertel hoe haar ouma soms die onmoontlike moes regkry om te keer dat
die kinders nie in onkunde verval nie. Watter lieflike ou mens is my
vrou se ouma nie - al is sy die laaste twee jaar nog selde by haar
positiewe. Sy was so sag, liefderyk en gulhartig - totdat iemand
begin krap het waar dit nie jeuk nie of iets belangriks nagelaat het.
Dan het sy oombliklik in 'n tierwyfie verander - so dat 'n mens
geskrik het vir die felheid daarvan.

Haar naam is Alicia, die Skotse vorm van die griekse woord 'aletea'
vir waarheid. Sy was haar naam waardig.

> (Dit is eintlik 'n godswonder dat hulle nie totaal en al in barbare verander
> het nie). Destyds was "sondagskool" werklik 'n noodsaaklike skool en
> het baie kinders so leer lees en skryf.

My vrou se ouma, en al haar broers en susters, was self nooit op
skool nie. Tog het haar ma, net soos haar ouma, geweet hoe om die
plaashuis in 'n skool te omskep. Haar eie kinders, 'n handvol van
hulle, het vir die eerste keer met 'n formele skool op ho"er skool
kennis gemaak. Sy het gesorg dat hulle nie agter was nie, maar eerder
voor.

> Ek lees daar is 'n geweldige toename in Amerika in privaat opvoeding.
> Ook in Australie verwag hul dat klein,private kerk-skole sal
toeneem.

Dit is 'n wereldwye verskynsel. In sommige lande begin dit nou
gebeur. In ander lande is dit al sowat 'n dekade aan die gang. In
party lande, veral Suid-Anerika, is dit lank reeds 'n leefwyse.

Privaat opvoeding begin toeneem omdat openbare opvoeding misluk. Dis
so eenvoudig as dit. Maar as 'n mens nou begin vra hoekom openbare
opvoeding al hoe meer misluk, besef jy gou dat dit 'n uiters
komplekse saak is. Die redes wat jy aangee, is deel daarvan. Daar is
so baie ander dinge wat 'n mens kan opnoem. Vir my is een van die
belangrikstes dat die staat homself die reg toe eien om die skool te
gebruik vir sy program van sosiale ingenieurswese.

Netso is dit uiters kompleks waarom private opvoeding, veral in
gesinsverband, veel meer suksesvol is as wat 'n mens ooit sou verwag.
Vir my is een van die belangrikste redes dat die opvoeding in liefde
geskied. Hierdie liefde oorkom baie gebrek in die stelsel.

Ek was die naweek weer in die bosveld om plante te gaan bekyk. Daar
het ek 'n boervrou ontmoet wat haar kinders vir vier jaar self
geskool het. Twee van hulle WAS as disleksies gesertifiseer. Hulle
het vroeer uiters swak op skool gevaar. Hulle sukkel nog met hulle
gebreke, maar het met onlangse toetse die sielkundiges verstom. Toe
hulle die boervrou vra hoe sy dit reg gekry het, het sy hulle
geantwoord dat dit met geloof en liefde gebeur het. Skielik het hulle
hierdie gevalle nie meer interssant geag nie. Ek het self met die
kinders gepraat terwyl ons saam in die veld was. Lieflike,
gemaklike, spontane, leergierige, hulpvaardige en gelowige kinders.

> Die regering het natuurlik 'n plig om aan die maksimum aantal kinders
> die beste opvoeding te gee, binne 'n beperkte geldlas. Private skoling
> kan nie en behoort nie hierdie taak te verhinder nie.

Nou verstaan ek jou nie so mooi nie. Ek sal bly wees as jy jou
mening verder opklaar.

Dit is 'n wereldwye verskynsel dat staatsonderwys private skoling nie
net as as kompetisie beskou nie, maar as 'n soort van getuienis wat
bewys dat staatskole aan die misluk is. Myns insiens behoort die
onderwys so ver as moontlik geprivatiseer te wees, behalwe vir waar
mense weens gebrek dit nie kan bybring nie. In so 'n geval sal
private onderwys sekerlik die staat se bydrae tot onderwys verklein.
Indien die staat dan ingestel sou wees op sy eie program van sosiale
ingenieurswese, sal private onderwys die staat sekerlik in sy taak
verhinder.

Beste wense.

At de Lange
Re: Kultuur, kerk en privaatskole [boodskap #9057 is 'n antwoord op boodskap #9056] Wo, 09 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 9 Apr 1997 11:58:50 GMT, "AM de Lange"
wrote:
Re: Kultuur, kerk en privaatskole [boodskap #9065 is 'n antwoord op boodskap #9056] Do, 10 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Louis  is tans af-lyn  Louis
Boodskappe: 32
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Die hele probleem wat ek het met tuisonderrig is dat mens jou jis afbetaal
aan belasting aan die staat en nie geregtig is op enige belastingeise.
Buitendien, wat kry ek vir my buitensporige belastinglas in die Godsverlate
plek ?? Nie eers 'n behoorlike TV program nie (onthou die R177 miljoen ?).
Mind you, dit is eintlik 'n se"en.
Re: Kultuur, kerk en privaatskole [boodskap #9068 is 'n antwoord op boodskap #9056] Vr, 11 April 1997 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 10 Apr 1997 21:20:31 GMT, "Louis" wrote:
Vorige onderwerp: Fotoos
Volgende onderwerp: Suid-Afrikaanse goud op Kanadese bodem.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 14:36:54 MGT 2024