Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Goeie Nuus vir Gloudina
Goeie Nuus vir Gloudina [boodskap #90117] So, 08 Februarie 2004 08:32 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Slegs 2000 dokters en ander in die mediese bedryf ( lees verpleegsters,
kliniekwerkers en vrywillegers by gesondheidsklinieke) van oor die hele SA
het Vrydag aan 'n betoging hier deelgeneem t.o.v. die haglike toestande in
hospitale en onrealistiese en onpraktiese uitvoerbare beoogde wetgewing
tov gesondheidsdienste.
Vooraf het Manto, die minister van ongesondheid, gedreig dat al die betogers
wat in staatshospitale en klinieke werk summier afgedank sal word.
Genieg eerstehandse nuus hieroor, behalwe van famjilie en vriende in SA, kan
van die webblad van enige koerant in SA van Vrydag, Saterdag en vandag
verkry word.

--
Annette
Re: Goeie Nuus Vir Gloudina [boodskap #90120 is 'n antwoord op boodskap #90117] So, 08 Februarie 2004 09:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anonymous-Remailer  is tans af-lyn  Anonymous-Remailer
Boodskappe: 36
Geregistreer: Januarie 2000
Karma: 0
Volle Lid
Another reason for expariates to return to South Africa????

Karl
Re: Goeie Nuus vir Gloudina [boodskap #90135 is 'n antwoord op boodskap #90117] So, 08 Februarie 2004 14:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" wrote

> Vooraf het Manto, die minister van ongesondheid, gedreig dat al die betogers
> wat in staatshospitale en klinieke werk summier afgedank sal word.
> Genieg eerstehandse nuus hieroor, behalwe van famjilie en vriende in SA, kan
> van die webblad van enige koerant in SA van Vrydag, Saterdag en vandag
> verkry word.

Annette, my dier, ek lees gereeld die SA nuus uit
SA koerante. En ek lees nie selektief, soos ek dink
jy gewoonlik doen nie.
Die implikasie in wat jy hierbo skryf, is dat ek wat
Gloudina is dink die gesondheidstelsel in SA
eersteklas is. Jy gooi ook aspersies na my familie
en vriende wat nou, volgens jou, vir my die verkeerde
inligting gee. Verwys jy weer na daardie geval waar
'n vriendin uit Swellendam wat hier kom kuier het,
en wat tot kort gelede nog op die Hospitaalraad
daar gedien het, vir my vertel het dat hulle klein
hospitaal op Swellendam eintlik nou beter is as 'n
ruk gelede.In daardie geval het jy jou Ant Souf
en haar man se opinies aangehaal oor wat hulle dink
van Swellendam se hospitaal. (Hulle bly glo nie in
Swellendam nie.)
Nou, Annette, ek bly in 'n land waar die dokters
gereeld teen die provinsiale regerings betoog oor
alles en nog wat, dus is waaroor jy hierbo skryf,
nie vir my snaaks nie. Ek sien 'n gesonde demokratiese
stelsel, waar die dokters nie bang is om hulle opinies
uit te spel nie. Ek glo ook dat daar heelwaarskynlik
'n krisis in SA is wat gesondheidsdienste betref. Want
in die laaste tien jaar moes daar gelyke dienste
verskaf word aan ALMAL, nie net aan die handjievol
wittes terwyl die nie-blankes maar moet vat wat
hulle kry nie. Ek is seker dat vir die gemiddelde
nie-blanke daar vandag baie beter dienste is as
tien jaar gelede. En dis al wat tel.

Gloudina
Re: Goeie Nuus vir Gloudina [boodskap #90137 is 'n antwoord op boodskap #90135] So, 08 Februarie 2004 15:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glucklich[2]  is tans af-lyn  Glucklich[2]
Boodskappe: 93
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Volle Lid
> Ek is seker dat vir die gemiddelde
> nie-blanke daar vandag baie beter dienste is as
> tien jaar gelede. En dis al wat tel.
>

Ook net jy sal sulke nonsens glo.

Jy bedoel seker die gemiddeelde witte in Kanada is vandag beter af as gevolg
van die gemors wat jou ANC maatjies in SA gemaak het. Dis mos waarheen
meeste goeie Suid Afrikaanse dokters is. Die minder goeie dokters is nog
steeds in SA en die nuwe dokters in SA het kwalifikasies wat verwerf is
nadat die standaarde ongelooflik laag gedaal het om voorsiening te maak vir
jou maatjies.

Hou maar aan dagdroom antie.
Re: Goeie Nuus vir Gloudina [boodskap #90148 is 'n antwoord op boodskap #90137] So, 08 Februarie 2004 21:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Glucklich" wrote

Die minder goeie dokters is nog
> steeds in SA en die nuwe dokters in SA het kwalifikasies wat verwerf is
> nadat die standaarde ongelooflik laag gedaal het om voorsiening te maak vir
> jou maatjies.

Jou ou siek mannetjie, wat dit op jou neem om
die baie goeie en toegewyde dokters wat my familie
en vriende van uitstekende sorg bedien so uit te
skel vir al wat sleg is. Kyk maar liewer in jou
eie agterbuurt. Mens hoor gereeld op die
Amerikaanse kanale van die goed wat hulle nou
weer aanvang, gewoonlik in Florida-hospitale,
waar hulle die verkeerde operasie op die
verkeerde pasiënt uitvoer. En nie al die dokters
uit SA is so goed nie. Die een wat staatsgetuie
teen Frederick Botha sou word se lisensie
is geweier nog voordat hulle gehoor het dat
hy in die Wouter Basson skandaal betrokke
was. Die goeie dokters uit SA het gewyk
gedurende die apartheidsdae.

Gloudina
Re: Goeie Nuus vir Gloudina [boodskap #90149 is 'n antwoord op boodskap #90148] So, 08 Februarie 2004 22:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glucklich[2]  is tans af-lyn  Glucklich[2]
Boodskappe: 93
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Volle Lid
> Die goeie dokters uit SA het gewyk
> gedurende die apartheidsdae.
>

Ek weet, hulle het nog altyd groener weivelde gesoek. Onder die vorige
regering was die motiveering geld en nou is dit vir veiligheids redes, en
regverdigheid.

Dit moet seker vir jou iets sê
Re: Goeie Nuus vir Gloudina [boodskap #90151 is 'n antwoord op boodskap #90149] Ma, 09 Februarie 2004 00:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Glucklich wrote

> Ek weet, hulle het nog altyd groener weivelde gesoek. Onder die vorige
> regering was die motiveering geld en nou is dit vir veiligheids redes, en
> regverdigheid.
>
> Dit moet seker vir jou iets sê

Nee, die dokters wat uit SA is gedurende die
apartheidsjare het dit gedoen omdat hulle nie
in 'n stalinistiese diktatorskap wou leef nie.
Hulle het dit ook gedoen omdat hulle nie hul
kinders in die SA Weermag ingedwing wou
sien nie. Ek het 'n Dr. Liebenberg hier in
Kanada geken, wie se seun in 'n motorongeluk
dood is, wat met smart in sy oë gesê het dat
hy uit SA weg is omdat hy nie sy seun in die
weermag wou sien op swartes skiet nie, en
toe gaan die kind tog vroeg op 'n Kanadese
pad dood. ( Dié Dr. Liebenberg kon nie goed
Afrikaans praat nie. Hy was jonger as ek, maar
is ongelukkig ook al aan 'n hartaanval dood.)
Jy sê dat die dokters wat nou uit SA padgee,
dit doen "om regverdigheid." Moenie my laat
lag nie.

Gloudina
Re: Goeie Nuus Vir Gloudina??? [boodskap #90154 is 'n antwoord op boodskap #90117] Ma, 09 Februarie 2004 02:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anonymous-Remailer  is tans af-lyn  Anonymous-Remailer
Boodskappe: 36
Geregistreer: Januarie 2000
Karma: 0
Volle Lid
I would guess that this is a negative aspect for anyone
considering returning to South Africa.

Apart from the well publicised violence, it seems that the issue
of work (for boths whites and blacks) is a very contentious
issue.

Karl
Re: Goeie Nuus vir Gloudina [boodskap #90159 is 'n antwoord op boodskap #90151] Ma, 09 Februarie 2004 07:05 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:n8AVb.3349$Wb2.551@news01.bloor.is.net.cable.rogers.com ...
> Nee, die dokters wat uit SA is gedurende die
> apartheidsjare het dit gedoen omdat hulle nie
> in 'n stalinistiese diktatorskap wou leef nie.
Glo jy wragtag die drek wat jy kwytraak ou antie? Dekerlik weet jy nie wat
jy nodig het vir 'n diktatorskap nie? Iets soos 'n 2/3de meerderheid in
die parlement sodat jy die grondwet kan herskryf om jou te pas, soos Zim,
Namibië en SA vinnig op pad soontoe. In die ou SA het die regerende party
nooit naby daai las meerderheid gekom nie en was daar sterk opposisiepartye.

> Hulle het dit ook gedoen omdat hulle nie hul
> kinders in die SA Weermag ingedwing wou
> sien nie. Ek het 'n Dr. Liebenberg hier in
> Kanada geken, wie se seun in 'n motorongeluk
> dood is, wat met smart in sy oë gesê het dat
> hy uit SA weg is omdat hy nie sy seun in die
> weermag wou sien op swartes skiet nie
Daar is mos maar die lafaarde onder ons ook..........

> Jy sê dat die dokters wat nou uit SA padgee,
> dit doen "om regverdigheid." Moenie my laat
> lag nie.
Ek weet nie van regverdigheid nie, maar as 'n tandarts op die platteland
moet werk en die hospitaal op die dorp het niks behalwe tange en bloudraad
om mee te werk nie, wat sal hy maak? A la Gloudina sy lewe omsit, of
verkas na 'n plek toe waar sy kundigheid en dienste in aanvraag is? Ek
weet gediggies is anders, maar 'n dokter, ingenieur of argitek wat 'n langer
termyn stagneer in sy werk, verloor so baie dat dit moeilik is om dit op te
vang.
Vorige onderwerp: Wat sal ons doen?
Volgende onderwerp: Laat jou stem hoor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 23 02:44:13 MGT 2024