Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Baine's Kloof
Baine's Kloof [boodskap #89448] Wo, 21 Januarie 2004 08:54 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Vroeër (September?) het Gloudina gevra of die beroemde pad en pas
bouer van doe 19de eeu Sir Thomas Baine was. Lyk my dis 'n algemene
fout, want hierdie afgelope naweek se Rapport sê ook dit was hy.
Thomas Baine was bekend as skilder van Wes-Kaapse en veral Oos-Kaapse
tonele en mense, defnitief geen pas bouer nie.

Iets wat ek nie van Andrew Geddes Bain genoem het nie was dat hy ook
deur sy pas bouery SA se eerste Geoloog was.

Die Ecca pas is so 10 Km noord van Grahamstown. Dit vorm deel van die
pad tussen lg. en Fort Beaufort, wat oorspronklik as "The Queen'S
Road" bekend was ondat die Queen (was dit Vicky?) opdrag gegee het vir
die bou daarvan sodat haar soldate ens. makliker toegang tot British
Kaffraria (spel?) kon hê. Die pad gaan deur 'n baie ruwe terrein en
daar is uigrawings wat skrik vir niks. Eers die Ecca pas, dan so
halfpad die "Koonab (eintlik Quanabe) Cuttings" en dan so 10 Km van
Fort Beaufort af "The Towers," so genoem omdat hulle van diep onder in
die vallei soos die ruïnes van ou torings lyk.

Dis moes toentertyd nogal 'n prestasie gewees het om die pad te bou.
Ek glo nie Alfie het toe al dinamiet uigevind nie, dus was dit seker
maar meestal pik en graaf. Woes!

Drom
Re: Baine's Kloof [boodskap #89449 is 'n antwoord op boodskap #89448] Wo, 21 Januarie 2004 09:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Mag wees, maar ek dink nie hy het met 'n pik en graaf die werk gedoen nie -
dit is ander, soos gevangenis en armes wat dit moes doen.
Sou hy ook 'n argitek gewees het, of was die argitek die skilder?
--
Annette

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0401210054.1fa85714@posting.google.com...
> Vroeër (September?) het Gloudina gevra of die beroemde pad en pas
> bouer van doe 19de eeu Sir Thomas Baine was. Lyk my dis 'n algemene
> fout, want hierdie afgelope naweek se Rapport sê ook dit was hy.
> Thomas Baine was bekend as skilder van Wes-Kaapse en veral Oos-Kaapse
> tonele en mense, defnitief geen pas bouer nie.
>
> Iets wat ek nie van Andrew Geddes Bain genoem het nie was dat hy ook
> deur sy pas bouery SA se eerste Geoloog was.
>
> Die Ecca pas is so 10 Km noord van Grahamstown. Dit vorm deel van die
> pad tussen lg. en Fort Beaufort, wat oorspronklik as "The Queen'S
> Road" bekend was ondat die Queen (was dit Vicky?) opdrag gegee het vir
> die bou daarvan sodat haar soldate ens. makliker toegang tot British
> Kaffraria (spel?) kon hê. Die pad gaan deur 'n baie ruwe terrein en
> daar is uigrawings wat skrik vir niks. Eers die Ecca pas, dan so
> halfpad die "Koonab (eintlik Quanabe) Cuttings" en dan so 10 Km van
> Fort Beaufort af "The Towers," so genoem omdat hulle van diep onder in
> die vallei soos die ruïnes van ou torings lyk.
>
> Dis moes toentertyd nogal 'n prestasie gewees het om die pad te bou.
> Ek glo nie Alfie het toe al dinamiet uigevind nie, dus was dit seker
> maar meestal pik en graaf. Woes!
>
> Drom
Re: Baine's Kloof [boodskap #89458 is 'n antwoord op boodskap #89448] Wo, 21 Januarie 2004 14:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Drom" wrote

> Vroeër (September?) het Gloudina gevra of die beroemde pad en pas
> bouer van doe 19de eeu Sir Thomas Baine was. Lyk my dis 'n algemene
> fout, want hierdie afgelope naweek se Rapport sê ook dit was hy.
> Thomas Baine was bekend as skilder van Wes-Kaapse en veral Oos-Kaapse
> tonele en mense, defnitief geen pas bouer nie.

Die pas word, dink ek, Bainskloofpas gespel,
en die kloof Bainskloof. Was Sir Thomas se van
met 'n -e- aan die einde gespel, net soos die
skilder s'n?
Soos vantevore gesê, ek het 'n spesiaal
sagte plekkie vir Bainskloof, want ek het
in my eerste drie jare op Stellenbosch elke
September die C.S.V. kamp daar bygewoon
en het hier in Ottawa 'n album vol foto's van
daardie besoeke.

Gloudina
Re: Baine's Kloof [boodskap #89463 is 'n antwoord op boodskap #89449] Wo, 21 Januarie 2004 18:14 Na vorige boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:...

> Sou hy ook 'n argitek gewees het, of was die argitek die skilder?
> --
> Annette

Ek weet nie, maar ek dink laasgenoemde is dalk reg. Bain was te besig
om na klippe en bamdiete en armlastiges wat die klippe kap te kyk.

Drom
Vorige onderwerp: Howard Dean
Volgende onderwerp: Bainskloofpas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 02:40:05 MGT 2024