Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Rassisme en onkundigheid speel beslis 'n rol
Rassisme en onkundigheid speel beslis 'n rol [boodskap #88371] Wo, 17 Desember 2003 18:43
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Rassisme en onkundigheid speel beslis 'n rol
Charles Miller


Na aanleiding van 'n onlangse brief in die Herald rakende toets-
beamptes, wil ek graag my ervaring met lesers deel. Ses onderwysers
van Randfontein is onlangs deur toetsbeamptes van Carletonville se
verkeersafdeling vir Kode 10-lisensies getoets. Al die betrokke
persone het verskeie bestuurslesse ter voorbereiding ontvang. Die
eerste kandidaat se afspraak was om 08:00 maar hy moes wag tot 08:20
omdat die baan in orde gekry moes word. Toe hoor hy dat daar 'n
dubbele bespreking is en dat hy weer moes wag. Tien minute later het
sy toets begin met twee toetsbeamptes, en nog tien minute later was
sy toets verby. Volgens die twee toetsbeamptes wat tussen 40 en 50
meter van die voertuig gestaan en gesels het, het die voertuig 'n
millimeter terugbeweeg teen die bultjie. Nie die kommentaar van die
bestuurskoolpersoneel of ander ooggetuies kon hulle oortuig nie. Op
die toetsvorm is die kandidaat ook verskeie kere gepenaliseer vir
aktiwiteite wat wel korrek uitgevoer is. Ongelukkig was die hoof van
die lisensie-afdeling by wie hy 'n klagte aanhangig wou maak, op
daardie stadium nog nie op kantoor nie en kon die assistent-hoof,
mnr. Riaan Theunissen, slegs voorstel dat die saak na die
inspektoraat verwys word. Hy het wel genoem dat daar net een
toetsbeampte tydens die toets teenwoordig mag wees. Moes hulle mekaar
dan in hulle getuienis ondersteun? Die suksesvolle persone moes die
volgende dag terugkeer vir die uitreiking van die lisensies. Na vier
ure se rondstuur tussen bakoord na stuurboord met onvolledige vorms,
onkundige en onwillige personeel, kan niemand ons kwalik neem as ons
meen dat rassisme, algehele onbekwaamheid en ongeorganiseerdheid 'n
groot rol in hierdie martelproses gespeel het nie. Mnr. Moses
Maselesa, bestuurder: openbare veiligheid en sekuriteit van die
Merafong-munisipaliteit, antwoord: Daar word deeglik kennis gedra van
mnr. Miller se brief en al die frustrasies soos uiteen gesit. Hierdie
kantoor wil dit egter op rekord stel dat die provinsiale inspektoraat
dieselfde dag van die voorval in kennis gestel is. Daar is besluit
dat die betrokke toetsbeampte reg opgetree het om die applikant te
laat druip vir die aktiwiteit wat uitgevoer was. Die betrokke persoon
is genooi om 'n volgende afspraak kosteloos te maak vir sy
bestuurders-lisensie. 'n Ander toetsbeampte sou hom/haar toets. Die
kantoor wil egter inwoners aanraai om enige probleme en frustrasies
wat op grondvlak ervaar word, by die toesighoudende personeel van
daardie betrokke afdeling aan te meld. Daar word dringend aandag
gegee aan alle klagtes of probleme, soos omskryf deur die Bato Pele
(mense eerste) beleid.

http://www.news24.com/Regional_Papers/Components/Category_Ar ticle_Text
_Template/0,,348_1458325~A,00.html
Vorige onderwerp: Afrikaners stroom om 'verlede te onthou'
Volgende onderwerp: Nuwe poste is nie reg gehanteer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 12 19:02:56 MGT 2024