Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaners stroom om 'verlede te onthou'
Afrikaners stroom om 'verlede te onthou' [boodskap #88368] Wo, 17 Desember 2003 18:43
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Afrikaners stroom om 'verlede te onthou'
ALET RADEMEYER

PRETORIA. - Afrikaners het gister van heinde en ver na die
Voortrekkermonument buite Pretoria gestroom om die "verlede te
onthou", "ons kinders hul erfenis te leer" en "God se nabyheid op te
soek".

Sowat 6 000 mense het die Geloftediens bygewoon.

Die monument was stampvol en vroue en kinders, jonges en grysaards
het onder tente gesit. Honderde het gewag totdat die sonlig net ná
12:00 op die senotaaf geval het waarna Die Stem gesing is.

As deel van Versoeningsdagvierings was me. Luli Callinicos, prof.
Willie Esterhuyse en me. Helen Sebidi, lede van die raad van trustees
van die Vryheidspark, gister gaste op die Geloftediens terwyl
uitvoerende lede van die Voortrekkermonument se historiese vereniging
op uitnodiging van die trustees van die Vryheidspark verrigtinge by
die Uniegebou bygewoon het.

Dit was gister die eerste keer dat nie-Afrikaners op die byeenkoms
ontvang is om die plegtigheid van 16 Desember mee te maak.

Vir talle was gister 'n eerste be soek aan die monument, terwyl
ander "op die paaie van die geskiedenis teruggeloop het".

Kleuters is aan die hand van ma's en pa's vertel van
Voortrekkertannies wat met ossewaens oor die Drakensberg getrek het
en wat by Bloedrivier gebeur het toe 464 Boere duisende Zoeloes
verslaan het.

"Dis vir my 'n hartroerende, hartseerdag. Ek is al oud en dis vir my
moeilik om te verander. Ek het vandag hier vergifnis gevra vir as ek
verkeerd was," het 'n emosionele mnr. Paul Bester (60) van Welkom
gesê.

"Ek is eintlik 'n Hollander, maar 'n mens voel saam met die Afrikaner
oor sy verlede," het Trish van der Poel (18) van Cullinan gesê .

Mnr. John Rodrich van Kimberley kom al vier jaar om sy "kinders van
hul erfenis te leer".

Me. Sam Scaife van Midrand het gekom omdat dit "iets is wat ek nog
altyd wou doen". Haar vriend, mnr. Arif Mahomed, het gesê dit pla hom
glad nie dat hy een van enkele anderskleuriges was nie. Hy sê dit
was 'n cool en insiggewende ervaring.

Marishka en Franco Breytenbach (9), 'n tweeling van Ermelo, was veral
beï ndruk met hoe goed die monument gebou is. Dit was ook vir hulle
lekker om te kan hoor en sien wat met hul voorouers gebeur het.

Mnr. Sampie de Beer (69) van Carletonville het onthou hoe hy in 1949
met 'n fakkel uit Potchefstroom gehardloop het vir die inwyding van
die monument. "Ek sê dit kan nog goed gaan. Ons moet net besef dit
help nie om om te kyk nie."

Prof. Piet Strauss, hoofleier van die Voortrekkerbeweging, het die
diens gelei. Hy het gesê die vraag is soos telkens in die
verlede: "Afrikaner, waar gaan jy heen? En die antwoord: Terug na U,
my God." Hy het gesê versoening is alleenlik bereikbaar as mense weer
na die wil van God vra en die samelewing op Christelike waardes begin
bou. "Die Afrikaner sal alleen reg op voortbestaan hê as hy sy
gemeenskap rig op die Bybel en Christelike waardes. Ons voortbestaan
hang nie af van die meerderheid wat bereid is om ons te verdra nie,
of van die Grondwet nie. Dit hang af of ons na die wil van God vra en
Sy eer soek."

http://www.news24.com/Die_Volksblad/Nuus/0,,5-83_1460448,00. html
Vorige onderwerp: Sadam gevang
Volgende onderwerp: Rassisme en onkundigheid speel beslis 'n rol
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 12 18:08:30 MGT 2024