Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Soek werk in London Engeland
Soek werk in London Engeland [boodskap #87867] Di, 02 Desember 2003 19:37 na volgende boodskap
Kobus Langeveldt  is tans af-lyn  Kobus Langeveldt
Boodskappe: 2
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Junior Lid
Hello almal.

Miskien is daar iemand hier wat kan help.

My jongste broer is op die oomblik in Engeland op soek na werk. Hy is op een
van daai "working holidays". Hy is nou 22 en volgens my alreeds 'n goeie
boer (die tipe wat op 'n plaas boer:-)) en harde werker. Hy boer met koring,
beeste, skape in die Wes-Kaap, maar met die swak oeste van vanjaar moes hy
iewers gaan geld maak en het toe besluit om in Engeland (London) te gaan
probeer.

Weet enige iemand dalk waar hy kan gaan aanklop om een of ander plaaswerk te
kry? Of adresse van websites waar hy bietjie kan gaan inligting kry. Sy
eerste keuse sal natuurlik plaaswerk wees, maar enige inligting oor ander
werk sal ook waardeer word.

Baie Dankie,
Kobus
Re: Soek werk in London Engeland [boodskap #87869 is 'n antwoord op boodskap #87867] Di, 02 Desember 2003 19:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois  is tans af-lyn  Francois
Boodskappe: 5
Geregistreer: November 2003
Karma: 0
Junior Lid
Kyk op www.thegumtree.co.uk en www.tntmag.co.uk
Re: Soek werk in London Engeland [boodskap #87872 is 'n antwoord op boodskap #87867] Di, 02 Desember 2003 21:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Kobus Langeveldt" skryf in boodskap news:bqipjn$iv5$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Hello almal.
>
> Miskien is daar iemand hier wat kan help.
>
> My jongste broer is op die oomblik in Engeland op soek na werk. Hy is op een
> van daai "working holidays". Hy is nou 22 en volgens my alreeds 'n goeie
> boer (die tipe wat op 'n plaas boer:-)) en harde werker. Hy boer met koring,
> beeste, skape in die Wes-Kaap, maar met die swak oeste van vanjaar moes hy
> iewers gaan geld maak en het toe besluit om in Engeland (London) te gaan
> probeer.
>
> Weet enige iemand dalk waar hy kan gaan aanklop om een of ander plaaswerk te
> kry? Of adresse van websites waar hy bietjie kan gaan inligting kry. Sy
> eerste keuse sal natuurlik plaaswerk wees, maar enige inligting oor ander
> werk sal ook waardeer word.
>
> Baie Dankie,
> Kobus
>

London is die verkeerde plek om na plaaswerk te soek, mense adverteer
gewoonlik nie hier vir plaaswerkers nie. Maar jy kan op hierdie site kyk wat
spesifiek met plaaswerk ens te doen het:
http://www.payaway.co.uk/diragri.htm Dit sluit werk in Australie ens. in.,
maar daar is heelwat oor geleenthede in Brittanje. As hy noodwendig in
London wil werk is 'n goeie opsie vir hom een van die groot landskap,
grounds maintenance ens. kontrakteurs vir die parke. Hulle neem baie
Suid-Afrikaners in diens wat ondervinding het van boer (hulle neem seker aan
dat hulle gewoond is daaraan om buite te werk, weet van plante, ens.). Een
van die grootstes hier rond is Serviceteam wat die kontrak het vir baie van
die parke in die Londense munisipaliteite. Hy kan die nommer by directory
enquiries kry, of deur sy plaaslike council te bel en vir die nommer van
hulle contractor te vra. 'n Ander opsie naby Londen is om die trein te neem
na die groot dorpe in Surrey en Hertfordshire waar die agentskappe baie keer
na mense soek wat na perde kan omsien (daar is baie ryk mense daar rond wat
groot stalle het). 'n Werk by iemand soos Serviceteam sal baie meer betaal
as wat hy op 'n plaas kan verdien.

Lorinda
Re: Soek werk in London Engeland - Baie Dankie [boodskap #87903 is 'n antwoord op boodskap #87867] Wo, 03 Desember 2003 19:25 Na vorige boodskap
Kobus Langeveldt  is tans af-lyn  Kobus Langeveldt
Boodskappe: 2
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Junior Lid
Net gou dankie sê vir Francois en Lorinda. Die inligting sal definitief
help.
Waardeer dit baie.
Vorige onderwerp: Gewonde ma veg soos tier ná skote wat haar seun eis
Volgende onderwerp: Verdere koerantopskrifte van die toekoms
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:43:28 MGT 2024