Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Slapgat Afrikaners
Slapgat Afrikaners [boodskap #8541 is 'n antwoord op boodskap #8542] Vr, 14 Februarie 1997 00:00 na volgende boodskap
onbekend  is tans af-lyn  onbekend
Boodskappe: 3
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Vir die die klomp slapgatte wat nie hul taal reg gebruik nie
die volgende:

ê = alt 136
é = alt 130
ë = alt 137
è = alt 138 ....

dit is: druk die 'alt' sleutel in en hou dit ingedruk terwyl
die syfers 136 (of 130 of 137 ..) op die numeriese
sleutelbord gedruk word. Maak seker die 'Num lock' liggie
brand.
Asseblief: e^ is nie korrekte Afrikaans nie!
En as jou nuusleser nie hierdie karakters ondersteun nie,
kry 'n ander een. Hierdie is gedoen met FreeAgent, beide
Internet explorer en Nestcape navigator se nuuslesers
ondersteun ook hierdie formaat
Vir ander karakters: eksperimenteer met alt!
äáàëêéèïíöôóüûú
Re: Slapgat Afrikaners [boodskap #8542 is 'n antwoord op boodskap #8541] Vr, 14 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
In article onbekend@onbekend (onbekend) writes:
> From: onbekend@onbekend (onbekend)
> Subject: Slapgat Afrikaners
> Date: Fri, 14 Feb 1997 15:52:43 GMT
> Summary: reply to, vy...@loxinfo.co.th
> Keywords: toets die keyword option

> Vir die die klomp slapgatte wat nie hul taal reg gebruik nie
> die volgende:

> ê = alt 136
> é = alt 130
> ë = alt 137
> è = alt 138 ....

Daar is armgatte, slapgatte, slimgatte. Die armgatte lees omega,
theta, delta, phi in jou voorbeeld as hulle slimgatte is.

Dan is daar die ook die volgatte. Hulle is gemaak toe die gatte
opgeraak het.

Beste groete
At de Lange
Re: Slapgat Afrikaners [boodskap #8556 is 'n antwoord op boodskap #8542] Sa, 15 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Vir die arme drommel wat nie die gutspa gehad het om sy naam te pos by hierdie
stukie briljante gebruik van sy sleutelbord en die volgende gepos het - jy het
natuurlik vergeet van die o met 'n kappie op ens .....
> Vir die die klomp slapgatte wat nie hul taal reg gebruik nie
> die volgende:
>
> ê = alt 136
> é = alt 130
> ë = alt 137
> è = alt 138 ....
>
> dit is: druk die 'alt' sleutel in en hou dit ingedruk terwyl
> die syfers 136 (of 130 of 137 ..) op die numeriese
> sleutelbord gedruk word. Maak seker die 'Num lock' liggie
> brand.
> Asseblief: e^ is nie korrekte Afrikaans nie!
> En as jou nuusleser nie hierdie karakters ondersteun nie,
> kry 'n ander een. Hierdie is gedoen met FreeAgent, beide
> Internet explorer en Nestcape navigator se nuuslesers
> ondersteun ook hierdie formaat
> Vir ander karakters: eksperimenteer met alt!
> äáàëêéèïíöôóüûú
>

Kry 'n lewe man - volgende wat jy gaan doen is om ons almal te beveel om 'n
speltoetser te gebruik voordat ons pos hier!!!! En as jy met so 'n patetiese
gesindheid hierheer wil kom, pos ten minste jou naam sodat ons kan weet wie die
moroon is wat diskspasie hier kom mors.

Terloops - ons is nie besig om die HAT te skryf of 'n akademiese redepreweling
te voer om so die ander te oorbluf met ons taalvaardighede nie - ons gesels
net!!!!!!!!

-Gideon-
Re: Slapgat Afrikaners [boodskap #8569 is 'n antwoord op boodskap #8542] Ma, 17 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ro...  is tans af-lyn  ro...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Volle Lid
In , onbekend@onbekend (onbekend) writes:
> Vir die die klomp slapgatte wat nie hul taal reg gebruik nie
> die volgende:
>
> ê = alt 136
> é = alt 130
> ë = alt 137
> è = alt 138 ....
>
> dit is: druk die 'alt' sleutel in en hou dit ingedruk terwyl
> die syfers 136 (of 130 of 137 ..) op die numeriese
> sleutelbord gedruk word. Maak seker die 'Num lock' liggie
> brand.
> Asseblief: e^ is nie korrekte Afrikaans nie!
> En as jou nuusleser nie hierdie karakters ondersteun nie,
> kry 'n ander een. Hierdie is gedoen met FreeAgent, beide
> Internet explorer en Nestcape navigator se nuuslesers
> ondersteun ook hierdie formaat
> Vir ander karakters: eksperimenteer met alt!
> ibd`egjkhonlDE
>

Ek weet nie of ek net 'n dom nuusleser het nie, maar vir my lyk dit
asof die alt-sleutel kodes: 'j' 'i' 'k' en 'h' produseer in stede van die kappies
en deeltekens wat mens gewoont is.

Daarom wil ek ter wille van die arme drommels soos ek wat nie die
ho"er orde alt-kodes kan ontvang nie vra dat die boodskappe liewer
met aparte karakters geskryf word in stede van die alt-kodes.

Stef
Re: Slapgat Afrikaners [boodskap #8570 is 'n antwoord op boodskap #8542] Ma, 17 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frikkie Potgieter  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Gideon van Zyl wrote in article
...
Vir die arme drommel wat nie die gutspa gehad het om sy naam te pos by
hierdie
stukie briljante gebruik van sy sleutelbord en die volgende gepos het - jy
het
natuurlik vergeet van die o met 'n kappie op ens .....
> Vir die die klomp slapgatte wat nie hul taal reg gebruik nie
> die volgende:
>
> ê = alt 136
> é = alt 130
> ë = alt 137
> è = alt 138 ....
>
> dit is: druk die 'alt' sleutel in en hou dit ingedruk terwyl
> die syfers 136 (of 130 of 137 ..) op die numeriese
> sleutelbord gedruk word. Maak seker die 'Num lock' liggie
> brand.
> Asseblief: e^ is nie korrekte Afrikaans nie!
> En as jou nuusleser nie hierdie karakters ondersteun nie,
> kry 'n ander een. Hierdie is gedoen met FreeAgent, beide
> Internet explorer en Nestcape navigator se nuuslesers
> ondersteun ook hierdie formaat
> Vir ander karakters: eksperimenteer met alt!
> äáàëêéèïíöôóüûú
>

Kry 'n lewe man - volgende wat jy gaan doen is om ons almal te beveel om 'n

speltoetser te gebruik voordat ons pos hier!!!! En as jy met so 'n
patetiese
gesindheid hierheer wil kom, pos ten minste jou naam sodat ons kan weet wie
die
moroon is wat diskspasie hier kom mors.

Terloops - ons is nie besig om die HAT te skryf of 'n akademiese
redepreweling
te voer om so die ander te oorbluf met ons taalvaardighede nie - ons gesels

net!!!!!!!!

-Gideon-

Lekker Gideon, Vertel daardie Poepol wat aan die gang is.
Darem nog `n BOERSEUN in die rondte.
Groete
Frikkie

pot...@global.co.za
Re: Slapgat Afrikaners [boodskap #8575 is 'n antwoord op boodskap #8542] Di, 18 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
onbekend  is tans af-lyn  onbekend
Boodskappe: 3
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
On Mon, 17 Feb 1997 02:45:24 GMT, ro...@physics.utoronto.ca wrote:

> Ek weet nie of ek net 'n dom nuusleser het nie, maar vir my lyk dit
> asof die alt-sleutel kodes: 'j' 'i' 'k' en 'h' produseer in stede van die kappies
> en deeltekens wat mens gewoont is.
>
> Daarom wil ek ter wille van die arme drommels soos ek wat nie die
> ho"er orde alt-kodes kan ontvang nie vra dat die boodskappe liewer
> met aparte karakters geskryf word in stede van die alt-kodes.
>
> Stef
>

As jy in Afrikaans wil lees en skryf, dan lees en skryf jy
in Afrikaans, en as jou nuusleser nie Afrikaans kan lees
nie, dan is Afrikaans nie jou erns (hê-hê) nie.
Overgesetsynde: Kry vir jou 'n nuusleser wat Afrikaans kan
praat!

Diedeleff
Re: Slapgat Afrikaners [boodskap #8576 is 'n antwoord op boodskap #8542] Di, 18 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vyg  is tans af-lyn  Vyg
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Volle Lid
Hello daar Mnr Onbekend,

Ek wonder hoe hoog jou eie standaard
vir afrikaans is, hoekom wys jy ons
nie slimkop !

Ek gaan jou dophou en die oomblik
wat jy slapgat word, spring ek op jou
soos 'n leeu op 'n bokkie spring !
(hê-hê).

Tog, indien jy nog sulke wyshede het
om te offer, moenie aarsel om ons
te laat weet nie. ( ;-) - 3=

Vyg
Re: Slapgat Afrikaners [boodskap #8620 is 'n antwoord op boodskap #8542] Vr, 21 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ro...  is tans af-lyn  ro...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Volle Lid
In , onbekend@onbekend (onbekend) writes:
> On Mon, 17 Feb 1997 02:45:24 GMT, ro...@physics.utoronto.ca
> wrote:
>
>> Ek weet nie of ek net 'n dom nuusleser het nie, maar vir my lyk dit
>> asof die alt-sleutel kodes: 'j' 'i' 'k' en 'h' produseer in stede van die kappies
>> en deeltekens wat mens gewoont is.
>>
>> Daarom wil ek ter wille van die arme drommels soos ek wat nie die
>> ho"er orde alt-kodes kan ontvang nie vra dat die boodskappe liewer
>> met aparte karakters geskryf word in stede van die alt-kodes.
>>
>> Stef
>>
> As jy in Afrikaans wil lees en skryf, dan lees en skryf jy
> in Afrikaans, en as jou nuusleser nie Afrikaans kan lees
> nie, dan is Afrikaans nie jou erns (hê-hê) nie.
> Overgesetsynde: Kry vir jou 'n nuusleser wat Afrikaans kan
> praat!
>
> Diedeleff
>

En as ek nie lus is nie? Wat kan jy doen?

As mense wil voorgaan om sulke karakter te gebruik is dit hulle
saak. Maar as ek nie lus het sulke karakter te gebruik nie is
dit my saak.

Stef
Re: Slapgat Afrikaners [boodskap #8634 is 'n antwoord op boodskap #8542] So, 23 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 21 Feb 1997 13:52:44 GMT, ro...@physics.utoronto.ca wrote:

saak. Maar as ek nie lus het sulke karakter te gebruik nie is[/color]
> dit my saak.>>>

miskien gooi hy 'n kappie soos 'n boemerang na jou

beskinner jou iewers in 'n woordebok

kla jou aan ingevolge die spelreels

of iets
Re: Slapgat Afrikaners [boodskap #8640 is 'n antwoord op boodskap #8542] Ma, 24 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Etienne Marais[2]  is tans af-lyn  Etienne Marais[2]
Boodskappe: 23
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Junior Lid
Gideon van Zyl (gide...@xpoint.co.za) wrote:
: Vir die arme drommel wat nie die gutspa gehad het om sy naam te pos by hierdie
: stukie briljante gebruik van sy sleutelbord en die volgende gepos het - jy het
: natuurlik vergeet van die o met 'n kappie op ens .....
: > Vir die die klomp slapgatte wat nie hul taal reg gebruik nie
: > die volgende:
: >
: > ê = alt 136
: > é = alt 130
: > ë = alt 137
: > è = alt 138 ....

ˆ vir jou = 'n blou H op my terminaal, en is 'n geel j waar jy geskryf het.
‚ vir jou = 'n blou B " " i
‰ vir jou = 'n blou I " " k
Š vir jou = 'n blou J " " h

Behalwe hiervoor kry ek die vreemdste griekse simbole en
prentjies wat lyk soos die hierogliewe wat in die
Egiptiese Sontempel is. (Waarvan meeste nog nie eers
ontsyfer is nie !, hoe moet ek dan). Verder sal my
terminaal skielik begin flikker as jy net die regte
'control characters' deurstuur....

SO: Gebruik maar die 'spesiale karakters' maar moet asb.
tog nie almal oorreed om dit te doen nie, dit sal
'n hele nuwe taal tot gevolg he^ ! (Hmmm,
interesante idee).

Etienne
Re: Slapgat Afrikaners [boodskap #8649 is 'n antwoord op boodskap #8542] Di, 25 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ro...  is tans af-lyn  ro...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Volle Lid
In , fe...@is.co.za (Koos) writes:
> On Fri, 21 Feb 1997 13:52:44 GMT, ro...@physics.utoronto.ca wrote:
>
> > saak. Maar as ek nie lus het sulke karakter te gebruik nie is
>> dit my saak.>>>
>
> miskien gooi hy 'n kappie soos 'n boemerang na jou
>
> beskinner jou iewers in 'n woordebok
>
> kla jou aan ingevolge die spelreels
>
> of iets

Stick and stones
might break my bones
but kappies wil never hurt me!

Onverskrokke
Stef
Re: Slapgat Afrikaners [boodskap #8650 is 'n antwoord op boodskap #8542] Di, 25 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Blikkies  is tans af-lyn  Blikkies
Boodskappe: 13
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Man, jy moet darem lekker wees!
Hier in Los Angeles het ek regtig nie n kappietjie op die e.
So, as dit my slapgat maak, dan is ek seker maar.
In my eie oe, (soos in ogen!!) is ek eintlik een van die slimmes, want ek
is hier, en nie daar!!
deon.
Always question! Never simply accept and follow!
Re: Slapgat Afrikaners [boodskap #8651 is 'n antwoord op boodskap #8542] Di, 25 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Blikkies  is tans af-lyn  Blikkies
Boodskappe: 13
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
U tell him Frikkie!
Always question! Never simply accept and follow!
Re: Slapgat Afrikaners [boodskap #8659 is 'n antwoord op boodskap #8542] Wo, 26 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Teunis van Ree  is tans af-lyn  Teunis van Ree
Boodskappe: 33
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Blikkies (blik...@aol.com) wrote:
: Man, jy moet darem lekker wees!
: Hier in Los Angeles het ek regtig nie n kappietjie op die e.
: So, as dit my slapgat maak, dan is ek seker maar.
: In my eie oe, (soos in ogen!!) is ek eintlik een van die slimmes, want ek
: is hier, en nie daar!!

So jy is ook een van die banggatte ne?
Re: Slapgat Afrikaners [boodskap #8675 is 'n antwoord op boodskap #8542] Vr, 28 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
cobus van bosch  is tans af-lyn  cobus van bosch
Boodskappe: 46
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
van...@ilink.nis.za (Teunis vanRee) wrote:

> Blikkies (blik...@aol.com) wrote:
> : Man, jy moet darem lekker wees!
> : Hier in Los Angeles het ek regtig nie n kappietjie op die e.
> : So, as dit my slapgat maak, dan is ek seker maar.
> : In my eie oe, (soos in ogen!!) is ek eintlik een van die slimmes, want ek
> : is hier, en nie daar!!

> So jy is ook een van die banggatte ne?

Ja ou teunis, almal wat wegtrek is mos bang-gatte ne. so sal jy en jou
soort hier dreig om almal uit te moor en soos bittereinders jul
onregte verdedig. tot die oomblik van daad aanbreek, dan waai jy ook,
maar stert tussen die bene. die verskil met die ander wat vroeer
gewaai het is, dat hulle n beter lewe gesoek het omdat jou soort dit
hier opgeneuk het. as jy waai, sal dit wees om jou eie bas te red.

groete

kakkies
Re: Slapgat Afrikaners [boodskap #8706 is 'n antwoord op boodskap #8542] Di, 04 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Teunis van Ree  is tans af-lyn  Teunis van Ree
Boodskappe: 33
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
kakkies (cvb...@burger.naspers.co.za) wrote:
: van...@ilink.nis.za (Teunis vanRee) wrote:

: >Blikkies (blik...@aol.com) wrote:
: >: Man, jy moet darem lekker wees!
: >: Hier in Los Angeles het ek regtig nie n kappietjie op die e.
: >: So, as dit my slapgat maak, dan is ek seker maar.
: >: In my eie oe, (soos in ogen!!) is ek eintlik een van die slimmes, want ek
: >: is hier, en nie daar!!

: >So jy is ook een van die banggatte ne?

: Ja ou teunis, almal wat wegtrek is mos bang-gatte ne. so sal jy en jou
: soort hier dreig om almal uit te moor en soos bittereinders jul

Wat jy waar kry my ou? Ken jy my? Wie is 'my soort' hmmm?

: onregte verdedig. tot die oomblik van daad aanbreek, dan waai jy ook,

Watter 'onregte' verdedig ek?? Die oomblik van daad is NOU ou pel, en ek
waai nie.

: maar stert tussen die bene. die verskil met die ander wat vroeer
: gewaai het is, dat hulle n beter lewe gesoek het omdat jou soort dit

Ek vra weer: watse soort is 'my soort' hmmm? Vanwaar ken jy my?

: hier opgeneuk het. as jy waai, sal dit wees om jou eie bas te red.

Ek het 'n goeie idee wie dit opgeneuk het en wie nie. En ek het nog 'n
beter idee wie nou besig is om dit op te neuk.
En terloops, terwyl jy SKRYF van die oomblik van daad, DOEN ek die daad van
die oomblik - al meer as 16 jaar....

As dit 'n voorbeeld is van die Burger se tipe joernalistiek, is ek bly dat
ek hom nog nooit gelees het nie...

Groete

T
Re: Slapgat Afrikaners [boodskap #8714 is 'n antwoord op boodskap #8542] Wo, 05 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
cobus van bosch  is tans af-lyn  cobus van bosch
Boodskappe: 46
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
> Wat jy waar kry my ou? Ken jy my? Wie is 'my soort' hmmm?

moenie dat ons van die punt afdwaal nie. jy weet waarvan ek praat. Die
soort Afrikaner wat alles wil regslaan of wegboender. As jy nie van
daai soort is nie, moet jy jouself beter uitdruk.

> Watter 'onregte' verdedig ek?? Die oomblik van daad is NOU ou pel, en ek
> waai nie.

van watter dade praat jy? terugskiet?

> Ek vra weer: watse soort is 'my soort' hmmm? Vanwaar ken jy my?

sien opmerking hierbo

> Ek het 'n goeie idee wie dit opgeneuk het en wie nie. En ek het nog 'n
> beter idee wie nou besig is om dit op te neuk.
A, daar kom die kleure nou deur. Verduidelik jouself bietjie meer,
toe.
> En terloops, terwyl jy SKRYF van die oomblik van daad, DOEN ek die daad van
> die oomblik - al meer as 16 jaar.... ek vra weer, watter dade is dit waarvan jy praat?
> As dit 'n voorbeeld is van die Burger se tipe joernalistiek, is ek bly dat
> ek hom nog nooit gelees het nie...
moet weer nie van die punt afdwaal nie. tipies van n sekere soort
Afrikaner, probeer jy nou aan die bokant van n argument kom met
pogings tot totaal irrelevante belediging. as jy se jy het nog nie die
Burger gelees het nie, se ek vir jou reguit jy lieg.

groete

kakkies
Re: Slapgat Afrikaners [boodskap #8729 is 'n antwoord op boodskap #8542] Do, 06 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskap
Teunis van Ree  is tans af-lyn  Teunis van Ree
Boodskappe: 33
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
kakkies (cvb...@burger.naspers.co.za) wrote:

[knip]

: moet weer nie van die punt afdwaal nie. tipies van n sekere soort
: Afrikaner, probeer jy nou aan die bokant van n argument kom met
: pogings tot totaal irrelevante belediging. as jy se jy het nog nie die
: Burger gelees het nie, se ek vir jou reguit jy lieg.

Ag nee wat, met so iemand kan 'n mens nie praat nie...

.
Vorige onderwerp: Kriket limeriek ... :-)
Volgende onderwerp: AUSTRALIE: KULTUUR EN SPORT.........
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 07:28:28 MGT 2024