Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » AUSTRALIE: KULTUUR EN SPORT.........
AUSTRALIE: KULTUUR EN SPORT......... [boodskap #8744] Vr, 07 Maart 1997 00:00
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek het al 'n paar kritiese artikels gesien oor probleme rondom Australie
se soeke na 'n identiteit. En dit intereseer my.
Ek moet die groeipyne verduur van 'n jong nasie op soek na 'n identiteit,
iets wat oral deurslaan, in bv. politiek en sport, en dit irriteer
my en baie immigrante grensloos.

Daar was in die verlede enkele dokumentere programme op die TV en radio
wat bv. die Outback mite en die Australiese sonskyn/sport-mite krities
ontleed het, asook ander kwessies aangaande die Aboriginese en Immigrante
en die Australiese geskiedenis.

Ek lees Kanada "worstel" met dieselfde probleme, wie hul nou eintlik
is ens. Ek lees hulle gaan deur dieselfde "groeipyne", hulle is nie
Europieers nie, maar defnitief nie Amerikaans nie,
hulle het Rooihuide i.p.v. Aboriginees, en moet ook nog vir of teen 'n
republiek/die koningin "debateer" ens.

Die verskil tussen RSA en Australie is dat RSA
sy identiteit moet HERdefinieer, dit het reeds genoeg substansie,
dit is die integrasie of samehang van verskillende element wat nou
nodig is. Maar Australie is nog op soek na die bestanddele.

Na 'n sewe jaar hier is ek al so gatvol oor al die gesanik oor wat dit
nou beteken om 'n Australier te wees, die afgesaagde debat oor Australie
nou 'n republiek moet word of nie, die polities-korrekte "debatte" oor
die Aboriginees dat ek wil kots daarvan.
(Die beste van alles is dat die gesoute Aussies meer oor hul
identiteit teem en tob as die immigrante).
Ek is eenkeer in die straat in Melbourne deur 'n TV-span voorgekeer en
gevra wat my standpunt is oor die Republiek "debat". Ek het aan hul gese ek
gee nie om wat hul doen nie, hul moet tog net om godswil klaarkry daarmee.

Australie is soos 'n tiener wat deur sy puberteit gaan:
nog heeltyd besig om in die spieel te kyk en aan sy puisies te vroetel
en sy draad te trek. Om volwassene te wees beteken om jouself te aanvaar
sonder dat jy jouself gedurig hoef te bewys op een of ander manier.
Die Engelse is engels, en Duitsers duitsers, of hulle nou die sokker
wen of nie. (Nie dat mens Australie en Kanada kan kwalik neem nie,
hulle is relatief jong nasies).

Australie kan nie besluit of hy deel is van Asie of die Weste nie,
of hy 'n Aboriginese element moet akkomodeer nie ens ens.
(die kwessies duik gedurig in die politiek op). Australie is
nog steeds op soek, en vol moderne mites en cliches,
soos "multi-cultural", die "outback", die "Gallipoli" saga ens.
wat gedurig in die media aan jou opgedis word,
tesame met Crocodile Dundee snert.

Dit is vir die Australiers nog belangrik om te "wys wie hul is",
om hulself bekend te maak en aan te kondig aan die wereld.
Hul wil graag hul merk maak,
wil he die wereld moet kennis neem wie hul is. Want hul dink
niemand weet of gee om nie. (Wie gee nou eintlik om ?).
Hulle noem die tendens die "cultural cringe" hier in Australie.
Hul dink om iets te wees, om 'n identiteit te he, moet hul wen,
die beste of enigste wees ens.
DAN sal die wereld kennis neem van hulle. Dis eintlik pateties.
In Australie wys hulle nog op die TV nuus dat hulle
die TV nuus gehaal het in 'n ander land.
En daar word gedurig obskure "worlds first" opgedis en belaglike
aansprake gemaak, dikwels sommer twak, want hul is dikwels te
agter die klip om te weet dat dit nie so is nie).

So het die pers hier verkondig dat hulle elke goue medalje sou wen
in die winter-olimpiese spele in Lilyhammer en Australie se naam
sal weerklink deur die wereld (hul het net hul naam gat gemaak),
dat hul sou wegloop met elke gou medalje in swem in die olimpiese spele.
So gaan dit heeltyd.

Maar sodra die Australiers verloor (soos onlangs in krieket met die Wes-indiers,
Pakistanis en voor dit die Indiers en Sri-lankies), word dit dan afgemaak
en geignoreer, of word daar gese dat dit nie belangrike
wedstryde was nie, (soos met die toets in Indie) of dat dit net
eendagwedstryde was.

En sodra hul wen, word dit in jou keel afgedruk dat hul die "wereld se
beste is". Dit alles klink bekend, maar hier is 'n (minder subtiele) verskil:
Elke land wil graag he hul span moet wen, en dit is 'n nasionale
ramp as hul span verloor, maar by die Aussies gaan dit oor veel meer.
Dit gaan nie slegs oor hul nasionale eer nie, dit gaan oor
hul identiteit. In sy soeke na 'n kulturele identiteit, definieer hulle
hulself o.a. as 'n gesonde, buitelug/sportnasie, met krieket as hul
nasionale sport. Eintlik is die mees gewilde sport nou "footy" of
"Australian rules", 'n opgeneukte form van rugby. (Hul wil altyd iets
verander sodat hul hul eie stempel kan afdruk, om uniek of anders te
wees, daarom is hul so trots op hul "Aussie rules").

Eers toe ek begin lees het hieroor en die die nasionale psige hier
begin verstaan het, het ek besef waarom hul vir die "underdog"
skreeu, waarom krieket tussen Engeland en Australie ("the Ashes")
magiese proporsies aangeneem het, waarom die fenomeneem van
"the little Aussie battler" harte laat bloei ens.

Veral die geskiedenis van hul krieket teen Engeland. Dit is asof die
Australiers wraak wil neem teen vader Engeland en wys dat hul nou op
hul eie bene kan staan. (Die "uitwerpsels" van Engeland,
die gevangeniskolonie, wys wie is baas). Enigiemand wat dink
dat die wedstryde teen Engeland net 'n sportwedstryd is,
(ek het eers so gedink), verstaan nie waaroor dit gaan nie.
Die Australiers kan dit glad nie verstaan as hul dit onder jou neus
vryf dat hul gewen het, en jy (as engelse immigrant bv.) dit maar net
as nog 'n belangrike sportwedstryd beskou nie.

Dit lyk my RSA gaan elke krieketwedstryd verloor, die Australiers
is eenvoudig te goed. Ek sou 'n groot bewondering vir hul gehad het as
hul op 'n waardige manier kon wen. Maar ek het 'n ewige hekel aan
arrogansie en slegte sportmanskap, en die Aussies is ongelukkig 'n klomp
windgatte, grootbekke (en vuilbekke) as dit by krieket kom.
Hul is ook die wereld se grootste verneukers
as dit bv. by kolfblaaie kom. Meer oor hul verneukery
(en verneukers soos Darryl Hare) later.

Groete.
Vorige onderwerp: Slapgat Afrikaners
Volgende onderwerp: Nuwe Afrikaanse Verwysings op Robert se Tuisbladsy
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 20:33:17 MGT 2024