Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wie weet?
Wie weet? [boodskap #85057] So, 05 Oktober 2003 15:14 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Waar kom die woord Afrika vandaan?
--
Annette
Re: Wie weet? [boodskap #85060 is 'n antwoord op boodskap #85057] So, 05 Oktober 2003 15:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietHein  is tans af-lyn  PietHein
Boodskappe: 64
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Volle Lid
"Annette" in berig
:

> Waar kom die woord Afrika vandaan?

http://www.barca.fsnet.co.uk/scipio-africanus.htm
'Lekker koppie' dié Scipio!

--
PietHein
Re: Wie weet? [boodskap #85061 is 'n antwoord op boodskap #85057] So, 05 Oktober 2003 16:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:blpcla$4ac$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Waar kom die woord Afrika vandaan?
> --
> Annette
>

Dit is wat die Roemeine die provinsie rondom Carthage in Noord-Afrika genoem
het. Dit is 'n feit, maar daar is 'n menigte teoriee oor waarom hulle dit
die naam genoem het. Die mees waarskynlike is dat dit van Phoenician
oorsprong is, en dat daar mense in die streek was wat hulleself "Afer"
genoem het, en die Romeine het dit in "Afri" verander om meervoud aan te
toon, en die streek Africa genoem. 'n Ander teorie is dat dit van die
Griekse woord "aphriki" kom, wat "sonder afgryse" beteken, die teorie stel
dan dat hierdie woord vir "afgryse" ook bittere koue beteken het, dus
"sonder koue".

Lorinda
Re: Wie weet? [boodskap #85062 is 'n antwoord op boodskap #85061] So, 05 Oktober 2003 16:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
*BAIE* interessant! Dankie, Lorinda!
Waarom is jy so stil?

"Lorinda" wrote:

>
> "Annette" wrote in message
> news:blpcla$4ac$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Waar kom die woord Afrika vandaan?
>> --
>> Annette

>
> Dit is wat die Roemeine die provinsie rondom Carthage in Noord-Afrika genoem
> het. Dit is 'n feit, maar daar is 'n menigte teoriee oor waarom hulle dit
> die naam genoem het. Die mees waarskynlike is dat dit van Phoenician
> oorsprong is, en dat daar mense in die streek was wat hulleself "Afer"
> genoem het, en die Romeine het dit in "Afri" verander om meervoud aan te
> toon, en die streek Africa genoem. 'n Ander teorie is dat dit van die
> Griekse woord "aphriki" kom, wat "sonder afgryse" beteken, die teorie stel
> dan dat hierdie woord vir "afgryse" ook bittere koue beteken het, dus
> "sonder koue".
>
> Lorinda
>
Re: Wie weet? [boodskap #85067 is 'n antwoord op boodskap #85061] So, 05 Oktober 2003 17:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
O gaats!! Daar vlieg my hele middag se navorsing by die venster uit!!
Volgens die webblad oor Afrika - die oorsprong, opgrawings, geboue en
vogeltjies:
Africa is named after Ifriqos bin Qais bin Saifi, one of the Kings of Yemen

--
Annette

"Lorinda" skryf in boodskap news:blpf39$f2g$1@news7.svr.pol.co.uk...
>
> "Annette" wrote in message
> news:blpcla$4ac$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Waar kom die woord Afrika vandaan?
>> --
>> Annette
>>
>
> Dit is wat die Roemeine die provinsie rondom Carthage in Noord-Afrika genoem
> het. Dit is 'n feit, maar daar is 'n menigte teoriee oor waarom hulle dit
> die naam genoem het. Die mees waarskynlike is dat dit van Phoenician
> oorsprong is, en dat daar mense in die streek was wat hulleself "Afer"
> genoem het, en die Romeine het dit in "Afri" verander om meervoud aan te
> toon, en die streek Africa genoem. 'n Ander teorie is dat dit van die
> Griekse woord "aphriki" kom, wat "sonder afgryse" beteken, die teorie stel
> dan dat hierdie woord vir "afgryse" ook bittere koue beteken het, dus
> "sonder koue".
>
> Lorinda
>
Re: Wie weet? [boodskap #85140 is 'n antwoord op boodskap #85062] Ma, 06 Oktober 2003 19:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:rsi0ovg2guo4jomtuk325493h1rdmnb5s7@4ax.com...
> *BAIE* interessant! Dankie, Lorinda!
> Waarom is jy so stil?
>

Hello Katryn! Ek is maar besig die afgelope tyd, maar lees die ng waneer ek
'n kans kry. Ek het jou poteen en rumatiek opmerking gesien :-) As 'n
verskoning is dit 'n juweel.... Ek hoop ek kry eendag die kansom dit as
verweer aan te wend...:-)) Van poteen gepraat, moonshine word mos op
dieselfde manier gemaak, is dit presies dieselfde ding?

Lorinda
Re: Wie weet? [boodskap #85146 is 'n antwoord op boodskap #85140] Ma, 06 Oktober 2003 22:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" wrote:

> Hello Katryn! Ek is maar besig die afgelope tyd, maar lees die ng waneer ek
> 'n kans kry. Ek het jou poteen en rumatiek opmerking gesien :-)

Ek het gewonder of jy dit sou erken? :-))

> As 'n verskoning is dit 'n juweel.... Ek hoop ek kry eendag die kansom dit as
> verweer aan te wend...:-))

Giegie ja, ek giggel ook nou nog as ek aan daardie artikel dink wat jy
geplaas het daaroor. Sien, ek lees en onthou alles wat jy te sê het!!
:-))

> Van poteen gepraat, moonshine word mos op
> dieselfde manier gemaak, is dit presies dieselfde ding?

Nou nie dat ek 'n kenner is nie, maar ek reken so.
Daardie wit bliksem wat soms hier deelneem behoort mos te weet? :-)
Die ouens wat dit hier in Amerika maak het die tradisie daar van jou
wereld ontvang. Ek dink amper dat witblits en mampoer se oorsprong
tradisie ook dalk daar van julle wereld mag wees? Dis seker net die
bestanddele wat sal verskil, maar die proses van distillasie sal dalk
dieselfde wees - so-ook die gevaarlike eindproduk.

As ek nou rumatiek gehad het, sou ek dalk so bietjie moonshine kon
probeer en vir jou laat weet. :-))
Andersins moet ons dalk resepte direk vergelyk? Hoe het jou laaste
"batch" uitgewerk?
:-)))
Re: Wie weet? [boodskap #85158 is 'n antwoord op boodskap #85061] Di, 07 Oktober 2003 08:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
LBB  is tans af-lyn  LBB
Boodskappe: 5
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Junior Lid
Dankie Lorinda. Interessant!

Ek het ook iewers gelees dat die woord afkomstig is van 'n Egipties se woord,
*kafri* vir "moederskoot". Weet iemand meer hieroor?

Colin

On Sun, 5 Oct 2003 17:08:39 +0100, "Lorinda" wrote:

>
> "Annette" wrote in message
> news:blpcla$4ac$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Waar kom die woord Afrika vandaan?
>> --
>> Annette

>
> Dit is wat die Roemeine die provinsie rondom Carthage in Noord-Afrika genoem
> het. Dit is 'n feit, maar daar is 'n menigte teoriee oor waarom hulle dit
> die naam genoem het. Die mees waarskynlike is dat dit van Phoenician
> oorsprong is, en dat daar mense in die streek was wat hulleself "Afer"
> genoem het, en die Romeine het dit in "Afri" verander om meervoud aan te
> toon, en die streek Africa genoem. 'n Ander teorie is dat dit van die
> Griekse woord "aphriki" kom, wat "sonder afgryse" beteken, die teorie stel
> dan dat hierdie woord vir "afgryse" ook bittere koue beteken het, dus
> "sonder koue".
>
> Lorinda
>
Re: Wie weet? [boodskap #85217 is 'n antwoord op boodskap #85158] Di, 07 Oktober 2003 17:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Colin G Garvie" wrote

> Ek het ook iewers gelees dat die woord afkomstig is van 'n Egipties se woord,
> *kafri* vir "moederskoot". Weet iemand meer hieroor?

Hi, Colin. Is jy nog in Durban?

Gloudina
Re: Wie weet? [boodskap #85219 is 'n antwoord op boodskap #85061] Di, 07 Oktober 2003 17:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" wrote

. 'n Ander teorie is dat dit van die
> Griekse woord "aphriki" kom, wat "sonder afgryse" beteken, die teorie stel
> dan dat hierdie woord vir "afgryse" ook bittere koue beteken het, dus
> "sonder koue".

Ja, ek sou geneig wees om te dink dat die woord eintlik
'n Griekse oorsprong sal moet hê, omdat die Grieke lank
voor die Romeine al die Middellandse See bevaar het.
Die woord Azania dink ek is ook van Griekse oorsprong.
Die daad van benaming van 'n hele kontinent is natuurlik
ietwat problematies, want die mense wat die benaming maak,
is in baie gevalle nie bewus van die bestaan van die grotere
geheel nie. Sien byvoorbeeld die oorsprong van die woord
"Kanada". Toe die Franse daar by Quebec City eeue gelede
vir lede van 'n eerste nasie vra wat die naam was van die
plek daar in die verte, sê hulle "kanata" en dis hoe Kanada
dan op die Franse kaarte te lande gekom het. Maar dit
het eenvoudig, in die taal van daardie stam, net beteken
"daar anderkant."
In die geval van "Amerika" was dit natuurlik, belaglik
genoeg, die naam van die kaartmaker Amerigo Vespucci
wat uiteindelik die naam "Amerika" tot stand laat kom het.

Gloudina
Re: Plofbare vloeistof [boodskap #85221 is 'n antwoord op boodskap #85146] Di, 07 Oktober 2003 19:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:l7r3ovoit0npc9i4jtl1u0euqlr5tupp27@4ax.com...
>
> As ek nou rumatiek gehad het, sou ek dalk so bietjie moonshine kon
> probeer en vir jou laat weet. :-))
> Andersins moet ons dalk resepte direk vergelyk? Hoe het jou laaste
> "batch" uitgewerk?
> :-)))
>

Ek was te lafhartig om daardie gemmerbier resep van jou te gebruik! :-))
Maar ek sal rondvra vir 'n poteen resep, dan vergelyk ons. Het jy een vir
moonshine?

Lorinda
Re: Plofbare vloeistof [boodskap #85222 is 'n antwoord op boodskap #85221] Di, 07 Oktober 2003 20:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" wrote:

> Ek was te lafhartig om daardie gemmerbier resep van jou te gebruik! :-))

Chicken!! :-))
(Dit werk nie heeltemal so lekker om dit in Afrikaans te sê nie) :-)

> Maar ek sal rondvra vir 'n poteen resep, dan vergelyk ons. Het jy een vir
> moonshine?

Nee, maar as jy genoeg moed het om rond te vra vir so iets, dan kan ek
seker ook. :-)
Maar hoe gaan ons weet wie om voor te keer in die straat om te vra?
En hoe gaan mens dit vraag aanvoer? Dink jy mens sal undercover moet
gaan om 'n rerige tradisionele resep in die hande te kry?
Re: Plofbare vloeistof [boodskap #85224 is 'n antwoord op boodskap #85222] Di, 07 Oktober 2003 21:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:qf96ov0k4arebidlic5u19bd0k5oritfb3@4ax.com...
>
> Nee, maar as jy genoeg moed het om rond te vra vir so iets, dan kan ek
> seker ook. :-)
> Maar hoe gaan ons weet wie om voor te keer in die straat om te vra?
> En hoe gaan mens dit vraag aanvoer? Dink jy mens sal undercover moet
> gaan om 'n rerige tradisionele resep in die hande te kry?
>

LOL! Ek kan myself al sien met 'n jas, hoed en serp waar ek deur die "bog"
ploeter aan die Ierse weskus..... en myself in afgelee dorpies voorstel as
'n arme reisiger met rumatiek! .:-))

Nee, Katryn ek het 'n PLAN. Ek sal saam met 'n virend (sodat dit nou nie so
snaaks lyk nie) na een van die Ierse pubs hier in Londen gaan, en vir een
van die oudstryders (uit die stryd met die Britse bou industrie) 'n Guinness
koop, met hom gesels oor die old country en dan as hy dit die minste verwag
sal ek vra:-) Baie van hulle kom juis uit daardie geweste..... So watch
this space...

Lorinda
Re: Wie weet? [boodskap #85225 is 'n antwoord op boodskap #85057] Di, 07 Oktober 2003 21:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 5 Oct 2003 17:14:52 +0200, "Annette" wrote:

> Waar kom die woord Afrika vandaan?

Dit is tot op hede nie duidelik waar die naam "Afrika" vandaan kom
nie, Annette. Die een sê dit kom van die Latynse woord "aprica", wat
"sonnig" beteken; die ander sê dit kom van die Griekse woord "aphriki"
wat eintlik dieselfde is (= sonder kou). Daar is nog mense wat dink
dis 'n Berberse woord. Daar was ooit 'n stam Berbers met die naam
"Aouriki" waarvan die uitspraak "afarika" sou gewees het. Moet eens
loer met Google (gee in: "origin of the name Africa") en jy sal baie
interpretasies en webbladsye daaroor vind. Ek dink hierdie woord is al
so oud dat eintlik die oorsprong daarvan nie meer kan teruggevind word
nie.

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Wie weet? [boodskap #85226 is 'n antwoord op boodskap #85158] Di, 07 Oktober 2003 21:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Colin G Garvie" skryf in boodskap news:oal4ovk6nccob9fb13b0b6cncbpabphhbg@4ax.com...
> Dankie Lorinda. Interessant!
>
> Ek het ook iewers gelees dat die woord afkomstig is van 'n Egipties se woord,
> *kafri* vir "moederskoot". Weet iemand meer hieroor?
>
> Colin
>

Daar was 'n plek met die naam Kafri in Babylon, en daar is 'n dorp met die
naam in moderne Iraq (dit was in die nuus gedurende die oorlog). Ek weet nie
of dit op dieselfde plek as die antieke Kafri is nie. Dis is 'n redelike
algemene van onder Jode (bv die bekende Israeli beeldhouer Daniel Kafri) en
die betekenis van die woord in Hebreeus was blykbaar "landelik" en is
deesdae iets soos "boer". Die woord het sterk semitiese konnotasies, selfs
die Kafri in Babylon was 'n plek wat deur baie Jode bewoon is as jy na die
verwysings in die Talmud kyk, so ek weet nie of die woord vir die kontinent
van daar afkomstig kan wees nie. Tensy dit natuurlik iets te doen het met
Israeliete in Egipte, maar ek glo nie die verbinding is ooit gemaak nie. Dit
kan ook nie van Arabierse semitiese oorsprong in Egipte wees nie, want die
Romeine het die woord gebruik voor die aankoms van die Arabiere in die
streek.

Lorinda
Re: Wie weet? [boodskap #85227 is 'n antwoord op boodskap #85219] Di, 07 Oktober 2003 22:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Namaqua  is tans af-lyn  Namaqua
Boodskappe: 144
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
> In die geval van "Amerika" was dit natuurlik, belaglik
> genoeg, die naam van die kaartmaker Amerigo Vespucci
> wat uiteindelik die naam "Amerika" tot stand laat kom het.

Die mense in Bristol in die UK glo nie so nie - o.t.w die alternatiewe
Amerika etymologiese teorie.

John Cabot wat Noord Amerika ontdek in sy vaart van Bristol na Newfoundland
is geborg deur 'n ryk handelaar van Bristol - Richard Ameryk.

Volgens die Bristol stadsraad is dit "wettige" oorsprong van die naam
America. :-)

Ek dink ek het erens gelees dat Azania sy oorsprong by die Arabiese
handelaars van Yemen en Zanzibar wat die oos kus van Afrika handel gedryf
het.

namakwa

"@rogers.com" wrote in message
news:b5Dgb.137763$3r1.68215@news02.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>
> "Lorinda" wrote
>
> . 'n Ander teorie is dat dit van die
>> Griekse woord "aphriki" kom, wat "sonder afgryse" beteken, die teorie stel
>> dan dat hierdie woord vir "afgryse" ook bittere koue beteken het, dus
>> "sonder koue".
>
> Ja, ek sou geneig wees om te dink dat die woord eintlik
> 'n Griekse oorsprong sal moet hê, omdat die Grieke lank
> voor die Romeine al die Middellandse See bevaar het.
> Die woord Azania dink ek is ook van Griekse oorsprong.
> Die daad van benaming van 'n hele kontinent is natuurlik
> ietwat problematies, want die mense wat die benaming maak,
> is in baie gevalle nie bewus van die bestaan van die grotere
> geheel nie. Sien byvoorbeeld die oorsprong van die woord
> "Kanada". Toe die Franse daar by Quebec City eeue gelede
> vir lede van 'n eerste nasie vra wat die naam was van die
> plek daar in die verte, sê hulle "kanata" en dis hoe Kanada
> dan op die Franse kaarte te lande gekom het. Maar dit
> het eenvoudig, in die taal van daardie stam, net beteken
> "daar anderkant."
> In die geval van "Amerika" was dit natuurlik, belaglik
> genoeg, die naam van die kaartmaker Amerigo Vespucci
> wat uiteindelik die naam "Amerika" tot stand laat kom het.
>
> Gloudina
>
Re: Wie weet? [boodskap #85229 is 'n antwoord op boodskap #85227] Di, 07 Oktober 2003 22:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Namaqua" skryf in boodskap news:blvd9r$i7l$1@titan.btinternet.com...
>
> Ek dink ek het erens gelees dat Azania sy oorsprong by die Arabiese
> handelaars van Yemen en Zanzibar wat die oos kus van Afrika handel gedryf
> het.
>
> namakwa
>

Die naam "Azania" kom in Romeinse dokumente voor. Hulle het die naam vir die
oos-kus van Afrika gebruik. Dit mag dalk wel die Arabiere gewees het wat die
naam later vir die suide gebruik het.

Lorinda
Re: Plofbare vloeistof [boodskap #85230 is 'n antwoord op boodskap #85224] Di, 07 Oktober 2003 22:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Namaqua  is tans af-lyn  Namaqua
Boodskappe: 144
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Irish pubs - mens kan ook nou maar enige plek ind die wêreld gaan en jy sal
een by standaard Irish pub vind.

My vrou het hoeka die ander dag ingerapporteer dat 'n mens nou in Kathmandu
regte Nepali Guiness kan drink omring met blarney behangsels en die
"obligatory" dhal bat vir middag ete.

Lorinda slinks maar daar is 'n makliker manier - Stow-on-the-Wold in die
Cotswolds het in Mei 'n gypsy perde mark.

Die Ierse sigeuners (travelers, tinkers) sal jou enige tyd 'n stywe dop
verkoop - jy hoef net te vra. Dis nou om te gebruik as "horse linament".

Dis toevallig ook 'n "nice day out".

namakwa

"Lorinda" skryf in boodskap news:3f832b68$1_2@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> "Katryn" wrote in message
> news:qf96ov0k4arebidlic5u19bd0k5oritfb3@4ax.com...
>>
>> Nee, maar as jy genoeg moed het om rond te vra vir so iets, dan kan ek
>> seker ook. :-)
>> Maar hoe gaan ons weet wie om voor te keer in die straat om te vra?
>> En hoe gaan mens dit vraag aanvoer? Dink jy mens sal undercover moet
>> gaan om 'n rerige tradisionele resep in die hande te kry?
>>
>
> LOL! Ek kan myself al sien met 'n jas, hoed en serp waar ek deur die "bog"
> ploeter aan die Ierse weskus..... en myself in afgelee dorpies voorstel as
> 'n arme reisiger met rumatiek! .:-))
>
> Nee, Katryn ek het 'n PLAN. Ek sal saam met 'n virend (sodat dit nou nie so
> snaaks lyk nie) na een van die Ierse pubs hier in Londen gaan, en vir een
> van die oudstryders (uit die stryd met die Britse bou industrie) 'n Guinness
> koop, met hom gesels oor die old country en dan as hy dit die minste verwag
> sal ek vra:-) Baie van hulle kom juis uit daardie geweste..... So watch
> this space...
>
> Lorinda
>
Re: Plofbare vloeistof [boodskap #85231 is 'n antwoord op boodskap #85230] Wo, 08 Oktober 2003 02:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Namaqua"
Die Ierse sigeuners (travelers, tinkers) sal jou enige tyd 'n stywe dop
verkoop - jy hoef net te vra.

Danny Farrell?
Re: Plofbare vloeistof [boodskap #85241 is 'n antwoord op boodskap #85230] Wo, 08 Oktober 2003 06:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Namaqua" skryf in boodskap news:blvevb$lbk$1@titan.btinternet.com...
>
> Lorinda slinks maar daar is 'n makliker manier - Stow-on-the-Wold in die
> Cotswolds het in Mei 'n gypsy perde mark.
>
> Die Ierse sigeuners (travelers, tinkers) sal jou enige tyd 'n stywe dop
> verkoop - jy hoef net te vra. Dis nou om te gebruik as "horse linament".
>

:-)) Ek wil dit nie drink nie, ek is die wereld se vrotste drinker, ek wil
net die resep hê...

Lorinda
Re: Plofbare vloeistof [boodskap #85256 is 'n antwoord op boodskap #85241] Wo, 08 Oktober 2003 08:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Haai Lorinda - het jy die onderhoud op BBC se Hardtalk gesien met Jerry
Adams? Ek hou van Adams.
(Larry King/CNN beskryf klaarblyklik vir Adams as sy moeilikste klient tot
op hede.)

"Lorinda" skryf in boodskap news:3f83ad3c$1_1@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> "Namaqua" wrote in message
> news:blvevb$lbk$1@titan.btinternet.com...
>>
>> Lorinda slinks maar daar is 'n makliker manier - Stow-on-the-Wold in die
>> Cotswolds het in Mei 'n gypsy perde mark.
>>
>> Die Ierse sigeuners (travelers, tinkers) sal jou enige tyd 'n stywe dop
>> verkoop - jy hoef net te vra. Dis nou om te gebruik as "horse linament".
>>
>
> :-)) Ek wil dit nie drink nie, ek is die wereld se vrotste drinker, ek wil
> net die resep hê...
>
>
> Lorinda
>
Re: Plofbare vloeistof [boodskap #85258 is 'n antwoord op boodskap #85256] Wo, 08 Oktober 2003 09:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Namakwa  is tans af-lyn  Namakwa
Boodskappe: 28
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Junior Lid
Ek het nie gedink ek sal die dag sien dat Jonas sal sê jy hou van 'n
Marxis.

"Jonas" skryf in boodskap news:bm0jfj$j3h$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Haai Lorinda - het jy die onderhoud op BBC se Hardtalk gesien met Jerry
> Adams? Ek hou van Adams.
> (Larry King/CNN beskryf klaarblyklik vir Adams as sy moeilikste klient tot
> op hede.)
>
> "Lorinda" wrote in message
> news:3f83ad3c$1_1@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>>
>> "Namaqua" wrote in message
>> news:blvevb$lbk$1@titan.btinternet.com...
>>>
>>> Lorinda slinks maar daar is 'n makliker manier - Stow-on-the-Wold in die
>>> Cotswolds het in Mei 'n gypsy perde mark.
>>>
>>> Die Ierse sigeuners (travelers, tinkers) sal jou enige tyd 'n stywe dop
>>> verkoop - jy hoef net te vra. Dis nou om te gebruik as "horse linament".
>>>
>>
>> :-)) Ek wil dit nie drink nie, ek is die wereld se vrotste drinker, ek wil
>> net die resep hê...
>>
>>
>> Lorinda
>>
>
Re: Plofbare vloeistof [boodskap #85259 is 'n antwoord op boodskap #85231] Wo, 08 Oktober 2003 09:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Namakwa  is tans af-lyn  Namakwa
Boodskappe: 28
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Junior Lid
Brad Pitt in Snatch.

"Caravan for me mah. In periwinkle blue."

"Ellie" wrote in message
news:SwKgb.3918$Eo2.2236@newsread2.news.atl.earthlink.net...
>
> "Namaqua"
> Die Ierse sigeuners (travelers, tinkers) sal jou enige tyd 'n stywe dop
> verkoop - jy hoef net te vra.
>
> Danny Farrell?
Re: Plofbare vloeistof [boodskap #85329 is 'n antwoord op boodskap #85224] Wo, 08 Oktober 2003 19:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" wrote:

> LOL! Ek kan myself al sien met 'n jas, hoed en serp waar ek deur die "bog"
> ploeter aan die Ierse weskus..... en myself in afgelee dorpies voorstel as
> 'n arme reisiger met rumatiek! .:-))

LOL! Soms is dit presies wat ek graag sal wil doen. Wel, sonder die
rumatiek gedeelte natuurlik. Onthou jy nog die fliek "Chocolat"?

> Nee, Katryn ek het 'n PLAN. Ek sal saam met 'n virend (sodat dit nou nie so
> snaaks lyk nie) na een van die Ierse pubs hier in Londen gaan, en vir een
> van die oudstryders (uit die stryd met die Britse bou industrie) 'n Guinness
> koop, met hom gesels oor die old country en dan as hy dit die minste verwag
> sal ek vra:-) Baie van hulle kom juis uit daardie geweste..... So watch
> this space...

LOL! Dêm!!! Ek sal nie so iets kan regkry nie, want die rednecks wat
rerige moonshine resepte sal hê, is nie die tipe wat jy eintlik in 'n
dorp se kroeg sal aantref nie. Tensy Ellie sal kan uithelp, want sy
woon mos al 134.125 jaar hier in die Suide, en haar skoonfamilie sal
dalk kan uithelp? Ellie?
:-)))
Anders sal ek maar my daisy dukes moet gaan uitruk uit die kas en weer
die berge invaar....
Re: Plofbare vloeistof [boodskap #85334 is 'n antwoord op boodskap #85329] Wo, 08 Oktober 2003 21:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:keq8ov0g3j24uo5vcvdj0musgi1u3unc7o@4ax.com...
>
> LOL! Soms is dit presies wat ek graag sal wil doen. Wel, sonder die
> rumatiek gedeelte natuurlik. Onthou jy nog die fliek "Chocolat"?

Ja, ek onthou dit, en ek kan sien waarom dit jou daaraan laat dink het...:-)
Daar is selfs 'n Ierse sigeuner in....
Interessant dat in die boek die "bad guy" die priester was, en in die film
hulle dit verander het na die burgermeester.

> Anders sal ek maar my daisy dukes moet gaan uitruk uit die kas en weer
> die berge invaar....

Ek is bevrees jy is reg Katryn. Alles in die belang van wetenskaplike
vergelyking, of sommer net om van al die Arnie stories weg te kom...:-))

Lorinda
Re: Plofbare vloeistof [boodskap #85335 is 'n antwoord op boodskap #85256] Wo, 08 Oktober 2003 22:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:bm0jfj$j3h$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Haai Lorinda - het jy die onderhoud op BBC se Hardtalk gesien met Jerry
> Adams? Ek hou van Adams.
> (Larry King/CNN beskryf klaarblyklik vir Adams as sy moeilikste klient tot
> op hede.)
>

Nee, ek het dit nie gesien nie, maar ek het hom al 'n paar keer gehoor,
selfs in lewende lywe.
Adams is beslis interessant, en hy het vir baie jare baie swaar gekry, so
die ou het moed. Hy het onder andere pemanente nier beskadiging van 'n
kicking deur die RUC een nag in die Shankhill polisie stasie.

Lorinda
Re: Wie weet? [boodskap #102834 is 'n antwoord op boodskap #85057] Do, 05 Mei 2005 15:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Afrikaans: tierlantyntjies
Engels: fripperies (motorbedryf)

en fieterjasies of versiersels?

Oorsprong? Ek weet nie.

:-)

TJ

"Jonas" skryf in boodskap news:d5dba5$b25$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Waar kom die woord "tierlantyntjie(s)" vandaan? (Miskien is die spelling nie
> korrek nie.)
>
Re: Wie weet? [boodskap #102837 is 'n antwoord op boodskap #85057] Do, 05 Mei 2005 19:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 5 May 2005 16:41:08 -0700, "Jonas" wrote:

> Waar kom die woord "tierlantyntjie(s)" vandaan? (Miskien is die spelling nie
> korrek nie.)
>

hallo Jonas, 2 prentjies vir jou.

http://k.domaindlx.com/davedup/t/t1.jpg
&
http://k.domaindlx.com/davedup/t/t2.jpg

DD
Re: Wie weet? [boodskap #102838 is 'n antwoord op boodskap #102834] Do, 05 Mei 2005 19:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paulus de boskabouter  is tans af-lyn  Paulus de boskabouter
Boodskappe: 161
Geregistreer: April 2005
Karma: 0
Senior Lid
In het Nederlands:tierlantijntjes,dus prakties hetzelfde
men zegt hier ook nog"toeters en bellen" vb rekenaar webwerf,motor

"TJ" skryf in boodskap news:4JSdnZ8gkY2up-ffRVn-uA@is.co.za...
> Afrikaans: tierlantyntjies
> Engels: fripperies (motorbedryf)
>
> en fieterjasies of versiersels?
>
> Oorsprong? Ek weet nie.
>
> :-)
>
> TJ
>
>
>
> "Jonas" wrote in message
> news:d5dba5$b25$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Waar kom die woord "tierlantyntjie(s)" vandaan? (Miskien is die spelling
> nie
>> korrek nie.)
>>
>
Re: Wie weet? [boodskap #102839 is 'n antwoord op boodskap #102837] Do, 05 Mei 2005 19:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paulus de boskabouter  is tans af-lyn  Paulus de boskabouter
Boodskappe: 161
Geregistreer: April 2005
Karma: 0
Senior Lid
een markt met veel "tierlantyntjies"
PD

"DD" skryf in boodskap news:k9rk71ln147h8fd7fi36pp2b0kkrqfaaej@4ax.com...
> On Thu, 5 May 2005 16:41:08 -0700, "Jonas"
> wrote:
>
>> Waar kom die woord "tierlantyntjie(s)" vandaan? (Miskien is die spelling nie
>> korrek nie.)
>>
>
>
> hallo Jonas, 2 prentjies vir jou.
>
> http://k.domaindlx.com/davedup/t/t1.jpg
> &
> http://k.domaindlx.com/davedup/t/t2.jpg
>
> DD
>
Re: Wie weet? [boodskap #102851 is 'n antwoord op boodskap #102837] Vr, 06 Mei 2005 15:07 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hi DD. Baie dki vir jou moeites.
Sou jy by Thirsty's sit - en na die Noord hawehoof kyk oor nie kanaal sal jy
ook baie goeie skote ky.
Het jy al die veerboot gebruik om by die stasie "Wests" uit te kom - dis
regoor Thirsty's aan die oorkant. En dan kan jy om die punt stap na die ou
walvisstasie.
Sou jy 'n baie goedkoop en interessante toer wil maak in die hawe, dan kan
jy die veerboot daar by die Royal Yatch Klub bestyg - die veerboot vervoer
die matrose en hoere na al die bote in die hawe. Baie interessant (die hawe
natuurlik!) en sekerlik die goedkoopste stukkie toerisme in Durban - ek het
gewoonlik my besoekers so die hawe gaan wys.
(As student was ek 'n stoker op die spoorweë daar by Wests. By die hotel
daar, sou hy nog bestaan, het ek Bacchus met Hollandse matrose vereer. Die
laaste trein na Wests was 22:00 en die laaste veerboot (die sg "hoer"-ferry)
was 23:00 - sou jy daarna huis toe wil gaan het jy met die spoorlyn tot by
Bayhead gestap - en as jy nie nugter was nie, het jy tot daar geval ....)
Durban is sekerlik een van die interessantste stede in die RSA.
Vorige onderwerp: Wie weet?
Volgende onderwerp: Dassiepis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 07:52:20 MGT 2024