Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dassiepis
Dassiepis [boodskap #102809] Di, 03 Mei 2005 21:40 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Gedurende ons onlangse besoek aan Kalifornië het ons mense
besoek wat ons vantevore in Ottawa leer ken het. ( Hulle was
uit Rusland, maar toe alreeds Kanadese burgers.) Hy werk nou
in Santa Cruz. Die vrou vra ons toe of ons vir een van haar
kennisse in Ottawa, wat onlangs 'n operasie ondergaan het,
'n soort medisyne sou terugneem, wat glo nie so geredelik
in Kanada beskikbaar is nie, maar glo taamlik goedkoop in
die VSA is, as jy weet waar om dit te kry. Die Russiese naam
van die medisyne is "Mumie." Dit het my nie lank geneem
om te verstaan aan haar verduidelikings dat sy van Dassiepis
praat nie.
In die "Dictionary of South African English" word Dassie-
pis as volg beskryf:

Hyraceum: "klipsweet" the solidified urine of the
Dassie used medicinally by country and Khoi
People.
"Early travellers in the Cape.were puzzled
by a substance they found in some caves,black
masses like pitch. Thunberg thought it was
bitumen, but the Bushmen and Hottentots knew
better. They call the substance klipsweet or
dassiepis. In the Cape Pharmacopoeia it is
listed as Hyracium. Hyracium has been used
as a medicine for centuries."

Die vrou in Santa Cruz het vir my iets oor Mumie op die
Internet uitgedruk sodat, as ek daarmee op die grens gevang
word, ek kan verduidelik wat dit is. Volgens die informasie
het Aristoteles dit al beskryf. Dit word gewoonlik in berge
gevind, op die mure van grotte. "Research has shown that
its main ingredient are harvest mice droppings. Melting in
the sun, they seep into the cracks of the rocks, and is enriched
with minerals. Naturally, the composition of the droppings
depends on the food the mice eat. . This is why composition
of mumie found in different caves or even collected at different
times of the year is different..
Mumie belongs to the group of biosynthesis boosters.
It means it does not fight any specific problem but instead
stimulates each cell of the body. What is most important
is that in case of damaged organs or wounds, the body instead
of scar tissue produces new healthy functional cells. "
L.G. Green Karoo (1955)

Gloudina
Re: Dassiepis [boodskap #102813 is 'n antwoord op boodskap #102809] Di, 03 Mei 2005 22:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
D@D  is tans af-lyn  D@D
Boodskappe: 143
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 3 May 2005 17:40:37 -0400, "@rogers.com" wrote:

> "Early travellers in the Cape.were puzzled
> by a substance they found in some caves,black
> masses like pitch.
>
> Gloudina
>

Dit het my onmiddelik daaraan laat dink
dat dit baie gevaarlik kan wees - lees
jou beskrywing hierbo.

Jy besef natuurlik dat grotsiekte (blykbaar) onherstelbaar is.
En van vlermuismis afkomstig is.
Bydrae van jou kant af, Francois?

DD
Re: Dassiepis [boodskap #102841 is 'n antwoord op boodskap #102813] Do, 05 Mei 2005 21:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
kennie vannie

"Dave" skryf in boodskap news:civf71pacdfkt4salb4j12l0ne1u9p1pkm@4ax.com...
> On Tue, 3 May 2005 17:40:37 -0400, "@rogers.com"
> wrote:
>
>
>> "Early travellers in the Cape.were puzzled
>> by a substance they found in some caves,black
>> masses like pitch.

>> Gloudina

>
>
> Dit het my onmiddelik daaraan laat dink
> dat dit baie gevaarlik kan wees - lees
> jou beskrywing hierbo.
>
> Jy besef natuurlik dat grotsiekte (blykbaar) onherstelbaar is.
> En van vlermuismis afkomstig is.
> Bydrae van jou kant af, Francois?
>
> DD
>
Re: Dassiepis [boodskap #102858 is 'n antwoord op boodskap #102841] Vr, 06 Mei 2005 18:53 Na vorige boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 5 May 2005 23:21:12 +0200, "Francois Human"
wrote:

> kennie vannie

Jannie Bekker
In 1931 het my oupa, Danie Bekker, 'n ‘claim' afgesteek. In daardie
jare het vlermuismis nog onder Minerale Regte geval, so jy moes ‘n
‘claim' afsteek om te kon myn. Toe het hulle die grot gemyn van 1931
tot en met 1940.

Selfs grotsiekte, wat net so gevaarlik soos tuberkulose is, het die
myners nie afskrik nie. Dit word veroorsaak deur Histoplasma
capsulatum, 'n fungus wat in vlermuismis voorkom. Dis die
mikroskopiese klein spore wat die fungus vrystel wat ernstige skade in
die longweefsel kan aanrig.

http://www.5050.co.za/inserts.asp?ID=2412
*************************

... the GNU Free Documentation License . oe_gb_2 oe_gb_3 homologinic
embuchaient pugging rcdp grotsiekte SK hexadezimalem hepreankielisell{
rozchichtam henrioud shining kvi proce'deras scormolitii gummnt ...
www.officialencyclopedia.com/?q=Velo&t=4&st=15 5
Vorige onderwerp: Wie weet?
Volgende onderwerp: Re: Fotos en goed. (JIM REEVES!!!!)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 06:56:17 MGT 2024