Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Lady Anne by die mikrogolfoond" deur ANTJIE KROG
" Lady Anne by die mikrogolfoond" deur ANTJIE KROG [boodskap #84407] Ma, 22 September 2003 21:16
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Antjie Krog

Lady Anne by die mikrogolfoond

o my susters in kombi's en stasiewaens
met stylvolle donkerbrille en hare teen die grys getint
liggame wat soggens in fleurige leotards
jog en gym en joga
verbete klou aan soepelheid en Pil

soos ons by mekaar op oorbrûe verbyjaag
in stofwolke stop langs sportvelde
aandagtig sit en tydhou voor musiekkamers
mekaar aan die huil bid op Bybelstudies
wonder ek: van watter breed is ons?

in die meedoënlose metodiek van beplanning
herken ek die waansin van wa-pak
die drif waarmee kinders gedryf word
tot uithaal en byhou ruik na kamp en kroep

soos ons op sandersonlinne sit en aai en paai
en die mans by ingeboude kroeë druk drink en desperaat praat oor naai
weet ons ons is die laaste
die laaste wat kinders teer laat verblond op melk en heuning
ons is die laaste
agter ons onder ons langs ons
stort met die sagte geluid van as
strukture wat ons soort in stand hou
in hulle maai.

Druk gedig
Vorige onderwerp: " Ek het al elke koers gevat " deur KOOS DU PLESSIS
Volgende onderwerp: " selfs die son " deur PIETER SMIT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 03:17:11 MGT 2024