Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " selfs die son " deur PIETER SMIT
" selfs die son " deur PIETER SMIT [boodskap #84450] Di, 23 September 2003 23:34
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Pieter Smit

selfs die son

jy praat van trek na griekeland
maar my oë
sien reeds hoe eensaam
staan die suikerbos
teen die berg se suidekant
o hierdie land sal ons swaar verlaat
elke oggend
strek net 'n dagreis voor ons uit
al droog die dae
net perskes by bethulie
weg van mense in die son
hierdie land gaan ons swaar verlaat
hierdie land wat konsertina speel
met eensaamheid
hierdie land wat wals met hartseer
as jou voete nie vat aan sy grond nie
hierdie land sal ons swaar verlaat

ja selfs die son keer terug
en hierdie grond weet reeds
hoe klop die tuisblykierie op sy rug
Vorige onderwerp: " Lady Anne by die mikrogolfoond" deur ANTJIE KROG
Volgende onderwerp: "Blommekykers " deur GEORGE WEIDEMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 10:14:41 MGT 2024