Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Demagogiese Agenda
Demagogiese Agenda [boodskap #8374] Wo, 05 Februarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article iz...@igs.net (Izak Bouwer) writes:

> En dan probeer Leendert nog wegkruip agter
> verintellektualiserings - vir Biko probeer uitwys as
> 'n rassis.

Wriemel, Gloudina, skel my uit en maak dit wat ek sê af as
"verintellektualiserings".

Die feit is dat jy en julle hierdie ng gebruik as 'n forum om jul eie agenda
te propageer. Om mense wat nie jul goedkeuring wegdra nie te teer en te veer.
In die modder te smeer en te trap dat die snot spat.

Met dawerende gejuig verkondig en propageer julle, ingevleg by die waarheid,
leuens waarop julle uitgevang is (ek wag nog dat jy die aantyging aanspreek
dat mense in Suid-Afrika verbied is om deur die medium van hul moedertaal te
leer).

Maar kyk hoe gou vou julle as iemand jul leuens toets met net 'n krieseltjie
feitelikheid hier en daar.

Kooos met die integriteit van 'n bok (hy storm net as mens jou rug draai) hap
na mens se hakskene met irrelevanthede - of verdwyn stil-stil om te kyk of jy
nie wil loop sodat hy dit weer op die forum kan waag nie.

xfiles kondig aan dat iemand wat sy heilige verontwaardiging bevraagteken
"deur en deur sleg" is, en weier om so iemand se uitsprake te lees (sy goeie
reg - en pragtige kommentaar op die gesag van _sy_ uitsprake). Hy gaan
verder en verkondig dat ek afgedank behoort word - nie vir my oortuigings
nie, daarvan weet hy niks. Maar omdat ek bepaalde, toetsbare, feitestellings
maak wat nie sy vooroordele steun nie! Watter wonderlike menseregte-aktivis,
hierdie xfiles.

En jy, Gloudina, maak toetsbare feitestellings af as "verintellektualiserings".
Sonder enige poging om die gestelde feite te toets of te weerlê.

Jy wat my beskuldig dat ek Biko "probeer" uitwys as 'n rassis. Ek het dit
gedoen aan die hand van 'n teks wat iemand anders op die nuusgroep gesit
het. Jy is veel beter bekwaam as ek om die stukkie teks te ontleed vir die
betekenis daarvan. Maar dit doen jy nie. Jy vat die kortpad en maak my
stelling af as "verintellektualisering".

Soos kooos, daardie intellektuele reus, maak jy totaal
ongegronde beskuldigings wat direk weerspreek word deur my bydraes op
hierdie nuusgroep - dat ek kwansuis sou beweer dat "Verwoerd se hande
leliewit" is.

In 'n bizarre poging om te vermy dat jy 'n leuen oor Bantoe-onderwys (voos
soos dit was) aan die kaak stel, vertel jy 'n verhaal van patroniserende (wit?)
onderwysers wat weet wat die beste is vir 'n swart kind en sy ma. Met die
emosionele atmosfeer geskep (maar met iets wat geen snars verband hou
met Bantoe-onderwys nie), gaan jy dan voort met 'n aanval op die etniese
universiteite. So kwesbaar vir kritiek as wat hul bestaan was, is jou retoriese
tegniek suiwer demagogies - die ding waarvan xfiles __my__ beskuldig!

Jy patronize vir Samuel Mdlalose en sy ma. Jy patronize vir Biko. En jy
patronize vir my. En oor die menseregtelike reinheid al dan nie van _my_
hande het jy 'n smoel vol!

Maar: Het jy Biko al gelees? /I write what I like/.

Daarin praat Biko self oor homself. En daaruit sal jy my stellings kan weerlê
as dit weerlegbaar is.

Maar nee, dis makliker om die cosy images wat jy self geskep het te koester en
enigiets wat dit bevraagteken af te maak as "verintellektualiserings".

Daardeur doen jy Biko geen eer aan nie, jouself nog minder, en jou standpunt
die minste van alles.

Betoon die man ten minste die respek om sy boek te lees, verdomp! Voordat jy
besluit wat hy wou wees of was!

Groete, Leendert
Re: Demagogiese Agenda [boodskap #8400 is 'n antwoord op boodskap #8374] Do, 06 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
oos...@scientia.up.ac.za says...

Leendert,
Jy beskuldig "ons" van hierdie ng te gebruik
om ons eie agenda te propageer: dink jy nie dat 'n
mens dieselfde van jou kan sê nie? (Ek wonder
of jy oplet dat die enigste agenda wat ek op hierdie
ng het, is om gedigte en liedere vir beginners te
pos. Dit, reken ek, is omtrent al wat ek van buite
SA kan doen om my lojaliteit aan Afrikaans te
te bewys.)
Jy maak my uit vir al wat sleg is, net omdat ek
nie vir xfiles kapittel en vers uitgele^ het wat die
taalbeleid gedurende Verwoerd se tyd was nie. Ek
het verkies om daarop te wys dat meeste swart
studente verkies het om hulle onderwys in Engels
te kry (sodat hulle ten minste intellektueel gelyk
kon wees met die blankes) en dat hulle Verwoerd
se beleid as fascistiese inmenging met hulle vryheid
van keuse gesien het. En hulle was reg.
Terloops, dit was nie wat op papier geskryf was,
wat altyd die werklikheid was nie. In my hoërskool
het Jaap Strydom my vertel dat twee vakke in Junior
Sertifikaat in Afrikaans gegee gaan word, en dat hy
nie wil he^ ek moet objekteer nie. Eers later vind ek
uit dis geen departementele beleid op daardie oomblik
nie. Dis sommer net Jaap wat oefen om sy wil op ander
af te druk. (Sy groot dag het gekom in 1976, toe hy hele
streke kon beveel om te doen wat die Afrikanerbase wou
h^e.)
En die skandaal van al die Afrikaners wat in Bantoe-
onderwys ingestroom het om promosies te soek. Onder
die sendelinge is ek die enigste wit onderwyser in 'n
swart hoërskool. Onder Bantoe-Onderwys sit die wit
Transvalers ingeryg soos sardiens in die personeelkamer,
wagtende vir die volgende prinsipaalskap wat oopval. En
dan veg hulle nog ondermekaar oor wie die volgende pos
gaan kry (al is hulle almal lede van die Broederbond.)
Sonder enige kennis van die toestand, begin jy my en
my swart en wit kollegas wat Samuel wou help verder
studeer (en wat ook bereid was om geld bymekaar te maak
om sy moeder te help) beskuldig van hom en sy ma te
patroniseer. Hoe durf jy jou neus in sulke sake insteek. Ek
het die voorbeeld gebruik om jou teen te spreek toe jy sê
dat daar net ryk swart adel in daardie sendelingskole opge-
neem is. Een van ons swart kollegas, van dieselfde "clan,"
is afgevaardig om met Samuel se ma te gaan praat. Toe
sy besluit dat hy wel die skool moet verlaat, het almal haar
besluit met respek ontvang. Ek dink jy moet verskoning
maak vir die dinge wat jy oor hierdie saak gesê het.
Ek neem aan dat baie van die energie wat jy in al
hierdie argumente op die ng probeer kwytraak, gewortel
is in die begeerte om sin te maak van jou tyd en jou plek
in die geskiedenis. Dit sal egter meer gepas wees om 'n
artikel op die nuusgroep te plaas, waarin jy vertel wat jy
van Biko en sy tyd dink. So eer jy sy gedagtenis, en sy
plek in die geskiedenis. Ek sien uit na so 'n stuk van jou.
Die Omius van Oostrum van wie ek geweet het, was
as onderwyser aangestel op die plaas van die oupa van
Dirk Opperman (in April 1903.) Hy het later 'n bekende
opvoedkundige in Transvaal geword. In 1943 het hy 'n
boek "Bestendige Onbestendigheid" geskryf. Ek kry hier-
die informasie uit die biografie wat Kannemeyer oor Dirk
Opperman geskryf het.

Gloudina Bouwer
Re: Demagogiese Agenda [boodskap #8426 is 'n antwoord op boodskap #8374] Vr, 07 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article iz...@igs.net (Izak Bouwer) writes:
> From: iz...@igs.net (Izak Bouwer)
> Subject: Re: Demagogiese Agenda
> Date: 6 Feb 1997 04:29:28 GMT

> In article ,
> oos...@scientia.up.ac.za says...

> Leendert,
> Jy beskuldig "ons" van hierdie ng te gebruik
> om ons eie agenda te propageer: dink jy nie dat 'n
> mens dieselfde van jou kan sê nie?

Jy kan gerus. Tot dusver was my agenda om ook 'n
ander kant van sake te probeer stel. Met min
sukses, aangesien sommige deelnemers klaarblyk-
lik van oordeel is dat daar sake is wat net een kant
het.

> (Ek wonder
> of jy oplet dat die enigste agenda wat ek op hierdie
> ng het, is om gedigte en liedere vir beginners te
> pos. Dit, reken ek, is omtrent al wat ek van buite
> SA kan doen om my lojaliteit aan Afrikaans te
> te bewys.)

Dit is jou hoof- (en hoogs lofwaardige) agenda, ja
Maar jou enigste? Nee ek dink nie so nie.

> Jy maak my uit vir al wat sleg is, net omdat ek
> nie vir xfiles kapittel en vers uitgele^ het wat die
> taalbeleid gedurende Verwoerd se tyd was nie. Ek
> het verkies om daarop te wys dat meeste swart
> studente verkies het om hulle onderwys in Engels
> te kry (sodat hulle ten minste intellektueel gelyk
> kon wees met die blankes)

Hul goeie reg, maar 'n fout. Soos die ANC nou wyd
en syd verkondig.

> en dat hulle Verwoerd
> se beleid as fascistiese inmenging met hulle vryheid
> van keuse gesien het. En hulle was reg.

Ja, hulle was reg. Tot der mate dat hierdie bepaalde
vryheid nou in die grondwet beskerm word. Maar op
so 'n wyse dat dit in die praktyk net beskerm is as jy
Engels as onderwysmedium kies.

> Terloops, dit was nie wat op papier geskryf was,
> wat altyd die werklikheid was nie.

Daar stem ek 100% saam. Die praktyk was dikwels
erger, maar dikwels ook beter as wat op papier
geskryf was.

> In my hoërskool
> het Jaap Strydom my vertel dat twee vakke in Junior
> Sertifikaat in Afrikaans gegee gaan word, en dat hy
> nie wil he^ ek moet objekteer nie. Eers later vind ek
> uit dis geen departementele beleid op daardie oomblik
> nie. Dis sommer net Jaap wat oefen om sy wil op ander
> af te druk. (Sy groot dag het gekom in 1976, toe hy hele
> streke kon beveel om te doen wat die Afrikanerbase wou
> h^e.)

Ek sou graag, as jy kans sien, besonderhede van hierdie
insident wou hê. Want ons vind weer dat amptenare
beleid toepas soos hulle wil of, soos in hierdie geval, beleid
skep wat nie bestaan nie. En daar is ek dankbaar dat die
nuwe grondwet die las op die amptenaar plaas om sy
saak te bewys. Dit kos steeds 'n groot klomp geld om die
ding deur die hof te kry, maar anders as in die verlede
het jy darem 'n kans om die saak in jou guns besluit te
kry.

> En die skandaal van al die Afrikaners wat in Bantoe-
> onderwys ingestroom het om promosies te soek. Onder
> die sendelinge is ek die enigste wit onderwyser in 'n
> swart hoërskool. Onder Bantoe-Onderwys sit die wit
> Transvalers ingeryg soos sardiens in die personeelkamer,
> wagtende vir die volgende prinsipaalskap wat oopval. En
> dan veg hulle nog ondermekaar oor wie die volgende pos
> gaan kry (al is hulle almal lede van die Broederbond.)

Ja, soos remittance men in 'n stormloop om koloniale poste.
En die ergste is. Uit die swart gemeenskap was dit die top-
mense wat onderwysers geword het. Soos in die wit gemeen-
skap aanvanklik. Maar 'n groot deel van die wat na Bantoe-
onderwys gestroom het was mense wat minder kompetisie
gesoek - en gevind het. Hoofsaaklik weens die tempo waarteen
die department uitgebrei het. Maar die besoldiging van onder-
wysers het gaandeweg verswak, totdat dit (vir 'n groot deel)
die mense was wat nie beurse vir iets anders kon kry nie wat
daar ge-eindig het. Nie net in swart onderwys nie - deur die
bank.

Vir die staat was dit natuurlik manna uit die hemel. Want top-
mense is nie so maklik om te manipuleer nie as die wat bloot
by verstek in die onderwys eindig, en eintlik geen alternatief
het nie. En as jou agenda indoktrinasie is, is dit net wat jy wil
hê.

> Sonder enige kennis van die toestand, begin jy my en
> my swart en wit kollegas wat Samuel wou help verder
> studeer (en wat ook bereid was om geld bymekaar te maak
> om sy moeder te help) beskuldig van hom en sy ma te
> patroniseer.

Nee, met die kennis wat jy beskikbaar gestel het. In die
konteks van jou onwaar stelling dat ek sou beweer het dat
"Verwoerd se hande leliewit" was. In die konteks dus van:
"Kyk wat het die bose stelsel aan die arme Samuel gedoen".

> Hoe durf jy jou neus in sulke sake insteek.

Ek durf, omdat jy die saak te berde gebring het. Jy het die
saak aangebied vir bespreking, en ek het dit bespreek aan
die hand van die inligting wat jy verskaf het.

> Ek
> het die voorbeeld gebruik om jou teen te spreek toe jy sê
> dat daar net ryk swart adel in daardie sendelingskole opge-
> neem is.

Maar dit is nie wat ek gesê het nie. My woord was "hoofsaak-
lik".

> Een van ons swart kollegas, van dieselfde "clan,"
> is afgevaardig om met Samuel se ma te gaan praat. Toe
> sy besluit dat hy wel die skool moet verlaat, het almal haar
> besluit met respek ontvang.

Dit is dan goed.

> Ek dink jy moet verskoning
> maak vir die dinge wat jy oor hierdie saak gesê het.

Ek bied my onvoorwaardelike verskoning aan vir my
wanbegrip en vir die beskuldiging van patronisering.

> Ek neem aan dat baie van die energie wat jy in al
> hierdie argumente op die ng probeer kwytraak, gewortel
> is in die begeerte om sin te maak van jou tyd en jou plek
> in die geskiedenis.

Dit, dink ek, is 'n sinvolle ding om te doen - iets waarmee
baie mense besig is, en nie net in die Waarheids-en
Versoeningskommissie nie. Maar iets wat nie aan die hand
van cliches, vooroordele en wanvoorstellings kan geskied
nie. Daaruit kom geen sin nie. Onsin wel.

> Dit sal egter meer gepas wees om 'n
> artikel op die nuusgroep te plaas, waarin jy vertel wat jy
> van Biko en sy tyd dink. So eer jy sy gedagtenis, en sy
> plek in die geskiedenis. Ek sien uit na so 'n stuk van jou.

Ek sou graag. Die probleem is dat die signal to noise ratio
op hierdie nuusgroep so nadeling is dat dit nie op die oomblik
'n haalbare opsie is nie. Enige bespreking van figure wat
ikoniese gestalte gekry het - Biko, Mandela, Verwoerd,
Treurnicht, noem maar op - word onmiddelik verdrink in
soveel refleksgeraas dat dit nie sinvol sou wees nie.

Groete, Leendert
Re: Demagogiese Agenda [boodskap #8462 is 'n antwoord op boodskap #8426] So, 09 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 7 Feb 1997 14:08:51, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van Oostrum) wrote:
<<<Enige bespreking van figure wat
> ikoniese gestalte gekry het - Biko, Mandela, Verwoerd,
> Treurnicht, noem maar op - word onmiddelik verdrink in
> soveel refleksgeraas dat dit nie sinvol sou wees nie.>>>

Juis. Soos dat daar nie 'n verskil is tussen Bhengu en Verwoerd wat
onderwysbeleid betref nie.
En dat die hart van apartheid eintlik maar net was dat daardie mense
geglo het hulle weet beter wat goed vir ander is.

As daar ooit stellings was wat krimineel blind vir enige konteks was,
was dit die twee.

En dit was die stellings wat dit veroorsaak het wat jy nou aanvoer as
die rede hoekom jy nie kan probeer om sulke figure te bespreek nie.
Vorige onderwerp: Re: 'n Lied vir die res van ons
Volgende onderwerp: Pollie ons gaan Pêrel toe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 04:11:56 MGT 2024