Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nuwe goeters
Nuwe goeters [boodskap #83289] Do, 04 September 2003 07:45
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
1) Die Boot is met 'n enkele sleepboot 'n verdere 2 grade geswaai. Ons hoop
dat dit teen die einde van die maand vort is.

2) Regter King, met twee onafhanklikes sal nou die graad van rassisme wat
toegepas word in rugbygeledere ondersoek.

3) Maria Ramos het bedank. Haar kontrak verstryk middel volgende jaar. Sy
gaan aangestel word as die hoof van Transnet.

4) Daar is 'n internasionale wynfees aan die gang by KIKS.

5) Daar is 'n groot blommeskou aan die gang by die Waterfront.

6) Hierdie naweek is die NG gemeente van Maitland 100 jaar oud.

7) Nuuskieriges en gaste beland gereeld in die water van die fontein/sloot
in die foyer van die Arabella Sheraton terwyl hulle hul verwonder aan die
kunswerke teen die mure en die dak.

8) Dis heerlike lente hier in die Kaap - nog geen kersliggies is opgesit in
die winkelvensters nie.

9) Om 'n kwotasie vir versekering hier te kry is nie maklik nie - Ek moet
vir 'n kliënt een kry vir sy kantoor se inhoud -
a) 'n Persoon is besig en sal my terugskakel binne 20 minute - nog niks na
'n uur.
b) Die persoon met wie ek moet praat is nie daar vandag nie, maar ek moet
solank 'n faks/email stuur van my versoek.
c) Toe ek 'n derde nommer gegee word om te skakel, maak ek beswaar. Die
persoon wat my kan help is siek vandag, maar ek moet solank 'n faks/email
stuur met die besonderhede.
d) Hulle doen nie versekering vir sulke klein bedrae nie, maar ek moet 'n
sekere nommer bel en met 'n sekere persoon praat. Die persoon is siek.
Tog te eienaardig dat daar net een persoon is by elkeen wat kan help

--
Annette
Vorige onderwerp: Terug van weggeweest
Volgende onderwerp: Rian Oberholzer moet waai
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 17:29:49 MGT 2024