Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Geo se rassisme
Geo se rassisme [boodskap #83238] Wo, 03 September 2003 08:06 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
'Groot man met klein hart g'n rassis'
03/09/2003 00:20 - (SA)

LIEZE DU PREEZ

LICHTENBURG. - Geo Cronjé het nie 'n rassistiese haar op sy hele lyf
nie.
Só sê skoolvriende, onderwysers en vorige rugby-afrigters wat hom
beskryf as " 'n Goliat met 'n klein hartjie".
Cronjé het as skoolseun selfs in 'n minibussie saam met 'n groep swart
mense heelpad van Pretoria na Noordwes gery om by die Hoërskool
Lichtenburg uit te kom omdat hy só graag op die platteland wou rugby
speel.
"Geo het op 'n rugbyweek in Nelspruit hegte bande met ons
eerstespanspelers gesluit. Met die eerste oefening ná die vakansie het
hy skielik sy opwagting langs ons rugbyveld gemaak. Die spelers het
dadelik vir my beduie die 'groot seun' wat hulle op die rugbyweek
ontmoet het, staan langs die veld," het mnr. Hendrik Odendaal,
voormalige onderwyser en rugby-afrigter van Lichtenburg, gister
vertel.
"Ek het hom gevra wat hy hier maak en hoe hy hierheen gekom het. Hy't
gesê hy het duimgegooi en toe daar niemand was wat hom wou oplaai nie,
het hy in 'n minibuistaxi geklim," het Odendaal gesê.
Volgens hom het Cronjé - toe nog 'n leerling aan die Hoër Tegniese
Skool John Vorster in Pretoria - gesê hy wil bitter graag hier kom
speel.
"Hy is 'n natuurlike speler wat in sy twee jaar as lid van die eerste
span nooit van die veld afgestuur is, nooit baklei of nooit tugstappe
teen hom gehad het nie," het Odendaal gesê.
Volgens mnr. Wollie Wolmarans, ook 'n voormalige afrigter by die skool
van die Noordwes Platteland se Cravenweekspan, het Cronjé van 'n vroeë
ouderdom af hom nooit aan rassisme skuldig gemaak nie.
"Hy was in 1997 en 1998 lid van die Cravenweekspan en in dié tyd is
die kwotaspelers pas ingebring. Geo was die spanmaat duisend. Hy het
hom nooit aan rassisme skuldig gemaak nie. Hy is 'n leier uit eie reg.
Nou is hy 'n groot oneer aangedoen," het Wolmarans gesê.
Mnr. Henry van der Ryst, rugby-organiseerder van die hoërskool, het
gesê net so groot soos wat hy is - só sag is sy hart. "Hy was nooit 'n
ou wat ander afgeknou het nie, maar het uit eie reg gesag afgedwing.
Dis 'n seun wat op rugbytoere altyd van die afrigters se kinders op sy
skouers sou ronddra. Hy is nie die soort mens wat nou sal begin met
hofsake nie."

(Erkenning aan Die Burger en Lieze du Preez)
Re: Geo se rassisme [boodskap #83239 is 'n antwoord op boodskap #83238] Wo, 03 September 2003 08:11 Na vorige boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dink jy mens kan verwag dat die vinnig oordelende mense sal om verskoning
vra vir hul onbesonne optrede? Nie in hierdie leeftyd nie! Dis mos ons
reg om stupid te wees.........

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0309030006.712530dd@posting.google.com...
> 'Groot man met klein hart g'n rassis'
> 03/09/2003 00:20 - (SA)
>
>
>
>
> LIEZE DU PREEZ
>
> LICHTENBURG. - Geo Cronjé het nie 'n rassistiese haar op sy hele lyf
> nie.
> Sê sê skoolvriende, onderwysers en vorige rugby-afrigters wat hom
> beskryf as " 'n Goliat met 'n klein hartjie".
> Cronjé het as skoolseun selfs in 'n minibussie saam met 'n groep swart
> mense heelpad van Pretoria na Noordwes gery om by die Hoërskool
> Lichtenburg uit te kom omdat hy sê graag op die platteland wou rugby
> speel.
> "Geo het op 'n rugbyweek in Nelspruit hegte bande met ons
> eerstespanspelers gesluit. Met die eerste oefening ná die vakansie het
> hy skielik sy opwagting langs ons rugbyveld gemaak. Die spelers het
> dadelik vir my beduie die 'groot seun' wat hulle op die rugbyweek
> ontmoet het, staan langs die veld," het mnr. Hendrik Odendaal,
> voormalige onderwyser en rugby-afrigter van Lichtenburg, gister
> vertel.
> "Ek het hom gevra wat hy hier maak en hoe hy hierheen gekom het. Hy't
> gesê hy het duimgegooi en toe daar niemand was wat hom wou oplaai nie,
> het hy in 'n minibuistaxi geklim," het Odendaal gesê.
> Volgens hom het Cronjé - toe nog 'n leerling aan die Hoër Tegniese
> Skool John Vorster in Pretoria - gesê hy wil bitter graag hier kom
> speel.
> "Hy is 'n natuurlike speler wat in sy twee jaar as lid van die eerste
> span nooit van die veld afgestuur is, nooit baklei of nooit tugstappe
> teen hom gehad het nie," het Odendaal gesê.
> Volgens mnr. Wollie Wolmarans, ook 'n voormalige afrigter by die skool
> van die Noordwes Platteland se Cravenweekspan, het Cronjé van 'n vroeë
> ouderdom af hom nooit aan rassisme skuldig gemaak nie.
> "Hy was in 1997 en 1998 lid van die Cravenweekspan en in dié tyd is
> die kwotaspelers pas ingebring. Geo was die spanmaat duisend. Hy het
> hom nooit aan rassisme skuldig gemaak nie. Hy is 'n leier uit eie reg.
> Nou is hy 'n groot oneer aangedoen," het Wolmarans gesê.
> Mnr. Henry van der Ryst, rugby-organiseerder van die hoërskool, het
> gesê net so groot soos wat hy is - sê sag is sy hart. "Hy was nooit 'n
> ou wat ander afgeknou het nie, maar het uit eie reg gesag afgedwing.
> Dis 'n seun wat op rugbytoere altyd van die afrigters se kinders op sy
> skouers sou ronddra. Hy is nie die soort mens wat nou sal begin met
> hofsake nie."
>
> (Erkenning aan Die Burger en Lieze du Preez)
Vorige onderwerp: Rugbyspan
Volgende onderwerp: 'n Versoek asseblief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 23:03:51 MGT 2024