Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'n Versoek asseblief
'n Versoek asseblief [boodskap #83131] Ma, 01 September 2003 10:23 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Kan die mense hier wat wil, of mense ken wat wil, my asseblief help.
Ek is besig om soveel moontlik mense in SA te kry om my te vertel wat hul
slegste inkopieondervinding was, en die beste inkopieondervinding ( as daar
was).
Ek dink die meeste van ons het al frustrerende stelle afgetrap by
supermarkte, en ek wil met die bewyse na die eienaars toe gaan sodat ons
beter dienslewering kan kry.
--
Annette
ann...@ctnet.co.za
Re: 'n Versoek asseblief [boodskap #83137 is 'n antwoord op boodskap #83131] Ma, 01 September 2003 10:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Kontant bly koning!

Na twee trollies opgelui is - "sorry we're offline" - geen krediet of OTM
kaart kan aanvaar word nie - wat nou?

:-(

TJ

"Annette" skryf in boodskap news:biv6go$3qn$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Kan die mense hier wat wil, of mense ken wat wil, my asseblief help.
> Ek is besig om soveel moontlik mense in SA te kry om my te vertel wat hul
> slegste inkopieondervinding was, en die beste inkopieondervinding ( as daar
> was).
> Ek dink die meeste van ons het al frustrerende stelle afgetrap by
> supermarkte, en ek wil met die bewyse na die eienaars toe gaan sodat ons
> beter dienslewering kan kry.
> --
> Annette
> ann...@ctnet.co.za
>
Re: 'n Versoek asseblief [boodskap #83139 is 'n antwoord op boodskap #83137] Ma, 01 September 2003 11:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek onthou nog steeds die dag - 24/12/1987.
Lang tou mense wat wag, en die mens by die betaalpunt wat vir my kleingeld
vir R20 gee, ipv vir R50.

Deesdae kry mens mos 'n vreeslike vuil kyk as jy dit durf waag om 'n produk
uit die trollie te haal wat nie 'n prys/kode op het nie
( Ek wag vir die dag wat ek baie tyd het, dan gaan ek elke keer die artikel
sonder prys/kode op die rak uitsoek - 'n hele trollie vol:)) )

Dan is daar natuurlik die inligtingstoonbankbediener, wat dink dit is
belangriker om privaat-telefoongesprekke te voer as om die publiek te help.

Hier in ons ongewing het ons konsesus bereik dat Woolworths by Tuinesentrum
die swakste diens by die betaalpunte gee.

--
Annette
ann...@ctnet.co.za
Re: 'n Versoek asseblief [boodskap #83145 is 'n antwoord op boodskap #83139] Ma, 01 September 2003 12:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Daar is 'n webwerf vir die soort ding:
www.hellopeter.com

:-)

TJ

"Annette" skryf in boodskap news:bivcef$74p$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek onthou nog steeds die dag - 24/12/1987.
> Lang tou mense wat wag, en die mens by die betaalpunt wat vir my kleingeld
> vir R20 gee, ipv vir R50.
>
> Deesdae kry mens mos 'n vreeslike vuil kyk as jy dit durf waag om 'n produk
> uit die trollie te haal wat nie 'n prys/kode op het nie
> ( Ek wag vir die dag wat ek baie tyd het, dan gaan ek elke keer die artikel
> sonder prys/kode op die rak uitsoek - 'n hele trollie vol:)) )
>
> Dan is daar natuurlik die inligtingstoonbankbediener, wat dink dit is
> belangriker om privaat-telefoongesprekke te voer as om die publiek te help.
>
> Hier in ons ongewing het ons konsesus bereik dat Woolworths by Tuinesentrum
> die swakste diens by die betaalpunte gee.
>
> --
> Annette
> ann...@ctnet.co.za
>
Re: 'n Versoek asseblief [boodskap #83148 is 'n antwoord op boodskap #83137] Ma, 01 September 2003 12:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
e-way  is tans af-lyn  e-way
Boodskappe: 37
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Volle Lid
Dan haal jy maar jou tjekboek uit. Ons was Saterdagnag (na ons die aand uit
was) gou in by die naaste supermark om brood en melk ens. te koop, en net
toe ons wou betaal slaan die klok 12 nm. en die vrou by die register sê ek
kan nie my debietkaart gebruik nie, want om twaalfuur snags word al die
banktransaksies gedoen, en die debietkaart is nou ongelukkig gevries vir 30
minute, maar dat ek wel my kredietkaart kan gebruik. Ek het nog nooit van
so iets gehoor nie, maar het toe maar n tjek uitgekryf, want wou dit nie op
my kredietkaart sit nie.

-a-

Kontant bly koning!

Na twee trollies opgelui is - "sorry we're offline" - geen krediet of OTM
kaart kan aanvaar word nie - wat nou?

:-(

TJ

"Annette" skryf in boodskap news:biv6go$3qn$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Kan die mense hier wat wil, of mense ken wat wil, my asseblief help.
> Ek is besig om soveel moontlik mense in SA te kry om my te vertel wat hul
> slegste inkopieondervinding was, en die beste inkopieondervinding ( as daar
> was).
> Ek dink die meeste van ons het al frustrerende stelle afgetrap by
> supermarkte, en ek wil met die bewyse na die eienaars toe gaan sodat ons
> beter dienslewering kan kry.
> --
> Annette
> ann...@ctnet.co.za
>
Re: 'n Versoek asseblief [boodskap #83152 is 'n antwoord op boodskap #83145] Ma, 01 September 2003 13:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Haai dankie en dis nogal snaaks -
Een laat my tot dink aan ons antie:

The Vanish are Canadian native of Vancouver so in answer to your question,
the Vanish oringinate from Canada.

Maar ek wil spesifiek konsentreer op dienslewering by supermarkte.

Annette

"Artslink.co.za" skryf in boodskap news:3f533a22$0$64724@hades.is.co.za...
> Daar is 'n webwerf vir die soort ding:
> www.hellopeter.com
>
> :-)
>
> TJ
>
>
> "Annette" wrote in message
> news:bivcef$74p$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ek onthou nog steeds die dag - 24/12/1987.
>> Lang tou mense wat wag, en die mens by die betaalpunt wat vir my kleingeld
>> vir R20 gee, ipv vir R50.
>>
>> Deesdae kry mens mos 'n vreeslike vuil kyk as jy dit durf waag om 'n produk
>> uit die trollie te haal wat nie 'n prys/kode op het nie
>> ( Ek wag vir die dag wat ek baie tyd het, dan gaan ek elke keer die artikel
>> sonder prys/kode op die rak uitsoek - 'n hele trollie vol:)) )
>>
>> Dan is daar natuurlik die inligtingstoonbankbediener, wat dink dit is
>> belangriker om privaat-telefoongesprekke te voer as om die publiek te help.
>>
>> Hier in ons ongewing het ons konsesus bereik dat Woolworths by Tuinesentrum
>> die swakste diens by die betaalpunte gee.
>>
>> --
>> Annette
>> ann...@ctnet.co.za
>>
>
Re: 'n Versoek asseblief [boodskap #83162 is 'n antwoord op boodskap #83131] Ma, 01 September 2003 15:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Exclusive Books" (Brooklyn Mall - Pretoria) was my swakste ervaring.
Die veiligheidswag het my pakkie gevat toe ek die winkel binnestap. Die
pakkie het 2 artikels bevat het wat ek toe pas by DIONS gekoop het. Hierna
het die ou my pakkie na die bestuurder(es) geneem terwyl almal op die
winkelvloer my aangegluur het asof ek die kluis beroof het.
Ek het natuurlik geweier om die pakkie terug te neem aangesien ek bang was
dat daar iets "ingeplant" kon wees. Toe ek beswaar maak by die bestuurder is
die fei dat die wag swart is aan my voorgehou as rede vir die probleem.

"Annette" skryf in boodskap news:biv6go$3qn$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Kan die mense hier wat wil, of mense ken wat wil, my asseblief help.
> Ek is besig om soveel moontlik mense in SA te kry om my te vertel wat hul
> slegste inkopieondervinding was, en die beste inkopieondervinding ( as daar
> was).
> Ek dink die meeste van ons het al frustrerende stelle afgetrap by
> supermarkte, en ek wil met die bewyse na die eienaars toe gaan sodat ons
> beter dienslewering kan kry.
> --
> Annette
> ann...@ctnet.co.za
>
Re: 'n Versoek asseblief [boodskap #83166 is 'n antwoord op boodskap #83131] Ma, 01 September 2003 17:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Pick 'n Pay wen met goeie diens. So rukkie terug het ek en my man inkopies
gaan doen by die Pick 'n Pay in Midrand. Ons het 24 bokse langlewe melk
(ons drink baie melk), wat saam in een groot boks verpak is, gekoop. Toe
ons by die huis kom is ons melk missing, en tref dit my dat hy dit in die
waentjie vergeet het. Die volgende dag is hy terug met die hoop dat iemand
dalk die melk "ingehandig" het, maar ons het geweet die kans is skraal. Die
bestuurder het daarop aangedring dat ons 24 nuwe bokse melk gaan haal, en
dat ons dit gratis kan kry. Manlief en die bestuurder was amper in 'n
vuisgeveg omdat my man vir die melk wil betaal, dit was tog ons eie skuld
dat die melk "verlore" is, en die bestuurder wil nie hê hy moet daarvoor
betaal nie. Ons het op die einde maar bes gegee en die bestuurder sy sin
gegee.

E

"Annette" skryf in boodskap news:biv6go$3qn$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Kan die mense hier wat wil, of mense ken wat wil, my asseblief help.
> Ek is besig om soveel moontlik mense in SA te kry om my te vertel wat hul
> slegste inkopieondervinding was, en die beste inkopieondervinding ( as daar
> was).
> Ek dink die meeste van ons het al frustrerende stelle afgetrap by
> supermarkte, en ek wil met die bewyse na die eienaars toe gaan sodat ons
> beter dienslewering kan kry.
> --
> Annette
> ann...@ctnet.co.za
>
Re: 'n Versoek asseblief [boodskap #83167 is 'n antwoord op boodskap #83166] Ma, 01 September 2003 19:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

Ons het 24 bokse langlewe melk
gekoop

Ek het al baie gewonder hoekom hierdie
"langlewe" melk nie hier in Kanada posgevat
het nie. Ek neem aan die melk, waarvan Elaine
praat, is dié soort melk wat mens nie hoef
koud te hou nie, en wat maande kan hou.
Maar mens kry dit eenvoudig nie hier nie.
Dis natuurlik melk waar baie waardevolle
mikrobes en sulke dinge doodgemaak is, en
dus nie eintlik melk wat jy vir jou gesondheid
kan drink nie. Maar dit was darem handig om
saam te neem as jy gaan kamp, of soiets.

Gloudina
Re: 'n Versoek asseblief [boodskap #83168 is 'n antwoord op boodskap #83167] Ma, 01 September 2003 19:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Haai, ek het nie geweet julle kry dit nie daar nie. Ek weet nie hoe
voedsaam dit is nie, maar ek hou meer van die smaak as van "regte" melk.

E

"@rogers.com" wrote:
>
> Ek het al baie gewonder hoekom hierdie
> "langlewe" melk nie hier in Kanada posgevat
> het nie. Ek neem aan die melk, waarvan Elaine
> praat, is dié soort melk wat mens nie hoef
> koud te hou nie, en wat maande kan hou.
> Maar mens kry dit eenvoudig nie hier nie.
> Dis natuurlik melk waar baie waardevolle
> mikrobes en sulke dinge doodgemaak is, en
> dus nie eintlik melk wat jy vir jou gesondheid
> kan drink nie. Maar dit was darem handig om
> saam te neem as jy gaan kamp, of soiets.
>
> Gloudina
>
Re: 'n Versoek asseblief [boodskap #83172 is 'n antwoord op boodskap #83167] Di, 02 September 2003 04:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - daar het jy 'n voortreflike besigheidsplan.
"@rogers.com" wrote in message
news:3PM4b.131052$_V.81030@news04.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> Elaine wrote
>
> Ons het 24 bokse langlewe melk
> gekoop
>
> Ek het al baie gewonder hoekom hierdie
> "langlewe" melk nie hier in Kanada posgevat
> het nie. Ek neem aan die melk, waarvan Elaine
> praat, is dié soort melk wat mens nie hoef
> koud te hou nie, en wat maande kan hou.
> Maar mens kry dit eenvoudig nie hier nie.
> Dis natuurlik melk waar baie waardevolle
> mikrobes en sulke dinge doodgemaak is, en
> dus nie eintlik melk wat jy vir jou gesondheid
> kan drink nie. Maar dit was darem handig om
> saam te neem as jy gaan kamp, of soiets.
>
> Gloudina
>
Re: 'n Versoek asseblief [boodskap #83174 is 'n antwoord op boodskap #83168] Di, 02 September 2003 05:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vir my het die doosmelk so 'n bo-oor smaak, en melktert smaak beter met
regte melk.
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3f53a004$0$64726@hades.is.co.za...
> Haai, ek het nie geweet julle kry dit nie daar nie. Ek weet nie hoe
> voedsaam dit is nie, maar ek hou meer van die smaak as van "regte" melk.
>
> E
>
> "@rogers.com" wrote:
>>
>> Ek het al baie gewonder hoekom hierdie
>> "langlewe" melk nie hier in Kanada posgevat
>> het nie. Ek neem aan die melk, waarvan Elaine
>> praat, is dié soort melk wat mens nie hoef
>> koud te hou nie, en wat maande kan hou.
>> Maar mens kry dit eenvoudig nie hier nie.
>> Dis natuurlik melk waar baie waardevolle
>> mikrobes en sulke dinge doodgemaak is, en
>> dus nie eintlik melk wat jy vir jou gesondheid
>> kan drink nie. Maar dit was darem handig om
>> saam te neem as jy gaan kamp, of soiets.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: 'n Versoek asseblief [boodskap #83187 is 'n antwoord op boodskap #83174] Di, 02 September 2003 11:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek sal nou eintlik nie weet nie - ek het nog nooit in my hele lewe 'n
melktert gemaak nie. Maar my ma se melktert is lekker en sy gebruik net
regte melk.

E

"Annette" skryf in boodskap news:bj190d$7no$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Vir my het die doosmelk so 'n bo-oor smaak, en melktert smaak beter met
> regte melk.
> Annette
Re: 'n Versoek asseblief [boodskap #83191 is 'n antwoord op boodskap #83172] Di, 02 September 2003 11:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas wrote

> Anti - daar het jy 'n voortreflike besigheidsplan.

Nee, ek sal nooit mense aanmoedig om iets te
drink wat "dood" is nie. Ek neem aan die kalsium
van die oorspronklike melk is nog in hierdie
produk, maar om dit in plaas van "lewende" melk
te gebruik, is uit die bose. Miskien is daar hier
in Kanada, en ek neem aan in die VSA, 'n rede
hoekom dit nie op die mark is nie.

Gloudina
Re: 'n Versoek asseblief [boodskap #83193 is 'n antwoord op boodskap #83191] Di, 02 September 2003 12:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die doosmelk kom al 'n lang pad - dis net die afgelope jare dat dit meer
algemeen beskikbaar is.
In 1969 het ons gaan vakansie hou op Black Mountain - dis nou tussen
Springbok en Pofadder - en toe al was doosmelk al melk wat die mense daar
gebruik het.
Die myn het dit op groot maat van die vervaardiger gekoop, en dit was toe al
ook in 'n tetrapakverpakking.
Het ook net soos vandag se doosmelk gesmaak.

Annette

-- "@rogers.com" wrote in message
news:pZ_4b.138230$_V.112648@news04.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>
> Jonas wrote
>
>> Anti - daar het jy 'n voortreflike besigheidsplan.
>
> Nee, ek sal nooit mense aanmoedig om iets te
> drink wat "dood" is nie. Ek neem aan die kalsium
> van die oorspronklike melk is nog in hierdie
> produk, maar om dit in plaas van "lewende" melk
> te gebruik, is uit die bose. Miskien is daar hier
> in Kanada, en ek neem aan in die VSA, 'n rede
> hoekom dit nie op die mark is nie.
>
> Gloudina
>
Re: 'n Versoek asseblief [boodskap #83194 is 'n antwoord op boodskap #83193] Di, 02 September 2003 12:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Annette wrote

> Die doosmelk kom al 'n lang pad - dis net die afgelope jare dat dit meer
> algemeen beskikbaar is.

Ja, ek weet. Ek het daarmee in kontak gekom in die periode
1964-1968 toe ek laas in SA gebly het. Toe was dit al taamlik
algemeen in gebruik, veral as mense byvoorbeeld na die Kruger
Wildtuin wil gaan en melk wil saamvat. Tot op 'n punt is dit
'n goeie ding, want jy kan dan jou eie steriele melk voorsien
en hoef nie op lokale produkte staat te maak nie. Maar om dit
eksklusief in plaas van gesonde "lewende" melk te gebruik, is
seker nie goed nie. Ek kan ook nie sê dat dit nie hier in Noord-
Amerika bestaan nie. Dit word sekerlik nooit geadverteer
as iets met lang-lewe kwaliteite nie. En miskien word die
produksie daarvan verbied deur Kanada en die VSA se
gesondheidswette of soiets.

Gloudina
Re: 'n Versoek asseblief [boodskap #83195 is 'n antwoord op boodskap #83167] Di, 02 September 2003 12:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
daniel[3]  is tans af-lyn  daniel[3]
Boodskappe: 38
Geregistreer: Februarie 2000
Karma: 0
Volle Lid
Dankie antie, vir jou ontsettende waardevolle bydrae. Net jammer dat dit
niks met die onderwerp te doen het nie...

D.

> Elaine wrote
>
> Ons het 24 bokse langlewe melk
> gekoop
>
> Ek het al baie gewonder hoekom hierdie
> "langlewe" melk nie hier in Kanada posgevat
> het nie. Ek neem aan die melk, waarvan Elaine
> praat, is dié soort melk wat mens nie hoef
> koud te hou nie, en wat maande kan hou.
> Maar mens kry dit eenvoudig nie hier nie.
> Dis natuurlik melk waar baie waardevolle
> mikrobes en sulke dinge doodgemaak is, en
> dus nie eintlik melk wat jy vir jou gesondheid
> kan drink nie. Maar dit was darem handig om
> saam te neem as jy gaan kamp, of soiets.
>
> Gloudina
>
Re: 'n Versoek asseblief [boodskap #83196 is 'n antwoord op boodskap #83193] Di, 02 September 2003 12:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink weer die "lewende melk" hier in Gauteng is so afgewater dat dit nie
eens suur word van in die son staan vir karringmelkbeskuit bak nie.

TJ
Plaasjapie van Wolseley/Tulbagh

"Annette" skryf in boodskap news:bj21a4$ijk$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Die doosmelk kom al 'n lang pad - dis net die afgelope jare dat dit meer
> algemeen beskikbaar is.
> In 1969 het ons gaan vakansie hou op Black Mountain - dis nou tussen
> Springbok en Pofadder - en toe al was doosmelk al melk wat die mense daar
> gebruik het.
> Die myn het dit op groot maat van die vervaardiger gekoop, en dit was toe al
> ook in 'n tetrapakverpakking.
> Het ook net soos vandag se doosmelk gesmaak.
>
> Annette
>
>
> -- "@rogers.com" wrote in message
> news:pZ_4b.138230$_V.112648@news04.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>>
>> Jonas wrote
>>
>>> Anti - daar het jy 'n voortreflike besigheidsplan.
>>
>> Nee, ek sal nooit mense aanmoedig om iets te
>> drink wat "dood" is nie. Ek neem aan die kalsium
>> van die oorspronklike melk is nog in hierdie
>> produk, maar om dit in plaas van "lewende" melk
>> te gebruik, is uit die bose. Miskien is daar hier
>> in Kanada, en ek neem aan in die VSA, 'n rede
>> hoekom dit nie op die mark is nie.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: 'n Versoek asseblief [boodskap #83198 is 'n antwoord op boodskap #83193] Di, 02 September 2003 13:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die doosmelk hou verband met grootskaalse stakings wat Clover +/- 3 jaar
terug ervaar het. Daar is toe besluit om poeiermelk en langlewe 'n kans te
gee - produktre op die rak wanneer die staking suur raak.

"Annette" skryf in boodskap news:bj21a4$ijk$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Die doosmelk kom al 'n lang pad - dis net die afgelope jare dat dit meer
> algemeen beskikbaar is.
> In 1969 het ons gaan vakansie hou op Black Mountain - dis nou tussen
> Springbok en Pofadder - en toe al was doosmelk al melk wat die mense daar
> gebruik het.
> Die myn het dit op groot maat van die vervaardiger gekoop, en dit was toe al
> ook in 'n tetrapakverpakking.
> Het ook net soos vandag se doosmelk gesmaak.
>
> Annette
>
>
> -- "@rogers.com" wrote in message
> news:pZ_4b.138230$_V.112648@news04.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>>
>> Jonas wrote
>>
>>> Anti - daar het jy 'n voortreflike besigheidsplan.
>>
>> Nee, ek sal nooit mense aanmoedig om iets te
>> drink wat "dood" is nie. Ek neem aan die kalsium
>> van die oorspronklike melk is nog in hierdie
>> produk, maar om dit in plaas van "lewende" melk
>> te gebruik, is uit die bose. Miskien is daar hier
>> in Kanada, en ek neem aan in die VSA, 'n rede
>> hoekom dit nie op die mark is nie.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: 'n Versoek asseblief [boodskap #83199 is 'n antwoord op boodskap #83191] Di, 02 September 2003 13:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
As jy goedjies soos yoghurt en kaas ook eet, behoort die melk sekerlik nie
so vreelik saak te maak nie. Persoonlik is ek te lui om elke tweede dag te
ry om melk te gaan koop - daarom koop ek 24 bokse langlewe melk 'n maand en
ek hoef nie weer oor melk te worry nie. Ek weet ek sal elke 3de dag nog
sonder melk sit ook want ek sal vergeet om "vars" melk te gaan koop.
Hier by ons sal die gesondheidsraad ook nie goed wat vreeslik sleg is vir
jou toelaat nie. Daar was groter probleme gewees met die mense wat sakkies
en "bottels" regte melk voorsien het as die mense wat die langlewe melk
gemaak het. Ek dink nou spesifiek aan 'n storie wat 'n paar jaar terug op
Carte Blanche was, oor verskaffers wat onhigiëniese melk die mark ingestuur
het.

E

"@rogers.com" wrote:

> Nee, ek sal nooit mense aanmoedig om iets te
> drink wat "dood" is nie. Ek neem aan die kalsium
> van die oorspronklike melk is nog in hierdie
> produk, maar om dit in plaas van "lewende" melk
> te gebruik, is uit die bose. Miskien is daar hier
> in Kanada, en ek neem aan in die VSA, 'n rede
> hoekom dit nie op die mark is nie.
>
> Gloudina
>
Re: 'n Versoek asseblief [boodskap #83204 is 'n antwoord op boodskap #83199] Di, 02 September 2003 13:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
So Elaine, jy dink iets in 'n doos is veiliger as iets 'n 'n
plastieksakkie?:)))
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3f54983e$0$64724@hades.is.co.za...
> As jy goedjies soos yoghurt en kaas ook eet, behoort die melk sekerlik nie
> so vreelik saak te maak nie. Persoonlik is ek te lui om elke tweede dag te
> ry om melk te gaan koop - daarom koop ek 24 bokse langlewe melk 'n maand en
> ek hoef nie weer oor melk te worry nie. Ek weet ek sal elke 3de dag nog
> sonder melk sit ook want ek sal vergeet om "vars" melk te gaan koop.
> Hier by ons sal die gesondheidsraad ook nie goed wat vreeslik sleg is vir
> jou toelaat nie. Daar was groter probleme gewees met die mense wat sakkies
> en "bottels" regte melk voorsien het as die mense wat die langlewe melk
> gemaak het. Ek dink nou spesifiek aan 'n storie wat 'n paar jaar terug op
> Carte Blanche was, oor verskaffers wat onhigiëniese melk die mark ingestuur
> het.
>
> E
>
> "@rogers.com" wrote:
>
>> Nee, ek sal nooit mense aanmoedig om iets te
>> drink wat "dood" is nie. Ek neem aan die kalsium
>> van die oorspronklike melk is nog in hierdie
>> produk, maar om dit in plaas van "lewende" melk
>> te gebruik, is uit die bose. Miskien is daar hier
>> in Kanada, en ek neem aan in die VSA, 'n rede
>> hoekom dit nie op die mark is nie.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: 'n Versoek asseblief [boodskap #83206 is 'n antwoord op boodskap #83204] Di, 02 September 2003 13:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
:)))

"Annette" skryf in boodskap news:bj26hp$l97$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> So Elaine, jy dink iets in 'n doos is veiliger as iets 'n 'n
> plastieksakkie?:)))
> Annette
Re: 'n Versoek asseblief [boodskap #83207 is 'n antwoord op boodskap #83195] Di, 02 September 2003 13:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
En net hieronder vreet sy my uit omdat ek oor die voedsaamheid van mieliepap
begin gesels het onder 'n onderwerp wat nou eintelik niks met mieliepap uit
te waai het nie. :)))

E

"daniel" skryf in boodskap news:3f549dac$0$23587$5a62ac22@freenews.iinet.net.au...
> Dankie antie, vir jou ontsettende waardevolle bydrae. Net jammer dat dit
> niks met die onderwerp te doen het nie...
>
> D.
Re: 'n Versoek asseblief [boodskap #83208 is 'n antwoord op boodskap #83199] Di, 02 September 2003 13:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

Ek dink nou spesifiek aan 'n storie wat 'n paar jaar terug
oor verskaffers wat onhigiëniese melk die mark ingestuur
> het.

Soos ek dit verstaan, is hierdie "doosmelk" melk waaruit
alle "lewende" mikrobes en dies meer verwyder is deur dit
onder hoë temperatuur te vervaardig. Dus behoort dit na
daardie proses baie "skoon" te wees van alle besmetting.
Maar as dit nou in die proses van verpakking besmet word
met allerhande soort goed, dan kan dit natuurlik net so
besmet wees soos enigiets anders wat nie goed behandel
is nie. Ons het allerhande TV mark-programme hier wat
bewys dat sogenaamde skoon gebottelde water somtyds
meer besmetting het as water wat uit krane kom.

Gloudina
Re: 'n Versoek asseblief [boodskap #83211 is 'n antwoord op boodskap #83208] Di, 02 September 2003 14:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het nie van die boksmelk gepraat nie - ek het van die melk gepraat wat in
sakkies en bottels verpak word.

Hier was 'n "water" maatskappy in SA wat sg. "springwater" verkoop het. Dit
was weereens Carte Blanche wat die storie oopgevlek het, en gewys het hoe
die maatskappy "mineraalwater" uit 'n kraan in Alexandria tap. Ek kan net
nie op die oomblik die maatskappy of water se naam onthou nie. Dit was
nogal vreeslik snaaks gewees.

E

"@rogers.com" wrote:

> Soos ek dit verstaan, is hierdie "doosmelk" melk waaruit
> alle "lewende" mikrobes en dies meer verwyder is deur dit
> onder hoë temperatuur te vervaardig. Dus behoort dit na
> daardie proses baie "skoon" te wees van alle besmetting.
> Maar as dit nou in die proses van verpakking besmet word
> met allerhande soort goed, dan kan dit natuurlik net so
> besmet wees soos enigiets anders wat nie goed behandel
> is nie. Ons het allerhande TV mark-programme hier wat
> bewys dat sogenaamde skoon gebottelde water somtyds
> meer besmetting het as water wat uit krane kom.
>
> Gloudina
>
Re: 'n Versoek asseblief [boodskap #83212 is 'n antwoord op boodskap #83204] Di, 02 September 2003 14:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Iets in 'n plastieksakkie in 'n doos = veiliger.

:-)

TJ

"Annette" skryf in boodskap news:bj26hp$l97$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> So Elaine, jy dink iets in 'n doos is veiliger as iets 'n 'n
> plastieksakkie?:)))
> Annette
>
>
> "Elaine" wrote in message
> news:3f54983e$0$64724@hades.is.co.za...
>> As jy goedjies soos yoghurt en kaas ook eet, behoort die melk sekerlik nie
>> so vreelik saak te maak nie. Persoonlik is ek te lui om elke tweede dag te
>> ry om melk te gaan koop - daarom koop ek 24 bokse langlewe melk 'n maand en
>> ek hoef nie weer oor melk te worry nie. Ek weet ek sal elke 3de dag nog
>> sonder melk sit ook want ek sal vergeet om "vars" melk te gaan koop.
>> Hier by ons sal die gesondheidsraad ook nie goed wat vreeslik sleg is vir
>> jou toelaat nie. Daar was groter probleme gewees met die mense wat sakkies
>> en "bottels" regte melk voorsien het as die mense wat die langlewe melk
>> gemaak het. Ek dink nou spesifiek aan 'n storie wat 'n paar jaar terug op
>> Carte Blanche was, oor versswartes wat onhigiëniese melk die mark ingestuur
>> het.
>>
>> E
>>
>> "@rogers.com" wrote:
>>
>>> Nee, ek sal nooit mense aanmoedig om iets te
>>> drink wat "dood" is nie. Ek neem aan die kalsium
>>> van die oorspronklike melk is nog in hierdie
>>> produk, maar om dit in plaas van "lewende" melk
>>> te gebruik, is uit die bose. Miskien is daar hier
>>> in Kanada, en ek neem aan in die VSA, 'n rede
>>> hoekom dit nie op die mark is nie.
>>>
>>> Gloudina
>>>
>>
>
Re: 'n Versoek asseblief [boodskap #83215 is 'n antwoord op boodskap #83212] Di, 02 September 2003 15:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jy is reg - soos beetslaai:))
Annette

"Artslink.co.za" skryf in boodskap news:3f54abec$0$64722@hades.is.co.za...
> Iets in 'n plastieksakkie in 'n doos = veiliger.
>
> :-)
>
> TJ
>
>
> "Annette" wrote in message
> news:bj26hp$l97$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> So Elaine, jy dink iets in 'n doos is veiliger as iets 'n 'n
>> plastieksakkie?:)))
>> Annette
>>
>>
>> "Elaine" wrote in message
>> news:3f54983e$0$64724@hades.is.co.za...
>>> As jy goedjies soos yoghurt en kaas ook eet, behoort die melk sekerlik nie
>>> so vreelik saak te maak nie. Persoonlik is ek te lui om elke tweede dag te
>>> ry om melk te gaan koop - daarom koop ek 24 bokse langlewe melk 'n maand en
>>> ek hoef nie weer oor melk te worry nie. Ek weet ek sal elke 3de dag nog
>>> sonder melk sit ook want ek sal vergeet om "vars" melk te gaan koop.
>>> Hier by ons sal die gesondheidsraad ook nie goed wat vreeslik sleg is vir
>>> jou toelaat nie. Daar was groter probleme gewees met die mense wat sakkies
>>> en "bottels" regte melk voorsien het as die mense wat die langlewe melk
>>> gemaak het. Ek dink nou spesifiek aan 'n storie wat 'n paar jaar terug op
>>> Carte Blanche was, oor versswartes wat onhigiëniese melk die mark ingestuur
>>> het.
>>>
>>> E
>>>
>>> "@rogers.com" wrote:
>>>
>>>> Nee, ek sal nooit mense aanmoedig om iets te
>>>> drink wat "dood" is nie. Ek neem aan die kalsium
>>>> van die oorspronklike melk is nog in hierdie
>>>> produk, maar om dit in plaas van "lewende" melk
>>>> te gebruik, is uit die bose. Miskien is daar hier
>>>> in Kanada, en ek neem aan in die VSA, 'n rede
>>>> hoekom dit nie op die mark is nie.
>>>>
>>>> Gloudina
>>>>
>>>
>>
>
Re: 'n Versoek asseblief [boodskap #83221 is 'n antwoord op boodskap #83207] Di, 02 September 2003 16:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
Kom ek las ook nou maar 'n ou stertjie aan... ;-)
Hier is 'n baie interessante website oor melk en die wanopvattinge oor die
basiese goed en kwaad van vars melk.
http://home.earthlink.net/~optimal/article_raw_milk_outlawed .htm
Elaine, nou is ek lus vir daai mieliepap van jou met lekker vars
plaasmelk... ;-)

"Elaine" skryf in boodskap news:3f54a044$0$64722@hades.is.co.za...
> En net hieronder vreet sy my uit omdat ek oor die voedsaamheid van mieliepap
> begin gesels het onder 'n onderwerp wat nou eintelik niks met mieliepap uit
> te waai het nie. :)))
>
> E
>
> "daniel" wrote in message
> news:3f549dac$0$23587$5a62ac22@freenews.iinet.net.au...
>> Dankie antie, vir jou ontsettende waardevolle bydrae. Net jammer dat dit
>> niks met die onderwerp te doen het nie...
>>
>> D.
>
Re: 'n Versoek asseblief [boodskap #83227 is 'n antwoord op boodskap #83221] Di, 02 September 2003 19:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek weet darem nie, ek het gelees daar kan van die koeie se urine in die melk
beland. Net die idee maak my naar. Selfs op die plaas (toe ons nog die
familieplaas gehad het) is die melk altyd eers deur 'n lappie gegooi en
gekook voordat dit verkoel is vir huishoudelike gebruik. Maar ek het ook
toevallig gister in die Reader Digest gelees dat kaas beter en gesonder is
as melk, so as jy bang is jou melk doen nie alles wat dit moet nie - eet
kaas! Blykbaar is dit goed vir die tande ook :)

E

"Jottie" skryf in boodskap news:3f54c5e7$0$274$4d4ebb8e@read.news.de.uu.net...
> Kom ek las ook nou maar 'n ou stertjie aan... ;-)
> Hier is 'n baie interessante website oor melk en die wanopvattinge oor die
> basiese goed en kwaad van vars melk.
> http://home.earthlink.net/~optimal/article_raw_milk_outlawed .htm
> Elaine, nou is ek lus vir daai mieliepap van jou met lekker vars
> plaasmelk... ;-)
Re: 'n Versoek asseblief [boodskap #83240 is 'n antwoord op boodskap #83195] Wo, 03 September 2003 09:18 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Julle moet nie te hard met die Anti wees nie - ek wil nog baie met haar
stry...

"daniel" skryf in boodskap news:3f549dac$0$23587$5a62ac22@freenews.iinet.net.au...
> Dankie antie, vir jou ontsettende waardevolle bydrae. Net jammer dat dit
> niks met die onderwerp te doen het nie...
>
> D.
>
>> Elaine wrote
>>
>> Ons het 24 bokse langlewe melk
>> gekoop
>>
>> Ek het al baie gewonder hoekom hierdie
>> "langlewe" melk nie hier in Kanada posgevat
>> het nie. Ek neem aan die melk, waarvan Elaine
>> praat, is dié soort melk wat mens nie hoef
>> koud te hou nie, en wat maande kan hou.
>> Maar mens kry dit eenvoudig nie hier nie.
>> Dis natuurlik melk waar baie waardevolle
>> mikrobes en sulke dinge doodgemaak is, en
>> dus nie eintlik melk wat jy vir jou gesondheid
>> kan drink nie. Maar dit was darem handig om
>> saam te neem as jy gaan kamp, of soiets.
>>
>> Gloudina
>>
>
Vorige onderwerp: Geo se rassisme
Volgende onderwerp: Uitbuitery...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 17:24:11 MGT 2024