Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » SA Magte
SA Magte [boodskap #82438] Ma, 18 Augustus 2003 20:29 na volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Geagte Offisier, Onderoffisier, Vriend en Vriendin,
Eerstens wil ek asseblief omverskoning vra indien hierdie e-pos `n
tweede keer by U uitkom aangesien ek probleme met my hardeskyf
ondervind het en van my inligting verloor het, so ook die dokument
waarin die adresse was van pesrsone wat ek alreeds uitgenooi of
gekontak het.

Ek het vir die afgelope paar jaar `n Gesêlsgroep op die internet wat
genoem word die SA Magte gesêlsgroep. Hier kom oud/huidige Suid
Afrikaanse Weermag lede sowel as Polisiemanne bymekaar waar ons sommer
lekker saam gesêls oor wat ons gedoen het, waar ons was en sommer
alles wat lekker was. Geen Politiek en kort boodskappe word toegelaat
nie so ons probeer pos minimaal hou. Daar is heelwat bekende Offisiere
op die Groep sowel as lede uit die Spesmagte en Koevoet. Lede wat die
HC vir dapperheid ontvang het is ook met ons.

Daar is selfs persone op die groep wat nie eens in die Magte was nie
en hulle gesêls as vriende net so lekker saam met ons as gesin.

Indien U sou belangstel om deel te word van die SA Magte Groep, stuur
slegs `n leë boodskap na
Weermag-...@topica.com
Daar sal dan `n boodskap na U terugkom waarop dit seker maak dat U wil
aansluit en U "reply" net so op daardie boodskap sonder om enigiets te
verander en stuur hom terug en dan is U met ons.

Baie dankie en ek glo dat U sal verstaan indien hierdie boodskap `n
tweede keer by U uitkom.

Magte Groete
Frikkie
Ps: Indien U weet van persone wat in die Weermag / Polisie was of is,
stuur asseblief hierdie boodskap ook aan hulle sodat hulle kennis dra
van die Groep.
Re: SA Magte [boodskap #82447 is 'n antwoord op boodskap #82438] Ma, 18 Augustus 2003 23:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Frikkie Potgieter rsaboy wrote

Geselsgroep
gesêls

Die manier waarop onse Frikkie nou die woord
" gesels" skryf, het my bietjie aan die dink gesit.
Dit is nou wel waar dat hy dit verkeerd spel deur
die kappie op die -e- te sit, maar op 'n sekere
manier is hy nogal reg om 'n kappie daar te wil
sit, anders kan mens die woord " gesels" verwar
met die woord " gesel" wat in Engels " lash" of
" scourge" beteken.

Tant Hessie van die Derde Republiek se
taalkomitee.
Re: SA Magte [boodskap #82453 is 'n antwoord op boodskap #82447] Di, 19 Augustus 2003 04:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dankie O Magtige Speltjekker. Ons buig in nederige erkentelikheid voor u
meerdere kennis.

(Jammer julle het weggehardloop en Frikkie toe moes help om wet en orde te
handhaaf ...)

"@rogers.com" wrote in message
news:Lfd0b.237234$rsJ.204487@news04.bloor.is.net.cable.roger s.com...
>
> Frikkie Potgieter rsaboy wrote
>
> Geselsgroep
> gesêls
>
> Die manier waarop onse Frikkie nou die woord
> " gesels" skryf, het my bietjie aan die dink gesit.
> Dit is nou wel waar dat hy dit verkeerd spel deur
> die kappie op die -e- te sit, maar op 'n sekere
> manier is hy nogal reg om 'n kappie daar te wil
> sit, anders kan mens die woord " gesels" verwar
> met die woord " gesel" wat in Engels " lash" of
> " scourge" beteken.
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek se
> taalkomitee.
>
Re: SA Magte [boodskap #82464 is 'n antwoord op boodskap #82447] Di, 19 Augustus 2003 07:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[2]  is tans af-lyn  Max[2]
Boodskappe: 47
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com"
> Frikkie Potgieter rsaboy wrote
>
> Gesêlsgroep
> gesêls
>
> Die manier waarop onse Frikkie nou die woord
> " gesels" skryf, het my bietjie aan die dink gesit.
> Dit is nou wel waar dat hy dit verkeerd spel deur
> die kappie op die -e- te sit, maar op 'n sekere
> manier is hy nogal reg om 'n kappie daar te wil
> sit, anders kan mens die woord " gesels" verwar
> met die woord " gesel" wat in Engels " lash" of
> " scourge" beteken.
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek se
> taalkomitee.

Jy´s verkeerd, Gloudina. Frikkie weet hoe om gesels te skryf. Die
probleem is dat hy nie weet hoe om gesel te spel nie. Hy wou eintlik
almal uitnooi om mekaar te gesel op sy geselgroep. Terwyl die res van
ons geniet van die 21ste eeu.

Max_______________________________________________________
Re: SA Magte [boodskap #82467 is 'n antwoord op boodskap #82447] Di, 19 Augustus 2003 09:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
daniel[3]  is tans af-lyn  daniel[3]
Boodskappe: 38
Geregistreer: Februarie 2000
Karma: 0
Volle Lid
Diep, onge-effinglooflik diep!

"@rogers.com" wrote in message
news:Lfd0b.237234$rsJ.204487@news04.bloor.is.net.cable.roger s.com...
>
> Frikkie Potgieter rsaboy wrote
>
> Geselsgroep
> gesêls
>
> Die manier waarop onse Frikkie nou die woord
> " gesels" skryf, het my bietjie aan die dink gesit.
> Dit is nou wel waar dat hy dit verkeerd spel deur
> die kappie op die -e- te sit, maar op 'n sekere
> manier is hy nogal reg om 'n kappie daar te wil
> sit, anders kan mens die woord " gesels" verwar
> met die woord " gesel" wat in Engels " lash" of
> " scourge" beteken.
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek se
> taalkomitee.
>
Re: SA Magte [boodskap #82473 is 'n antwoord op boodskap #82453] Di, 19 Augustus 2003 11:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas wrote

> (Jammer julle het weggehardloop en Frikkie toe moes help om wet en orde te
> handhaaf ...)

Wet en orde? Hy was in 'n weermag wat gekommandeer
was deur internasionale pariahs wat internasionale wet
verbreek het, hulle eie nazi orde wou skep, in 'n grens-
oorlog die gewillige lakeie van die CIA was. En nou
verkies Frikkie om homself nie meer Afrikaner te noem
nie, maar deel van die " Boerenasie." Frikkie is in diens
van Fred Rundle, en Fred Rundle maak sy geld deur
rassisme aan te blaas. Ons het hulle hier in Kanada ook.
Fred Rundle kry heelwaarskynlik van sy geld uit Kanada.
So hou op om vir Frikkie te verdedig. Hy is 'n bedreiging
vir die Afrikaner.

Penkop van die Derde Republiek
Re: SA Magte [boodskap #82474 is 'n antwoord op boodskap #82464] Di, 19 Augustus 2003 11:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Max wrote

> Jy's verkeerd, Gloudina. Frikkie weet hoe om gesels te skryf. Die
> probleem is dat hy nie weet hoe om gesel te spel nie. Hy wou eintlik
> almal uitnooi om mekaar te gesel op sy geselgroep. Terwyl die res van
> ons geniet van die 21ste eeu.

O, ek sien. Dit maak sin. Hy gesel ons. Hy wil ons gesel. Hy het
ons gegesel.
Ek bloos vir my fout. O, dankie tog dat ek kan bloos. Want dis
alleen mense wat kan bloos (dus witmense) wat in Frikkie se
hemel toegelaat word. Hy het dit eendag self vir ons vertel.
Kan jy bloos, Max?

Tant Hessie van Rooigrond
Re: SA Magte [boodskap #82482 is 'n antwoord op boodskap #82473] Di, 19 Augustus 2003 13:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Nee Anti - jy is eintlik die bedreiging vir die Afrikaner. Jy het bloot 'n
akademiese kwalifikasie mbt Afrikaans behaal.
"Gewillige lakeie van die CIA..." - watse loutere snert - tipiese 1960's se
linkse cliche's. (Die swartserpterte sal trots wees op jou ...)

"@rogers.com" wrote in message
news:pwn0b.220501$hOa.38424@news02.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>
> Jonas wrote
>
>> (Jammer julle het weggehardloop en Frikkie toe moes help om wet en orde te
>> handhaaf ...)
>
> Wet en orde? Hy was in 'n weermag wat gekommandeer
> was deur internasionale pariahs wat internasionale wet
> verbreek het, hulle eie nazi orde wou skep, in 'n grens-
> oorlog die gewillige lakeie van die CIA was. En nou
> verkies Frikkie om homself nie meer Afrikaner te noem
> nie, maar deel van die " Boerenasie." Frikkie is in diens
> van Fred Rundle, en Fred Rundle maak sy geld deur
> rassisme aan te blaas. Ons het hulle hier in Kanada ook.
> Fred Rundle kry heelwaarskynlik van sy geld uit Kanada.
> So hou op om vir Frikkie te verdedig. Hy is 'n bedreiging
> vir die Afrikaner.
>
> Penkop van die Derde Republiek
>
Re: SA Magte [boodskap #82483 is 'n antwoord op boodskap #82482] Di, 19 Augustus 2003 13:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas wrote

> "Gewillige lakeie van die CIA..." - watse loutere snert - tipiese 1960's se
> linkse cliche's. (Die swartserpterte sal trots wees op jou ...)

Sulke woorde wys maar net vir almal wat wil
luister watter soort " Afrikaner" Jonas nou
eintlik is: Iemand wat sy wit vel en sy ondersteuning
vir 'n nazi beleid van rassediskriminering voorstoot
voor sy getrouheid aan Christelike beginsels en
goeie Afrikaner inbors.
En al praat jy nou ook totdat jy blou is in jou
gesig, sal jy nie die Black Sash se dade kan slegpraat
nie. Hulle ten minste het die enigste ding gedoen wat
hulle kon doen onder jou nazi-regering: hulle het
geprotesteer teen onmenslikheid, wetteloosheid en
misdadigheid.

Tant Hessie van die Black Sash
Re: SA Magte [boodskap #82504 is 'n antwoord op boodskap #82483] Di, 19 Augustus 2003 17:11 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
En saam met die vyand geslaap....
Van kakiekombers tot swartkaros...

"@rogers.com" wrote in message
news:6up0b.221014$hOa.46709@news02.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>
> Jonas wrote
>
>> "Gewillige lakeie van die CIA..." - watse loutere snert - tipiese 1960's
> se
>> linkse cliche's. (Die swartserpterte sal trots wees op jou ...)
>
> Sulke woorde wys maar net vir almal wat wil
> luister watter soort " Afrikaner" Jonas nou
> eintlik is: Iemand wat sy wit vel en sy ondersteuning
> vir 'n nazi beleid van rassediskriminering voorstoot
> voor sy getrouheid aan Christelike beginsels en
> goeie Afrikaner inbors.
> En al praat jy nou ook totdat jy blou is in jou
> gesig, sal jy nie die Black Sash se dade kan slegpraat
> nie. Hulle ten minste het die enigste ding gedoen wat
> hulle kon doen onder jou nazi-regering: hulle het
> geprotesteer teen onmenslikheid, wetteloosheid en
> misdadigheid.
>
> Tant Hessie van die Black Sash
>
Vorige onderwerp: Die weer ...
Volgende onderwerp: Skaak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 16:11:32 MGT 2024