Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gate in jou lyf
Gate in jou lyf [boodskap #80919] Do, 24 Julie 2003 07:13 na volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Iets wat ek nog nooit kon 'gryp' nie, is hoekom die jong mense van vandag so
graag gate in hulle lywe maak en ringetjies en alle soorte van dinge
daardeur sit. Hoekom?
Re: Gate in jou lyf [boodskap #80925 is 'n antwoord op boodskap #80919] Do, 24 Julie 2003 09:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester wrote:
> Iets wat ek nog nooit kon 'gryp' nie, is hoekom die jong mense van vandag so
> graag gate in hulle lywe maak en ringetjies en alle soorte van dinge
> daardeur sit. Hoekom?
>

Want dis iets wat nie normaal is nie. Dis dieselfde rede waarom ander
vrouens hulle naels kleur of grimeering aansit alhoewel dit na al die
jare al so algemeen is dat niemand meer dink dis besonders nie.
Daar is natuurlik ook 'n mate van bewondering vir 'n persoon wat wel 'n
paar gate het soos jy dit beskryf. Alhoewel daar nie regtig enige pyn
verbonde is daaraan nie, is die persepsie van die ou wat nie 'n oorbel,
neusring, tong-stud of bellyring het nie dat daar wel pyn betrokke was
en dit dus baie guts en mannemoed gekos het om dit te doen.
Mens kan dit seker maar met enige ander onnatuurlike verandering van die
menslike liggaam vergelyk soos bv. tatoëermerke, facelifts en selfs
kleredrag om sekere liggaamsdele te beklemtoon.
Myns insiens kan dit partykeer nogal 'n baie positiewe reaksie ontlok.
Die bottom line is dat dit jou eie vrye keuse is wat jy met jou liggaam
wil doen en ook jou eie vrye keuse of jy van 'n ander ou se keuse wil
hou of nie.
Re: Gate in jou lyf [boodskap #80933 is 'n antwoord op boodskap #80925] Do, 24 Julie 2003 13:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
OK. In kort vertel jy vir my dis so 'n soort van 'n
mini-onafhanklikheidsverklaring van die individu? Dat jy, onafgesien van
wat die mense of jou ouers sê, self kan besluit wat jy met jou liggaam gaan
doen?
Dis alles wonderlik en pragtig, maar hoekom jou liggaam skend net om 'n
punt te maak? Daarvoor het jy mos 'n brein gekry? Hoekom moet jy 'n
soort van 'n 'dog-tag' aanhê om vir ander mense te wys dat jy onafhanklik
is? Ek dink die spul goete deur die ore, tonge, maag EN ander goete is
aaklig. Ek weet nie van jou nie, maar as hierdie pragtige meisiekind haar
mond oopmaak en haar tong struikel en val oor 'n ding wat op haar tong is,
dan maak dit my naar. Sou jy dieper delf en kom op penne en knoppies af op
ander minder gelukkige plekke, moet sy nie verbaas wees as die ou vir haar
lag nie. Ek sou!
Net vir myself het ek so 'n opnametjie gemaak onder my kennisse en
hulle kinders. Een ding lyk voorlopig waarheid te wees. Hoe weirder die
kind, hoe meer goggos....... Die steady outjies sê hulle't nie tyd vir
stront nie.

"Jottie" skryf in boodskap news:3f1fa7e1$0$260$4d4ebb8e@read.news.de.uu.net...
> Suidwester wrote:
>> Iets wat ek nog nooit kon 'gryp' nie, is hoekom die jong mense van vandag so
>> graag gate in hulle lywe maak en ringetjies en alle soorte van dinge
>> daardeur sit. Hoekom?
>>
>
> Want dis iets wat nie normaal is nie. Dis dieselfde rede waarom ander
> vrouens hulle naels kleur of grimeering aansit alhoewel dit na al die
> jare al so algemeen is dat niemand meer dink dis besonders nie.
> Daar is natuurlik ook 'n mate van bewondering vir 'n persoon wat wel 'n
> paar gate het soos jy dit beskryf. Alhoewel daar nie regtig enige pyn
> verbonde is daaraan nie, is die persepsie van die ou wat nie 'n oorbel,
> neusring, tong-stud of bellyring het nie dat daar wel pyn betrokke was
> en dit dus baie guts en mannemoed gekos het om dit te doen.
> Mens kan dit seker maar met enige ander onnatuurlike verandering van die
> menslike liggaam vergelyk soos bv. tatoeëermerke, facelifts en selfs
> kleredrag om sekere liggaamsdele te beklemtoon.
> Myns insiens kan dit partykeer nogal 'n baie positiewe reaksie ontlok.
> Die bottom line is dat dit jou eie vrye keuse is wat jy met jou liggaam
> wil doen en ook jou eie vrye keuse of jy van 'n ander ou se keuse wil
> hou of nie.
>
Re: Gate in jou lyf [boodskap #80938 is 'n antwoord op boodskap #80919] Do, 24 Julie 2003 13:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Om anders te lyk en hul individualiteit ten toon te stel, en tog
terselfdertyd net soos hul begate maters te lyk.
Om aandag te trek, alhoewel hulle almal dit heftig sal ontken.
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:3f1f872a.0@news1.mweb.co.za...
> Iets wat ek nog nooit kon 'gryp' nie, is hoekom die jong mense van vandag so
> graag gate in hulle lywe maak en ringetjies en alle soorte van dinge
> daardeur sit. Hoekom?
>
Re: Gate in jou lyf [boodskap #80941 is 'n antwoord op boodskap #80933] Do, 24 Julie 2003 14:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die vraag is wat is vir jou aanvaarbaar? Waar trek jy die streep en
wanneer skend jy jou liggaam? Is een gaatjie in elke oor aanvaarbaar?
Indien wel, is dit vir beide geslagte aanvaarbaar? Is 'n gaatjie in die
neus aanvaarbaar? En so aan...

> Dis alles wonderlik en pragtig, maar hoekom jou liggaam skend net om 'n
> punt te maak? Daarvoor het jy mos 'n brein gekry? Hoekom moet jy 'n
> soort van 'n 'dog-tag' aanhê om vir ander mense te wys dat jy onafhanklik
> is? Ek dink die spul goete deur die ore, tonge, maag EN ander goete is
> aaklig. Ek weet nie van jou nie, maar as hierdie pragtige meisiekind haar
> mond oopmaak en haar tong struikel en val oor 'n ding wat op haar tong is,
> dan maak dit my naar. Sou jy dieper delf en kom op penne en knoppies af op
> ander minder gelukkige plekke, moet sy nie verbaas wees as die ou vir haar
> lag nie. Ek sou!
> Net vir myself het ek so 'n opnametjie gemaak onder my kennisse en
> hulle kinders. Een ding lyk voorlopig waarheid te wees. Hoe weirder die
> kind, hoe meer goggos....... Die steady outjies sê hulle't nie tyd vir
> stront nie.
Re: Gate in jou lyf [boodskap #80942 is 'n antwoord op boodskap #80938] Do, 24 Julie 2003 14:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
As die rede is om soos hul "begate" maters te lyk dan kan dit mos seer
sekerlik nie ook wees om hul individualiteit ten toon te stel nie. Maar
ek dink jy het wel 'n punt beet oor die aandag trek want dit trek
definitief heelwat mense se aandag - of hulle nou daarvan hou of nie... ;-)
Mens kan dieselfde redeneer oor rook. Wys my een kind wat begin rook het
omdat hy verslaaf was aan nikotien. En dit skend baie definitief die
liggaam meer as 'n gaatjie of twee.

Annette wrote:

> Om anders te lyk en hul individualiteit ten toon te stel, en tog
> terselfdertyd net soos hul begate maters te lyk.
> Om aandag te trek, alhoewel hulle almal dit heftig sal ontken.
> Annette
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3f1f872a.0@news1.mweb.co.za...
>
>> Iets wat ek nog nooit kon 'gryp' nie, is hoekom die jong mense van vandag
>
> so
>
>> graag gate in hulle lywe maak en ringetjies en alle soorte van dinge
>> daardeur sit. Hoekom?


>
Re: Gate in jou lyf [boodskap #80944 is 'n antwoord op boodskap #80919] Do, 24 Julie 2003 14:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships Mcduck  is tans af-lyn  Threeships Mcduck
Boodskappe: 244
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 24 Jul 2003 08:13:35 +0100, "Suidwester"
served the following to the group:

> Iets wat ek nog nooit kon 'gryp' nie, is hoekom die jong mense van vandag so
> graag gate in hulle lywe maak en ringetjies en alle soorte van dinge
> daardeur sit. Hoekom?
>

want hulle kan?

Threeships Mcduck
lato di gomma giù, lato lucido in su
www.mothership.co.za
Re: Gate in jou lyf [boodskap #80952 is 'n antwoord op boodskap #80941] Do, 24 Julie 2003 16:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jottie" wrote in message

> Die vraag is wat is vir jou aanvaarbaar? Waar trek jy die streep en
> wanneer skend jy jou liggaam? Is een gaatjie in elke oor aanvaarbaar?
> Indien wel, is dit vir beide geslagte aanvaarbaar? Is 'n gaatjie in die
> neus aanvaarbaar? En so aan...

Ja, dit amuseer my dat die oorgrote meerderheid van mense
wat nou so kla oor al die ander belletjies, seker nooit die
gebruik van gate in jou oor te laat maak veroordeel het nie.
Al die mense wat so sit en kekkel hier se ma's, en heelwaarskynlik
hulle ouma's ook, het hulle ore laat " pierce" om oorbelletjies
te dra. Ek het van die begin af geweier om my so te ontsier,
maar veroordeel dit nie in ander nie. Dis vir my ook snaaks
dat die gewoonte van swart stamme in sentraal-afrika, wat
groot ronde stukke hout in hulle oorbelle en hulle lippe sit,
nog altyd gesien is as barbaars. Maar as die wit jongmense
dit begin doen, dan word daar verskonings voor gemaak.

Gloudina
Re: Gate in jou lyf [boodskap #80962 is 'n antwoord op boodskap #80919] Do, 24 Julie 2003 18:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Want party is nogal mooi? Ek hou van naeltjieringe, maar ek self sal dit
nooit doen nie, want ek's die skytbang vir die pyn. My kleinsus het so plat
magie en die ringetjie (dis ook nie net ringetjies nie, maar allerhande
oulike goed wat jy daar kan dra), lyk vir my te pragtig. My Ousus het net
hare laat doen, toe word sy swanger en moes sy die ringetjie uithaal. Ek
sal ook 'n gaatjie deur die oogbank (brenk?) verskoon - party mans lyk baie
sexy met daai ringetjie. Ek het 'n Britse vriend wat twee in elke oor, een
in sy oogbrenk (bank?) een deur sy neus, een deur sy lip en een deur sy tong
gehad het. Dit was bietjie te erg, hy't net die een in sy tong oor want sy
seuntjie het al die ander probeer uittrek. Hy sê die een in sy tong dra by
tot wonderlike gevolge in die slaapkamer. :-))

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:3f1f872a.0@news1.mweb.co.za...
> Iets wat ek nog nooit kon 'gryp' nie, is hoekom die jong mense van vandag so
> graag gate in hulle lywe maak en ringetjies en alle soorte van dinge
> daardeur sit. Hoekom?
>
Re: Gate in jou lyf [boodskap #80969 is 'n antwoord op boodskap #80933] Do, 24 Julie 2003 19:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy Gonzales  is tans af-lyn  Speedy Gonzales
Boodskappe: 197
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 24 Jul 2003 14:12:37 +0100, "Suidwester" wrote:

> OK. In kort vertel jy vir my dis so 'n soort van 'n
> mini-onafhanklikheidsverklaring van die individu? Dat jy, onafgesien van
> wat die mense of jou ouers sê, self kan besluit wat jy met jou liggaam gaan
> doen?
>
Nee, jy lees hom verkeerd. Wat hy vir jou sê, is dat hy in elke oor 'n
ring het, en onder sy onderlip ook. Heelwaarskynlik 'n neusring ook.
Want hy sê:
>> Die bottom line is dat dit jou eie vrye keuse is wat jy met jou liggaam
>> wil doen en ook jou eie vrye keuse of jy van 'n ander ou se keuse wil
>> hou of nie.

> En hy sê:
> Wys my een kind wat begin rook het
> omdat hy verslaaf was aan nikotien. En dit skend baie definitief die
> liggaam meer as 'n gaatjie of twee.

Ek het by 'n ander geleentheid hier vertel van die besondere ervaring
wat ek gehad het in 'n afdelingwinkel. Terwyl ek op 'n houtbank sit,
sit 'n persoon op 'n ander houtbank 'n paar treë van my af, rug na my
gekeer.

Wat ek onmiddelik opmerk, is die styfpassende broek, lieflike lang
hare in lokke, en toe ek vir 'n oomblik die profiel so effe kon
waarneem, sien ek lang lieflike goue oorbelle.

My groot en blye verrassing het gekom toe die persoon omdraai, en ek
sien DAT DIT 'N VROU IS!

Speedy
Re: Gate in jou lyf [boodskap #81008 is 'n antwoord op boodskap #80944] Vr, 25 Julie 2003 11:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
> lato di gomma giů, lato lucido in su

Ek het nie geweet jy's taljaans nie!!
Re: Gate in jou lyf [boodskap #81017 is 'n antwoord op boodskap #80962] Vr, 25 Julie 2003 13:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek kan met jou saamstem dat 'n naeltjiering nie te sleg kan wees op die
regte maagvel nie, maar al hierdie gate in die in die ore is nie vir my mooi
nie. Ek lees ook dat van die mense op hierdie ng dink ek sê die mense moet
of mag dit nie doen nie. Ek gee nie 'n moer om wat 'n ou met sy lyf doen
nie. Wat ek wil weet is hoekom iemand so iets sal doen? Is dit mooi of
is dit 'n onafhanklikheidsverklaring?
Sekerlik kan die knoppie op die tong 'n bydrae dat die ou se snor
besonder vinnig gaan groei, maar hoekom nie die knoppie net insit voor die
groot lek nie? Jy kan dit mos uithaal. Hoekom die ding heeldag in jou
bek dra?

"Elaine" skryf in boodskap news:3f202ad1$0$235@hades.is.co.za...
> Want party is nogal mooi? Ek hou van naeltjieringe, maar ek self sal dit
> nooit doen nie, want ek's die skytbang vir die pyn. My kleinsus het so plat
> magie en die ringetjie (dis ook nie net ringetjies nie, maar allerhande
> oulike goed wat jy daar kan dra), lyk vir my te pragtig. My Ousus het net
> hare laat doen, toe word sy swanger en moes sy die ringetjie uithaal. Ek
> sal ook 'n gaatjie deur die oogbank (brenk?) verskoon - party mans lyk baie
> sexy met daai ringetjie. Ek het 'n Britse vriend wat twee in elke oor, een
> in sy oogbrenk (bank?) een deur sy neus, een deur sy lip en een deur sy tong
> gehad het. Dit was bietjie te erg, hy't net die een in sy tong oor want sy
> seuntjie het al die ander probeer uittrek. Hy sê die een in sy tong dra by
> tot wonderlike gevolge in die slaapkamer. :-))
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3f1f872a.0@news1.mweb.co.za...
>> Iets wat ek nog nooit kon 'gryp' nie, is hoekom die jong mense van
vandag
> so
>> graag gate in hulle lywe maak en ringetjies en alle soorte van dinge
>> daardeur sit. Hoekom?
>>
>
Re: Gate in jou lyf [boodskap #81028 is 'n antwoord op boodskap #81017] Vr, 25 Julie 2003 15:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dit sal ek nie weet nie. Party mense glo dit het iets met spirualiteit te
doen. "Ek oorwin die pyn" tipe van effek. Ander weer vind dit, tot my
verbasing, verskriklik eroties. Ek dink, oor die algemeen, het die eerder
te doen met iets binne die persoon as onafhanklikheid. Party mense doen dit
omdat dit vir hulle mooi is, al vind ons dit ook maar hoe weird, ander doen
dit omdat dit mode is. As jy die massas volg het dit niks te doen met
individualiteit nie - dis vir seker.
Die knoopie moet in die tong bly - anders kan die gaatjie toegaan, jy moet
dit blykbaar net gereeld skoonmaak. My vriend sê hy kon vir omtrent 2 weke
nadat hy die gaatjie laat doen het, nie eet of praat nie. Hy kon net
afgewaterde sop drink en grom :-)). Hy hou van die gevoel van die stud in
sy tong, sê sy mond voel leeg sonder die ding.
Hulle is darem nog nie so weird soos mense wat 'n "kick" uit amputasie kry
nie. Daar is mense wat niks makeer nie, wat willens en weetens 'n ledemaat
laat amputeer, want so kry hulle glo 'n hoër mate van spirualiteit en
"awareness" en is hulle meer "volmaak". The mind boggles :-))

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:3f21330f.0@news1.mweb.co.za...
> Ek kan met jou saamstem dat 'n naeltjiering nie te sleg kan wees op die
> regte maagvel nie, maar al hierdie gate in die in die ore is nie vir my mooi
> nie. Ek lees ook dat van die mense op hierdie ng dink ek sê die mense moet
> of mag dit nie doen nie. Ek gee nie 'n moer om wat 'n ou met sy lyf doen
> nie. Wat ek wil weet is hoekom iemand so iets sal doen? Is dit mooi of
> is dit 'n onafhanklikheidsverklaring?
> Sekerlik kan die knoppie op die tong 'n bydrae dat die ou se snor
> besonder vinnig gaan groei, maar hoekom nie die knoppie net insit voor die
> groot lek nie? Jy kan dit mos uithaal. Hoekom die ding heeldag in jou
> bek dra?
Re: Gate in jou lyf [boodskap #81032 is 'n antwoord op boodskap #81028] Vr, 25 Julie 2003 15:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink die mense is verveeld. Sodra jy niks sinvol te doene het nie,
begin sulke strooi uitbroei.

"Elaine" skryf in boodskap news:3f2148b0$0$235@hades.is.co.za...
> Dit sal ek nie weet nie. Party mense glo dit het iets met spirualiteit te
> doen. "Ek oorwin die pyn" tipe van effek. Ander weer vind dit, tot my
> verbasing, verskriklik eroties. Ek dink, oor die algemeen, het die eerder
> te doen met iets binne die persoon as onafhanklikheid. Party mense doen dit
> omdat dit vir hulle mooi is, al vind ons dit ook maar hoe weird, ander doen
> dit omdat dit mode is. As jy die massas volg het dit niks te doen met
> individualiteit nie - dis vir seker.
> Die knoopie moet in die tong bly - anders kan die gaatjie toegaan, jy moet
> dit blykbaar net gereeld skoonmaak. My vriend sê hy kon vir omtrent 2 weke
> nadat hy die gaatjie laat doen het, nie eet of praat nie. Hy kon net
> afgewaterde sop drink en grom :-)). Hy hou van die gevoel van die stud in
> sy tong, sê sy mond voel leeg sonder die ding.
> Hulle is darem nog nie so weird soos mense wat 'n "kick" uit amputasie kry
> nie. Daar is mense wat niks makeer nie, wat willens en weetens 'n ledemaat
> laat amputeer, want so kry hulle glo 'n hoër mate van spirualiteit en
> "awareness" en is hulle meer "volmaak". The mind boggles :-))
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3f21330f.0@news1.mweb.co.za...
>> Ek kan met jou saamstem dat 'n naeltjiering nie te sleg kan wees op die
>> regte maagvel nie, maar al hierdie gate in die in die ore is nie vir my
> mooi
>> nie. Ek lees ook dat van die mense op hierdie ng dink ek sê die mense
> moet
>> of mag dit nie doen nie. Ek gee nie 'n moer om wat 'n ou met sy lyf doen
>> nie. Wat ek wil weet is hoekom iemand so iets sal doen? Is dit mooi of
>> is dit 'n onafhanklikheidsverklaring?
>> Sekerlik kan die knoppie op die tong 'n bydrae dat die ou se snor
>> besonder vinnig gaan groei, maar hoekom nie die knoppie net insit voor die
>> groot lek nie? Jy kan dit mos uithaal. Hoekom die ding heeldag in jou
>> bek dra?
>
Re: Gate in jou lyf [boodskap #81037 is 'n antwoord op boodskap #81032] Vr, 25 Julie 2003 16:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis altyd 'n moontlikheid. Die hoeveelheid strooi waarmee ek vorendag kom
as ek verveeld is, kan nogal verbasend wees.

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:3f214d68.0@news1.mweb.co.za...
> Ek dink die mense is verveeld. Sodra jy niks sinvol te doene het nie,
> begin sulke strooi uitbroei.
Re: Gate in jou lyf [boodskap #81067 is 'n antwoord op boodskap #81037] Sa, 26 Julie 2003 07:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy vertel my! Ek het hierdie verbeelding aan my. Doen nogal wondere vir
die humorsin ook......ek lag elke dag vir myself in die spieël!

"Elaine" skryf in boodskap news:3f215483$0$235@hades.is.co.za...
> Dis altyd 'n moontlikheid. Die hoeveelheid strooi waarmee ek vorendag kom
> as ek verveeld is, kan nogal verbasend wees.
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3f214d68.0@news1.mweb.co.za...
>> Ek dink die mense is verveeld. Sodra jy niks sinvol te doene het nie,
>> begin sulke strooi uitbroei.
>
Re: Gate in jou lyf [boodskap #81224 is 'n antwoord op boodskap #81067] Ma, 28 Julie 2003 11:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, daar's tye wat mense jou nogal vreemd kan aankyk as jy sommer vir niks
begin lag.

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:3f222d46.0@news1.mweb.co.za...
> Jy vertel my! Ek het hierdie verbeelding aan my. Doen nogal wondere vir
> die humorsin ook......ek lag elke dag vir myself in die spieël!
Re: Gate in jou lyf [boodskap #81235 is 'n antwoord op boodskap #81224] Ma, 28 Julie 2003 11:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dit gebeur gereeld met my - uit die bloute te begin lag.
Die vloek van 'n verbeelding wat te dikwels oorhoops raak:))
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3f2502ac$0$236@hades.is.co.za...
> Ja, daar's tye wat mense jou nogal vreemd kan aankyk as jy sommer vir niks
> begin lag.
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3f222d46.0@news1.mweb.co.za...
>> Jy vertel my! Ek het hierdie verbeelding aan my. Doen nogal wondere
> vir
>> die humorsin ook......ek lag elke dag vir myself in die spieël!
>
Re: Gate in jou lyf [boodskap #81242 is 'n antwoord op boodskap #81235] Ma, 28 Julie 2003 12:26 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
En hier sit ek en dink ek's die enigste een :). Ek geniet my verbeelding,
kan my nie 'n blou duit skeel as dit ander mense irriteer nie.

E

"Annette" skryf in boodskap news:bg33gr$k0ja1$4@ID-92016.news.uni-berlin.de...
> Dit gebeur gereeld met my - uit die bloute te begin lag.
> Die vloek van 'n verbeelding wat te dikwels oorhoops raak:))
> Annette
Vorige onderwerp: Hoekom was Happy Nuus?
Volgende onderwerp: Skisofreniedag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 22:47:45 MGT 2024