Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Snaakse plekname
Snaakse plekname [boodskap #8076] Ma, 20 Januarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek blaai nou die dag deur my Reader's Digest Atlas en kom op 'n plaasnaam
met die naam "LOSMYTJERRIE" af. Nou wonder ek, wat is die storie agter die
een?

Ander name so in die verbygaan:
Eleven O'clock
Slegverby
Bommerhoek
Berg-van-Vlie"e
Verdwaal
Lekkerlag
Papiesvlakte

En hier in Pretoria, as jy na die ooste toe ry en jy vat een pad gaan jy na
Welbekend, en vat jy 'n ander een net 'klein entjie daarvandaan gaan jy na
Onbekend (vir die wat Pretoria ken - die eenpad is Lynnwoodweg, die ander
Menlynweg)

Maar met water het ons voorsate definitief 'n probleem gehad, sowat van
-fontein, -water, -spruit name vir plase nog nooit gesien nie.

Die enigste ding is (dinges?) is ek verstaan nie die swart name nie, iemand
vir ons so 'n paar vertalings van swart plekname dalk. Die Engelse plekname
is maar redelik saai.

Groetnis
Dries Venter
Pretoria
Re: Snaakse plekname [boodskap #8097 is 'n antwoord op boodskap #8076] Di, 21 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 20 Jan 1997 21:52:22 GMT, ven...@ilink.nis.za (dries venter) wrote:
<<>Ek blaai nou die dag deur my Reader's Digest Atlas en kom op 'n
plaasnaam...>>


Bietjie van die "topic" af, maar steeds by name, huisname.
Smaak verskil en my smaak dryf my daartoe om die meeste huisname by
vakansieplekke by die see te verwerp met, wel, 'n soort minagting.

Soetsappig en kleinburgerlik en ingegroei soos rigtingbefokte
toonnaels en selfkoesterend en al sulke goed.

Maar daar is een wat uitstyg bo al die name met 'n bose humor en my
gunsteling van alle tye geraak het.

My vrou het dit raakgesien 'n klompie jare gelede.
Die huis was in Pretoria en die naam was "Seesig".
Re: Snaakse plekname [boodskap #8098 is 'n antwoord op boodskap #8076] Di, 21 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Antiochus  is tans af-lyn  Antiochus
Boodskappe: 5
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
(smile) :)
ek hou besonder van "slegverby" en "verdwaal." ken iemand die stories agter
die name?

nou moet ek maar sê, ek woon in oostenryk, en ons het ook besonder snaakse
plekname, soos:

allerheiligen (drie van dié een, as ek my telefoongids mag vertrou): dink
nie dat ek dit moet verklaar :)

ameis: weet nie wat dit bedui nie, òf "mier" òf "by die ys"

apfelberg: appelberg

bärnkopf: berekop

bergwerk: myn

bernstein: barnsteen

blindenmarkt: blindemark

dechantkirchen: die diaken se kerk :)

dreihütten: drie hutte :)

eberau: varkweide

edelstauden: edelstruik

ehrendorf, ehrenhausen: eredorp, -huis

eisenerz: ystererts

ellbögen: elmboë

feuersbrunn: vuurbron

frauenberg, frauenkirchen: vroueberg, -kerk

fürstenfeld: vorsteveld

gallbrunn: galbron

gnadendorf, gnadenwald: genadedorp, -bos

grafenberg, grafendorf, grafenstein: graweberg, -dorp, -steen

heiligenblut: heiligebloed

herzogenburg, herzogsdorf: hertoëburg, hertogsdorp

4 x hofkirchen: hofkerk

hundsheim: hondehuis

kaisers, kaiserdorf: :)

kellerberg: kelderberg

10 x kirchberg, 3 x kirchdorf: kerkberg, -dorp

klagenfurt: klaagdrif

kleinschweinbarth: kleinvarkbaard

königsbrunn, königsdorf, königswiesen: koningsbron, -dorp, -weide

krummnußbaum: kromneutboom

kuchl: kombuis

lockenhaus: lokkehuis

maria elend, maria ellend (albei): maria se ellende

mönchdorf, mönchhof, mönichkirchen, mönichwald:

prinzendorf, prinzersdorf: prinsedorp

rattenberg: rotteberg

roßbach: perdebeek

salzburg: soutburg

st. ***: 179 plekname begin met "st." (vir 'sankt'). besonder talryk is st.
georgen (17), st. martin (12), st. johann (10), st. peter (9), st. veit (8)
en st. margarethen/margareten (7).

schattendorf: skadudorp

schwertberg: swaardberg

sonntag: sondag

steinbrunn: steenbron

taufkirchen: doopkerk

unserfrau: ons vrou

viehdorf: veedorp

weichselbaum: suurkersboom

weinberg: wynberg

wundschuh: wondskoen :)

zederhaus: sederhuis

zwischenwasser: tussenwater

************************************************************ **

groete,

clement j w zeitlhofer-adderton, wenen, oostenryk

cz...@blackbox.at
cle...@oeh.ac.at

************************************************************ **

dries venter schrieb im Beitrag
...
> Ek blaai nou die dag deur my Reader's Digest Atlas en kom op 'n plaasnaam
> met die naam "LOSMYTJERRIE" af. Nou wonder ek, wat is die storie agter die
> een?
>
> Ander name so in die verbygaan:
> Eleven O'clock
> Slegverby
> Bommerhoek
> Berg-van-Vlie"e
> Verdwaal
> Lekkerlag
> Papiesvlakte
>
> En hier in Pretoria, as jy na die ooste toe ry en jy vat een pad gaan jy na
> Welbekend, en vat jy 'n ander een net 'klein entjie daarvandaan gaan jy na
> Onbekend (vir die wat Pretoria ken - die eenpad is Lynnwoodweg, die ander
> Menlynweg)
>
> Maar met water het ons voorsate definitief 'n probleem gehad, sowat van
> -fontein, -water, -spruit name vir plase nog nooit gesien nie.
>
> Die enigste ding is (dinges?) is ek verstaan nie die swart name nie, iemand
> vir ons so 'n paar vertalings van swart plekname dalk. Die Engelse plekname
> is maar redelik saai.
>
> Groetnis
> Dries Venter
> Pretoria
>
Re: Snaakse plekname [boodskap #8113 is 'n antwoord op boodskap #8076] Wo, 22 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
HvanZyl  is tans af-lyn  HvanZyl
Boodskappe: 10
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Koos wrote in article
...
> On 20 Jan 1997 21:52:22 GMT, ven...@ilink.nis.za (dries venter)
> wrote:
>
> plaasnaam...>>
>
> Bietjie van die "topic" af, maar steeds by name, huisname.
> Smaak verskil en my smaak dryf my daartoe om die meeste huisname by
> vakansieplekke by die see te verwerp met, wel, 'n soort minagting.
>
Die interessantste see-een wat ek nog gesien het is die Engelse "Oh See
Sea" in Port Jollie (Port Nolloth). Een kyk na die huis en jy weet presies
waar die boumateriaal vasgelê is - Okiep Copper Company of OCC.

Hans
Re: Snaakse plekname [boodskap #8114 is 'n antwoord op boodskap #8076] Wo, 22 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Daar is 'n PRETORIA BRIDGE in Ottawa hier in Kanada.
Ek dink dit dateer uit die tyd van die Boere-oorlog,
toe baie Kanadese in Suid-Afrika gaan veg het aan die
kant van Engeland.

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: Re: alles behalwe vervelige nuusgroep
Volgende onderwerp: "Chronies" van JAN KEYTER VAN NIEKERK
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 20:31:53 MGT 2024