Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » VERSOENING?
VERSOENING? [boodskap #80435] Sa, 12 Julie 2003 11:23
Intact  is tans af-lyn  Intact
Boodskappe: 13
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Junior Lid
Subject: Fw: Comrades - In 'n ligte luim

Iets om oor die naweek aan te herkou..............

>
> Hoe is hierdie vir ironie? Ware verhaal van die week,
> verwerk uit die Natal Witness. As jy hierdie storie vir
> iemand aanstuur, gee asb. erkenning aan Griesel
> se Grapkas -
>
> http://www.oocities.org/grieselg
>
> Dis Sondagaand, 15 Junie 2003. Die dorp Pietermaritzburg
> is vol met 13 000 gespanne Comrades-hardlopers en
> seker net soveel van hulle meelopers - of is dit mee-
> hardlopers? - wat die volgende oggend om 5.30
> gaan wegspring vir die meer as 80km Durban
> toe. Terselftertyd word gereed gemaak vir 'n
> opelug-popkonsert op die Scottsville-resiesbaan
> waar die 'South African National Civics Organisation'
> 'n 'Moral Regeneration'-konsert gaan aanbied. Aangesien
> die konsert in Afrika gehou word, begin dit twee ure laat. Hulle
> kompenseer egter met volume. (Ons kan dit hoor in ons huis
> wat 6 km. weg is, maar die geluid verdwyn darem as ons die
> vensters toemaak). Hier teen elfuur die aand dreun die
> aarde nog en begin die duisende Comrades-hardlopers
> ernstig wonder of hulle 'n slapie gaan inkry, want hulle
> moet darem so teen vieruur op die laatste opstaan
> om betyds te wees. Een dapper tannie van Gauteng,
> genaamd Susan Ross-Watt, stap die resiebaan binne
> en slaag op dramatiese manier daarin om die konsert teen
> 11.20 in die kiem te smoor. Nog nie almal daar is 'moreel
> geregenereer nie': Baie is dronk en gooi bottels na die verhoog.
> Mev. Ross-Watt word vinnig weggelei. Meneer Dumisani Mthalane
> van SANCO se afdeling 'Sosiale ontwikkeling' sê die volgende
> dag aan die koerant: 'Dit wys hoe witmense nie omgee vir die
> land se swartes nie. Hulle veroorsaak lewensgevaar deur 'n
> konsert sommer so te stop. En dit ter wille van hardlopers!
> Dit wys nou net dat ons pogings tot versoening vir hulle
> niks beteken nie. Mense moet aangemoedig word om
> ubuntu (=medemenslikheid) te beoefen....'
Vorige onderwerp: Cravenweek:Hoog Tyd!!
Volgende onderwerp: verandering van voorname
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 17:23:30 MGT 2024