Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Pella lê 'n kruistog vêr " deur GEORGE WEIDEMAN
" Pella lê 'n kruistog vêr " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #79279] So, 15 Junie 2003 14:20 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

George Weideman
Pella lê 'n kruistog vêr

Voorlopige rekonstruksie van 'n denkbeeldige gesprek tussen Pella se
eerste Rooms-Katolieke sendeling en sy reisgids, anno 1875

EX AFRICA SEMPER ALIQUID NOVI

u moenie kla oor die hitte nie, Vader Gaudeul,
dis nog nie náástenby die somer nie
en nou al lê die vuurklip en smeul
hier moet u maar die sagte groen van Lyons
uit die gedagtes weer
hier is die enigste groen perdalks die soom
van die verbeeldingstroom
varswater sal u, as balling hier,
uit die vate van die geheue moet tap
of wag tot eendag as daar na die reën
syferwater uit 'n oog ópwel

hier sal jy die sin van jou roeping leer ken
tot in die oerbetekenis: geofferde, oblatus
geoffer aan die son van Afrika geoffer
aan die smeuling van die amper-woestyn
(kan die brandstapel feller wees
as Pella in Desember? sou die Hindoes
dit warmer aan die sole hê?) geoffer
aan die slu klein slangogies
listig soos die xnabbo self
geoffer aan khoikhoinse spraakverwarring
ja - te veel rooi wyn; nee - te veel soetwyn
maar dié maak jou jou vergeet vergeet!
geoffer aan die dors land
wat sobyso net brakwater ken
(hiér sal jy dalk móét wolfsmelk drink!)
ook jy sal die brak smaak se nábitter proe

jy vra dat ek moet vertel, van Pella -
hier staan alles bloot, oblatus:
winterstyd is son en wind weer kop-in-een-mis
as die veld julienagte oopgesper en wyd lê en wit
en alles blootgewaai word
deur suidewind en oostewind
en wit vuursteen en bruin graniet
uiteindelik blus;
hier sal jy ook moet vure slaan
én blare en barste balsem gee
met jou vingers op jou rosekrans
ysblomme van die oë smelt

nee, u moenie kla oor die hitte nie, Vader Gaudeul,
Pella lê nog 'n kruistog vêr
Afrika is wyd is groot
fonteine min - ons sal u leer gorra maak
kleimisvloer smeer witgatwortel maal
daardie plante daar? word "halfmense"
genoem hier langs die rivier is baie
hoe goed kan u skiet? hier's nog tiers
in die berge en boesmans hel! die boesmans
en moenie Pélla se skepsels vergeet nie!
o u weet wat skepsels is? nou ja dié soort
onthou maar: vir 'n geweer
is hulle skytbang amper soos vir die bomeesterslang
en natuurlik die basilisk

nee, u moenie sug oor die hitte nie, Vader Gaudeul,
dit is maar ons vóórland dié, die Voor-Boesmanland
ons moet die hinterland nog in
vóór die son so menshoog staan
moet ons
die Here weet
vir Vagevuurskloof nog deur
Re: " Pella lê 'n kruistog vêr " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #79283 is 'n antwoord op boodskap #79279] So, 15 Junie 2003 18:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wel.., ek moet sê: dit klink rêrig nie soos 'n uitnodiging vir my om
'n reis na Suid-Afrika te wa nie.. Dis hier in Vlaandere tog 'n
bietjie koeler! Ek moet onderstaande slegs lees om by my al sweet te
maak! :-) So'n artikel is net so goed as 'n sauna.
Het jy nog so literatuurpêreltjies, Gloudina? Ek geniet daarvan!

Vader Norbert uit Vlaandere
(Neen, ek is nie rêrig 'n "vader" nie!)
------------------------------------------------------------ ------------------------------------------------------------ -

On Sun, 15 Jun 2003 14:20:44 GMT, "@rogers.com" wrote:

> George Weideman
> Pella lê 'n kruistog vêr
>
> Voorlopige rekonstruksie van 'n denkbeeldige gesprek tussen Pella se
> eerste Rooms-Katolieke sendeling en sy reisgids, anno 1875
>
> EX AFRICA SEMPER ALIQUID NOVI
>
> u moenie kla oor die hitte nie, Vader Gaudeul,
> dis nog nie náástenby die somer nie
> en nou al lê die vuurklip en smeul
> hier moet u maar die sagte groen van Lyons
> uit die gedagtes weer
> hier is die enigste groen perdalks die soom
> van die verbeeldingstroom
> varswater sal u, as balling hier,
> uit die vate van die geheue moet tap
> of wag tot eendag as daar na die reën
> syferwater uit 'n oog ópwel
>
> hier sal jy die sin van jou roeping leer ken
> tot in die oerbetekenis: geofferde, oblatus
> geoffer aan die son van Afrika geoffer
> aan die smeuling van die amper-woestyn
> (kan die brandstapel feller wees
> as Pella in Desember? sou die Hindoes
> dit warmer aan die sole hê?) geoffer
> aan die slu klein slangogies
> listig soos die xnabbo self
> geoffer aan khoikhoinse spraakverwarring
> ja - te veel rooi wyn; nee - te veel soetwyn
> maar dié maak jou jou vergeet vergeet!
> geoffer aan die dors land
> wat sobyso net brakwater ken
> (hiér sal jy dalk móét wolfsmelk drink!)
> ook jy sal die brak smaak se nábitter proe
>
> jy vra dat ek moet vertel, van Pella -
> hier staan alles bloot, oblatus:
> winterstyd is son en wind weer kop-in-een-mis
> as die veld julienagte oopgesper en wyd lê en wit
> en alles blootgewaai word
> deur suidewind en oostewind
> en wit vuursteen en bruin graniet
> uiteindelik blus;
> hier sal jy ook moet vure slaan
> én blare en barste balsem gee
> met jou vingers op jou rosekrans
> ysblomme van die oë smelt
>
> nee, u moenie kla oor die hitte nie, Vader Gaudeul,
> Pella lê nog 'n kruistog vêr
> Afrika is wyd is groot
> fonteine min - ons sal u leer gorra maak
> kleimisvloer smeer witgatwortel maal
> daardie plante daar? word "halfmense"
> genoem hier langs die rivier is baie
> hoe goed kan u skiet? hier's nog tiers
> in die berge en boesmans hel! die boesmans
> en moenie Pélla se skepsels vergeet nie!
> o u weet wat skepsels is? nou ja dié soort
> onthou maar: vir 'n geweer
> is hulle skytbang amper soos vir die bomeesterslang
> en natuurlik die basilisk
>
> nee, u moenie sug oor die hitte nie, Vader Gaudeul,
> dit is maar ons vóórland dié, die Voor-Boesmanland
> ons moet die hinterland nog in
> vóór die son so menshoog staan
> moet ons
> die Here weet
> vir Vagevuurskloof nog deur
Re: " Pella lê 'n kruistog vêr " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #79291 is 'n antwoord op boodskap #79283] So, 15 Junie 2003 21:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Sterrenkijker wrote:

> Wel.., ek moet sê: dit klink rêrig nie soos 'n uitnodiging vir my om
> 'n reis na Suid-Afrika te wa nie.

> Het jy nog so literatuurpêreltjies, Gloudina? Ek geniet daarvan!

Ja-nee, jy moet darem weet dis warm in
die somermaande in daardie deel van die
land. Ek het nogal grootgeword taamlik
naby Pella, maar was nog nooit daar nie.
Maar die hitte is 'n droë hitte, en mens
moet maar net weet hoe om vir jou daarteen
te beskerm. Ons het ons huise se sinkdakke
met wit kalk geverf, en lang gange binne
in gebou, sodat mens in die middel van die
dag in die koelte van die gange op kermis-
beddens jou siësta kon neem. (Mens kan nie
in die somer tussen een-uur en vier-uur te
maklik in daardie son werk nie.) Ek sien
onlangs 'n foto van die laaste huis waar ek
gewoon het, en hulle het darem nou lugverkoe-
ling daar.
George Weideman het ook in daardie deel
van die wêreld grootgeword. Ek sal nog meer
van sy gedigte vir jou pos.

Gloudina
Re: " Pella lê 'n kruistog vêr " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #79302 is 'n antwoord op boodskap #79291] Ma, 16 Junie 2003 10:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3EECE417.6060706@rogers.com...
>
> Sterrenkijker wrote:
>
>> Wel.., ek moet sê: dit klink rêrig nie soos 'n uitnodiging vir my om
>> 'n reis na Suid-Afrika te wa nie.
>
>
>> Het jy nog so literatuurpêreltjies, Gloudina? Ek geniet daarvan!
>
> Ja-nee, jy moet darem weet dis warm in
> die somermaande in daardie deel van die
> land. Ek het nogal grootgeword taamlik
> naby Pella, maar was nog nooit daar nie.
> Maar die hitte is 'n droë hitte, en mens
> moet maar net weet hoe om vir jou daarteen
> te beskerm.

Die oorspronklike Pella, geboorteplek van Alexander die Grote, is ook maar
'n droe warm plek. Dit het glo destyds aan die mond van 'n rivier gele maar
daar is nou geen teken van water nie.

Lorinda
Re: " Pella lê 'n kruistog vêr " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #79303 is 'n antwoord op boodskap #79302] Ma, 16 Junie 2003 16:54 Na vorige boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 16 Jun 2003 11:23:39 +0100, "Lorinda" wrote:

> Die oorspronklike Pella, geboorteplek van Alexander die Grote, is ook maar
> 'n droe warm plek. Dit het glo destyds aan die mond van 'n rivier gele maar
> daar is nou geen teken van water nie.
>
> Lorinda
>
>
Hm.., ek dink ek bly tog liewer tuis hier in Vlaandere en geniet van
'n lekker fris biertjie vars uit die yskas. Hierdie smaak my net
dubbel so goed as ek die teks van Weideman lees.
Teenwoordig maak ons geen kruistogte meer nie. Amerikaners doen dit
nog steeds maar hulle het 'n ekskuus daarvoor: hulle bier is nie
lekker nie.

Groetnis,

Norbert (uit Vlaandere)
Vorige onderwerp: " Satan-Helios " deur N.P. van Wyk LOUW
Volgende onderwerp: " Rietfontein " deur I.D. du PLESSIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 14:30:13 MGT 2024