Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'n Visie van 'n Afrikaner-filosoof.
'n Visie van 'n Afrikaner-filosoof. [boodskap #7578] Di, 05 November 1996 00:00 na volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Die volgende rubriek deur Willie Esterhyse het in Beeld verskyn.


DAAR is aanduidings van beroering in bepaalde segmente van die nuwe
(wit) Afrikaanse generasie.
Talle jongmense staan nie net meer en meer afsydig teenoor die debatte
wat binne Afrikaner-organisasies, die Afrikaanse kerke en die NP
afspeel nie. Hulle is ook skepties oor die vermoë van "vriendelike
gryskop-omies" om vir hulle, hulle ideale, hulle waardes en hulle
kultuur 'n plek in die toekoms te verseker.
Hulle is ook moerig. Want, so sê hulle, dis hulle wat die grootste
gelag moet betaal vir die sondes van die vaders. Terwyl die vaders
goed vir hulleself gesorg het, pakkette gekry het en kan bekostig om
selfs sinies lawaai te maak, is dit hulle wat die eintlike juk van
regstellende aksie en transformasie moet
dra.
Praat 'n mens met hulle, dit wil sê met diegene wat nog bereid is om
met 'n "vriendelike gryskop" te praat, verseker hulle jou dat hulle
vriende ook so voel. En dat die geledere van die skeptiese
generasie groei.
Talle het reeds die Afrikaanse kerke verlaat. Sommige besoek
Engelstalige kerke ("daar is meer warmte"). Ander het die
georganiseerde kerk gelos. Daar is van hulle wat reguit sê: "Die
dominees het niks vir ons te sê nie."
Van Afrikaner-organisasie en "kultuurleiers" wil hulle niks weet
nie. Woorde soos "kultuurklieks" en "klubs vir moeë mense"
vertolk hulle skeptisisme. En van die NP is die oorwoë mening:
"Suf".
Hulle is veral siek en sat vir "mense met middeljarige idees" wat
"die Afrikaner" wil red sonder dat daar moeite gedoen is om met die
nuwe geslag te praat.
Vantevore was daar natuurlik ook uit die geledere van die nuwe geslag
skerp kritiese stemme. Dit was selfs 'n noodsaaklike mode.
Die groot verskil tussen toe en nou is egter dat daar tans nie bloot
van kritiek sprake is nie. Ofte wel 'n noodsaaklike skeppende spanning
tussen die oue en die nuwe.
Wat tans al meer en meer duidelik word, is 'n groeiende skeptisisme in
die vermoë van Afrikanerleiers. Daar is nie bloot van afstand en
verwydering sprake nie.
Hierdie wantroue word versterk deur dit wat voor die Waarheid- en
Versoeningskommissie - in Afrikaans - getuig word. Die effek daarvan
op die nuwe geslag was in sommige gevalle aardskuddend. Hulle voel in
die steek gelaat. En ook moerig omdat hulle nou die gelag moet betaal
vir die wandade en stommiteite van die verlede.
Om teenoor hulle te argumenteer dat "die ander party" ook wandade
gepleeg het, is om 'n uitgegroeide eikeboom met 'n lemmetjie te
probeer afsny. Futiel. Dis ook om die probleem waaroor dit gaan
volledig mis te kyk.
Hulle soek immers nie verklarings of verskonings nie. Hulle soek
herstel van vertroue in hulle mense en in die toekoms. Soos een dit
stel: "Dis ons wat in Angola ingestuur is. Dis ons wat gewond en
vermink is. Julle het toe by die huis gesit. En nou moet ons hoor wie
en wat ons leiers werklik was."
Die soort opmerkings kan as oordrewe beskou word. Maar ook dit kyk die
punt waaroor dit gaan volledig mis. En dit is: Hoe kan vertroue en
selfrespek weer her...
Re: 'n Visie van 'n Afrikaner-filosoof. [boodskap #7599 is 'n antwoord op boodskap #7578] Do, 07 November 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vyg  is tans af-lyn  Vyg
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ek is een van die Generasie X SAfrikaners.
Ek stem saam oor die volgende punte in
die berig:
1. ek het GEEN respek vir die staat/regering
2. geen respek vir godsdiens of die kerk
3. geen vertroue in tradisionele onderwys
4. ek is skepties oor die land se toekoms
en wil net hier weg kom
5. geen gevoel van nasionalisme
(ek ondersteun wel graag SA krieket en gimnastiek)
6. geen gevoel van veiligheid
7. geen begeerte om grys omies se gak
op te vee en van voor af te bou nie
8. ek het ook 'n gevoel dat ek nie in afrika hoort nie,
en natuurlik dat ek nie hier welkom is nie.
9. tog is ek lief vir die land, ek is hier gebore, ek
verstaan ander SA'ers, ek verstaan die sin van
humor en het empatie met die verskillende
kultuurgroepe
10. tog wil ek 'n goeie lewe vir myself en familie
skep.

Ons moet almal intergreer, maar soms is dit
so moeilik.....

groete

----------------------------
PLANT 'n sonneblom !
---Vyg
Re: 'n Visie van 'n Afrikaner-filosoof. [boodskap #7764 is 'n antwoord op boodskap #7578] So, 08 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pierre le Roux[2]  is tans af-lyn  Pierre le Roux[2]
Boodskappe: 2
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Junior Lid
"Vyg" wrote:

> Ek is een van die Generasie X SAfrikaners.
> Ek stem saam oor die volgende punte in
> die berig:
> 1. ek het GEEN respek vir die staat/regering
> 2. geen respek vir godsdiens of die kerk
> 3. geen vertroue in tradisionele onderwys
> 4. ek is skepties oor die land se toekoms
> en wil net hier weg kom
> 5. geen gevoel van nasionalisme
> (ek ondersteun wel graag SA krieket en gimnastiek)
> 6. geen gevoel van veiligheid
> 7. geen begeerte om grys omies se gak
> op te vee en van voor af te bou nie
> 8. ek het ook 'n gevoel dat ek nie in afrika hoort nie,
> en natuurlik dat ek nie hier welkom is nie.
> 9. tog is ek lief vir die land, ek is hier gebore, ek
> verstaan ander SA'ers, ek verstaan die sin van
> humor en het empatie met die verskillende
> kultuurgroepe
> 10. tog wil ek 'n goeie lewe vir myself en familie
> skep.

> Ons moet almal intergreer, maar soms is dit
> so moeilik.....

Daar is nie 'n enkel antwoord op jou negatiewe opmerkings nie - hoewel
sommige beslis meriete het.
Vir 'n begin moet jy aanvaar dat hier op 'n helse skaal ge
-eksperimenteer is, en welis waar met mense-ewens en-toekoms.

As jy egter bereid is om te aanvaar dat jy hier bly omdat dit nog
steeds een van die lande met die minste spanningsdruk (E. "stress")
is, of minstens geleentheid bied om die te ontduik, moet jy jouself
instel om vir jou en jou eie 'n toekoms oop te baklei - en dan is jy
terug waar die vorige generasies begin het. AS jy in iets glo, is dit
tog weliswaar die moeite werd om iets daarvoor te doen -die groot
vraag is waar trek jy die streep?

Afrikaners het volgens my ontstaan uit groepe mense wat hoofsaaklik
hierheen getrek het omdat hulle nie met ander kon saamleef nie -waarom
nou probeer? Bou dan voort op ons individualisme, en maak seker dat
wat jy doen, gedoen word op die beste amn i er moontlik - ons het
leiers, en wereldleiers in die land nodig as hy 'n vaal kol wil maak
in die toekoms. AS Christen glo ek nie in toeval nie, en derhalwe moet
daar seker op 'n dag die tyd kom dat die Europeer hier sy regmatige
rol kan vervul.
Re: 'n Visie van 'n Afrikaner-filosoof. [boodskap #7783 is 'n antwoord op boodskap #7578] Di, 10 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
cobus van bosch  is tans af-lyn  cobus van bosch
Boodskappe: 46
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
On Sun, 08 Dec 1996 19:54:33 GMT, ar...@cis.co.za (Pierre le Roux) wrote:

> "Vyg" wrote:
>
>> Ek is een van die Generasie X SAfrikaners.
>> Ek stem saam oor die volgende punte in
>> die berig:
>> 1. ek het GEEN respek vir die staat/regering
>> 2. geen respek vir godsdiens of die kerk
>> 3. geen vertroue in tradisionele onderwys
>> 4. ek is skepties oor die land se toekoms
>> en wil net hier weg kom
>> 5. geen gevoel van nasionalisme
>> (ek ondersteun wel graag SA krieket en gimnastiek)
>> 6. geen gevoel van veiligheid
>> 7. geen begeerte om grys omies se gak
>> op te vee en van voor af te bou nie
>> 8. ek het ook 'n gevoel dat ek nie in afrika hoort nie,
>> en natuurlik dat ek nie hier welkom is nie.
>> 9. tog is ek lief vir die land, ek is hier gebore, ek
>> verstaan ander SA'ers, ek verstaan die sin van
>> humor en het empatie met die verskillende
>> kultuurgroepe
>> 10. tog wil ek 'n goeie lewe vir myself en familie
>> skep.
>
>> Ons moet almal intergreer, maar soms is dit
>> so moeilik.....

Hou op kerm en doen iets met jou lewe. Niemand skuld jou niks. Jy sal
geen respek vir of vertroue in enigiets he nie, maak nie saak waar in
die wereld nie. Jou probleem, soos alle lede van die sogenaamde
generasie X, is dat jy jou verbeel jy sit in 'n soort eksistensiele
krisis, wat kastig nie jou skuld is nie. Gaan sien 'n dokter, vir jou
eie onthalwe en die van ander mense wat sat daarvoor is om hierdie
soort selfbejammering aan te hoor.
Re: 'n Visie van 'n Afrikaner-filosoof. [boodskap #7802 is 'n antwoord op boodskap #7578] Wo, 11 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 08 Dec 1996 19:54:33 GMT, ar...@cis.co.za (Pierre le Roux) wrote:

-eksperimenteer is, en welis waar met mense-ewens en-toekoms.>>>[/color]

Soos wat? Die stadige omswaai wat die nuwe regering van NP-sosialisme
na 'n vryemark-ekonomie maak, byvoorbeeld?

Afrikaners het volgens my ontstaan uit groepe mense wat
hoofsaaklik
> hierheen getrek het omdat hulle nie met ander kon saamleef nie -waarom
> nou probeer?>>>>

Wat logies natuurlik nou vereis dat die groepe ook nie met mekaar kon
saamleef nie. En dat hedendaagse Afrikaners en daarmee saam ek en jy
en die nuusgroep dan natuurlik nie regtig bestaan nie.

In elk geval, wat stel jy hier voor? Massa-selfmoord of 'n heilige
oorlog vir 'n tuisland?

(Of dalk 'n saamleef en werk met ander terwyl ons die geld maak in die
dag en 'n vieserige geskinder oor hulle aande as ons die voordeur
agter ons toemaak?)
Re: 'n Visie van 'n Afrikaner-filosoof. [boodskap #7817 is 'n antwoord op boodskap #7578] Vr, 13 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskap
Daniel  is tans af-lyn  Daniel
Boodskappe: 68
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
On Tue, 10 Dec 1996 00:10:24 GMT, cvb...@burger.naspers.co.za (koos) wrote:

> Hou op kerm en doen iets met jou lewe. Niemand skuld jou niks. Jy sal
> geen respek vir of vertroue in enigiets he nie, maak nie saak waar in
> die wereld nie. Jou probleem, soos alle lede van die sogenaamde
> generasie X, is dat jy jou verbeel jy sit in 'n soort eksistensiele
> krisis, wat kastig nie jou skuld is nie. Gaan sien 'n dokter, vir jou
> eie onthalwe en die van ander mense wat sat daarvoor is om hierdie
> soort selfbejammering aan te hoor.

Hulle sê my Prozac is heel goed vir die soort ding......
Vorige onderwerp: INKOSI JESU - 'n Kerslied
Volgende onderwerp: Re: Om te oordeel....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 23:55:47 MGT 2024