Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » PIETIE, OUMA EN DIE FOTO
PIETIE, OUMA EN DIE FOTO [boodskap #7729] Do, 28 November 1996 00:00
Danie Martins  is tans af-lyn  Danie Martins
Boodskappe: 37
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
Pietie is vyf. Ouma blaai deur 'n tydskrif en sy wys hom 'n
foto van 'n vet dame wat besig is om te verslank. Hy vlie
weg en gaan haal 'n ander tydskrif met die foto van 'n
bekende grooooooooot kêrel. Hy wys na die oortollige
gewig wat so oral verby die kort broekie uitpeul, en eindig
by een spesifieke, strategiese plek en vra vir Ouma wat dit is.

"Dis 'n vetrol" probeer Ouma die saak beredder.

Ewe droog antwoord hy: "OOO!. Ek het gedog dis sy
Creepy Crawly wat uithang."

Hier naby ons is 'n kleuterskool en die een
onnie vertel my die volgende een:

Die juffrou vra aan die klas:
"As seuntjies groot word dan word hulle........"
Antwoord die klas in 'n koor: "Pappas of ooms."
Juffrou: "As dogtertjies groot word dan word hulle........."
Struan: "Dan word hulle 'n klomp merries."

Vir nog heerlike en kostelike dinge wat kleuters kwytgeraak
het kan jy gerus gaan kuier by:

http://www.pix.za/nakkie-die-nar
Vorige onderwerp: Die Gouwse van Pta se Goue Break
Volgende onderwerp: 'n Winterdag en heimwee
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 17:52:04 MGT 2024