Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor Granate.
Oor Granate. [boodskap #7641] Di, 12 November 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Verlede Oktober net voor "Thanksgiving" het ek
'n granaat gekoop. Ek koop nie gewoonlik granate
hier in Kanada nie. Hulle is duur en lyk nie te wat-
wonders nie. Nie soos die granate in my kinderdae
gelyk het daar op die eilande in die Oranje nie.
Maar hierdie Thanksgiving het iets binne-in my vir
my gedwing om een te koop. Ek het my twee kleinkin-
ders en hulle ouers om die tafel laat sit en die granaat
op 'n bord ingedra. Ek het vir die twee seuntjies vertel
dat daar baie van hierdie vrugte gegroei het waar ek ge-
bly het toe ek nog klein was. Ek kon sien hulle het 'n
bietjie gewonder wat nou so spesiaal daaraan was - 'n
granaat lyk redelik doodgewoon van buite. Dis eers toe
ek versigtig die skil begin verwyder en hulle die rooi
pitte en segmente binne-in sien, dat hulle besef waarom
ek optree asof ek 'n sakrament bedien. Ek het versigtig
die granaat oopgebreek sodat die huisies pitte ongebreek
uitgelig kon word. Elke persoon het een probeer eet. Na
'n rukkie het ons maar opgegee: 'n granaat is daar om na
gekyk te word, nie om te eet nie. Die rooi pitte is soos
robyne wat van binne-in verlig is. In die Hooglied van
Salomo word daar baie van granate gepraat. In die bybel
word dit gekoppel aan die Beloofde Land. In die mitologie
word Persephone gedoem tot ses maande in Hades, omdat
sy 'n paar granaatpitte ge-eet het. Mohammed het gedink
die granaat kon 'n mens vry maak van alle haat en afguns.
In my kinderdae was granate egter hoofsaaklik daar om
mee gespeel te word. Daar was hoëe granaatlanings orals
langs die paaie. Ons het dan 'n oorlogspel gespeel: gewone
manne in ons regimente het bestaan uit die rooi wasagtige
blommetjies met die kepies op hulle rande, ideaal vir regop-
staan op die stoep. Van hulle het ons sowat vyftig voor ons
gerangskik. Ons opponent aan die ander ent van die stoep
het dieselfde getal manne gehad. Agter die voetsoldate was
daar dan die offisiere (klein granaatvruggies.) Agter hulle
was die imponerende generaals - groter granate, maar nog
moontlik om op die stoep te balanseer sonder dat hulle om-
val. Dan, met 'n gladde klip oor die oppervlakte van die
stoep probeer jy soveel moontlik manne van jou opponent
laat sneuwel. Die een wat die laaste nog manne het wat
staan, is die wenner.
Elke keer as ek dus by granate in 'n vrugtewinkel verby
loop, is daar 'n eienaardige mengsel van emosies in my. Daar
is die kennis van die rooi pitte daar binne in die vrug. Daar is
ook skielik in my die begeerte om oorlog te voer, op 'n stoep
te sit, klein te wees, terug te wees op my eiland daar in die
Oranje, terug te wees in 'n land waar granate groei.

Gloudina Bouwer
Re: Oor Granate. [boodskap #7642 is 'n antwoord op boodskap #7641] Di, 12 November 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 12 Nov 1996 05:01:09 GMT, iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:
<<<< in 'n land waar granate groei.>>>

'n Mens eet 'n granaat terwyl jy in die somer rondloop vir
kwaadgeld en geen bekommernisse het nie.
Dis 'n vrug wat 'n mens toevallig eet.

Dit moet groot en rooi en soet wees.

Gloudina, miskien is dit minderwaardige granate daar by julle.
Die granate van jou jeug WAS waarskynlik rooier en soeter.
Re: Oor Granate. [boodskap #7657 is 'n antwoord op boodskap #7641] Do, 14 November 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> 'n granaat is daar om na gekyk te word,
> nie om te eet nie. Die rooi pitte is soos
> robyne wat van binne-in verlig is.

Lieflike vrug, vir my is dit 'n kyk-en-ruik vrug,
maar ek dink ook hy is spesiaal vir digters en skilders
geskep. Ek het nog nooit een hier in Australie gesien nie,
maar ek wil nou dadelik een gaan soek.

Vriendelike Groete
Re: Oor Granate. [boodskap #7670 is 'n antwoord op boodskap #7641] Sa, 16 November 1996 00:00 Na vorige boodskap
Leon Retief  is tans af-lyn  Leon Retief
Boodskappe: 28
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina'tjie
Granaat was nog altyd mooi om te kyk
vrek moelik om te eet
Britte eet hulle granate met 'n kopspeld
pitjies word een vir een met die speld uitgelig
Oorlat hul granate so piep is
Jy kan dit traai
naar klink vir my flaai

Braam'pie le...@enterprise.net
Vorige onderwerp: Britse Boerewors en Biltong
Volgende onderwerp: Oor Kanadese provinsies en helde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 04:15:15 MGT 2024