Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor Kanadese provinsies en helde
Oor Kanadese provinsies en helde [boodskap #7667] Sa, 16 November 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Kanada is eintlik 'n baie snaakse geografiese
eenheid. Sommige van sy provinsies is baie klein,
ander baie groot. Ek dink die hele New Brunswick
kan in die Kruger-wildtuin inpas. Jy kan in 'n paar
uur die hele Prince Edward Island van noord na suid
platry. Die hele Suid-Afrika kan egter in Quebec in-
pas. Ontario is amper een-vyfde van die oppervlakte
van die V.S.A. (Die Iroquois het dit Kanadario ge-
noem - die land van die vonkelende waters. Meer as
een-sesde van Ontario bestaan uit riviere en mere.)
In 1999 word die "Northwestern Territories" verdeel
in 'n oostelike deel en 'n westelike deel. Die deel in
die ooste, waar die Inuit woon, sal Nunavut genoem
word. Nou vra hulle in die N.W.T. vir voorstelle vir
'n naam vir die westelike deel. Op die oomblik is die
naam wat meeste mense voorstel "Restavit."
Ja, ons Kanadese het 'n sin vir humor, ten spyte van
die feit dat mense aan Kanadese dink as oninteressante
ernstige mense, wat elke sin eindig met "eh?" Mense
dink ons Kanadese dink dat om 'n goeie tyd te he^, is
om 'n bietjie "peace keeping" erens in die wereld te
gaan doen, hoe gevaarliker hoe beter. Maar niks kan ver-
der van die werklikheid wees nie. Ons voer komedie uit
as 'n kommoditeit net soos hout en minerale. Van die
hoogs betaalde komediante in die V.S.A. is Kanadese.
Jim Carrey is Kanadees. Matthew J. Fox is van Vancou-
ver. Lesli Nielson, moet ek tot my skaamte erken, is 'n
Kanadees, nogal die broer van 'n bekende en deur almal
beminde politikus.
Ons voer nie net humor uit nie. Die " pin up boy"
van die Persiese Golf- oorlog, die "Scud Stud" was
Arthur Kent, 'n Kanadees wat vir N.B.C. gewerk het.Die
opvolger van die legendariese Walter Cronkite by C.B.S.
is Peter Jennings, 'n Kanadees wat nie eens sy matriek ge-
maak het nie.
My held is egter nie een van bogenoemde nie. My Kana-
dese held op die oomblik is Matthew Coon Come. Hy is die
leier van die Cree in die noordelike deel van die provinsie
van Quebec. Hy moet in sy veertigerjare wees, maar hy lyk
jonk en "sexy," veral as hy ernstig is. Hy het eiehandig die
Quebec-regering in die laaste dekade beveg, toe hulle begin
planne maak om groot riviere in die noorde van Quebec op
te dam en tonne geld te maak deur die ekstra elektrisiteit aan
New England te verkoop. Hy het na die Amerikaners gegaan
en hulle begin oortuig dat hulle nie moet staatmaak op al die
beloftes van die Franssprekende Quebeckers van die suide nie.
Die Amerikaners het hulle kontrakte met Quebec begin her-
sien, en begin om maatreëls te tref om elektrisiteit te bespaar.
Matthew Coon Come staan ook reg. As die Franse inwoners
van suidelike Quebec hulself onafhanklik verklaar, behou
hy die reg voor dat die Cree hulleself ook onafhanklik kan
verklaar van Quebec.
Daar, dis nou 'n voorbeeld van watter soort dinge "turn on"
Kanadese vroumense. Of ten minste hierdie een.

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: Oor Granate.
Volgende onderwerp: Info gesoek: huiskopery
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 03 14:59:25 MGT 2024