Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Britse Boerewors en Biltong
Britse Boerewors en Biltong [boodskap #7566] Sa, 02 November 1996 00:00 na volgende boodskap
Leon Retief  is tans af-lyn  Leon Retief
Boodskappe: 28
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Britse wors proe na seep. Enigste metode vir goeie wors, is om jou
eie hier in die vreemde te maak. Die het ek ék gedoen voorlat ek
skrik gevat het vir die mal koei siekte (amper so gevaarlik as PMS in
jou vrou).

Nou se dae maak ek net my eie biltong hier in Engeland. Maak hom in
die somer, Devon winter is te nat. Sal later as die mal koeie uit
gestig uit kom weer wors maak.

Nou moet ek vir jul sê die Roe (deer) hierso maak 'n lekker wilds
biltong soos ek nog nie in die Republiek geproe het nie.

Almiskie dalk is dit die lank geheelonthou van SA biltong wat my smaak
affekteer maar nogtans hy proe vorentoe!

Groetnis

Braam Celliers
Re: Britse Boerewors en Biltong [boodskap #7621 is 'n antwoord op boodskap #7566] So, 10 November 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daniel  is tans af-lyn  Daniel
Boodskappe: 68
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
On Sat, 02 Nov 1996 16:34:29 GMT, le...@enterprise.net (Braam
Celliers) wrote:

> Britse wors proe na seep.

Ja Braam - ek is geneig om saam te stem.

Maar seker hopelik nie so sleg soos die Australiese droe wors nie.
Was laasweek in Sydney, en was verbaas om droe wors in die winkels
(Woolworths) raak te loop. Maar dit was ene vet. Galaanval se
voorland. Sal maar die vleislus hou vir wanneer ek weer terug is in
die Republiek.

BTW, daar was biltong ook, maar ek was te jammer om AUD65/kg uit te
gee.

Daniel
Re: Britse Boerewors en Biltong [boodskap #7669 is 'n antwoord op boodskap #7566] Sa, 16 November 1996 00:00 Na vorige boodskap
Leon Retief  is tans af-lyn  Leon Retief
Boodskappe: 28
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Daai biltong was 'n bargain
hier betaal hulle dit vir 'n pond biltong
dan kry jy nog malkoeisiekte daarvan

Hollandse droë wors net so vol vet

Groetnis Braam
Vorige onderwerp: Die Afrikaner:Linkse IDASA het regses na onderhandelings gelei
Volgende onderwerp: Oor Granate.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 04:11:00 MGT 2024