Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Fragmente oor die Liefde van GERT VLOK NEL
Fragmente oor die Liefde van GERT VLOK NEL [boodskap #7614] Sa, 09 November 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Gert Vlok Nel weet hoe om emosies te beskryf. Dit
amuseer my ook dat die manier waarop ons Afrikaners
nou in die kuberruimte ons leestekens langs die letter
moet plaas (se^, vroee"r , da`a`r) eintlik bydra daar-
toe dat sy snaakse manier van Afrikaans skryf eintlik
nie so vreemd meer lyk nie.
____________________________________________

Fragment uit "& nou & nou."

ek het i foto van die aand in hillside
jy is i bruid
agter jou raak dit donker
gaste staan rond soos i ruiter-in-swart-boekie, versteen
hul asems maak wolkies op die aarde soos op die mo^re
van die agste dag
in die wolkies sê hulle
ons is lief

en op die agtergrond kom i trein soos i byl uit die nag.

______________________________________________

Ek wens iemand wil vir my verduidelik wat die verwysing
na " i ruiter-in-swart-boekie" beteken.
______________________________________________

i roeiboot dryf af in die rivier by malgas; is weg.

ek het gekom lief
& gesê "ek het jou lief"

toe draai jy om
jou oë vol soos e^rens i beker oorloop

& sê "dit was i lang tyd"
& "ek is klaar los." vra ek "hoe los"

He'e'ltemal los" sê jy, & begin huil
toe ek begin lag

& begin toe lag
toe ek begin huil

(ingetik deur gloudina bouwer)
Re: Fragmente oor die Liefde van GERT VLOK NEL [boodskap #7615 is 'n antwoord op boodskap #7614] Sa, 09 November 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 9 Nov 1996 14:59:12 GMT, iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:
<<>Ek wens iemand wil vir my verduidelik wat die verwysing
> na " i ruiter-in-swart-boekie" beteken.>>>

Sulke baie "cheap" foto-verhaal-boekies wat min of meer gewild was in
die jare sestig en sewentig.

Min of meer "paperback size" met so 50 bladsye.
Die verhaal word dan vertel met so twee foto's (swak geposeer deur
gladde amateurs) per bladsy.

Die dialoog word soos met comix in balonnetjies langs die akteur
geskryf.

Hulle het genadiglik verdwyn.

Ruiter in Swart was een van verskeie karakters wat sy eie reeks gehad
het. 'n Crime fighter.

Die boekies het soms onbedoelde heerlikhede opgelewer. Soos 'n
karakter wat geboe" teen 'n bult staan met een voet vooruit en arms in
'n hardloop-posisie. Dis dan duidelik 'n akteur wat stil staan vir die
kamera en probeer lyk soos iemand wat hardloop.

Dan staan daar in die "bubble" langs sy kop: "hyg! hyg!"

> ______________________________________________
Vorige onderwerp: WYN, MIELIES, LUKWARTE EN OU TANNIES...........
Volgende onderwerp: Afskeid van die Herfs
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jun 06 07:41:12 MGT 2024