Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afskeid van die Herfs
Afskeid van die Herfs [boodskap #7523] So, 27 Oktober 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Dis Saterdag, 26 Oktober. Ek skryf hierdie brief
aan Galjoen, sodat hy kan sien hoelank dit neem vir
‘n pos vanhier om by hom aan te kom.
Ons het vandag in die Gatineau Park ingery vir ‘n
laaste kyk na die herfsblare. Die Gatineau heuwels is
in Quebec, maar dis net 'n halfuur se ry van die besig-
heidsdistrik van Ottawa, wat in Ontario is. Meeste van
die rooi en oranje skakerings van blare het nou al van
die bome afgeval. Daar is egter nog baie takke met
liggeel blare tussen die grys stamme van die bome, die
donkergrys van die rotse langs die pad, en hier en daar
bome wat in allerhande skakerings van oker besig is
om te verdroog. Die dag was warm (15 C) en 'n wasige
sonnige blou. Oor die rivier het daar vanoggend sewe
warmlug-ballonne aangedryf gekom. Die mense wou
seker ook die laaste van die blare sien.
Vanaand sit ons ons horlosies een uur terug. Dit
beteken dat as ons more-oggend opstaan, dit effens ligter
as gewoonlik sal wees. (Vanoggend ag-uur was dit nog
effens donker.) Maar dit beteken ook dat more-aand dit
vyf-uur liewer as ses-uur al skemer gaan wees. Dis nie
so lekker wanneer dit so vroeg donker word nie. Behalwe
miskien Donderdagaand, 31 Oktober, wanneer die donker
strate vol sal wees van hekse en spoke en allerhande soorte
gedrogte wat “tricks of treats” wil he^ vir Halloween.
So vandag het ek van die herfs afskeid geneem. Ek het
onder 'n boom gestaan en opgekyk en die geel blare teen
die blou van die lug gesien. Sommige van die geel blare
het in die ligte windjie losgeraak en op my geval. En ek
het teruggedink aan die dae in Mei toe ek onder die lente-
bome gestaan het en die bloeisels op my laat val het. Ek
het vandag van die herfs afskeid geneem. Nou wag ek vir
die sneeu om te kom, om op my gesig te val as ek opkyk.

Gloudina
Re: Afskeid van die Herfs [boodskap #7562 is 'n antwoord op boodskap #7523] Vr, 01 November 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Griet  is tans af-lyn  Griet
Boodskappe: 45
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Volle Lid
Dis vandag die eerste dag van November. Ek het die afgelope maand op 'n
plaas in Ontario gewerk waar ek skoolkinders rondgeneem het. Hulle het
onder andere pampoene en appels kom pluk, die bokke groenmielies gevoer
en agterop die sleepwa gery.

Ek het elke dag oor die Niagara Eskarpment gery en my verwonder aan die
kleurespel. Die bome het kompleet gelyk of hulle aan die brand is. Teen
die einde van die maand was die stamme nat van die ree"n en het dan
pikswart vertoon met nog net die boonste toppie wat gloei.

Heel gepas het dit op my laaste werksdag begin sneeu terwyl ek my laaste
groepie kinders uitgeneem het na die pampoenveld toe. Die herfs is
verby...

Ek het vir my kinders warm sjokolademelk en pampoentert
reggehad toe hulle van die skool af kom!

Groete, Griet
Re: Afskeid van die Herfs [boodskap #7616 is 'n antwoord op boodskap #7523] Sa, 09 November 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jo  is tans af-lyn  Jo
Boodskappe: 5
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Junior Lid
Izak Bouwer wrote:

> So vandag het ek van die herfs afskeid geneem. Ek het
> onder 'n boom gestaan en opgekyk en die geel blare teen
> die blou van die lug gesien. Sommige van die geel blare
> het in die ligte windjie losgeraak en op my geval. En ek
> het teruggedink aan die dae in Mei toe ek onder die lente-
> bome gestaan het en die bloeisels op my laat val het

Ek wens Gloudina dat jy die pragtige Jakarandas hierdie lente hier in
Pretoria kon ervaar! Dit was iets besonders en huidiglik le^ die
sypaadjies een pers massa met skakerings van helderpienk en groen van
die Bougainvillas en ander blare. Die lente is verby en die warm somer
is op ons en ook weg is die heerlike Lentereuke van jasmyn ens waarmee
mens altyd eksamens aan die einde van die Jaar asossieer.

Spyker
Re: Afskeid van die Herfs [boodskap #7620 is 'n antwoord op boodskap #7523] So, 10 November 1996 00:00 Na vorige boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , spy...@pixie.co.za says...

> Ek wens Gloudina dat jy die pragtige Jakarandas hierdie lente hier in
> Pretoria kon ervaar! Dit was iets besonders en huidiglik le^ die
> sypaadjies een pers massa met skakerings van helderpienk en groen van
> die Bougainvillas en ander blare. Die lente is verby en die warm somer
> is op ons en ook weg is die heerlike Lentereuke van jasmyn ens waarmee
> mens altyd eksamens aan die einde van die Jaar asossieer.
>
> Spyker

Dat die seisoene tog so omswaai! Nou is dit vyf-uur
in die namiddag stikdonker by ons. Het nog egter geen
sneeu gekry nie, behalwe een of twee keer sulke vlokkies
in 'n wind wat by jou verbywaai, maar daar is niks op
die grond nie. Dis soms abnormaal warm vir hierdie tyd
van die jaar. Eintlik wil 'n mens hê dat dit nou 'n bie-
tjie moet kom sneeu. Dit maak die grond toe en hou dit
warm, en as dit dan baie koud kom word (somtyds tot
minus 30 C), dan vries die grond nie so diep in nie. As
daar nie 'n beskermende kombers van sneeu oor die grond
is nie, en dit word skielik baie koud, dan kan dit veroor-
saak dat die huise se fondamente kraak, daar water in die
skeurtjies ingaan, wat dan vries en die krake nog ernstiger
maak. Dan begin daar water ingaan in jou �basement�
waarin jou ófurnace� is en dan is dit 'n hele gemors. So
eintlik wil ons nou sneeu h^e. Ons kry mos nie koud in
ons subtropiese binneshuise bestaan nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: Fragmente oor die Liefde van GERT VLOK NEL
Volgende onderwerp: Sollie Philander op RSG
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 19:08:53 MGT 2024