Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Sollie Philander op RSG
Sollie Philander op RSG [boodskap #7600] Do, 07 November 1996 00:00 na volgende boodskap
ber...  is tans af-lyn  ber...
Boodskappe: 13
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Luister gerus na Sollie Philander op Radio Sonder Grense op 'n Saterdagoggend.
Hy hanteer die twee uur musiek en inbelprogram meesterlik.
Re: Sollie Philander op RSG [boodskap #7607 is 'n antwoord op boodskap #7600] Vr, 08 November 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan van Vollenhoven  is tans af-lyn  Johan van Vollenhoven
Boodskappe: 28
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
ber...@iafrica.com wrote:
>
> Luister gerus na Sollie Philander op Radio Sonder Grense op 'n Saterdagoggend.
> Hy hanteer die twee uur musiek en inbelprogram meesterlik.

Nie te sleg nie, sou ek reken... kort so 'n bietjie afronding, maar aan
die anderkant ken ons die kerel maar so...
Re: Sollie Philander op RSG [boodskap #7608 is 'n antwoord op boodskap #7600] Vr, 08 November 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanna rykheer  is tans af-lyn  johanna rykheer
Boodskappe: 16
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
ber...@iafrica.com wrote:
>
> Luister gerus na Sollie Philander op Radio Sonder Grense op 'n Saterdagoggend.
> Hy hanteer die twee uur musiek en inbelprogram meesterlik.
>
>
Ek stem saam - hy is onverbeterlik. En jy moet net hoor hoe die
tannies inbel om te sê hoe hulle sy program geniet. Maar luister:
Hy spel sy naam Soli, en die program se naam is: radiosondergrense.
Ek sê maar net.

Groete,
Johanna Rykheer
Re: Sollie Philander op RSG [boodskap #7609 is 'n antwoord op boodskap #7600] Vr, 08 November 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
940...  is tans af-lyn  940...
Boodskappe: 9
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article , ber...@iafrica.com says...
> Luister gerus na Sollie Philander op Radio Sonder Grense op 'n Saterdagoggend.
> Hy hanteer die twee uur musiek en inbelprogram meesterlik.
>
Ek kan net beaam wat jy sê. Die humor is goed en jy kan jou sê sê!

Murray
Re: Sollie Philander op RSG [boodskap #7619 is 'n antwoord op boodskap #7600] Sa, 09 November 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , ryk...@alpha.terranet.co.za says...
>
> ber...@iafrica.com wrote:
>>
>> Luister gerus na Sollie Philander op Radio Sonder Grense op 'n Saterdagoggend.
>> Hy hanteer die twee uur musiek en inbelprogram meesterlik.
>>
>>
> Ek stem saam - hy is onverbeterlik. En jy moet net hoor hoe die
> tannies inbel om te sê hoe hulle sy program geniet. Maar luister:
> Hy spel sy naam Soli, en die program se naam is: radiosondergrense.
> Ek sê maar net.
>
> Groete,
> Johanna Rykheer

Hi, Hannah. Hoekom vertel julle ouens nie 'n
bietjie wat in die program aangaan sodat ons
kan weet waarom die tannies so geinteresseerd
is nie. Kom radiosondergrense uit Kaapstad?

Gloudina (indiekuberruimtesondergrense)
Re: Sollie Philander op RSG [boodskap #7623 is 'n antwoord op boodskap #7600] So, 10 November 1996 00:00 Na vorige boodskap
johanna rykheer  is tans af-lyn  johanna rykheer
Boodskappe: 16
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
>
> Hi, Hannah. Hoekom vertel julle ouens nie 'n
> bietjie wat in [Soli Philander se] program aangaan sodat ons
> kan weet waarom die tannies so geinteresseerd
> is nie. Kom radiosondergrense uit Kaapstad?
>
> Gloudina (indiekuberruimtesondergrense)

Hallo, Gloudina. Radiosondergrense is eintlik nie. soos ek
verkeerdelik gesê het. 'n program nie, maar die nuwe naam
vir die vroe"ere Afrikaans Stereo, wat nasionaal uitsaai.
Met die transformasie van die SAUK, wat nou SABC is, het al die
senders se name wat 'n taal of etniese element bevat, verander.
Afrikaans Stereo het homself lankal informeel begin noem Radio
Sonder Grense (waarop Radio Pretoria - die KP se sender - homself
begin noem het Radio m e t Grense!). Toe die name dus verander is,
was radiosondergrense die nuwe naam.

Soli is 'n kosbare aanwins met sy program Saterdagoggende van ek
dink 10-uur tot 12-uur. Hy gesels maar net lekker - sulke kort
sêgoedjies, waarna hy dan 'n lekker musiekie speel waarna 'n
mens (dws ons 'square' Afrikaanses) kan luister - want ek moet
sê RSG (die afkorting word baie gebruik) se musiek is deesdae
maar meer van die raserige soort, darem afgewissel met heelwat
klassieke en lig-klassieke musiek. Soli draai nie doekies om
nie - hy noem 'n spade 'n spade. Een man (klaarblyklik 'n
Boer) bel een oggend en vra wat het dan van "Iets vir iets" geword
('n gewilde 'swopshop'-program wat Saterdagoggende daardie tyd
uitgesaai is). Soli sê nee, hy weet nie, hy dink die program is
gesny. "O", sê die man, "sodat jy meer st... kan verkoop, n'e?"
Soli lag te lekker. "Ja, presies, sodat ek meer st... kan verkoop."
Soli praat 'n standaard-Afrikaans, maar soms (op die verhoog, min
of meer Pieter-Dirk Uys se Evita Bezuidenhout) vermom hy hom
as Rosie en dan gooi hy die Kaapse taal lekker. Ek sal dalk
vir jou 'n kasset opneem van volgende Saterdag se program. Ek
vergeet net soms van die program en dan skakel ek laat in. Soli
tree ook op 'n baie bekwame wyse op TV op in 'n jeugprogram waar
hy 'n wit seun en 'n swart seun die ins and outs van Afrikaanse
grammatika leer. (Ek het lank laas die program gehoor - miskien
is dit nou al van die lug af.)
Vorige onderwerp: Afskeid van die Herfs
Volgende onderwerp: Re: Most expensive ride of my life
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 09:46:56 MGT 2024