Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bradley-voertuig
Re: Bradley-voertuig [boodskap #75973 is 'n antwoord op boodskap #75963] So, 13 April 2003 16:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Elaine wrote:

Ek neem nie haar
> tirades te ernstig op nie. Maar ek neem dit baie persoonlik op as iemand
> wat my glad nie ken nie impliseer ek is dom. Ek is miskien verstrooid, ja
> ek stry nie, maar EK IS NIE DOM NIE.

Ek impliseer nie jy is dom nie. Maar
ek impliseer dat jy jou tirades oor
die Amerikaners se domheid en ongeleerd-
heid ook maar kan stop. Dis nou die pot
en die ketel en die kleur swart, nè.

Tant Hessie van Seneca. ('n Dorpie
in Noordelike New York staat. Vernoem
na een van die eerste nasie-stamme wat
daar gevestig is.)
Re: Bradley-voertuig [boodskap #75974 is 'n antwoord op boodskap #75967] So, 13 April 2003 16:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Koot wrote:

> Ek het ernstig beswaar daarteen dat een skrywer 'n ander kritiseer op grond
> van hul spelling. Hier gaan dit oor WAT gesê word, solank dit in Afrikaans
> gesê word. Dis nie 'n taalklas nie. Sommige mense het die gawe om te spel,
> ander, soms uiters intelligente mense KAN bloot nie spel nie en dis nie reg
> om te kraai daaroor nie. Dis onbillik om hulle sê te wil kortwiek omdat
> hulle dit nie in volmaakte vorm kan doen nie.
>
> Sela.

Die hele draad is begin deur Elaine
se opmerkings oor die Amerikaners
se domheid en slegte spelling. Ek
kom maar net vir my buurstaat op.

Sela.

Tant Hessie Rooseveldt
Re: Bradley-voertuig [boodskap #75977 is 'n antwoord op boodskap #75969] So, 13 April 2003 18:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3E998D90.6050908@rogers.com...

> Wat het professor Deon Fourie
> gedoseer?
>
> Gloudina
>

Strategiese Studies, Departement van Politieke Wetenskappe, UNISA. Ek het my
Hons BA Strategiese Studies in 1992 behaal (toe dit nog as 'n aparte
dissipline aangebied was). Nooit die moed bymekaar kon skraap vir 'n MA nie
(miskien een dag).

Ek sien dat die departement in 1998 geherstruktueer is en daar is nie meer
'n verwysing na DFS Fourie nie, maar 'n Google soektog op 'prof Deon Fourie'
of 'DFS Fourie' sal nog steeds 'n resultaat lewer.

Q
Re: Marooned? [boodskap #75979 is 'n antwoord op boodskap #75917] So, 13 April 2003 18:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
: Wouter
: Wat is jou definisie van 'n moroon, Gloudina.?
:
: Dalk iemand wat 'n ander oor taalgebruik aanvat
en self nie besef
: dat die meervoud van moron/moroon eintlik morone
is nie?
---
gie... gie... gie ....
Re: Bradley-voertuig [boodskap #75980 is 'n antwoord op boodskap #75971] So, 13 April 2003 19:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Antie, regtig, jy maak so. Nie lank terug nie het ons oor evolusie gestry
en iemand het gesê lees Stephen Hawkings. Jy't ewe terug geantwoord "nog
iemand wat maak asof hy Hawkings gelees het" of iets dergliks. 'n Mens sal
sweer jy's die enigste mens hier rond wat meer as 2 breinpitte gekry het,
maar ons vergewe jou.

By the way, ek het nie 'n tirade gelewer oor die Amerikaners nie, ek het
gesê dis 'n skande wat hulle REGERING doen, meeste Amerikaners is doodgewone
goeie mense. Maar dit lyk asof hulle regering meer omgee om oorlog te maak
as om hulle te leer.

Ek wag vir jou opsomming ook, dankie. Ek sal myne mooi netjies skryf en 'n
web site daarvoor opstel. Die boek is te ingewikkeld om in een of twee
sinne op te stel. Sodra ek jou opsomming gesien het, sal ek jou laat weet
waar jy myne kan gaan lees, dan is ons mos nou kits. En 'n opsomming is nie
genoeg nie, enigiemand kan 'n boek opsom, ek sien of jy die mens VERSTAAN,
met ander woorde verduidelik aan my wat Hawkings ons probeer leer in sy
boek.

Elaine

wrote:
>
>
> Ek het nooit gesê dat ek alles verstaan
> nie. Ek dink jy verstaan nie ook alles
> nie, ten spyte van wat jy sê. Maar ek wag
> vir jou opsomming.
>
> Gloudina
>
Re: Bradley-voertuig [boodskap #75982 is 'n antwoord op boodskap #75974] So, 13 April 2003 19:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het NIKS gesê oor domheid of spelling nie!!!!!!! PROBEER WEER. Ek het
gesê, vir die duisendste maal.

DIS 'N SKANDE DAT DIE AMERIKAANSE REGERING MEER GELD OP WAPENS SPANDEER AS
OP ONDERWYS, DIT TERWYL SO BAIE VAN HULLE MENSE NIE KAN LEES OF SKRYF NIE!

Later het ek ook gesê dat die feit dat 'n ou nie kan lees of skryf nie hom
nie dom maak nie! Ek het jou gevra of jy Einstein ook dom gaan noem. Hy
kon ook nie spel nie, maar tog het hy die "theory of relativity" uitgewerk.
Disleksia en al. Antie eerlikwaar, moenie my woorde verdraai nie, dit maak
my kinderlik ongelukkig.

Waar het ek gesê hulle is dom? Ek daag jou uit om te bewys ek het gesê
Amerikaners is dom.

Groete
Elaine

wrote:
>
> Die hele draad is begin deur Elaine
> se opmerkings oor die Amerikaners
> se domheid en slegte spelling. Ek
> kom maar net vir my buurstaat op.
>
> Sela.
>
> Tant Hessie Rooseveldt
>
Re: Bradley-voertuig [boodskap #75983 is 'n antwoord op boodskap #75974] So, 13 April 2003 19:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy doen dit in elk geval met almal wat hier pos. Jy fokus eerder op
spelfoute as die draad van die gesprek.
Elaine

wrote:
>
> Die hele draad is begin deur Elaine
> se opmerkings oor die Amerikaners
> se domheid en slegte spelling. Ek
> kom maar net vir my buurstaat op.
>
> Sela.
>
> Tant Hessie Rooseveldt
>
Re: Bradley-voertuig [boodskap #75985 is 'n antwoord op boodskap #75980] So, 13 April 2003 19:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
bouwer sê:

> Ek het nooit gesê dat ek alles verstaan
>> nie. Ek dink jy verstaan nie ook alles
>> nie, ten spyte van wat jy sê. Maar ek wag
>> vir jou opsomming.

>> Gloudina

On Sun, 13 Apr 2003 21:07:37 +0200, "Elaine" wrote:

> Antie, regtig, jy maak so. Nie lank terug nie het ons oor evolusie gestry
> en iemand het gesê lees Stephen Hawkings. Jy't ewe terug geantwoord "nog
> iemand wat maak asof hy Hawkings gelees het" of iets dergliks.

> Ek wag vir jou opsomming ook, dankie. Ek sal myne mooi netjies skryf en 'n
> web site daarvoor opstel.
>
> Elaine
>

Elaine, ek het oproepe vandag gemaak
gelykstaande aan die koste waarmee
sommige mense 'n lekker aand
(of selfs twee?) uit geniet...
en Hanepoot gedrink wat
jare gebêre was.

Ek het weke gespandeer daaraan
om iets voorte berei wat 'n groot
sukses blyk te wees, en vandag
het ek ontspan en bietjie myself
gewees. (Baie ordentlike dag
gehad dus :-)

Ontspan jy ook dier:-) Jy skuld
die tannie niks. Jy hoef nie
die Hawkings outjie se boek
vir haar op te som nie. Ons
weet mos jy het dit gelees.
Verdomp! Ek dink dit was
ek wat Steven Hawkings
se boek oor die Groot Trek
vir jou aanbeveel het!

Ontspan girl, ontspan!
Die helfde van die
aand is al om en
jy worrie steeds
òrie boek!

DD:-)))
Re: Bradley-voertuig [boodskap #75988 is 'n antwoord op boodskap #75985] So, 13 April 2003 19:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
lolol Davie, dankie maar ek worry nie daaroor nie, want sien ek weet mos die
Antie sal dit nie doen nie! Ek het vandag ook eintlik heel rustig
deurgebring, geslaap tot so 1 uur, en by skoonma gaan aandete eet. Tussenin
het ek met die Antie gestry maar dit vat gewoonlik nie meer as 'n paar
minute om op 'n pos te reageer nie. Anders as die Antie is ek nie 'n
huisvrou wat heeldag by die huis kan sit en stront uitdink nie. Ek werk,
leer, speel, skryf, luister musiek, kyk flieks, maak aandete, lees en kyk
nog t.v. ook tussenin. Nadat ek dit gedoen het, het ek maar min tyd om met
die Antie te speel ook nog maar dit maak die ledige minuutjies vol.

Groete
Elaine

"Dave" wrote:

> Elaine, ek het oproepe vandag gemaak
> gelykstaande aan die koste waarmee
> sommige mense 'n lekker aand
> (of selfs twee?) uit geniet...
> en Hanepoot gedrink wat
> jare gebêre was.
>
> Ek het weke gespandeer daaraan
> om iets voorte berei wat 'n groot
> sukses blyk te wees, en vandag
> het ek ontspan en bietjie myself
> gewees. (Baie ordentlike dag
> gehad dus :-)
>
> Ontspan jy ook dier:-) Jy skuld
> die tannie niks. Jy hoef nie
> die Hawkings outjie se boek
> vir haar op te som nie. Ons
> weet mos jy het dit gelees.
> Verdomp! Ek dink dit was
> ek wat Steven Hawkings
> se boek oor die Groot Trek
> vir jou aanbeveel het!
>
> Ontspan girl, ontspan!
> Die helfde van die
> aand is al om en
> jy worrie steeds
> �rie boek!
>
> DD:-)))
>
Re: Bradley-voertuig [boodskap #75992 is 'n antwoord op boodskap #75980] So, 13 April 2003 21:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Elaine wrote:

> Ek wag vir jou opsomming ook, dankie.
> Die boek is te ingewikkeld om in een of twee
> sinne op te stel. Sodra ek jou opsomming gesien het
> met ander woorde verduidelik aan my wat Hawkings ons probeer leer in sy
> boek.

Siedaar. Die ontrafeling van Elaine. Begin
spog dat sy Stephen Hawkings lees en "verstaan".
(Iets wat ek nie doen nie.) Nou dink sy sy
kan mense die rad (ja Wouter, rad) voor die
oë draai. Maar almal kan sien wat aan die gang
is. Moral of the story: moenie los en vas oor
dinge praat net vir die effek nie. En ek dink
effentjies meer respek vir die Amerikaners as
individue is ook in orde. Onthou, meer mense
het vir Gore gestem as vir Bush.

Tant Hessie van Winkle
Re: Bradley-voertuig [boodskap #75993 is 'n antwoord op boodskap #75982] So, 13 April 2003 22:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Elaine wrote:

>  Later het ek ook gesê dat die feit dat 'n ou nie kan lees of skryf nie hom
>  nie dom maak nie!  Ek het jou gevra of jy Einstein ook dom gaan noem.  Hy
>  kon ook nie spel nie, maar tog het hy die "theory of relativity" uitgewerk.
>  Disleksia en al.

           Ek dink jy oordryf Einstein en die storie
           van disleksia. Weer vir die effek. Weet jy
           dat meeste van Einstein se brein ( opgesny
           in snitte) in Kanada is? By McMaster Universi-
           teit in Hamilton, wat net wes van Toronto is.
           Ek ry volgende Paasnaweek daardeur wanneer ons
           in die Niagara Peninsula gaan bloeisels kyk
           en wynerye besoek. Miskien moet ek 'n bietjie
           daar met Einstein gaan praat oor hoe minagtend
           jy oor sy vermoëns is. Sommige mense met
           disleksiese probleme het juis verbasende talente
           van intellek. Die verbasendste een wat ek ontmoet
           het was 'n ou hier in Kanada. Hy was 'n mengsel
           van Amerikaanse Eerste Nasie en Kaukasiër bloed.
           Hy het, toe ons hom ontmoet, dadelik toe hy hoor
           ons kom van SA, sy Afrikaans en sy Zoeloe op ons
           uitgetoets en ook Nederlands. Hy het nie voorgegee
           om dit baie goed te ken nie, maar hy was gangbaar.
           Hy sê toe hy ken 48 tale so effentjies, en ag
           deeglik. En hy vertel die rede daarvoor is omdat
           hy 'n sekere vorm van disleksia het. Hy kan net
           'n sekere gedeelte van die bladsy sien, maar hy
           sien elke kolletjie en vuilheidtjie daarop, en hy
           onthou dit asof dit ge-ets is in sy brein. Dus
           kan hy omtrent deur 'n nuwe grammatika lees en
           taamlik baie daarvan onthou. Hy het ook vir ons
           vertel dat hy as nagraadse student by Harvard geld
           gemaak het deur te help met die versameling van
           woorde vir die American Heritage Dictionary. Ons
           het gedink hy spog net. Maar toe kry ons sy naam
           in ons (taamlike ou) edisie van dié woordeboek.
           Hy was in die groep wat woorde van Keltiese oorsprong
           moes versamel.

Gloudina
Re: Bradley-voertuig [boodskap #75994 is 'n antwoord op boodskap #75985] So, 13 April 2003 22:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Dave wrote:

Ek dink dit was
> ek wat Steven Hawkings
> se boek oor die Groot Trek
> vir jou aanbeveel het!

Nou praat jy, du
plessis.

Penkop êrens teen Van Rheenenspas.
Re: Bradley-voertuig [boodskap #75997 is 'n antwoord op boodskap #75992] So, 13 April 2003 22:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het baie respek vir die Amerikaners, nog nooit gesê ek het nie. Ek het
nie juis veel respek vir die REGERING nie maar dit sê ek nog altyd.
Inteendeel, die persoon wat ek die meeste bewonder is 'n Amerikaner. Waar
het ek OOIT gesê ek het nie respek vir die individue nie?

Antie lees mooi en kom ons probeer weer. Ek sal stadig skryf want ek weet
jy verstaan nie so lekker nie.

DIS 'N SKANDE DAT DIE REGERING MEER GELD SPANDEER OP WAPENS AS OP ONDERWYS.
DIT TERWYL BAIE VAN HULLE MENSE NIE EERS KAN LEES EN SKRYF NIE. DIS NIE TE
Sê DIE ONGELETTERDE MENSE IS DOM NIE. INTEENDEEL, HULLE IS NET NIE DIE
KANSE IN DIE LEWE GEGUN WAT ANDER "RYKER" MENSE IN AMERIKA GEGUN IS NIE.

Eerlik Antie as jy nou nog nie verstaan nie, en my nou nog steeds van
valslikhede beskuldig is jy dof.

Mos vir Davie gesê die Antie sal dit nie doen nie. Tipies, tipies.
Antie, 'n mens lees nie 'n boek wat jy NIE verstaan nie van hoek tot kant
deur nie, dis bietjie onproduktief, sou jy nie sê nie? Maar ag nou ja,
that's the way the cookie crumles.

Long and short van A short history of time is dit. Stephen Hawking leer ons
van tyd (ja dis toe Hawking en nie Hawkings nie). Waar het dit begin?
Wanneer het dit begin? Sal tyd ooit ophou? Is Time Travel moontlik? Hy
vertel ons van denkbeeldige tyd (wat sou gebeur as ons "swaartekrag" met
quatum mechanics "unify"). Hy bespreek die Big Bang teorie en verduidelik
aan ons hoekom tyd moes begin het toe die big bang plaasgevind het. Jy sien
antie voor die Big Bang was daar niks, so daar kon niks wees nie, ook nie
tyd nie. Daarom kan ons rerig eers sê dat "the beginning of time" die tyd
was toe God die aarde begin maak het, NA die Big Bang. En dis net in die
eerste hoofstuk, en wat ek hierbo noem is nie eers volledig nie. Sal ek
aangaan, het jy regtig tyd om alles te lees? Ek glo nie so nie.

Meer as dit gaan ek nie nou uitlê nie, dis gekompliseerd, dit verg baie
moeite en tyd en ek het beter dinge om te doen as om myself aan jou te
bewys.

Groete
Elaine

wrote:

> Siedaar. Die ontrafeling van Elaine. Begin
> spog dat sy Stephen Hawkings lees en "verstaan".
> (Iets wat ek nie doen nie.) Nou dink sy sy
> kan mense die rad (ja Wouter, rad) voor die
> oë draai. Maar almal kan sien wat aan die gang
> is. Moral of the story: moenie los en vas oor
> dinge praat net vir die effek nie. En ek dink
> effentjies meer respek vir die Amerikaners as
> individue is ook in orde. Onthou, meer mense
> het vir Gore gestem as vir Bush.
>
> Tant Hessie van Winkle
>
Re: Bradley-voertuig [boodskap #75999 is 'n antwoord op boodskap #75993] So, 13 April 2003 22:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jissie Antie, maar kyk hoe lekker verdraai jy weer my woorde!!   WANNEER WAS
EK MINAGTEND TEENOOR EINSTEIN?!

E

wrote:
>  Miskien moet ek 'n bietjie
>              daar met Einstein gaan praat oor hoe minagtend
>              jy oor sy vermoëns is. Sommige mense met
>              disleksiese probleme het juis verbasende talente
>              van intellek. Die verbasendste een wat ek ontmoet
>              het was 'n ou hier in Kanada.
>
>  Gloudina
>
Re: Bradley-voertuig [boodskap #76000 is 'n antwoord op boodskap #75967] So, 13 April 2003 22:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ai Kotie, van wanneer af steur ons,ons aan die Antie? Ek doen nie, pla my
ook nie. Ek weet mos as ek 'n spelfout gemaak het dat dit nie aspris is
nie. Partykeer tik ek vinning of ek dink in Engels of foneties, daarom maak
ek die foute. So lank ek dit weet hoef ek my mos nie te steur aan haar nie?

E

"Koot" skryf in boodskap news:b7c25p$i91$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek het ernstig beswaar daarteen dat een skrywer 'n ander kritiseer op grond
> van hul spelling. Hier gaan dit oor WAT gesê word, solank dit in Afrikaans
> gesê word. Dis nie 'n taalklas nie. Sommige mense het die gawe om te spel,
> ander, soms uiters intelligente mense KAN bloot nie spel nie en dis nie reg
> om te kraai daaroor nie. Dis onbillik om hulle sê te wil kortwiek omdat
> hulle dit nie in volmaakte vorm kan doen nie.
>
> Sela.
Re: Bradley-voertuig [boodskap #76001 is 'n antwoord op boodskap #75948] So, 13 April 2003 22:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
N7470  is tans af-lyn  N7470
Boodskappe: 39
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Volle Lid
Q,

Puik, ek het weer jou plasing geniet. Daar was ook gerugte dat die M1
Abrams se turbine soveel hitte vrystel, dat hittegeleide missiele
gebruik kon word om die tenk te teiken!

Net 'n korreksie op my vorige plasing. Dit is die Viking (SA-3?)
vliegtuie wat deur die F18 vervang gaan word, en nie (sover ek weet) die
E-3A Prowler nie.

Die URL verwys na 'n twee uur lange Nova dokkie oor die mededinging
tussen die X32 en X35 vir die "Joint Strike Fighter" kontrak. Ek's nie
seker of julle Nova te siene kry in jou deel van die wereld nie, maar
dit is definitief die moeite werd. Die dokkie het ongelooflike
beeldmateriaal van die ontwikkeling van die vliegtuie. Wat vir my nogal
interessant was is dat een van die groot pluspunte wat daartoe gely het
dat die die kontrak uiteindelik na die Lockheed Martin X-35 gegaan het,
hulle "vertical lift" tegnologie was. Hulle gebruik 'n "ducted fan" wat
deur die hoof turbine aangedryf word vir esktra "lift" tydens vertikale
opstyg en landings. Ek wonder net hoe de heng hulle dit inkoppel
(clutch) op die turbine waanneer lg. teen 200k rpm draai!

Eugene

Q wrote:
> "N7470" wrote in message
> news:3E991AFE.10408@bigplanet.com...
>
>> Q,

>> Nee, ek verstaan nie. Kan jy dalk weer verduidelik :-) - Spot net.
>> Interessante inliging - dankie.

>> Nog 'n vraag. Wat sal die rede(s) wees dat die M1 Abrams tenk deur 'n
>> Gas Turbine aangedryf word. Ek weet turbines lewer 'n hengse hoeveelheid
>> krag in vergelyking met hulle grote, maar sal dit die enigste rede wees?

>> Die XB-70 Valkyrie is 'n pragtige vliegtuig. Is die B-1 'n afstammeling
>> daarvan?

>> Oor die F-14. Verlede jaar praat ek met 'n VSA vloot F18 vlieenier, en
>> hy het nie veel komplimente vir die F18 gehad nie, en reken die F14
>> kraai nogsteeds koning as gunsteling onder die vlieëniers. Een van die
>> klagtes was die kort reikafstand. Ek neem aan die "Super Hornet" sal
>> beter wees. Natuurlik net sy opinie. Die E-3A Hawkeye word uitfaseer en
>> gaan ook deur 'n F18 weergawe vervang word.

>> Het jy hierdie al te sien gekry in die VK?
>> http://www.pbs.org/wgbh/nova/xplanes/

>> Eugene
>
>
> Laat ek sien. Toe die M2 ontwerp was... hehehe. Olraait, olraait. Opgehou.
>
> Ek kan nie 100% kommentaar oor die M1 se turbine kommentaar lewer nie,
> behalwe dat ons nie baie beindruk met die idee was in die vroee tagtigs nie.
> Ons het verstaan dat dit die tenk 'n ongelooflike versnelling en ook
> topspoed verleen, maar ons was van mening dat die turbine minder betroubaar
> as 'n diesel sou wees. Ook het die logistieke implikasies van 'nog 'n ander
> tipe brandstof' tydens mobiele operasies ons koud gelaat en ons was onseker
> oor die vlambaarheid van die gas. Ons moes maar lekker ons woorde sluk na
> Desert Storm.
>
> Wat die XB-70 en die B-1 ooreenkomste betref... en hier gaan ek al weer...
> sorry, maar ek geniet die onderwerp geweldig.
>
> North American (die Amerikaanse verdedigingskontrakteur) was met beide die
> XB-70 en die B-1 Lancer betrokke (met Boeing tydens die ontwikkeling van die
> B-1), so die twee vliegtuie kom beide van dieselfde dorp af. Ek twyfel nie
> dat daar van die kennis wat tydens die XB-70 program opgedoen is, gebruik is
> tydens die ontwerp van die B-1 nie, maar ek glo dat dit omtrend die totale
> verwantskap behels. Daar is daarom nie 'n bloedverwantskap nie want die B-1
> het heeltemal ander operasionele vereistes as die XB-70.
>
> Tydens die ontwerp van die XB-70, was die Amerikaanse offensiewe lugdoktrine
> nog onder die invloed van die sg. 'Voices from the Central Blue' model...
> dis nou ouens soos 'Bomber' Harris en Douhet. Hierdie denkskool is
> epistemologies op twee beginsels gegrond:
>
> a. 'The bomber will always get through'
> b. 'Total warfare' - dit is, 'n onbeperkte lugoorlog teen die
> vyandelike bevolking sal die vyand te wil om oorlog te voer breek en daarom
> 'n vinnige resolusie tot die grondoorlog teweegbring (daarom Dresden en
> Tokyo).
>
> Tydens en na die Tweede Wereld oorlog, het hierdie paradigma maar swaar
> geleef, maar soos met enige paradigma sou dit die offisiele partylyn bly
> totdat dit vervang kon word met 'n beter model.
>
> Hoewel die Amerikaanse ontwerpers nie meer oortuig was van die toepaslikheid
> van die 'Central Blue' model nie, bly dit nogtans die sentrale tema en as 'n
> gevolg, ontwerp hulle 'n vliegtuig wat teen Mach 3 kan kruis op 'n hoogte
> van 72,000 voet - wel buite die reikafstand van enige bestaande
> lugafweermissielstelsel van die USSR.
>
> Intussen het die lesse wat die Amerikaanse 8ste Lugmag tydens die Tweede
> Wereldoorlog geleer het (die dagligaanvalle teen Schweinfurt, ens), asook
> die nuwe lesse van die Koreaanse (en tot 'n mate, die lesse van die Vietnam
> oorlog), die sentrale doktrine (en daarom ook bomwerperontwerpe) begin
> beinvloed. Dit is gevind dat die 'Central Blue' beginsels beide foutief was.
> Die bomwerper sou nie altyd deurbreek nie, en totale oorlog het gewoonlik
> totale vyandelike 'commitment' as 'n gevolg. Sien die volgende as voorbeeld.
>
> Een bron beweer dat die 8th Airforce op die 17de Augustus 1943 'n aanval van
> 230 bomwerpers teen Schweinfurt geloods het. Slegs 184 bomwerpers kon
> Schweinfurt bereik (die res moes of omdraai, of het afgedwaal) en 'n totaal
> van 36 bomwerpers is afgeskiet. Die Schweinfurt koeellaerfabrieke (die
> teiken), was nog steeds operasioneel. Op die 14de Oktober loods hulle weer
> 'n aanval teen Schweinfurt. 291 Bomwerpers styg op, slegs 229 bereik die
> teiken, waarvan 60 afgeskiet is. Die koeellaerfabrieke is beskadig, maar
> keer terug na volle produksie in 'n kwessie van weke en die produksie word
> ook versprei. Tydens die oorlog is Schweinfurt 22 keer aangeval. 'n Totaal
> van 2,285 bomwerpers is gebruik om 7,933 ton ordonansie op die stad af te
> laai. Die koeellaerfabrieke was operasioneel tot die 10de April 1945, die
> dag voordat die stad deur grondmagte beset was. So dit sou blyk dat Harris,
> Douhet et al die effek van offensiewe lugoperasies effens oorskat het en dat
> dit nie die 'silver bullet' van 20ste eeu oorlogvoering sou wees nie.
>
> Ook het die USSR verskeie deurbrake in die ontwikkeling van
> lugafweerstelsels gemaak, en was dit teen die trend net 'n kwessie van tyd
> voordat die wapenwedloop die XB-70 weerloos sou laat teen vyandelike
> grondstelsels en vliegtuie.
>
> In die proses het 'n nuwe paradigma ontstaan. Die van bomwerperoorlewing en
> wegstaan presisie wapens. Aangesien bomwerpers nou so duur sou raak (my bron
> beweer dat 'n enkele Lancer teen 1998 se pryse, $283,100,000 sou kos.
> Terloops, Lancer produksie is in 1988 gestaak), was dit nie meer aanvaarbaar
> om die Schweinfurt tipe verliese te handhaaf nie. As die 14 Okt 1943 aanval
> met Lancers geloods moes word, en dieselfde tipe verliese is gehandhaaf, dan
> sou die aanval die Amerikaners $17 biljoen gekos het.
>
> Om 'n bomwerper te laat oorlewe, moet dit opsporing kan vermy. So eerder as
> om hoog te vlieg, moet dit kan laag vlieg ('nap of the earth'). Later sou
> 'stealth' die primere opsporing-vermydingmetode raak. Eerder as om so vinnig
> te wees dat eie vegters nie kan bybly nie, moet dit net vinnig kan versnel
> (beweeglik wees), daarom 'variable wing geomerty' en die topspoed moet net
> genoeg wees om uit die moelikheid te bly en by die vegters te bly. Die
> bomwerper kan ook nie meer as 'n area wapen gebruik word nie. Die 'nuwe'
> Koue Oorlog verg akkuraatheid. Na alles, is 'n silo 'n klein teiken en
> bestand teen area wapens. Vyandelike lugafweer verg dat die bomwerper
> wegstaanwapens moet bebruik (ALCM of Air-launched Cruise Missiles).
>
> Die nuwe doktrine vereis 'n saamgestelde lugtaakmag: die bomwerpers self
> (met wegstaanwapens), vegvliegtuie om vyandelike vegvliegtuie te onderdruk,
> elektroniese eenhede om vyandelike opsporing te onderdruk (sg 'Wild Weasel'
> operasies), teen-lugafweer eenhede om vyandelike grondstasies oral op die
> infiltrasie en uittogroetes te onderdruk, logistieke eenhede om invlug
> brandstof te voorsien, beskerming vir hierdie eenhede, en bevel-en-beheer
> eenhede. Die ou dae van Schweinfurt asook die dae van die XB-70 tipe
> benadering tot tegnologie was getel.
>
> Net 'n finale opmerking... dit blyk of die Amerikaners (of Rumsfeld altans)
> nou weer terugkeer na 'Central Blue' met die verskil dat hulle nou glo dat
> die 'Cruise Missile will always get through'. Moes seker 'n skok gewees het
> toe hy agterkom dat hy nog 'n addisionele drie divisies grondmagte nodig het
> om die taak te voltooi.
>
> Stem saam re die F14 en F18. Selfs die 'Super-Hornet' sal nie kersvas hou by
> die 'Tomcat' nie. Die Hornet is ook nie 'n goeie plaasvervanger vir die
> 'Prowler' nie Maar daar is ander oorwegings weer. Die algemene gevoel is dat
> daar te veel tipes vliegtuie op die dekskepe is, en dit het 'n effek op die
> logistieke druk op die taakmag, asook die tipe en hoeveelheid missies wat
> uitgevoer kan word.
>
> Het vinnig na die webwerf gekyk. Lyk goed. Sal later in meer detail
> bestudeer.
>
> Q
>
Re: Bradley-voertuig [boodskap #76004 is 'n antwoord op boodskap #75997] Ma, 14 April 2003 00:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Elaine wrote:

> Ek het baie respek vir die Amerikaners
> DIS 'N SKANDE DAT DIE REGERING MEER GELD SPANDEER OP WAPENS AS OP ONDERWYS.

Elaine, dis die PLIG van die federale regering
van die VSA om meer geld op wapens te spandeer
as op onderwys. Want die federale regering van
die VSA is verantwoordelik vir die veiligheid
en verdediging van die land, maar hulle is NIE
verantwoordelik vir die onderwys nie. Dit is
die plig en die voorreg van die state in die
VSA, en elke staat kan dus in onderwys doen wat
hy wil. In die VSA is die state baie meer
onafhanklik van die sentrale regering vir dinge
soos onderwys, anders as in SA, waar die mag
en verantwoordelikheid in die hande van die sentrale
regering is. Om die waarheid te sê, ek dink nie die
Amerikaners het 'n federale Secretary for Education
nie, net soos ons in Kanada ook nie 'n federale
Minister of Education het nie. Want in Kanada is
Onderwys ook geheel en al die domein van die provinsies.
Dus as jy nou so knaend van die "Amerikaanse regering"
en sy tekortkomings praat, dink eers wat jy bedoel.

Gloudina
Re: Bradley-voertuig [boodskap #76005 is 'n antwoord op boodskap #76000] Ma, 14 April 2003 00:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Elaine wrote:

Partykeer tik ek vinning of ek dink in Engels of foneties, daarom maak
> ek die foute.

Nouja. Hoekom kritiseer jy die Amerikaners
se skoolaktiwiteite en hulle gebrek aan
korrekte onderwys, as jy hierdie soort
verskonings maak vir jou eie skolastiese
foute. What is sauce for the goose is
sauce for the gander.

Tant Hessie van Nieuw Amsterdam
Re: Bradley-voertuig [boodskap #76007 is 'n antwoord op boodskap #76004] Ma, 14 April 2003 00:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nou my jislaaik Antie, was dit nou so moeilik gewees? Kon jy dit nie maar
van die begin af vir my verduidelik het nie? Baie staatskole in Amerika is
nog steeds iets afgrysliks, maar hier by ons gaan dit deesdae ook nie juis
veel beter nie.

E

wrote;
>
> Elaine, dis die PLIG van die federale regering
> van die VSA om meer geld op wapens te spandeer
> as op onderwys. Want die federale regering van
> die VSA is verantwoordelik vir die veiligheid
> en verdediging van die land, maar hulle is NIE
> verantwoordelik vir die onderwys nie. Dit is
> die plig en die voorreg van die state in die
> VSA, en elke staat kan dus in onderwys doen wat
> hy wil. In die VSA is die state baie meer
> onafhanklik van die sentrale regering vir dinge
> soos onderwys, anders as in SA, waar die mag
> en verantwoordelikheid in die hande van die sentrale
> regering is. Om die waarheid te sê, ek dink nie die
> Amerikaners het 'n federale Secretary for Education
> nie, net soos ons in Kanada ook nie 'n federale
> Minister of Education het nie. Want in Kanada is
> Onderwys ook geheel en al die domein van die provinsies.
> Dus as jy nou so knaend van die "Amerikaanse regering"
> en sy tekortkomings praat, dink eers wat jy bedoel.
>
> Gloudina
>
Re: Bradley-voertuig [boodskap #76008 is 'n antwoord op boodskap #76005] Ma, 14 April 2003 01:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Want op skool het ek beter gevaar. Ek het immers B's vir Afrikaans (1ste
taal) en Engels (2de taal) gekry in Matriek. Die feit dat ek vinnig tik, in
Engels dink of foneties spel het niks met my hoërskool opleiding te doen
nie. Dit het te doen daarmee dat ek al 8 jaar uit die hoërskool is en
sederdien leef en werk ek in 'n Engelse wêreld. Op varsity het ek alles in
Engels gedoen. Ons moes 'n taalvak kies Afrikaans, Engels of Sotho. Ek het
Engels (1ste taal) gekies. Uit die aard van die saak het my Afrikaans daar
onder begin ly. Ek praat baie Afrikaans met familie en vriende, maar dis
nie te sê my spelling gaan net so goed bly soos op skool nie. Dis 'n
kwessie van oefening en gewoonte. Hoe minder jy 'n ding doen hoe slegter
word jy daarin. Dis nie soos baaisiekel ry nie, en selfs my ma sê sy dink
as sy nou op 'n fiets klim val sy af.

E

wrote:
>
>
> Nouja. Hoekom kritiseer jy die Amerikaners
> se skoolaktiwiteite en hulle gebrek aan
> korrekte onderwys, as jy hierdie soort
> verskonings maak vir jou eie skolastiese
> foute. What is sauce for the goose is
> sauce for the gander.
>
> Tant Hessie van Nieuw Amsterdam
>
Re: Bradley-voertuig [boodskap #76014 is 'n antwoord op boodskap #76000] Ma, 14 April 2003 06:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Haai, hoe lekker laat jy my nou kry. Ek is laas op laerskool Kotie genoem en
net dierbare ou kennise van die obskure dorpie De Deur en Meyerton noem my
nog so. Toe Ouboet 'n meisie met die naam Kotie huis toe bring en met haar
trou, moes ek noodwendig aanpas.

K

"Elaine" skryf in boodskap news:3e99e794.0@news1.mweb.co.za...
> Ai Kotie, van wanneer af steur ons,ons aan die Antie?
Re: Bradley-voertuig [boodskap #76023 is 'n antwoord op boodskap #75974] Ma, 14 April 2003 08:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
daniel[3]  is tans af-lyn  daniel[3]
Boodskappe: 38
Geregistreer: Februarie 2000
Karma: 0
Volle Lid
... en nou lieg jy lekker antie!!! Wanneer verjaar jy, dan stuur ek vir jou
'n bietjie wol en 'n paar breinaalde, dan kan jy eerder brei as om hier te
kom pla. Of verkies jy 'n naald en garing, dan stuur ek dit vir jou, dan kan
jy eerder eenkant naai.

>
> Die hele draad is begin deur Elaine
> se opmerkings oor die Amerikaners
> se domheid en slegte spelling. Ek
> kom maar net vir my buurstaat op.
>
> Sela.
>
> Tant Hessie Rooseveldt
>
Re: Bradley-voertuig [boodskap #76087 is 'n antwoord op boodskap #76014] Di, 15 April 2003 10:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Arme jy, het jy ook in die Vaal groot geword? lolol. Ek bly weer hier, so
moenie die plek obskuur noem nie.

E

"Koot" skryf in boodskap news:b7dk2f$da9$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Haai, hoe lekker laat jy my nou kry. Ek is laas op laerskool Kotie genoem en
> net dierbare ou kennise van die obskure dorpie De Deur en Meyerton noem my
> nog so. Toe Ouboet 'n meisie met die naam Kotie huis toe bring en met haar
> trou, moes ek noodwendig aanpas.
>
> K
Re: Bradley-voertuig [boodskap #76159 is 'n antwoord op boodskap #76087] Wo, 16 April 2003 06:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ons het vir onsself gesê in die Vaaldriehoek kan 'n mens darem sien wat jy
inasem. Ander plekke weet mens nooit.

Waar bly jy dan nou?

Koot

"Elaine" skryf in boodskap news:3e9be218.0@news1.mweb.co.za...
> Arme jy, het jy ook in die Vaal groot geword? lolol. Ek bly weer hier, so
> moenie die plek obskuur noem nie.
>
> E
>
> "Koot" wrote in message
> news:b7dk2f$da9$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Haai, hoe lekker laat jy my nou kry. Ek is laas op laerskool Kotie
genoem
> en
>> net dierbare ou kennise van die obskure dorpie De Deur en Meyerton noem my
>> nog so. Toe Ouboet 'n meisie met die naam Kotie huis toe bring en met haar
>> trou, moes ek noodwendig aanpas.
>>
>> K
>
Re: Bradley-voertuig [boodskap #76167 is 'n antwoord op boodskap #76159] Wo, 16 April 2003 08:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, ek onthou daai een. Of jy moet rook om skoon lug in te kry. Ek bly
nou, tot my spyt, in Vanderbijl. manlief wou nader aan die rivier trek.
Hy's mal oor die rivier. Ons bly nou so blok van die rivier af. Ek trek
eers weer as ons 'n huis op millionaire's bend kan bekostig :-)), ek's
gatvol getrek. 4 keer in 4 jaar is g'n niks lekker nie!

E

"Koot" skryf in boodskap news:b7isnm$58p$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ons het vir onsself gesê in die Vaaldriehoek kan 'n mens darem sien wat jy
> inasem. Ander plekke weet mens nooit.
>
> Waar bly jy dan nou?
>
> Koot
Re: Bradley-voertuig [boodskap #76177 is 'n antwoord op boodskap #76167] Wo, 16 April 2003 11:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Oe daai rivier... PE het nou wel die see, maar kan jy glo, ek mis die
rivier! Ek het daar by die PUK klasgegee, op daai lieflike kampus onder die
hoë bome.

"Elaine" skryf in boodskap news:3e9d19df.0@news1.mweb.co.za...
> Ja, ek onthou daai een. Of jy moet rook om skoon lug in te kry. Ek bly
> nou, tot my spyt, in Vanderbijl. manlief wou nader aan die rivier trek.
> Hy's mal oor die rivier. Ons bly nou so blok van die rivier af. Ek trek
> eers weer as ons 'n huis op millionaire's bend kan bekostig :-)), ek's
> gatvol getrek. 4 keer in 4 jaar is g'n niks lekker nie!
>
> E
>
> "Koot" wrote in message
> news:b7isnm$58p$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ons het vir onsself gesê in die Vaaldriehoek kan 'n mens darem sien wat jy
>> inasem. Ander plekke weet mens nooit.
>>
>> Waar bly jy dan nou?
>>
>> Koot
>
Re: Bradley-voertuig [boodskap #76178 is 'n antwoord op boodskap #76177] Wo, 16 April 2003 11:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek self het die rivier gemis toe ek in Jhb gebly het. PUK kampus is nog
steeds net so mooi! En so ver ek kan agterkom het niks aan daai kampus
verander nie. Aan die een kant is ek nogal bly ek's terug. Niks is darem
maar so lekker en kalmerend soos 'n Sondag langs die rivier nie :-)). En
hier is almal mos pelle jong! Jy gaan alleen rivier toe en kom met 10 pelle
huis toe! Moet sê sulke dinge gebeur nie in die stad nie.

E

"Koot" skryf in boodskap news:b7jf9a$dar$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Oe daai rivier... PE het nou wel die see, maar kan jy glo, ek mis die
> rivier! Ek het daar by die PUK klasgegee, op daai lieflike kampus onder die
> hoë bome.
Re: Bradley-voertuig [boodskap #76234 is 'n antwoord op boodskap #76178] Do, 17 April 2003 06:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wat het julle by die rivier gaan maak? Kalmerend? Jinne, dit hang seker
af van die meisies wat saamgaan. In ons dae op die PUK het ons egter meer
by die dam gekuier. Dit hang seker af van die tyd waarin jy die kampus
beleef het om te sê dit het niks verander nie. Jy praat egter nou met een
van die manne wat op sy dag die duikweg vol water gepomp het en die plan was
om 'n paar roeibote by die dam vas te lê en om dan die meisies van manne van
Karlien/Heide/Dawie Dup/Over de Voor te laat betaal om hulle na die kampus
en terug te roei. Maar was ons in die k.....!!!!

"Elaine" skryf in boodskap news:3e9d453c.0@news1.mweb.co.za...
> Ek self het die rivier gemis toe ek in Jhb gebly het. PUK kampus is nog
> steeds net so mooi! En so ver ek kan agterkom het niks aan daai kampus
> verander nie. Aan die een kant is ek nogal bly ek's terug. Niks is darem
> maar so lekker en kalmerend soos 'n Sondag langs die rivier nie :-)). En
> hier is almal mos pelle jong! Jy gaan alleen rivier toe en kom met 10 pelle
> huis toe! Moet sê sulke dinge gebeur nie in die stad nie.
>
> E
>
> "Koot" wrote in message
> news:b7jf9a$dar$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Oe daai rivier... PE het nou wel die see, maar kan jy glo, ek mis die
>> rivier! Ek het daar by die PUK klasgegee, op daai lieflike kampus onder
> die
>> hoë bome.
>
Re: Bradley-voertuig [boodskap #76236 is 'n antwoord op boodskap #76234] Do, 17 April 2003 08:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die watertjies is lekker kalmerend. Kuier, braai of sit net en niks doen.

Jy praat seker van Potch Puk. Koot praat van die satelliet kampus op
Vanderbijl.

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e9e4e68.0@news1.mweb.co.za...
> Wat het julle by die rivier gaan maak? Kalmerend? Jinne, dit hang seker
> af van die meisies wat saamgaan. In ons dae op die PUK het ons egter meer
> by die dam gekuier. Dit hang seker af van die tyd waarin jy die kampus
> beleef het om te sê dit het niks verander nie. Jy praat egter nou met een
> van die manne wat op sy dag die duikweg vol water gepomp het en die plan was
> om 'n paar roeibote by die dam vas te lê en om dan die meisies van manne van
> Karlien/Heide/Dawie Dup/Over de Voor te laat betaal om hulle na die kampus
> en terug te roei. Maar was ons in die k.....!!!!
Re: Bradley-voertuig [boodskap #76240 is 'n antwoord op boodskap #76236] Do, 17 April 2003 09:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
O! Het julle meisietjies kalmering nodig gehad? Ons het altyd gedog
hulle't opwarming nodig......wys jou net!

"Elaine" skryf in boodskap news:3e9e68f9.0@news1.mweb.co.za...
> Die watertjies is lekker kalmerend. Kuier, braai of sit net en niks doen.
>
> Jy praat seker van Potch Puk. Koot praat van die satelliet kampus op
> Vanderbijl.
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3e9e4e68.0@news1.mweb.co.za...
>> Wat het julle by die rivier gaan maak? Kalmerend? Jinne, dit hang
> seker
>> af van die meisies wat saamgaan. In ons dae op die PUK het ons egter
> meer
>> by die dam gekuier. Dit hang seker af van die tyd waarin jy die kampus
>> beleef het om te sê dit het niks verander nie. Jy praat egter nou met
> een
>> van die manne wat op sy dag die duikweg vol water gepomp het en die plan
> was
>> om 'n paar roeibote by die dam vas te lê en om dan die meisies van manne
> van
>> Karlien/Heide/Dawie Dup/Over de Voor te laat betaal om hulle na die kampus
>> en terug te roei. Maar was ons in die k.....!!!!
>
Re: Bradley-voertuig [boodskap #76241 is 'n antwoord op boodskap #76240] Do, 17 April 2003 09:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hehehehehehehe, ek praat nie eers van universiteit nie, ek praat van nou!
Op varsity was ek by elke party gewees, en kon ek enige man onder die tafel
indrink. Nou kan ek nie meer so goed suip nie.

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e9e6f77.0@news1.mweb.co.za...
> O! Het julle meisietjies kalmering nodig gehad? Ons het altyd gedog
> hulle't opwarming nodig......wys jou net!
Re: Bradley-voertuig [boodskap #76244 is 'n antwoord op boodskap #76241] Do, 17 April 2003 10:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
O, so jy's nog in die kalmeringssiklus? Al aan draf gedink? Watter nut
het 'n dronk vroumens vir 'n man?

"Elaine" skryf in boodskap news:3e9e72b0.0@news1.mweb.co.za...
> Hehehehehehehe, ek praat nie eers van universiteit nie, ek praat van nou!
> Op varsity was ek by elke party gewees, en kon ek enige man onder die tafel
> indrink. Nou kan ek nie meer so goed suip nie.
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3e9e6f77.0@news1.mweb.co.za...
>> O! Het julle meisietjies kalmering nodig gehad? Ons het altyd gedog
>> hulle't opwarming nodig......wys jou net!
>
Re: Bradley-voertuig [boodskap #76247 is 'n antwoord op boodskap #76178] Do, 17 April 2003 11:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek is spyt oor wat hulle met Vosloopark in Vereeniging gedoen het. Daar was
vir my niks so great as om onder daai hoë bome, met hulle bulderende
tortelduiwe te dwaal nie. Many a romantic moment...

Nou moet jy betaal en dis totaal kommersieel.

"Elaine" skryf in boodskap news:3e9d453c.0@news1.mweb.co.za...
> Ek self het die rivier gemis toe ek in Jhb gebly het. PUK kampus is nog
> steeds net so mooi! En so ver ek kan agterkom het niks aan daai kampus
> verander nie. Aan die een kant is ek nogal bly ek's terug. Niks is darem
> maar so lekker en kalmerend soos 'n Sondag langs die rivier nie :-)). En
> hier is almal mos pelle jong! Jy gaan alleen rivier toe en kom met 10 pelle
> huis toe! Moet sê sulke dinge gebeur nie in die stad nie.
>
> E
>
> "Koot" wrote in message
> news:b7jf9a$dar$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Oe daai rivier... PE het nou wel die see, maar kan jy glo, ek mis die
>> rivier! Ek het daar by die PUK klasgegee, op daai lieflike kampus onder
> die
>> hoë bome.
>
Re: Bradley-voertuig [boodskap #76251 is 'n antwoord op boodskap #76244] Do, 17 April 2003 12:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Draf? Nee wat so straf ek myself nie. Studente drink - mans en vrouens, en
as jy nog nie weet watse nut 'n dronk vroumens het nie....

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e9e8554.0@news1.mweb.co.za...
> O, so jy's nog in die kalmeringssiklus? Al aan draf gedink? Watter nut
> het 'n dronk vroumens vir 'n man?
Re: Bradley-voertuig [boodskap #76252 is 'n antwoord op boodskap #76247] Do, 17 April 2003 12:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nou het jy my heeltemal verloor. Ek was 4 jaar lank nie hier nie, en voor
dit het ek nie regtig belanggestel nie. Wat het hulle met Vosloopark
gedoen? Ek weet net van "Riverfront" by 3 riviere wat so kommersieel
ontwikkel is. Maar jy het nog nie die beste gehoor nie. Die casino (ek
dink hulle is deel van sun international), het die hele stuk grond van die
casino af tot by die hotel (eers holiday inn) gekoop. Daai hele stuk grond
gaan ontwikkel word in een groot plesier/bewaringsoord. Hulle het glo grond
aan die oorkant (Sasolburg) ook gekoop vir ontwikkeling, nou moet ons nog
net wag en kyk wat gaan hulle daar maak.

Meeste mooi plekkies langs die rivier behoort nou aan iemand en jy moet
betaal of familie wees om naby te kom. So hier en daar sal jy 'n draadlose
stukkie langs die rivier kry, maar die deel wat ek in gedagte het is teen
een van Iscor se plants en in die oggend is die lug maar vrot daar. Dis
regtig mooi, groen van die bome, maar Iscor ontsier die plek te erg, seker
die dat die stuk nog draadloos is :-))

E

"Koot" skryf in boodskap news:b7m3qv$nn4$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek is spyt oor wat hulle met Vosloopark in Vereeniging gedoen het. Daar was
> vir my niks so great as om onder daai hoë bome, met hulle bulderende
> tortelduiwe te dwaal nie. Many a romantic moment...
>
> Nou moet jy betaal en dis totaal kommersieel.
Re: Bradley-voertuig [boodskap #76260 is 'n antwoord op boodskap #76247] Do, 17 April 2003 12:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Koot wrote:

Vosloopark in Vereeniging
bulderende
tortelduiwe

Dit moet ek nog ondervind.

Penkop in die Vaaldriehoek
Re: Bradley-voertuig [boodskap #76264 is 'n antwoord op boodskap #76260] Do, 17 April 2003 13:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jis nee, die goed kan raas! Bulderend is die regte beskrywing - glo my.

E

skryf in boodskap news:3E9EA574.7070809@rogers.com...
>
> Koot wrote:
>
> Vosloopark in Vereeniging
> bulderende
> tortelduiwe
>
>
> Dit moet ek nog ondervind.
>
> Penkop in die Vaaldriehoek
>
Re: Bradley-voertuig [boodskap #76273 is 'n antwoord op boodskap #76251] Do, 17 April 2003 13:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jeeaagh man! Dronk vroumense praat stront en gooi op. As jy dink hulle is
sexy, dan ken jy net die een kant. Glo my, die ontvangkant van 'n dronk
dollie is glad nie so dollie nie! Hulle weet dan nie of hulle kom of gaan
nie.............

"Elaine" skryf in boodskap news:3e9e9aed.0@news1.mweb.co.za...
> Draf? Nee wat so straf ek myself nie. Studente drink - mans en vrouens, en
> as jy nog nie weet watse nut 'n dronk vroumens het nie....
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3e9e8554.0@news1.mweb.co.za...
>> O, so jy's nog in die kalmeringssiklus? Al aan draf gedink? Watter nut
>> het 'n dronk vroumens vir 'n man?
>
Re: Bradley-voertuig [boodskap #76291 is 'n antwoord op boodskap #76273] Do, 17 April 2003 18:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
O hel, ek praat nie van so 'n dronk vrou nie!!!! Maar wat's die dubbele
standaard? Hoekom mag 'n man homself te pletter suip, by die huis kom en
vroulief moet maar reg wees, maar 'n vrou mag nie so af en toe dieselfde
doen nie? Dronk mans kan net so baie stront praat, (hulle gooi op ook) glo
my, en dan wil hulle nog hê jy moet regstaan vir hulle in die slaapkamer ook
want na so paar doppe....

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e9eaf56.0@news1.mweb.co.za...
> Jeeaagh man! Dronk vroumense praat stront en gooi op. As jy dink hulle is
> sexy, dan ken jy net die een kant. Glo my, die ontvangkant van 'n dronk
> dollie is glad nie so dollie nie! Hulle weet dan nie of hulle kom of gaan
> nie.............
Re: Bradley-voertuig [boodskap #76318 is 'n antwoord op boodskap #76291] Sa, 19 April 2003 07:03 Na vorige boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Julle vroumense het natuurlik die een probleempie minder wat 'n man wel het!
'n Man se lus is van sy opstand afhanklik en gewoonlik werk dit nie so wel
saam met alkohol nie! 'n Vroumens kan die pad lop omtrent in enige
omstandighede, of sy nugter of stormdronk is. Dis nou daai opstand wat so
maklik sneuwel met 'n dronk dollie wat wil vry.......

"Elaine" skryf in boodskap news:3e9ef3d2.0@news1.mweb.co.za...
> O hel, ek praat nie van so 'n dronk vrou nie!!!! Maar wat's die dubbele
> standaard? Hoekom mag 'n man homself te pletter suip, by die huis kom en
> vroulief moet maar reg wees, maar 'n vrou mag nie so af en toe dieselfde
> doen nie? Dronk mans kan net so baie stront praat, (hulle gooi op ook) glo
> my, en dan wil hulle nog hê jy moet regstaan vir hulle in die slaapkamer ook
> want na so paar doppe....
>
> E
> "Suidwester" wrote in message
> news:3e9eaf56.0@news1.mweb.co.za...
>> Jeeaagh man! Dronk vroumense praat stront en gooi op. As jy dink
hulle
> is
>> sexy, dan ken jy net die een kant. Glo my, die ontvangkant van 'n dronk
>> dollie is glad nie so dollie nie! Hulle weet dan nie of hulle kom of
> gaan
>> nie.............
>
Vorige onderwerp: 'n Linkse Kanadees...
Volgende onderwerp: Oggendtroue
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 24 06:41:20 MGT 2024