Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gulsige Idoolmakers.
Gulsige Idoolmakers. [boodskap #75417] Ma, 07 April 2003 08:14 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Blykbaar gaan Engeland hulle tweede Idols eers aanbied in 2004 - sodat die
10 finaliste van die eerste reeks kans kan kry om loopbane te vestig.
Hier is dit egter 'n ander storie - die tweede Idols soek-opwinding is al
aan die gang - skaars 'n jaar later as die vorige een - en al die vorige
Idole, behalwe twee - kla dat hulle soos warmpatatte gelos is die oomblik
toe hulle uitgestem is. Selfs wenner Winkler kla omdat slegs 10 000 van die
verwagte 25 000 CD's gekoop is. - miskien moes hy liewer 'n musiekvideo
gemaak het as 'n CD, want hy is mos op sy looks gekies, en nie suiwer op sy
vermoë om te kan sing nie - dan kan die verdwaasdes wat so vir hom gestem
het hom heelnag aanskou op SABC1.

Miskien, hopelik, word die formaat verander.

Annette
Re: Gulsige Idoolmakers. [boodskap #75442 is 'n antwoord op boodskap #75417] Ma, 07 April 2003 12:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships Mcduck  is tans af-lyn  Threeships Mcduck
Boodskappe: 244
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 7 Apr 2003 10:14:27 +0200, "Annette"
served the following to the group:

> Miskien, hopelik, word die formaat verander.
>
> Annette
>

ja soos om mense te kies wat musikaal iets beteken. Laat hulle hulle
eie goed skryf en eie instrumente bespeel. hierdie idols kry alles op
n skinkbord. dis goed en wel om te kan sing maar persoonlik het ek nie
veel respek vir sangers wat altyd ander mense se goed sing, en betaal
word om dit te doen. ons het genoeg musiek talent in die land sonder
om hierdie kits sterre te probeer maak.

>
>

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
Re: Gulsige Idoolmakers. [boodskap #75447 is 'n antwoord op boodskap #75417] Ma, 07 April 2003 13:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek moet erken dat ek van musiek minder weet as sekere anties van hoe hoog 'n
springbok kan spring, maar as ek die Idols-ding reg verstaan, dan word die
mense verkies juis deur die publiek wat inbel? Nou is my vraag aan jou:
As jy 'n mens gekies wil hê vir sy stemvermoë, sekerlik kan jy die publiek
nie op hom loslaat nie? Die publiek gaan op hulle beste eerder 'n 'looker'
kies wat effens kan sing, eerder as 'n moerse sanger wat soos 'n ploert lyk?
Kyk maar in die musiekbedryf [toegegee...soos ek dit sien] dan verkoop die
'lookers' se CD's dat die biesies bewe en die ouens wat suiwer talent sonder
die regte 'look' het nie eintlik hond haaraf maak nie. Is jy nie dalk te
suiwer kunstenaargeneë nie? Die kompetisie se naam is "Idols".

"Annette" skryf in boodskap news:b6rc8e$86ufk$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Blykbaar gaan Engeland hulle tweede Idols eers aanbied in 2004 - sodat die
> 10 finaliste van die eerste reeks kans kan kry om loopbane te vestig.
> Hier is dit egter 'n ander storie - die tweede Idols soek-opwinding is al
> aan die gang - skaars 'n jaar later as die vorige een - en al die vorige
> Idole, behalwe twee - kla dat hulle soos warmpatatte gelos is die oomblik
> toe hulle uitgestem is. Selfs wenner Winkler kla omdat slegs 10 000 van die
> verwagte 25 000 CD's gekoop is. - miskien moes hy liewer 'n musiekvideo
> gemaak het as 'n CD, want hy is mos op sy looks gekies, en nie suiwer op sy
> vermoë om te kan sing nie - dan kan die verdwaasdes wat so vir hom gestem
> het hom heelnag aanskou op SABC1.
>
> Miskien, hopelik, word die formaat verander.
>
> Annette
>
Re: Gulsige Idoolmakers. [boodskap #75450 is 'n antwoord op boodskap #75447] Ma, 07 April 2003 13:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

> Ek moet erken dat ek van musiek minder weet as sekere anties van hoe hoog 'n
> springbok kan spring

Ha,ha. So ek het al onder jou vel
ingekruip.

Tant Hessie van die Nossob
Re: Gulsige Idoolmakers. [boodskap #75451 is 'n antwoord op boodskap #75450] Ma, 07 April 2003 14:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hier broei 'n ding ... ; -)

skryf in boodskap news:3E917F2F.9080304@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>> Ek moet erken dat ek van musiek minder weet as sekere anties van hoe hoog 'n
>> springbok kan spring
>
>
> Ha,ha. So ek het al onder jou vel
> ingekruip.
>
> Tant Hessie van die Nossob
>
Re: Gulsige Idoolmakers. [boodskap #75457 is 'n antwoord op boodskap #75450] Ma, 07 April 2003 15:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Lekker, as jy dit as 'n kompliment vat ou dier, dan is jy ook maar met min
tevrede? Maar, wie's ek om jou te weier?
skryf in boodskap news:3E917F2F.9080304@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>> Ek moet erken dat ek van musiek minder weet as sekere anties van hoe hoog 'n
>> springbok kan spring
>
>
> Ha,ha. So ek het al onder jou vel
> ingekruip.
>
> Tant Hessie van die Nossob
>
Re: Gulsige Idoolmakers. [boodskap #75460 is 'n antwoord op boodskap #75457] Ma, 07 April 2003 15:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

> Lekker, as jy dit as 'n kompliment vat ou dier, dan is jy ook maar met min
> tevrede? Maar, wie's ek om jou te weier?

As jy dink ek sien dit as 'n kompliment,
dan is jy reg. Jy wys duidelik dat ek
jou denke beinvloed, al wil jy dit nou
nie erken nie. Ek lui jou klokkie, ou
Suidwester, al is ek sesduisend myl van
jou af. Elke keer as jy 'n springbok
sien spring, sal jy nou aan my dink, of
jy wil of nie.

Tant Hessie van die Nossob
Re: Gulsige Idoolmakers. [boodskap #75488 is 'n antwoord op boodskap #75417] Di, 08 April 2003 00:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hay, winkie kan sing! Hy's nie vir my so watwonders aantreklik nie, maar
nie een van die ander 10 kon juis sing nie. Behalwe daai swart girl, sy't
my hoendervleis gegee. 'n Idol moet tog aantreklik ook wees of hoe?

E

"Annette" skryf in boodskap news:b6rc8e$86ufk$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Blykbaar gaan Engeland hulle tweede Idols eers aanbied in 2004 - sodat die
> 10 finaliste van die eerste reeks kans kan kry om loopbane te vestig.
> Hier is dit egter 'n ander storie - die tweede Idols soek-opwinding is al
> aan die gang - skaars 'n jaar later as die vorige een - en al die vorige
> Idole, behalwe twee - kla dat hulle soos warmpatatte gelos is die oomblik
> toe hulle uitgestem is. Selfs wenner Winkler kla omdat slegs 10 000 van die
> verwagte 25 000 CD's gekoop is. - miskien moes hy liewer 'n musiekvideo
> gemaak het as 'n CD, want hy is mos op sy looks gekies, en nie suiwer op sy
> vermoë om te kan sing nie - dan kan die verdwaasdes wat so vir hom gestem
> het hom heelnag aanskou op SABC1.
>
> Miskien, hopelik, word die formaat verander.
>
> Annette
>
Re: Gulsige Idoolmakers. [boodskap #75489 is 'n antwoord op boodskap #75442] Di, 08 April 2003 00:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
En dit was nie so maklike paadjie om te loop vir die idols deelnemers nie.
Dit lyk dalk na "instant fame", maar dit is nie regtig nie. Die hele
kompetisie verloop oor maande en nie 'n paar weke soos wat jy dit op t.v.
gesien het nie. As die ou gewen het, wens hom geluk en die beste toe. Hy
verdien dit, net soos enige ander kompetisie wenner.

Elaine

"Threeships Mcduck" wrote:
>
> ja soos om mense te kies wat musikaal iets beteken. Laat hulle hulle
> eie goed skryf en eie instrumente bespeel. hierdie idols kry alles op
> n skinkbord. dis goed en wel om te kan sing maar persoonlik het ek nie
> veel respek vir sangers wat altyd ander mense se goed sing, en betaal
> word om dit te doen. ons het genoeg musiek talent in die land sonder
> om hierdie kits sterre te probeer maak.
>
>>
>
> Threeships Mcduck
> www.mothership.co.za
Re: Gulsige Idoolmakers. [boodskap #75502 is 'n antwoord op boodskap #75489] Di, 08 April 2003 06:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships Mcduck  is tans af-lyn  Threeships Mcduck
Boodskappe: 244
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 8 Apr 2003 02:05:19 +0200, "Elaine"
served the following to the group:

> En dit was nie so maklike paadjie om te loop vir die idols deelnemers nie.
> Dit lyk dalk na "instant fame", maar dit is nie regtig nie. Die hele
> kompetisie verloop oor maande en nie 'n paar weke soos wat jy dit op t.v.

in teenstelling met baie musikante wat jaar in en jaar uit met sy eie
musiek `n lewe probeer maak. (om een of selfs twee jaar te vat om
stardom te bereik is instant fame!) ongelukkig maak almal dit nie want
almal het die resources of die big break wat nodig is nie. hoe baie sa
sangers en groepe het al gekom en gegaan as gevolg van die industrie
wat hulle nie ondersteun nie. die mense by die plate maatskappye
gebruik die idols en die naiwe publiek om `n quick buck maak.

net `n vinnige foot note: ek glo dat daar wel van die idols is wat dit
kan maak op hulle eie meriete as hulle die kans gegun word maar hulle
glo ek is in die minderheid.

> gesien het nie. As die ou gewen het, wens hom geluk en die beste toe. Hy
> verdien dit, net soos enige ander kompetisie wenner.
>
> Elaine

dis maar soos die lotto wenner, jy of duisende ander kon gewen het
maar jy was net gelukkiger. so kan baie ander idols wen dit hang net
af of die tannies wat inbel meer as die ooms is

>
> "Threeships Mcduck" wrote:

>> ja soos om mense te kies wat musikaal iets beteken. Laat hulle hulle
>> eie goed skryf en eie instrumente bespeel. hierdie idols kry alles op
>> n skinkbord. dis goed en wel om te kan sing maar persoonlik het ek nie
>> veel respek vir sangers wat altyd ander mense se goed sing, en betaal
>> word om dit te doen. ons het genoeg musiek talent in die land sonder
>> om hierdie kits sterre te probeer maak.

>>>
>>>

>> Threeships Mcduck
>> www.mothership.co.za
>

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
Re: Gulsige Idoolmakers. [boodskap #75503 is 'n antwoord op boodskap #75460] Di, 08 April 2003 06:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek sal jou sê wat: Van nou af sal ek elke keer wat ek 'n springbok sien
spring, sal ek die beeld van hierdie grasieuse, effektiewe hardloper probeer
vervang met 'n vet antie met drilboude wat probeer hol en spring? Wat van
die slappes wat voor swaai. Jinne, ek sal nooit weer 'n dag sonder humor
in die veld hê nie! Dankie antie, dankie!
skryf in boodskap news:3E919877.2040904@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>> Lekker, as jy dit as 'n kompliment vat ou dier, dan is jy ook maar met min
>> tevrede? Maar, wie's ek om jou te weier?
>
> As jy dink ek sien dit as 'n kompliment,
> dan is jy reg. Jy wys duidelik dat ek
> jou denke beinvloed, al wil jy dit nou
> nie erken nie. Ek lui jou klokkie, ou
> Suidwester, al is ek sesduisend myl van
> jou af. Elke keer as jy 'n springbok
> sien spring, sal jy nou aan my dink, of
> jy wil of nie.
>
> Tant Hessie van die Nossob
>
Re: Gulsige Idoolmakers. [boodskap #75513 is 'n antwoord op boodskap #75502] Di, 08 April 2003 09:50 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Threeships Mcduck" wrote:
> in teenstelling met baie musikante wat jaar in en jaar uit met sy eie
> musiek `n lewe probeer maak. (om een of selfs twee jaar te vat om
> stardom te bereik is instant fame!) ongelukkig maak almal dit nie want
> almal het die resources of die big break wat nodig is nie. hoe baie sa
> sangers en groepe het al gekom en gegaan as gevolg van die industrie
> wat hulle nie ondersteun nie. die mense by die plate maatskappye
> gebruik die idols en die naiwe publiek om `n quick buck maak.

Okay, dis waar, maar onthou net dat baie van hulle al 'n musiek loopbaan
begin het, en Idols was hulle "big break" gewees

> dis maar soos die lotto wenner, jy of duisende ander kon gewen het
> maar jy was net gelukkiger. so kan baie ander idols wen dit hang net
> af of die tannies wat inbel meer as die ooms is
Nie waar nie, ons kon net stem van die laaste 50 af wat deur beoordeelaars
gekies is. UK Idols was vir my beter, want Simon Cowell was nie bang om vir
die deelnemers te sê as hulle sleg was nie. Hulle gebruik hom glo in
Amerika ook vir hulle Idols. SA se idols was nie vir my so goed nie, juis
omdat die beoordeelaars nie talent kon sien as dit hulle in die gesig geklap
het nie. En die swart vrou wat hulle gebruik het as beoordelaar was erg
rassisties gewees. 'n Lotto wenner het nie talent nodig om te wen nie. 'n
Idol het. Ek was nie gelukkig met die laaste 10 nie, en het net online
gestem.

E
Vorige onderwerp: Ek soek moeiliheid:))
Volgende onderwerp: Sangoma
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 05:55:15 MGT 2024