Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Sangoma
Sangoma [boodskap #75396] So, 06 April 2003 14:29 na volgende boodskap
Erik  is tans af-lyn  Erik
Boodskappe: 2
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Junior Lid
Wie weet een goed Nederlands woord voor het Afrikaanse woord Sangoma i.v.m.
vertaling van een boek.?
Bedankt alvast.

--
Erik van Hulst
Re: Sangoma [boodskap #75410 is 'n antwoord op boodskap #75396] Ma, 07 April 2003 06:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Erik" skryf in boodskap news:...
> Wie weet een goed Nederlands woord voor het Afrikaanse woord Sangoma i.v.m.
> vertaling van een boek.?
> Bedankt alvast.

Sangoma is nie 'n Afrikaanse woord nie. Dis die Zoeloe (isiZulu om
taalkundig korrek te wees) woord vir 'n toordokter, of "traditional
healer" soos hulle verkies om te sê.
Re: Sangoma [boodskap #75411 is 'n antwoord op boodskap #75410] Ma, 07 April 2003 06:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ja, em daar is glo 'n groot verskil tussen 'n Sangoma en 'n kruiedokter.
Annette

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0304062244.3aa085c5@posting.google.com...
> "Erik" wrote in message
news:...
>> Wie weet een goed Nederlands woord voor het Afrikaanse woord Sangoma i.v.m.
>> vertaling van een boek.?
>> Bedankt alvast.
>
> Sangoma is nie 'n Afrikaanse woord nie. Dis die Zoeloe (isiZulu om
> taalkundig korrek te wees) woord vir 'n toordokter, of "traditional
> healer" soos hulle verkies om te sê.
Issie isi nie [boodskap #75416 is 'n antwoord op boodskap #75410] Ma, 07 April 2003 07:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Drom
Sangoma is nie 'n Afrikaanse woord nie. Dis die Zoeloe
(isiZulu om taalkundig korrek te wees) woord vir .....

Wouter
'n Taalkundige het vir my gesê dat die indra van daardie
"isi-" in Afrikaans en Engels 'n onding is. Die taal is Zoeloe
in Afrikaans, isiZulu in Zoeloe. Net soos ons die rooitaal
Engels noem en nie English nie, behoort ons ook nie Zoeloe
isiZulu te noem nie. Ons sê tog ook nie Deutsch vir Duits,
Nyderlands vir Nederlands, ens. nie :-)
Re: Issie isi nie [boodskap #75505 is 'n antwoord op boodskap #75416] Di, 08 April 2003 06:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:...
> Drom
> Sangoma is nie 'n Afrikaanse woord nie. Dis die Zoeloe
> (isiZulu om taalkundig korrek te wees) woord vir .....
>
> Wouter
> 'n Taalkundige het vir my gesê dat die indra van daardie
> "isi-" in Afrikaans en Engels 'n onding is. Die taal is Zoeloe
> in Afrikaans, isiZulu in Zoeloe. Net soos ons die rooitaal
> Engels noem en nie English nie, behoort ons ook nie Zoeloe
> isiZulu te noem nie. Ons sê tog ook nie Deutsch vir Duits,
> Nyderlands vir Nederlands, ens. nie :-)

Seker maar die mag van die gewoonte. Ek spreek ook nie my studente se
name in Afrikaans (of Engels) uit nie :-)

Drom
Re: Sangoma [boodskap #75506 is 'n antwoord op boodskap #75411] Di, 08 April 2003 07:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:...
> Ja, em daar is glo 'n groot verskil tussen 'n Sangoma en 'n kruiedokter.
> Annette
>
Sommige sangomas praktiseer ook as kruiedokters, maar mens assosieer
die woord sangoma meer met 'n dolosgooier. My grootouma aan my ma se
kant was self 'n kruiedokter van faam daar in die Suid-Oos Vrystaat en
ek glo nie sy het ooit dolosse gegooi nie :-)
Drom
Re: Sangoma [boodskap #75509 is 'n antwoord op boodskap #75506] Di, 08 April 2003 08:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sover ek weet gooi die wit sangomas hier in die Kaap ook nie dolosse nie.
Hulle hou daarvan om hulself sangoma te noem, sodat hulle rompe kan dra en
lekker los en lugtig deur die dag kan gaan:))

Annette

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0304072307.5859e50c@posting.google.com...
> "Annette" wrote in message
news:...
>> Ja, em daar is glo 'n groot verskil tussen 'n Sangoma en 'n kruiedokter.
>> Annette
>>
> Sommige sangomas praktiseer ook as kruiedokters, maar mens assosieer
> die woord sangoma meer met 'n dolosgooier. My grootouma aan my ma se
> kant was self 'n kruiedokter van faam daar in die Suid-Oos Vrystaat en
> ek glo nie sy het ooit dolosse gegooi nie :-)
> Drom
Re: Sangoma [boodskap #75521 is 'n antwoord op boodskap #75509] Di, 08 April 2003 10:59 Na vorige boodskap
Afro Ozzie  is tans af-lyn  Afro Ozzie
Boodskappe: 37
Geregistreer: Desember 1999
Karma: 0
Volle Lid
Ek was heel verbaas toe ek hoor dat die tradisionele helers in Papua New
Guinea ook Sangomas genoem word.
Bye

"Annette" skryf in boodskap news:b6u1qa$8qfc6$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Sover ek weet gooi die wit sangomas hier in die Kaap ook nie dolosse nie.
> Hulle hou daarvan om hulself sangoma te noem, sodat hulle rompe kan dra en
> lekker los en lugtig deur die dag kan gaan:))
>
> Annette
>
>
> "Drom" wrote in message
> news:1e507c17.0304072307.5859e50c@posting.google.com...
>> "Annette" wrote in message
> news:...
>>> Ja, em daar is glo 'n groot verskil tussen 'n Sangoma en 'n kruiedokter.
>>> Annette
>>>
>> Sommige sangomas praktiseer ook as kruiedokters, maar mens assosieer
>> die woord sangoma meer met 'n dolosgooier. My grootouma aan my ma se
>> kant was self 'n kruiedokter van faam daar in die Suid-Oos Vrystaat en
>> ek glo nie sy het ooit dolosse gegooi nie :-)
>> Drom
>
>

---
Outgoing mail is certified Virus Free.
Checked by AVG anti-virus system (http://www.grisoft.com).
Version: 6.0.467 / Virus Database: 266 - Release Date: 1/04/2003
Vorige onderwerp: Gulsige Idoolmakers.
Volgende onderwerp: Re: Peter Arnett Sacked for revealing on iraqi TV that us war effort is failing
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 03:17:13 MGT 2024