Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'n Siamese Tweeling : Kanada en die V.S.A.
'n Siamese Tweeling : Kanada en die V.S.A. [boodskap #7520] Sa, 26 Oktober 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Die V.S.A. en Kanada is soos 'n Siamese tweeling.
Hulle sit langs mekaar in Noord-Amerika soos 'n twee-
ling wat aan mekaar verbind is, of hulle nou daarvan hou
of nie. Mense dink gewoonlik aan die V.S.A. as die groter
en sterker een van die twee. Dis miskien omdat daar ver
oor die 200 miljoen mense in die V.S.A. is, en net 30 mil-
joen in Kanada. Hulle vergeet dat wat grond-oppervlakte
betref, Kanada baie groter is as die V.S.A. Hulle vergeet
ook dat Kanada elke jaar 'n groot handels-surplus het met
haar suster in die suide. Hulle vergeet dat die V.S.A. mees-
te van hulle komediante uit Kanada moet invoer, en so ook
baie van hul mees suksesvolle sangers, bo en behalwe al
die hout en allerhande minerale wat hul nodig het. Die
handels-surplus is merendeels as gevolg van die feit dat
Chrysler, G.M. en Ford baie van hulle karre in suidweste-
like Ontario vervaardig (aantreklik vir hulle gemaak deur
die U.S.- Canada Autopact), en dit dan na die markte in die
V.S.A. uitvoer.
Omdat baie van die 30 miljoen mense in Kanada baie
na aan die grens bly, is die oorsteek van die grens 'n som-
tyds alledaagse ding. In Rock Island is daar 'n saal wat een
deel in Vermont en een deel in Quebec is. Nogal waardevol,
as die polisie van die V.S.A. iemand aan die polisie van
Kanada wil uitlewer!
Sommige mense sê dat die bestaan van die twee lande
‘n anomalie is; dat dit eintlik een land moet wees. Hulle het
reg op hulle opinie. Maar ek dink die “Empire Loyalists”
was bly om na die Amerikaanse Vryheids-oorlog in 'n land
te gaan woon waar hulle nog deur Engeland regeer sou word.
Die slawe voor en gedurende die Amerikaanse Burgeroorlog
was ook bly dat Kanada daar aan die einde van die “under-
ground railway” was, waarlangs hulle gevlug het om hulle
vryheid te bereik. En gedurende die Vietnam-oorlog het baie
Amerikaanse burgers die grens oorgesteek omdat hulle nie wou
deelneem aan 'n oorlog wat hulle as immoreel gesien het nie.
Net soos siblings, baklei Kanada en die V.S.A. gereeld.
Dis gewoonlik omdat die crybaby in die suide dink dat Kanada
met subsidies die prys van hulle hout of eiers of botter aantrek-
liker maak vir die verbruikers in die Amerikaanse markte. Hul
verloor gereeld, wanneer hulle hul saak bring voor die “North
American Free Trade Organization” se hofpaneel. Op die oom-
blik is daar ook 'n oorloggie aan die gang oor Kanada se verhou-
ding met Cuba. Ek dink die swakste een van die geografiese
Siamese Tweeling gaan hierdie argument ook verloor. Morele
mag maak krag.

Gloudina Bouwer
(geplaas in Netscape)
Re: 'n Siamese Tweeling : Kanada en die V.S.A. [boodskap #7525 is 'n antwoord op boodskap #7520] So, 27 Oktober 1996 00:00 Na vorige boodskap
Bev Geenen[2]  is tans af-lyn  Bev Geenen[2]
Boodskappe: 2
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ek woon nou all 4 mande in Canada en ek kan nie glo "anti-usa" die mense
hier is nie.

Ruan
Vorige onderwerp: 'n interprovinsiale Kanadese eksperiment
Volgende onderwerp: geskiedenis van hugenote
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 29 05:01:57 MGT 2024