Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Australiese braaivleis: Lekker,lui, vetterig MET VLIEE.....
Die Australiese braaivleis: Lekker,lui, vetterig MET VLIEE..... [boodskap #7483] Ma, 21 Oktober 1996 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Noudat dit somer is hier is dit natuurlik braaityd.
Wat dikwels gedoen word hier is om saam met vriende na 'n park toe
te gaan en dan te braai. Die parke is oor die algemeen netjies.
Almal bring hul eie kos. Jy pak dit in 'n plastiek boks wat die
Australiers 'n "Eski" noem. Dit hou die bier koud.
Die Eski sien jy oral: strand toe, sportgrond toe ens.
Dit is omtrent die nasionale simbool van Australie.

Omtrent elke park het 'n paar braaiplekke. Dit is 'n reghoekige
baksteentafel met 'n braaiplaat of twee van so 40x40cm.
Dit werk met elektrisiteit of gas. (Oral dieselfde ding, van Sydney na Perth).
Die skakel jy aan deur 'n knoppie te druk.
Eers maak jy die plaat skoon van al die week-oue vet en voelkak.

Terwyl die kinders gil en baljaar en die VROUENS "klets",
gaan die MANS aan die "werk": plak vleis op die plaat en knak 'n bier.
Die Australiers het 'n oulike manier om hul bier koud te hou terwyl hul
drink: die blikkie word in 'n styfpassende houer gedruk wat van duikpak
materiaal gemaak is. (Wyn is vir yuppies en "poofters")
Op die braaiplaat beland dan tipies: biefstuk, hoender, garnale, vark,wors
kerrie-sosaties (hier genoem "doner-kebabs"), ens, afhangende van wie saamkom.
(Waarvoor die "doner" staan weet ek nie, maar ons afrikaners vind dit
natuurlik snaaks).
In die middel van die braaiplaat is 'n gaatjie, waar die vet veronderstel
is om uit te loop (gewoonlik verstop).
Oor die gemors wat hier gewoonlik gebraai word as "wors" kan mens boekdele
skryf: Dit is so fyn gemaalde poloni-pienk kleur (gemaak van gemaalde
longe, kliere, niere en ballas ?) Dit smaak ook so.
Ek dink dit is 'n variasie op 'n Britse tipe varkwors wat hul "bangers" noem.
Dit brand ook nog aan lank voor dit gaar is.
In elk geval, na 'n paar biere gee niemand om of jou biefstuk na sosatie
smaak nie. Na die vleis word bv uie opgesny en in die vet gebraai.
Die uie suig dikwels die vet op, veral as die gaatjie toe is en die plaat
koud raak. So 'n braai (op 'n plaat, sonder vuur),
het 'n tipiese (vetterige) reuk aan hom, wat anders is as wat ons gewoond is.
Die reuk van Australie?
Later speel almal saam krieket of so. Ook die meisies en vrouens moet
saamspeel om genoeg veldwerkers te he^.
Dit is vreedsaam, sosiaal, luilekker en almal geniet hulself terwyl
hul velkanker opdoen. Gewoonlik gedra almal hul goed en suip nie te veel nie.
Selfs die voels hou daarvan: 'n groot Kookaburra sal afswiep en 'n stuk
vleis van die plaat steel, om dan in 'n boom te sit en 'n kekkellag te gee.

Wat meeste Suid Afrikaners 'n bietjie vreemd vind is die feit dat
Australiers gewoonlik op plate braai, roosters is uitsonderlik.
Tuis word daar met gas gebraai, en selde word hout gebruik.
Die tipiese huisbraaitoestel hier is 'n braaitrollie wat met gas werk.
Jy stoot dit net uit en druk die aansteekknoppie. Lui en gemaklik.
Al die immigrante wat ek ken hier (Ex-Joegoe-slawiers, Nederlanders,
Chinese, Arabiere) braai egter op kole met roosters).
Die voordeel van die rooster is natuurlik dat die vet uitbraai en op
die vuur drup, en dat die geur van die hout aan die vleis 'n smaak gee,
of jy nou met mieliestronke vuurmaak (soos die Vrystaters),
of wingerdstompies (soos die Kapenaars), of Kameeldoring ens.
Goddank ken ek 'n ex-Suid Afrikaanse slagter hier wat heerlike boerewors maak.

Vriendelike groete.

Hoe KON ek dit vergeet ?

Die Vliee natuurlik! Die Australiers noem hulle "Blowies" (Blowflies).
En dit is die enigste ding aan Australie wat nie 'n mite is nie.
Hier moet almal 'n sifdeur he^, en los jy die ding oop vir 10 sekondes,
is hul in die huis in.
Veral sekere tye van die jaar moet jy oppas waar jy in die
buitelug vleis (veral vis) braai. Of jou baba se doek omruil.
Hulle sit op jou vleis terwyl hy nog aan die braai is.
(Die klassieke Aussie-hoed met die kurkproppe op was natuurlik om die
vliee weg te waai van jou gesig).
Hulle sê die rede hoekom veral die plattelandse Aussies so slegte
uitspraak het is omdat jy jou mond moet toehou, anders sluk jy 'n vlieg.
En met al die geoefen met 'n vlieeplak swaai, is dit natuurlik nie
moeilik om daarna 'n krieketkolf rond te swaai nie - bly in oefening.
Ek lees eenkeer die "Aussie saluut" is so 'n lui swaai van die hand verby
die gesig - om die vlieë weg te kry.

Pla my nie - ek's nou gewoond daaraan. Ek lag vir nuwelinge.
(En raak die donner in vir mense wat nie die sifdeur toetrek nie).

Vriendelike groete.
Re: Die Australiese braaivleis: Lekker,lui, vetterig MET VLIEE..... [boodskap #7505 is 'n antwoord op boodskap #7483] Wo, 23 Oktober 1996 00:00 Na vorige boodskap
Reuben Adolf Aldum  is tans af-lyn  Reuben Adolf Aldum
Boodskappe: 27
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Junior Lid
gal...@ibm.net wrote:

> |
> | ___/////
> | / \ /|
> | / O \ \/ |
> J > / /\ |
> \_________/ \|
> \\\
> Noudat dit somer is hier is dit natuurlik braaityd.
Al bly ons in Perth Wes Australie geniet ons jou raak beskrywings van
gewoontes hier. Ek moet darem sê die vliee" hier is nie so erg soos
jy vertel nie. Hier in die voorstad waar ek bly is die vliee" niks
erger as wat dit in Heidelberg in die Tvl. was toe ek daar gebly het
nie.
See ya later.
Reuben en gesin
Vorige onderwerp: Re: OVER TAAL EN VROUWEN (Re: M. Bouwer)
Volgende onderwerp: ARME PA
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 09 05:56:43 MGT 2024