Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 7de Laan
7de Laan [boodskap #74184] Wo, 05 Maart 2003 05:56 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek kan die Engelse byskrifte begryp, maar soms kan dit nogal lagwekkend
wees.
Gisteraand:
En dit sal hom wys waar Dawid die wortels begrawe het.( in idiomatiese terme
gebruik)
Die Engelse onderskrif: And that willl show him where Daniel buried the
carrots.
Ek twyfel of die lesers kop of stert kon uitmaak.:))

Annette - moet my nie uitvra oor die reeks nie, ek sien net 10 minute
daarvan per week.
Re: 7de Laan [boodskap #74185 is 'n antwoord op boodskap #74184] Wo, 05 Maart 2003 06:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Het jy al gehoor van die Namibiese weervoorspellings? Die een ou storie
mos dat hy die NBC wil dagvaar want sy hond 'Patches' is 'n senuweewrak.
Elke aand op TV praat hulle van 'fok patches' langs die kus en dan stres sy
hond!

"Annette" skryf in boodskap news:b443re$1rlvg3$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek kan die Engelse byskrifte begryp, maar soms kan dit nogal lagwekkend
> wees.
> Gisteraand:
> En dit sal hom wys waar Dawid die wortels begrawe het.( in idiomatiese terme
> gebruik)
> Die Engelse onderskrif: And that willl show him where Daniel buried the
> carrots.
> Ek twyfel of die lesers kop of stert kon uitmaak.:))
>
> Annette - moet my nie uitvra oor die reeks nie, ek sien net 10 minute
> daarvan per week.
>
Re: 7de Laan [boodskap #74186 is 'n antwoord op boodskap #74185] Wo, 05 Maart 2003 06:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:))) Dis die probleem as die arme dier gewoond is aan gemiekste taal in die
huis;))
Van hondename gepraat - die snaakste een wat ek al teegekom het was
Multiplex - want hy dek glo alles:))

Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e65948a.0@news1.mweb.co.za...
> Het jy al gehoor van die Namibiese weervoorspellings? Die een ou storie
> mos dat hy die NBC wil dagvaar want sy hond 'Patches' is 'n senuweewrak.
> Elke aand op TV praat hulle van 'fok patches' langs die kus en dan stres sy
> hond!
> "Annette" wrote in message
> news:b443re$1rlvg3$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Ek kan die Engelse byskrifte begryp, maar soms kan dit nogal lagwekkend
>> wees.
>> Gisteraand:
>> En dit sal hom wys waar Dawid die wortels begrawe het.( in idiomatiese
> terme
>> gebruik)
>> Die Engelse onderskrif: And that willl show him where Daniel buried the
>> carrots.
>> Ek twyfel of die lesers kop of stert kon uitmaak.:))
>>
>> Annette - moet my nie uitvra oor die reeks nie, ek sien net 10 minute
>> daarvan per week.
>>
>
Re: 7de Laan [boodskap #74210 is 'n antwoord op boodskap #74184] Wo, 05 Maart 2003 13:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Annette
En dit sal hom wys waar Dawid die wortels begrawe het.( in idiomatiese
terme gebruik) Die Engelse onderskrif: And that willl show him where
Daniel buried the carrots.

Wouter
Nee, jy het die woordspelings gemis, Annette. Daardie oom meng
aanmekaar sy metafore, dit is dikwels skreeusnaaks, jy kan net
daarvoor na 7de Laan luister.

Hier het hy gesê waar *Daniël* (van die leekuil?) die wortels *be*grawe
het. Die idioom is natuurlik waar *Dawid* die wortels *ge*grawe het.
Sy sêgoed is dikwels totaal onvertaalbaar, soms vertaal hulle dit met 'n
slim onderskrif maar dikwels gooi hulle hande in die lug en vertaal dit
direk.

'n Alternatiewe vertaling sou wees : "I will show him a thing or two",
maar dan gaan die oom se sêgoedstyl verlore. Hoe sou jy dit vertaal het?
Re: 7de Laan [boodskap #74212 is 'n antwoord op boodskap #74210] Wo, 05 Maart 2003 14:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

Die idioom is natuurlik waar *Dawid* die wortels *ge*grawe het.

> 'n Alternatiewe vertaling sou wees : "I will show him a thing or two",
Hoe sou jy dit vertaal het?

Iemand behoort vir iemand te vertel dat
"dawieb" 'n Khoi woord vir wortel is.
Soos Wouter sê, waar dawid die wortel
gegrawe het, word bes vertaal met
"I will show him a thing or two."

Tant Hessie Koekemakranka
Re: 7de Laan [boodskap #74215 is 'n antwoord op boodskap #74210] Wo, 05 Maart 2003 14:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dankie vir die reghelp ivm die oom en sy taal - ek sou nie weet nie, omdat
ek nie na die reeks kyk nie - het daardie stukkie net gister gevang tussen
goed vir ma gaan haal by die kafee en toe vort koor toe.
Hoe sou ek dit gedoen het? As ek nie dit in idionatiese Engels kon uitdruk
nie, sou ek dit heelwaarskynlik gelos het, want dit was tog nie deel van die
essensie van die storie nie.
Die hele carrotverwarring het die lesers seker in elk geval ontglip.

Annette

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3e65f7fb.0@news1.mweb.co.za...
> Annette
> En dit sal hom wys waar Dawid die wortels begrawe het.( in idiomatiese
> terme gebruik) Die Engelse onderskrif: And that willl show him where
> Daniel buried the carrots.
>
> Wouter
> Nee, jy het die woordspelings gemis, Annette. Daardie oom meng
> aanmekaar sy metafore, dit is dikwels skreeusnaaks, jy kan net
> daarvoor na 7de Laan luister.
>
> Hier het hy gesê waar *Daniël* (van die leekuil?) die wortels *be*grawe
> het. Die idioom is natuurlik waar *Dawid* die wortels *ge*grawe het.
> Sy sêgoed is dikwels totaal onvertaalbaar, soms vertaal hulle dit met 'n
> slim onderskrif maar dikwels gooi hulle hande in die lug en vertaal dit
> direk.
>
> 'n Alternatiewe vertaling sou wees : "I will show him a thing or two",
> maar dan gaan die oom se sêgoedstyl verlore. Hoe sou jy dit vertaal het?
>
Re: 7de Laan [boodskap #74244 is 'n antwoord op boodskap #74215] Do, 06 Maart 2003 06:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Maar is die hele gesukkel met Oubaas se taal nou nie juis 'n tong in die
kies verwysing na sy 'selfaangestelde' status as die enigste een wat "net
gevleuelde woorde wil uiter" nie, en juis dan die kar sommer so agterstevoor
onderstebo oor die perde probeer inspan nie.  En dan in die proses juis die
kommunikasie nog verder in die war stuur nie?

"Hildatjie is 'n mens van goeie inborste"  Vertaal dit nou idiomaties
korrek? Hoe?
"Hilda is a person of good in breasts"  Mens kan nie? Dis waar die fyner
nuanses van oorspronklike taal van die spreker (wat in hierdie geval effens
verkeerd gebruik word) nie in dieselfde nuanse en gevoel oorgedra kan word
in 'n vertaling nie.
Natuurlik het "dawid sy wortels verkeerd begrawe" in Oubaas se woorde!  En
hoe sal jy dit nou vertaal?

Sien nou die aand die nuusberig oor die "Oil World" maar die 'onnerskriv' sê
"All World" ...
G'n wonder "david buried the carrots" nie...

De wecker hie lissent sou whęl
bat męn hie koet net iewen spęl
sou de oiďl wîld sommer jast
bekeim de ôl wîld
tenks 4 joe 2 see
iet waas de essaybiesie

Napoleon was 'n diktator.  Hy kom ses briewe tegelyk dikteer...

Thys (wat weet waar salomo se lepel in die dak weggesteek is) oppie Bos

"Annette"  skryf in boodskap news:b453k3$1regn2$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>  Dankie vir die reghelp ivm die oom en sy taal - ek sou nie weet nie, omdat
>  ek nie na die reeks kyk nie - het daardie stukkie net gister gevang tussen
>  goed vir ma gaan haal by die kafee en toe vort koor toe.
>  Hoe sou ek dit gedoen het? As ek nie dit in idionatiese Engels kon uitdruk
>  nie, sou ek dit heelwaarskynlik gelos het, want dit was tog nie deel van die
>  essensie van die storie nie.
>  Die hele carrotverwarring het die lesers seker in elk geval ontglip.
>
>  Annette
>
>
>  "Wouter Plaasvark"  wrote in message
>  news:3e65f7fb.0@news1.mweb.co.za...
>>  Annette
>>  En dit sal hom wys waar Dawid die wortels begrawe het.( in idiomatiese
>>  terme gebruik)  Die Engelse onderskrif: And that willl show him where
>>  Daniel buried the carrots.
>>
>>  Wouter
>>  Nee, jy het die woordspelings gemis, Annette. Daardie oom meng
>>  aanmekaar sy metafore, dit is dikwels skreeusnaaks, jy kan net
>>  daarvoor na 7de Laan luister.
>>
>>  Hier het hy gesê waar *Daniël* (van die leekuil?) die wortels *be*grawe
>>  het. Die idioom is natuurlik waar *Dawid* die wortels *ge*grawe het.
>>  Sy sêgoed is dikwels totaal onvertaalbaar, soms vertaal hulle dit met 'n
>>  slim onderskrif maar dikwels gooi hulle hande in die lug en vertaal dit
>>  direk.
>>
>>  'n Alternatiewe vertaling sou wees : "I will show him a thing or two",
>>  maar dan gaan die oom se sêgoedstyl verlore. Hoe sou jy dit vertaal het?
>>
>
Re: 7de Laan [boodskap #74247 is 'n antwoord op boodskap #74244] Do, 06 Maart 2003 07:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek hoor vanoggend in 'n onderhoud oor Afrikaanse boeke dat daar nou gepraat
word van politikuste.
Hulle is so 'n soenerige lotjie;))

Annette

"Thys de Wet"  skryf in boodskap news:b46qjg$2sos$1@news.adamastor.ac.za...
>  Maar is die hele gesukkel met Oubaas se taal nou nie juis 'n tong in die
>  kies verwysing na sy 'selfaangestelde' status as die enigste een wat "net
>  gevleuelde woorde wil uiter" nie, en juis dan die kar sommer so agterstevoor
>  onderstebo oor die perde probeer inspan nie.  En dan in die proses juis die
>  kommunikasie nog verder in die war stuur nie?
>
>  "Hildatjie is 'n mens van goeie inborste"  Vertaal dit nou idiomaties
>  korrek? Hoe?
>  "Hilda is a person of good in breasts"  Mens kan nie? Dis waar die fyner
>  nuanses van oorspronklike taal van die spreker (wat in hierdie geval effens
>  verkeerd gebruik word) nie in dieselfde nuanse en gevoel oorgedra kan word
>  in 'n vertaling nie.
>  Natuurlik het "dawid sy wortels verkeerd begrawe" in Oubaas se woorde!  En
>  hoe sal jy dit nou vertaal?
>
>  Sien nou die aand die nuusberig oor die "Oil World" maar die 'onnerskriv' sê
>  "All World" ...
>  G'n wonder "david buried the carrots" nie...
>
>  De wecker hie lissent sou whęl
>  bat męn hie koet net iewen spęl
>  sou de oiďl wîld sommer jast
>  bekeim de ôl wîld
>  tenks 4 joe 2 see
>  iet waas de essaybiesie
>
>  Napoleon was 'n diktator.  Hy kom ses briewe tegelyk dikteer...
>
>  Thys (wat weet waar salomo se lepel in die dak weggesteek is) oppie Bos
>  "Annette"  wrote in message
>  news:b453k3$1regn2$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>>  Dankie vir die reghelp ivm die oom en sy taal - ek sou nie weet nie, omdat
>>  ek nie na die reeks kyk nie - het daardie stukkie net gister gevang tussen
>>  goed vir ma gaan haal by die kafee en toe vort koor toe.
>>  Hoe sou ek dit gedoen het? As ek nie dit in idionatiese Engels kon uitdruk
>>  nie, sou ek dit heelwaarskynlik gelos het, want dit was tog nie deel van die
>>  essensie van die storie nie.
>>  Die hele carrotverwarring het die lesers seker in elk geval ontglip.
>>
>>  Annette
>>
>>
>>  "Wouter Plaasvark"  wrote in message
>>  news:3e65f7fb.0@news1.mweb.co.za...
>>>  Annette
>>>  En dit sal hom wys waar Dawid die wortels begrawe het.( in idiomatiese
>>>  terme gebruik)  Die Engelse onderskrif: And that willl show him where
>>>  Daniel buried the carrots.
>>>
>>>  Wouter
>>>  Nee, jy het die woordspelings gemis, Annette. Daardie oom meng
>>>  aanmekaar sy metafore, dit is dikwels skreeusnaaks, jy kan net
>>>  daarvoor na 7de Laan luister.
>>>
>>>  Hier het hy gesê waar *Daniël* (van die leekuil?) die wortels *be*grawe
>>>  het. Die idioom is natuurlik waar *Dawid* die wortels *ge*grawe het.
>>>  Sy sêgoed is dikwels totaal onvertaalbaar, soms vertaal hulle dit met 'n
>>>  slim onderskrif maar dikwels gooi hulle hande in die lug en vertaal dit
>>>  direk.
>>>
>>>  'n Alternatiewe vertaling sou wees : "I will show him a thing or two",
>>>  maar dan gaan die oom se sêgoedstyl verlore. Hoe sou jy dit vertaal het?
>>>
>>
>
Re: 7de Laan [boodskap #74263 is 'n antwoord op boodskap #74244] Do, 06 Maart 2003 14:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Thys de Wet wrote:

> Thys (wat weet waar salomo se lepel in die dak weggesteek is) oppie Bos

Waar? Tussen die kappertjies op die
walle van die Eersterivier?

Tant Hessie daar oorkant die spruit.
Re: 7de Laan [boodskap #74293 is 'n antwoord op boodskap #74263] Vr, 07 Maart 2003 07:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Hessie my anti!
Jene, mens!
Dat jy nou ook van daai kappertjies weet!
As koshuisbrak aan die suidekant van die rivier het ons in die lentetyd
altyd Sondag middae die vryers aan die noordekant afgeloer... Maar ag wat,
daar't ook niks eintlik gebuer nie, want hulle was altyd te na aan die
Kweekskool... En het daar dalk iets gebeur, was die akkerbome se blare in
elk geval altyd op die verkeerde tyd in die pad, en kon mens niks sien
nie...

Het jy toe gisteraand opgehou skottelgoed was? Of het jy toe sommer die
"ouman saam met die skottelgoedwater by die agterdeur uitgegooi"?
O wag ja! jy kan nie by die agterdeur uit nie, want jou skoene staan mos by
die voordeur...

Nee kyk, dit lyk my jy weet "waar dawid die wortels begrawe het".

In Bulgarye trek mens ook jou skoene by die voordeur uit. Die ou tannie by
wie ons tuisgegaan het, het sulke mooi (amper bauernmalerei) patrone en
prentjies op die vloer geverf gehad, en mens wou dit nie beskadig nie. Dan
gee sy vir jou sulke dik wolsokkies waarop jy moet rondslof in haar
woonstel. Tsar Asen 23, Apartment 13, Sofia...

Genoeg gegorrel

Thys oppie Bos waar die kappertjies eersdaags weer sal begin groei op die
walle van die Eersterivier
skryf in boodskap news:3E675F52.2050802@rogers.com...
>
> Thys de Wet wrote:
>
>
>> Thys (wat weet waar salomo se lepel in die dak weggesteek is) oppie Bos
>
> Waar? Tussen die kappertjies op die
> walle van die Eersterivier?
>
> Tant Hessie daar oorkant die spruit.
>
Re: 7de Laan [boodskap #74315 is 'n antwoord op boodskap #74293] Vr, 07 Maart 2003 15:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Thys de Wet wrote:

> Dat jy nou ook van daai kappertjies weet!

> Nee kyk, dit lyk my jy weet "waar dawid die wortels begrawe het".

Dis "waar dawid die wortels gegrawe het," Thys.
Soos in opgrawe.
Ja-nee, ek weet van daai kappertjies. Eers later
uitgevind mens kan hulle ook eet.

Tant Hessie van Coetzenberg.
Wonder wie was Coetzen?
Re: 7de Laan [boodskap #74316 is 'n antwoord op boodskap #74315] Vr, 07 Maart 2003 15:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Tant Hessie van Coetzenberg wonder wie was Coetzen?

Wouter
Ek sal nie weet wie was Coetze of Coetzen nie, maar dis
Coetzenburg. Al lê dit teen die hange van 'n berg.
Re: 7de Laan [boodskap #74325 is 'n antwoord op boodskap #74316] Vr, 07 Maart 2003 20:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Ek sal nie weet wie was Coetze of Coetzen nie, maar dis
> Coetzenburg. Al lê dit teen die hange van 'n berg.

Ja, ek het eers Coetzenburg geskryf en
dit toe verander na -berg, hopende dat
iemand my sal reghelp as dit nie reg is
nie. Dit behoort redelik maklik wees om
uit te vind wie Coetzen was. Of miskien
verwys dit na 'n Coetzenburg in Nederland.

Gloudina
Re: 7de Laan [boodskap #74359 is 'n antwoord op boodskap #74315] Ma, 10 Maart 2003 06:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Hessie mei anti! Ek weet van waar Dawid die wortels blootgelê en toe met 'n
opwaartse aksie die horisontale posisie van gesegde, voorafgenomde wortels
gewysig het sodat die wortels dus na 'n hoër posisie verplaas is.
Daai Oubaas omie op 7de Laan se "wokkaboelerie" is 'n bietjie deurmekruis,
en hy ruil woorde van idiome so om en uit dat dit nogal lagwekkend is. Maar
nou ja helaas in Otoowaanse onvagsarea geen 7de Laan saans om 6:30... Dus
mis jy uit op iets wat iemand vroeër hier opgebring het...

Kappertjies in slaai. Heel pikant nogal. En het jy 'n seer keel, kou sommer
so 'n kappertjieblaar of twee. Self die blare van die Hottentotsvy (suurvy)
(Carpobrotus edulis), help ook daarvoor, maar dis hel bitter...

Thys aan't wortels begrawe op die NG
skryf in boodskap news:3E68B632.3010202@rogers.com...
>
> Thys de Wet wrote:
>
>
>> Dat jy nou ook van daai kappertjies weet!
>
>> Nee kyk, dit lyk my jy weet "waar dawid die wortels begrawe het".
>
> Dis "waar dawid die wortels gegrawe het," Thys.
> Soos in opgrawe.
> Ja-nee, ek weet van daai kappertjies. Eers later
> uitgevind mens kan hulle ook eet.
>
> Tant Hessie van Coetzenberg.
> Wonder wie was Coetzen?
>
Re: 7de Laan [boodskap #74362 is 'n antwoord op boodskap #74359] Ma, 10 Maart 2003 07:00 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek hou baie van suurvykonfyt. Hulle verkoop die suurvy op die parade.

Annette

"Thys de Wet" skryf in boodskap news:b4hc2r$207r$1@news.adamastor.ac.za...
> Hessie mei anti! Ek weet van waar Dawid die wortels blootgelê en toe met 'n
> opwaartse aksie die horisontale posisie van gesegde, voorafgenomde wortels
> gewysig het sodat die wortels dus na 'n hoër posisie verplaas is.
> Daai Oubaas omie op 7de Laan se "wokkaboelerie" is 'n bietjie deurmekruis,
> en hy ruil woorde van idiome so om en uit dat dit nogal lagwekkend is. Maar
> nou ja helaas in Otoowaanse onvagsarea geen 7de Laan saans om 6:30... Dus
> mis jy uit op iets wat iemand vroeër hier opgebring het...
>
> Kappertjies in slaai. Heel pikant nogal. En het jy 'n seer keel, kou sommer
> so 'n kappertjieblaar of twee. Self die blare van die Hottentotsvy (suurvy)
> (Carpobrotus edulis), help ook daarvoor, maar dis hel bitter...
>
> Thys aan't wortels begrawe op die NG
> skryf in boodskap news:3E68B632.3010202@rogers.com...
>>
>> Thys de Wet wrote:
>>
>>
>>> Dat jy nou ook van daai kappertjies weet!
>>
>>> Nee kyk, dit lyk my jy weet "waar dawid die wortels begrawe het".
>>
>> Dis "waar dawid die wortels gegrawe het," Thys.
>> Soos in opgrawe.
>> Ja-nee, ek weet van daai kappertjies. Eers later
>> uitgevind mens kan hulle ook eet.
>>
>> Tant Hessie van Coetzenberg.
>> Wonder wie was Coetzen?
>>
>
Vorige onderwerp: Ramaphosa-gerug?
Volgende onderwerp: Die parra het gepraat.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 16:49:33 MGT 2024