Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ek stem saam met Clive Rice
Ek stem saam met Clive Rice [boodskap #74145] Ma, 03 Maart 2003 07:14
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Saterdagoggend sê Clive Rice toe op TV3 wat ek al lankal voel - we applaud
mediocrity.
Wat is dit dat mens nou kamstig nie meer die krieketspan mag uitkryt as
hulle droogmaak nie?
Wie is die regte ondersteuners - die wat vir die span laat weet hulle is nie
so goed as wat hulle dink nie, of die wat "agter die span staan" en tevrede
is met wat ook al opgedis word?
Ek gee nie om as my span goed speel en dan verloor nie. Maar as 'n
paaltjiewagter skielik nie meer balle kan vang nie en as 'n kaptein met
hangskouertjies en koppie af na die grond op die veld stap, dan moet iets
daaraan gedoen word.
Met die spelers moet bestuur en afrigter moet hul tyd gebruik om die
probleem met die spelers aan te spreek en reg te stel, nie dit gebruik om
joernaliste te skakel en uit te vreet omdat hule dit durf waag om die span
te kritiseer nie.
Die nuwe verskoning is glo dat daar te veel druk op die span is.
Blykbaar verkeer die ander spanne nie onder druk nie.

Miskien moet ons spelers se gesinne en huise ook gedreig en bedreig word,
sodat hulle werklik kan weet wat dit is om onder druk te speel - soos Indië
skielik begin beter speel het.

Annette
Vorige onderwerp: Bob se verjaardag
Volgende onderwerp: Fleck se vertraagde reaksie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 04 16:28:01 MGT 2024