Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » AFRIKAANS AS VERSAMELWOORD, MENS, TAAL EN NG.
AFRIKAANS AS VERSAMELWOORD, MENS, TAAL EN NG. [boodskap #7321] Wo, 02 Oktober 1996 00:00 na volgende boodskap
Ant Man  is tans af-lyn  Ant Man
Boodskappe: 41
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Miskien het ek te veel op die hart en wil ek daarom te veel se. Daarom
dat die titel van die artikel so lank is.
Ek het op 'n stadium vreeslik baklei met ander bydraers tot h/d NG.
Veral oor die platvloersheid van hulle bydraes, kyk maar na ene Vygie.
Ook oor hulle onbenulligheid. Daar is niks of weinig wat opbouend is
nie. Die onderwerpe en besprekings is meesal banaal en niksseggend.
Kyk daarna as julle my nie glo nie! Ook omdat h/d NG, wat veronderstel
is om 'n Afrikaanse NG te wees, se opskrif ENGELS is. Ek kyk na
anderstalige NGe, en ek bedoel Europees, en ek sien lewendige
besprekings in meeste. Of hulle Italiaans, Duits, Deens, Spaans, Frans
of wat ookal is, elke aand is daar nuwe artikels by die dosyne,
politiek word gepraat onder kultuur-NGe, boeke word bespreek onder
politieke NGe (gewoonlik het die een op die ander betrekking en
beinvloed hulle mekaar). En dan kyk ek na die saaiheid van die
Afrikaanse NGe, die doodsheid daarvan en daarin. Wie besit die
rekenaars en wie is ingeskakel by die net? Net Engelssprekendes? Of is
Afrikaanssprekendes liewer daarvoor om in Engels te kommunikeer? Wat
is daar in Engels wat nie in Afrikaans uitgedruk kan word nie? En daar
is baie meer: het die Afrikaner, die regeerder van gister, geen
aanspraak en geen bydrae meer tot die landsadministrasie te make nie?
Geen kritiek meer oor die ekonomie, die kunste, reg en verkeerd,
verkeer op die paaie, godsdiens, ras, enigiets?
Iemand wat nie van my aanvallende houding gehou het nie, het my tot
verantwoording geroep. Ons het 'n goeie gesprek gehad, maar ek moet se
ek het meer gegee as wat ek ontvang het, ek bedoel nou tov kennis en
grondige argumente. Ek is nie tevrede gestel nie. Maar ek het besluit
om die man sy sin te gee en om te wag en sien wat word van die
Afrikaanse NG. Weet julle dat daar in bykans DRIE WEKE net omtrent
TWAALF nuwe artikels bygekom het? In die tussentyd het die ander NGe
BAIE toegeneem.
Hoe lyk dit, gaan ons almal op 'n hopie gaan le en vrek? Gaan ons,
soos ons polities gedoen het, net boedel oorgee? Kom, se dan prontuit,
ons is te sleg om ons tee te sit. Ons is selfs te sleg om 'n
ordentlike NG van ons eie te bedryf.
ASSEBLIEF, mense, lewer tog kommentaar! En doen dit met styl en in
goeie en keurige taal, gee en ontvang in ruil kos vir die siel.
ALP
Re: AFRIKAANS AS VERSAMELWOORD, MENS, TAAL EN NG. [boodskap #7333 is 'n antwoord op boodskap #7321] Do, 03 Oktober 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lour...  is tans af-lyn  lour...
Boodskappe: 45
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
In Article, writes:

>
> Miskien het ek te veel op die hart en wil ek daarom te veel se. Daarom
> dat die titel van die artikel so lank is.
> Ek het op 'n stadium vreeslik baklei met ander bydraers tot h/d NG.
> Veral oor die platvloersheid van hulle bydraes, kyk maar na ene Vygie.
> Ook oor hulle onbenulligheid. Daar is niks of weinig wat opbouend is
> nie. Die onderwerpe en besprekings is meesal banaal en niksseggend.
> Kyk daarna as julle my nie glo nie! Ook omdat h/d NG, wat veronderstel
> is om 'n Afrikaanse NG te wees, se opskrif ENGELS is. Ek kyk na
> anderstalige NGe, en ek bedoel Europees, en ek sien lewendige
> besprekings in meeste. Of hulle Italiaans, Duits, Deens, Spaans, Frans
> of wat ookal is, elke aand is daar nuwe artikels by die dosyne,
> politiek word gepraat onder kultuur-NGe, boeke word bespreek onder
> politieke NGe (gewoonlik het die een op die ander betrekking en
> beinvloed hulle mekaar). En dan kyk ek na die saaiheid van die
> Afrikaanse NGe, die doodsheid daarvan en daarin. Wie besit die
> rekenaars en wie is ingeskakel by die net? Net Engelssprekendes? Of is
> Afrikaanssprekendes liewer daarvoor om in Engels te kommunikeer? Wat
> is daar in Engels wat nie in Afrikaans uitgedruk kan word nie? En daar
> is baie meer: het die Afrikaner, die regeerder van gister, geen
> aanspraak en geen bydrae meer tot die landsadministrasie te make nie?
> Geen kritiek meer oor die ekonomie, die kunste, reg en verkeerd,
> verkeer op die paaie, godsdiens, ras, enigiets?

Nee man dis mos nou maar die Afrikaans sprekende - as daar vier afrikaans
sprekendes in 'n groep staan en een engels sprekende kom by slaat ons
onmiddelik oor na engels (en twee afrikaans sprekendes sal met mekaar in
gebroke engels staan en praat - wil mos gre^nd wees). Verder voel ons soooo
sleg oor apartheid dat ons almal ons koppe in 'n gat loop druk het( meeste van
ons was nog maar altyd polities onbetrokke gewees ) en hoop dat as ons dit
uittrek sal alles weer dood dollies wees.

> Iemand wat nie van my aanvallende houding gehou het nie, het my tot
> verantwoording geroep. Ons het 'n goeie gesprek gehad, maar ek moet se
> ek het meer gegee as wat ek ontvang het, ek bedoel nou tov kennis en
> grondige argumente.

Sjoe ne'! Lyk my jy't hom goed gesê :) Gie Gie!

> Ek is nie tevrede gestel nie. Maar ek het besluit
> om die man sy sin te gee en om te wag en sien wat word van die
> Afrikaanse NG. Weet julle dat daar in bykans DRIE WEKE net omtrent
> TWAALF nuwe artikels bygekom het? In die tussentyd het die ander NGe
> BAIE toegeneem.

> Hoe lyk dit, gaan ons almal op 'n hopie gaan le en vrek? Gaan ons,
> soos ons polities gedoen het, net boedel oorgee? Kom, se dan prontuit,
> ons is te sleg om ons tee te sit. Ons is selfs te sleg om 'n
> ordentlike NG van ons eie te bedryf.
> ASSEBLIEF, mense, lewer tog kommentaar! En doen dit met styl en in
> goeie en keurige taal, gee en ontvang in ruil kos vir die siel.
> ALP
>

Ek weet nou nie van die goeie taal nie maar sal eerder sê enige bydra is
beter as geen bydra! Soos die Engelse sê ' Bad publicity is beter than no
publicity!'

Cheers
Lou
Re: AFRIKAANS AS VERSAMELWOORD, MENS, TAAL EN NG. [boodskap #7334 is 'n antwoord op boodskap #7321] Do, 03 Oktober 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hwa...  is tans af-lyn  hwa...
Boodskappe: 31
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ek stem heeltemal saam met jou wat die standaard van artikels op die
Afrikaanse NG betref. Waarmee ek nie saamstem nie, is die politiese
toon wat onderliggend is aan jou berig, naamlik dat DIE (sic)
Afrikaner, asof daar net een soort is, 'boedel oorgegee' het op
politiese gebied. Onthou asseblief dat daar baie Afrikaanssprekendes
is wat maar te bly is dat die ou bestel verby is, en wat dit nie as
verraad beskou om die nuwe een te steun nie. Mens moet waak daarteen
om stereotipes op die NG oor 'Afrikaners' te perpetueer. Jy is
natuurlik meer as geregtig daarop om jou eie politieke siening te
huldig, en 'n polemiek hieroor op die NG kan baie gesond wees.

Wil jy nie 'n bespreking oor aspekte rakende Afrikaans op die NG begin
met 'n vaste formaat nie, bv. boekbesprekings of so iets, waartoe ons
almal kan bydra nie? Want ek is dit met jou roerend eens dat die NG
verskriklik vaal lyk.

Vriendelike groete
herman
a...@smartnet.co.za (A.R.Gus) wrote:

> Miskien het ek te veel op die hart en wil ek daarom te veel se. Daarom
> dat die titel van die artikel so lank is.
> Ek het op 'n stadium vreeslik baklei met ander bydraers tot h/d NG.
> Veral oor die platvloersheid van hulle bydraes, kyk maar na ene Vygie.
> Ook oor hulle onbenulligheid. Daar is niks of weinig wat opbouend is
> nie. Die onderwerpe en besprekings is meesal banaal en niksseggend.
> Kyk daarna as julle my nie glo nie! Ook omdat h/d NG, wat veronderstel
> is om 'n Afrikaanse NG te wees, se opskrif ENGELS is. Ek kyk na
> anderstalige NGe, en ek bedoel Europees, en ek sien lewendige
> besprekings in meeste. Of hulle Italiaans, Duits, Deens, Spaans, Frans
> of wat ookal is, elke aand is daar nuwe artikels by die dosyne,
> politiek word gepraat onder kultuur-NGe, boeke word bespreek onder
> politieke NGe (gewoonlik het die een op die ander betrekking en
> beinvloed hulle mekaar). En dan kyk ek na die saaiheid van die
> Afrikaanse NGe, die doodsheid daarvan en daarin. Wie besit die
> rekenaars en wie is ingeskakel by die net? Net Engelssprekendes? Of is
> Afrikaanssprekendes liewer daarvoor om in Engels te kommunikeer? Wat
> is daar in Engels wat nie in Afrikaans uitgedruk kan word nie? En daar
> is baie meer: het die Afrikaner, die regeerder van gister, geen
> aanspraak en geen bydrae meer tot die landsadministrasie te make nie?
> Geen kritiek meer oor die ekonomie, die kunste, reg en verkeerd,
> verkeer op die paaie, godsdiens, ras, enigiets?
> Iemand wat nie van my aanvallende houding gehou het nie, het my tot
> verantwoording geroep. Ons het 'n goeie gesprek gehad, maar ek moet se
> ek het meer gegee as wat ek ontvang het, ek bedoel nou tov kennis en
> grondige argumente. Ek is nie tevrede gestel nie. Maar ek het besluit
> om die man sy sin te gee en om te wag en sien wat word van die
> Afrikaanse NG. Weet julle dat daar in bykans DRIE WEKE net omtrent
> TWAALF nuwe artikels bygekom het? In die tussentyd het die ander NGe
> BAIE toegeneem.
> Hoe lyk dit, gaan ons almal op 'n hopie gaan le en vrek? Gaan ons,
> soos ons polities gedoen het, net boedel oorgee? Kom, se dan prontuit,
> ons is te sleg om ons tee te sit. Ons is selfs te sleg om 'n
> ordentlike NG van ons eie te bedryf.
> ASSEBLIEF, mense, lewer tog kommentaar! En doen dit met styl en in
> goeie en keurige taal, gee en ontvang in ruil kos vir die siel.
> ALP
Re: AFRIKAANS AS VERSAMELWOORD, MENS, TAAL EN NG. [boodskap #7342 is 'n antwoord op boodskap #7321] Vr, 04 Oktober 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leon Retief  is tans af-lyn  Leon Retief
Boodskappe: 28
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
AR Gus skryf:

> Ek het op 'n stadium vreeslik baklei met ander bydraers tot h/d NG.
> Veral oor die platvloersheid van hulle bydraes,

Kyk wie praat...

> En dan kyk ek na die saaiheid van die Afrikaanse NGe, die doodsheid daarvan
> en daarin.

Die rede hiervoor is na my mening voor die hand liggend: min mense wil
geassosieerd wees met 'n gespreksgroep waaraan iemand soos jy behoort. Dus:
min bydraes.

> Iemand wat nie van my aanvallende houding gehou het nie, het my tot
> verantwoording geroep. Ons het 'n goeie gesprek gehad, maar ek moet se
> ek het meer gegee as wat ek ontvang het, ek bedoel nou tov kennis en
> grondige argumente.

Of hy is 'n totale idioot of jy het alle kontak met die werklikheid verloor.
Laasgenoemde is meer waarskynlik.

> Ek is nie tevrede gestel nie.

Wie gee om?

> Ons is selfs te sleg om 'n ordentlike NG van ons eie te bedryf.

Praat vir jouself

> ASSEBLIEF, mense, lewer tog kommentaar! En doen dit met styl en in
> goeie en keurige taal, gee en ontvang in ruil kos vir die siel.

Iets wat jy nog nie gedoen het nie.

Leon Retief
Re: AFRIKAANS AS VERSAMELWOORD, MENS, TAAL EN NG. [boodskap #7348 is 'n antwoord op boodskap #7321] So, 06 Oktober 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ant Man  is tans af-lyn  Ant Man
Boodskappe: 41
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
le...@iafrica.com (Leon Retief) wrote:

> AR Gus skryf:

>> Ek het op 'n stadium vreeslik baklei met ander bydraers tot h/d NG.
>> Veral oor die platvloersheid van hulle bydraes,

> Kyk wie praat...

>> En dan kyk ek na die saaiheid van die Afrikaanse NGe, die doodsheid daarvan
>> en daarin.

> Die rede hiervoor is na my mening voor die hand liggend: min mense wil
> geassosieerd wees met 'n gespreksgroep waaraan iemand soos jy behoort. Dus:
> min bydraes.

>> Iemand wat nie van my aanvallende houding gehou het nie, het my tot
>> verantwoording geroep. Ons het 'n goeie gesprek gehad, maar ek moet se
>> ek het meer gegee as wat ek ontvang het, ek bedoel nou tov kennis en
>> grondige argumente.

> Of hy is 'n totale idioot of jy het alle kontak met die werklikheid verloor.
> Laasgenoemde is meer waarskynlik.

>> Ek is nie tevrede gestel nie.

> Wie gee om?

>> Ons is selfs te sleg om 'n ordentlike NG van ons eie te bedryf.

> Praat vir jouself

>> ASSEBLIEF, mense, lewer tog kommentaar! En doen dit met styl en in
>> goeie en keurige taal, gee en ontvang in ruil kos vir die siel.

> Iets wat jy nog nie gedoen het nie.

> Leon Retief
Is jy, Leon Retief, die soort intellektuele reus wat die Net gebruik?
Is hierdie die soort bydrae waartoe die "boonste 5%" in staat is? Laat
'n mens wonder...
ALP
Re: AFRIKAANS AS VERSAMELWOORD, MENS, TAAL EN [boodskap #7423 is 'n antwoord op boodskap #7321] Ma, 14 Oktober 1996 00:00 Na vorige boodskap
KLAASVAKIE  is tans af-lyn  KLAASVAKIE
Boodskappe: 53
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Hallo Alp

Ek was baie bly om jou geskrewe stuk baklei te lees. Dit is jammer dat
daar nie meer mense so voel nie. Dit voel vir my asof die Afrikaner
ineengekrimp het van al die aanslae op sy kultuur en nou te bang is om
homself weer regop te trek en trots te staan soos dit hom betaam. Te bang
is om gesien of gehoor te word daarom bly hy liewer neergebuig. Dis waar
daar het dinge in ons geskiedenis gebeur waaroor ons nie trots kan wees
nie, maar dis in die verlede en daar het baie meer dinge gebeur wat die
negatiewe egter oorskadu, en hoekom onthou ons nie eerder die mooi en werk
om die taal en kultuur verder te verhoognie. Dis wat ander lande doen
hulle onthou hulle foute maar hou dit nie op die voorgrond nie. Ons as
Afrikaners moet uit die as opstaan en weer regop en trots bly en voortbou
aan ons kultuur. Die kunstenare (skrywers, sangers en akteurs) moet ophou
om bang te wees dat hulle werk geboikot sal word en moet weer werk lewer
in die taal waarin ons trots is en altyd sal wees.

Ek werk in die VSA en moet my kultuur en taal en alles wat in die verlede
gebeur het verduidelik, en ek doen dit met my kop hoog en sonder om
omverskoning te vra, want die Amerikaners het baie erger dinge gedoen en
hulle vra nie omverskoning vir hulle aksies nie nog minder verander hulle,
hulle volkslied of hulle vlag. Maar wag dit is ander onderwerp vir
bespreking, veral as sportsterre(soos rugby spellers) hulle skaam vir n
vlag wat ek nog nie afgesweer het nie, wat vir my meer beteken as die nuwe
een waarop ek nooit trots kan wees nie.

Genoeg eers.
Groete uit Amerika
Kotie
Vorige onderwerp: Nederlanders en Afrikaans
Volgende onderwerp: Re: Spaanse grotjes voor iedereen!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 16:55:25 MGT 2024