Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » King of Pop
King of Pop [boodskap #73158] Do, 06 Februarie 2003 09:45 na volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Julle moet tog nie, as die nuutste onderhoud met Michael Jackson julle
TV haal, dit mis nie. Dis skreeusnaaks!!!

Nee, dis treurig. Sit hy en sy 12 jaar oue vriendjie en handjies
vashou, terwyl hy vertel dat die wêreld ignorant is, omdat ons nie 44
jarige mans en 12 jarige seuntjies saam in die bed wil sien nie.

Ook interessant is dat hy sê dat hy absoluut net sy neus laat timmer
het. Die res van sy veranderinge is alles deur puberteit. Ook die feit
dat hy nou wit is...

Ook sy leliewitte kinders is in die program te sien.

Ek moet sy aanhangers waarsku om dit liewer nie te kyk nie. MJ kan
nie vir 'n uur en 'n half sy vlakheid wegsteek nie.
Re: King of Pop [boodskap #73173 is 'n antwoord op boodskap #73158] Do, 06 Februarie 2003 14:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Max wrote:

> Ek moet sy aanhangers waarsku om dit liewer nie te kyk nie. MJ kan
> nie vir 'n uur en 'n half sy vlakheid wegsteek nie.

Nou wat het enigiets van al dié dinge iets
met die prys van eiers te doen? Dis die klomp
mense wat so oor Michael Jackson sit en praat
wat die klomp drommels is. Alleen Michael
Jackson op die verhoog is van enige belang.
En daar was hy nog altyd een van die beste,
miskien die beste verhoogkunstenaar van die
vorige eeu.

Gloudina
Re: King of Pop [boodskap #73181 is 'n antwoord op boodskap #73173] Vr, 07 Februarie 2003 03:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Pasop - jou seuns kan saam met hom in 'n bed beland ...

Jammer Antie - ek glo dat iedereen, en veral die wat openbare aansien wil
geniet, 'n verantwoordelikheid het om aan minimum morele waardes te voldoen.
Dit klink baie preuts - maar, dis hoe dit is.

Geen persoon kan homself as verhewe beskou bloot omdat hy/sy goed op verhoog
presteer nie.

skryf in boodskap news:3E427365.1070507@rogers.com...
>
> Max wrote:
>
>
>> Ek moet sy aanhangers waarsku om dit liewer nie te kyk nie. MJ kan
>> nie vir 'n uur en 'n half sy vlakheid wegsteek nie.
>
> Nou wat het enigiets van al dié dinge iets
> met die prys van eiers te doen? Dis die klomp
> mense wat so oor Michael Jackson sit en praat
> wat die klomp drommels is. Alleen Michael
> Jackson op die verhoog is van enige belang.
> En daar was hy nog altyd een van die beste,
> miskien die beste verhoogkunstenaar van die
> vorige eeu.
>
> Gloudina
>
Re: King of Pop [boodskap #73182 is 'n antwoord op boodskap #73181] Vr, 07 Februarie 2003 04:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Pasop - jou seuns kan saam met hom in 'n bed beland ...

Dit is vir my só snaaks. Hoe groter die man
nou kerkman is, hoe vuiler is sy gedagtes.
Ek dink ek sal aanneem my kind is veiliger
in Michael Jackson se huis as in sommige van
die huise van die mense wat so hooghartig oor
morele waardes praat. Veral in ag geneem watter
soort grappies op hierdie nuusgroep vertel word,
en dan lag hulle hé hé daaroor. Ek het sopas
meeste van die Michael Jackson interview gesien
en is nou nog meer oortuig dat daar iets verkeerd
is met die mense wat so oor hom sit en pontifikeer.
Selfs die ou wat die onderhoud met hom gevoer het.
Wie dink hy is hy? As ek gedurig met sulke grootmense
te doen moet kry, en met volwasse meisies wat aan die
huil gaan as hulle Michael Jackson sien, dan sal ek
ook die geselskap van kinders opsoek. Kinders is oor
die algemeen baie meer volwasse as 'n hele klomp
grootmense.

Gloudina
Re: King of Pop [boodskap #73184 is 'n antwoord op boodskap #73181] Vr, 07 Februarie 2003 05:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Morele waardes is 'n relatiewe begrip Jonas.
Ek dink nie veel van Jackson se aanhangers ( is daar veel deesdae) gee om
oor sy morele waardes of die gehalte van sy sang of optrede nie - hulle is
plein slawe van slim bemarking.

Ek self dink nie hy is baie lekker in die kop nie, en sy sang en optredes
het my nog nooit beindruk nie. As mens een liedjie en een dansie gesien het
met slap knietjies en enkeltjies en sy kort-kort seker maak van die
gereedskap , dan het jy al sy optredes gesien. Alles klink en lyk
dieselfde - miskien met 'n variasietjie of twee hier en daar, maar alles
volgens 'n geykte patroon.
Ek dink die arme mens ly aan 'n tipe fisiese anoreksie - net hy kan nie sien
dat hy grotesk lyk nie.

Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:b1vaio$cqf$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Pasop - jou seuns kan saam met hom in 'n bed beland ...
>
> Jammer Antie - ek glo dat iedereen, en veral die wat openbare aansien wil
> geniet, 'n verantwoordelikheid het om aan minimum morele waardes te voldoen.
> Dit klink baie preuts - maar, dis hoe dit is.
>
> Geen persoon kan homself as verhewe beskou bloot omdat hy/sy goed op verhoog
> presteer nie.
>
>
> skryf in boodskap news:3E427365.1070507@rogers.com...
>>
>> Max wrote:
>>
>>
>>> Ek moet sy aanhangers waarsku om dit liewer nie te kyk nie. MJ kan
>>> nie vir 'n uur en 'n half sy vlakheid wegsteek nie.
>>
>> Nou wat het enigiets van al dié dinge iets
>> met die prys van eiers te doen? Dis die klomp
>> mense wat so oor Michael Jackson sit en praat
>> wat die klomp drommels is. Alleen Michael
>> Jackson op die verhoog is van enige belang.
>> En daar was hy nog altyd een van die beste,
>> miskien die beste verhoogkunstenaar van die
>> vorige eeu.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: King of Pop [boodskap #73186 is 'n antwoord op boodskap #73182] Vr, 07 Februarie 2003 06:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Is daar nog iemand op die ng wat nie ten gunste van die pedofiele is nie?

Antie - ek is ouer as 10 - MJ is 'n siek mens - nie slegs gegrond op sy
huidige onderhoud nie, maar vanweë ondersoeke wat op hom in die verlede
gefokus het. Ek stel regtig nie belang is sy tv-vertonings nie. As die
"mannetjie" nie geld gehad het nie, sou hy lankal reeds in 'n tronk gesit
het. Ek kan jou 'n afskrif van sy vorige verklaring gee toe hy sy onskuld
bepleit het - dis so deursigtig soos glas.

Weereens my betoog - geen mens, ongeag status, aansien, gewildheid ens. kan
hom/haar as verhewe bo die wette/waardes beskou nie.

skryf in boodskap news:3E433382.1070304@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>> Pasop - jou seuns kan saam met hom in 'n bed beland ...
>
> Dit is vir my sê snaaks. Hoe groter die man
> nou kerkman is, hoe vuiler is sy gedagtes.
> Ek dink ek sal aanneem my kind is veiliger
> in Michael Jackson se huis as in sommige van
> die huise van die mense wat so hooghartig oor
> morele waardes praat. Veral in ag geneem watter
> soort grappies op hierdie nuusgroep vertel word,
> en dan lag hulle hê hê daaroor. Ek het sopas
> meeste van die Michael Jackson interview gesien
> en is nou nog meer oortuig dat daar iets verkeerd
> is met die mense wat so oor hom sit en pontifikeer.
> Selfs die ou wat die onderhoud met hom gevoer het.
> Wie dink hy is hy? As ek gedurig met sulke grootmense
> te doen moet kry, en met volwasse meisies wat aan die
> huil gaan as hulle Michael Jackson sien, dan sal ek
> ook die geselskap van kinders opsoek. Kinders is oor
> die algemeen baie meer volwasse as 'n hele klomp
> grootmense.
>
> Gloudina
>
Re: King of Pop [boodskap #73188 is 'n antwoord op boodskap #73182] Vr, 07 Februarie 2003 06:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jislaaik Gloudina - jy maak darem 'n paar lekker aanvegbare stellings.
Jy is seker jou kind is veiliger in MJ se huis as sommige mense wat oor
morele waardes praat. Mmmmm - ek het nie die program gekyk nie - het verkies
om die aand liewer in goeie geselskap deur te bring - maar weet iemand wat
is MJ se morele waardes? Ek het hom nog nie daaroor hoor praat nie.
Ek dink nie ek sal sommer 'n kind in MJ se sorg laat nie - hy is die enigste
mens op aarde wat dink hy kan "sy" kinders beveilig deur hul gesluier te
laat rondloop.

Kinders oor die algemeen meer volwasse as grootmense? Janee, dis wat baie
van hulle DINK. Maar wat is nou eintlik volwassenheid volgens jou.
Watse "volwasse" optredes het kinders wat "'n hele klomp grootmense" nie
oor beskik nie?
'n Kind wat oulik en bekkig is in die oë van sy/haar familie is nog nie
volwasse optrede nie. Inteendeel - dis blote na-apery.

Net verlede Sondag op die hange van Tafelberg staan daar 'n seuntjie van so
3 in die pad, hande in die sy, en sê vir sy pa wat besluit het om bietjie
van die pad af in die bosse te dwaal -: " En wat dink jy doen jy?"
- Pure Ma of kleuterskoolonderwyseres.
Selfs papegaaie kan met die gepaste uitdrukking op die regte tyd uitkom -
dit maak van die papegaai nog nie 'n volwassene nie
Of maak dit?:)))

Annette

skryf in boodskap news:3E433382.1070304@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>> Pasop - jou seuns kan saam met hom in 'n bed beland ...
>
> Dit is vir my sê snaaks. Hoe groter die man
> nou kerkman is, hoe vuiler is sy gedagtes.
> Ek dink ek sal aanneem my kind is veiliger
> in Michael Jackson se huis as in sommige van
> die huise van die mense wat so hooghartig oor
> morele waardes praat. Veral in ag geneem watter
> soort grappies op hierdie nuusgroep vertel word,
> en dan lag hulle hê hê daaroor. Ek het sopas
> meeste van die Michael Jackson interview gesien
> en is nou nog meer oortuig dat daar iets verkeerd
> is met die mense wat so oor hom sit en pontifikeer.
> Selfs die ou wat die onderhoud met hom gevoer het.
> Wie dink hy is hy? As ek gedurig met sulke grootmense
> te doen moet kry, en met volwasse meisies wat aan die
> huil gaan as hulle Michael Jackson sien, dan sal ek
> ook die geselskap van kinders opsoek. Kinders is oor
> die algemeen baie meer volwasse as 'n hele klomp
> grootmense.
>
> Gloudina
>
Re: King of Pop [boodskap #73189 is 'n antwoord op boodskap #73182] Vr, 07 Februarie 2003 06:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
> Pasop - jou seuns kan saam met hom in 'n bed beland ...

Glodina
Ek dink ek sal aanneem my kind is veiliger
in Michael Jackson se huis as in sommige van
die huise van die mense wat so hooghartig oor
morele waardes praat.

Wouter
Ja, sy jongste opname is mos : "Don't let your son come down on me"
Re: King of Pop [boodskap #73191 is 'n antwoord op boodskap #73189] Vr, 07 Februarie 2003 06:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
JK diskrimineer teen dogtertjies:)))
Annette

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3e4358f9.0@news1.mweb.co.za...
>> Pasop - jou seuns kan saam met hom in 'n bed beland ...
>
> Glodina
> Ek dink ek sal aanneem my kind is veiliger
> in Michael Jackson se huis as in sommige van
> die huise van die mense wat so hooghartig oor
> morele waardes praat.
>
> Wouter
> Ja, sy jongste opname is mos : "Don't let your son come down on me"
>
Re: King of Pop [boodskap #73194 is 'n antwoord op boodskap #73173] Vr, 07 Februarie 2003 07:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jinne, maar dis goed smaak verskil! Ek self kon nog nooit enige trek kry
vir Jackson se skril stemmetjie nie. Sekerlik het sy privaatlewe niks te
doene met sy afwesige talent nie, maar hy is darem ndie ene wat in die
kalklig wil wees en daarom plaas hy sy privaatlewe oop vir die publiek.
Tipies Gloudina, is verminking agv plastiese chirurgie en slaap by seuntjies
niks anders as normale gedrag nie! Ag foeitog, die ou dier loop en skrik
steeds vir apartheid en enige ander poepspook wat opkom. G'n bleddie
wonder sy kry aanklank met Jackson nie!!
skryf in boodskap news:3E427365.1070507@rogers.com...
>
> Max wrote:
>
>
>> Ek moet sy aanhangers waarsku om dit liewer nie te kyk nie. MJ kan
>> nie vir 'n uur en 'n half sy vlakheid wegsteek nie.
>
> Nou wat het enigiets van al dié dinge iets
> met die prys van eiers te doen? Dis die klomp
> mense wat so oor Michael Jackson sit en praat
> wat die klomp drommels is. Alleen Michael
> Jackson op die verhoog is van enige belang.
> En daar was hy nog altyd een van die beste,
> miskien die beste verhoogkunstenaar van die
> vorige eeu.
>
> Gloudina
>
Re: King of Pop [boodskap #73195 is 'n antwoord op boodskap #73194] Vr, 07 Februarie 2003 07:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Aanklank? Dink jy Gloudina verskaf die musiek en MJ doen die trieks?:)))

Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e435bdd.0@news1.mweb.co.za...
> Jinne, maar dis goed smaak verskil! Ek self kon nog nooit enige trek kry
> vir Jackson se skril stemmetjie nie. Sekerlik het sy privaatlewe niks te
> doene met sy afwesige talent nie, maar hy is darem ndie ene wat in die
> kalklig wil wees en daarom plaas hy sy privaatlewe oop vir die publiek.
> Tipies Gloudina, is verminking agv plastiese chirurgie en slaap by seuntjies
> niks anders as normale gedrag nie! Ag foeitog, die ou dier loop en skrik
> steeds vir apartheid en enige ander poepspook wat opkom. G'n bleddie
> wonder sy kry aanklank met Jackson nie!!
> skryf in boodskap news:3E427365.1070507@rogers.com...
>>
>> Max wrote:
>>
>>
>>> Ek moet sy aanhangers waarsku om dit liewer nie te kyk nie. MJ kan
>>> nie vir 'n uur en 'n half sy vlakheid wegsteek nie.
>>
>> Nou wat het enigiets van al dié dinge iets
>> met die prys van eiers te doen? Dis die klomp
>> mense wat so oor Michael Jackson sit en praat
>> wat die klomp drommels is. Alleen Michael
>> Jackson op die verhoog is van enige belang.
>> En daar was hy nog altyd een van die beste,
>> miskien die beste verhoogkunstenaar van die
>> vorige eeu.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: King of Pop [boodskap #73205 is 'n antwoord op boodskap #73195] Vr, 07 Februarie 2003 09:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
He-he! Wonder hoe sal dit lyk as hy dans na haar 'tunes'? Dink jy hy
sal kan bybly? Hoe sal hy dit geleer kry? Sy verander so vinnig van
storie, self sy spekies sal dit nie maak nie!

"Annette" skryf in boodskap news:b1vmk5$171ubb$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Aanklank? Dink jy Gloudina verskaf die musiek en MJ doen die trieks?:)))
>
> Annette
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3e435bdd.0@news1.mweb.co.za...
>> Jinne, maar dis goed smaak verskil! Ek self kon nog nooit enige trek kry
>> vir Jackson se skril stemmetjie nie. Sekerlik het sy privaatlewe niks te
>> doene met sy afwesige talent nie, maar hy is darem ndie ene wat in die
>> kalklig wil wees en daarom plaas hy sy privaatlewe oop vir die publiek.
>> Tipies Gloudina, is verminking agv plastiese chirurgie en slaap by
> seuntjies
>> niks anders as normale gedrag nie! Ag foeitog, die ou dier loop en skrik
>> steeds vir apartheid en enige ander poepspook wat opkom. G'n bleddie
>> wonder sy kry aanklank met Jackson nie!!
>> skryf in boodskap news:3E427365.1070507@rogers.com...
>>>
>>> Max wrote:
>>>
>>>
>>>> Ek moet sy aanhangers waarsku om dit liewer nie te kyk nie. MJ kan
>>>> nie vir 'n uur en 'n half sy vlakheid wegsteek nie.
>>>
>>> Nou wat het enigiets van al dié dinge iets
>>> met die prys van eiers te doen? Dis die klomp
>>> mense wat so oor Michael Jackson sit en praat
>>> wat die klomp drommels is. Alleen Michael
>>> Jackson op die verhoog is van enige belang.
>>> En daar was hy nog altyd een van die beste,
>>> miskien die beste verhoogkunstenaar van die
>>> vorige eeu.
>>>
>>> Gloudina
>>>
>>
>
Re: King of Pop [boodskap #73209 is 'n antwoord op boodskap #73205] Vr, 07 Februarie 2003 10:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
As hy moeg raak, dan vat hy haar bed toe:))
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e437806.0@news1.mweb.co.za...
> He-he! Wonder hoe sal dit lyk as hy dans na haar 'tunes'? Dink jy hy
> sal kan bybly? Hoe sal hy dit geleer kry? Sy verander so vinnig van
> storie, self sy spekies sal dit nie maak nie!
> "Annette" wrote in message
> news:b1vmk5$171ubb$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Aanklank? Dink jy Gloudina verskaf die musiek en MJ doen die trieks?:)))
>>
>> Annette
>>
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:3e435bdd.0@news1.mweb.co.za...
>>> Jinne, maar dis goed smaak verskil! Ek self kon nog nooit enige trek
> kry
>>> vir Jackson se skril stemmetjie nie. Sekerlik het sy privaatlewe
niks
> te
>>> doene met sy afwesige talent nie, maar hy is darem ndie ene wat in die
>>> kalklig wil wees en daarom plaas hy sy privaatlewe oop vir die publiek.
>>> Tipies Gloudina, is verminking agv plastiese chirurgie en slaap by
>> seuntjies
>>> niks anders as normale gedrag nie! Ag foeitog, die ou dier loop en
> skrik
>>> steeds vir apartheid en enige ander poepspook wat opkom. G'n bleddie
>>> wonder sy kry aanklank met Jackson nie!!
>>> skryf in boodskap news:3E427365.1070507@rogers.com...
>>>>
>>>> Max wrote:
>>>>
>>>>
>>>> > Ek moet sy aanhangers waarsku om dit liewer nie te kyk nie. MJ kan
>>>> > nie vir 'n uur en 'n half sy vlakheid wegsteek nie.
>>>>
>>>> Nou wat het enigiets van al dié dinge iets
>>>> met die prys van eiers te doen? Dis die klomp
>>>> mense wat so oor Michael Jackson sit en praat
>>>> wat die klomp drommels is. Alleen Michael
>>>> Jackson op die verhoog is van enige belang.
>>>> En daar was hy nog altyd een van die beste,
>>>> miskien die beste verhoogkunstenaar van die
>>>> vorige eeu.
>>>>
>>>> Gloudina
>>>>
>>>
>>
>
Re: King of Pop [boodskap #73214 is 'n antwoord op boodskap #73209] Vr, 07 Februarie 2003 11:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
O! Ek kan dit my net voorstel:

"Dans vir antie gou weer daai tweegatjakkalsriel wat jy so voor die regter
gedoen het!!! O! Dis so 'n aanskakelaar vir my, Michieltjie!"

Aanskakelaar, want sy praat mossie ingelssie!

Thys oppie Bos!

"Annette" skryf in boodskap news:b201mn$17c3hh$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> As hy moeg raak, dan vat hy haar bed toe:))
> Annette
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3e437806.0@news1.mweb.co.za...
>> He-he! Wonder hoe sal dit lyk as hy dans na haar 'tunes'? Dink jy hy
>> sal kan bybly? Hoe sal hy dit geleer kry? Sy verander so vinnig van
>> storie, self sy spekies sal dit nie maak nie!
>> "Annette" wrote in message
>> news:b1vmk5$171ubb$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Aanklank? Dink jy Gloudina verskaf die musiek en MJ doen die trieks?:)))
>>>
>>> Annette
>>>
>>>
>>> "Suidwester" wrote in message
>>> news:3e435bdd.0@news1.mweb.co.za...
>>>> Jinne, maar dis goed smaak verskil! Ek self kon nog nooit enige
trek
>> kry
>>>> vir Jackson se skril stemmetjie nie. Sekerlik het sy privaatlewe
> niks
>> te
>>>> doene met sy afwesige talent nie, maar hy is darem ndie ene wat in die
>>>> kalklig wil wees en daarom plaas hy sy privaatlewe oop vir die
> publiek.
>>>> Tipies Gloudina, is verminking agv plastiese chirurgie en slaap by
>>> seuntjies
>>>> niks anders as normale gedrag nie! Ag foeitog, die ou dier loop en
>> skrik
>>>> steeds vir apartheid en enige ander poepspook wat opkom. G'n bleddie
>>>> wonder sy kry aanklank met Jackson nie!!
>>>> skryf in boodskap news:3E427365.1070507@rogers.com...
>>>> >
>>>> > Max wrote:
>>>> >
>>>> >
>>>> > > Ek moet sy aanhangers waarsku om dit liewer nie te kyk nie. MJ
> kan
>>>> > > nie vir 'n uur en 'n half sy vlakheid wegsteek nie.
>>>> >
>>>> > Nou wat het enigiets van al dié dinge iets
>>>> > met die prys van eiers te doen? Dis die klomp
>>>> > mense wat so oor Michael Jackson sit en praat
>>>> > wat die klomp drommels is. Alleen Michael
>>>> > Jackson op die verhoog is van enige belang.
>>>> > En daar was hy nog altyd een van die beste,
>>>> > miskien die beste verhoogkunstenaar van die
>>>> > vorige eeu.
>>>> >
>>>> > Gloudina
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>
Re: King of Pop [boodskap #73217 is 'n antwoord op boodskap #73214] Vr, 07 Februarie 2003 11:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:)))) Ons kan 'n hele nuwe wokabulariteit hier opbou deur net Afrikaans te
probeer praat:)))
O Magieltjie, Magieltjie
Sug sy.
Druk my aanskakelaartjie
sodat my interne ontbrandingsmasjientjie
kan galop met passie.

Annette

.adamastor.ac.za...
> O! Ek kan dit my net voorstel:
>
> "Dans vir antie gou weer daai tweegatjakkalsriel wat jy so voor die regter
> gedoen het!!! O! Dis so 'n aanskakelaar vir my, Michieltjie!"
>
> Aanskakelaar, want sy praat mossie ingelssie!
>
> Thys oppie Bos!
>
> "Annette" wrote in message
> news:b201mn$17c3hh$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> As hy moeg raak, dan vat hy haar bed toe:))
>> Annette
>>
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:3e437806.0@news1.mweb.co.za...
>>> He-he! Wonder hoe sal dit lyk as hy dans na haar 'tunes'? Dink jy
> hy
>>> sal kan bybly? Hoe sal hy dit geleer kry? Sy verander so vinnig van
>>> storie, self sy spekies sal dit nie maak nie!
>>> "Annette" wrote in message
>>> news:b1vmk5$171ubb$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>> Aanklank? Dink jy Gloudina verskaf die musiek en MJ doen die
> trieks?:)))
>>>>
>>>> Annette
>>>>
>>>>
>>>> "Suidwester" wrote in message
>>>> news:3e435bdd.0@news1.mweb.co.za...
>>>> > Jinne, maar dis goed smaak verskil! Ek self kon nog nooit enige
> trek
>>> kry
>>>> > vir Jackson se skril stemmetjie nie. Sekerlik het sy privaatlewe
>> niks
>>> te
>>>> > doene met sy afwesige talent nie, maar hy is darem ndie ene wat in
> die
>>>> > kalklig wil wees en daarom plaas hy sy privaatlewe oop vir die
>> publiek.
>>>> > Tipies Gloudina, is verminking agv plastiese chirurgie en slaap by
>>>> seuntjies
>>>> > niks anders as normale gedrag nie! Ag foeitog, die ou dier loop
en
>>> skrik
>>>> > steeds vir apartheid en enige ander poepspook wat opkom. G'n
> bleddie
>>>> > wonder sy kry aanklank met Jackson nie!!
>>>> > skryf in boodskap news:3E427365.1070507@rogers.com...
>>>> > >
>>>> > > Max wrote:
>>>> > >
>>>> > >
>>>> > > > Ek moet sy aanhangers waarsku om dit liewer nie te kyk nie.
MJ
>> kan
>>>> > > > nie vir 'n uur en 'n half sy vlakheid wegsteek nie.
>>>> > >
>>>> > > Nou wat het enigiets van al dié dinge iets
>>>> > > met die prys van eiers te doen? Dis die klomp
>>>> > > mense wat so oor Michael Jackson sit en praat
>>>> > > wat die klomp drommels is. Alleen Michael
>>>> > > Jackson op die verhoog is van enige belang.
>>>> > > En daar was hy nog altyd een van die beste,
>>>> > > miskien die beste verhoogkunstenaar van die
>>>> > > vorige eeu.
>>>> > >
>>>> > > Gloudina
>>>> > >
>>>> >
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>
Re: King of Pop [boodskap #73229 is 'n antwoord op boodskap #73182] Vr, 07 Februarie 2003 14:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com"

> en dan lag hulle hé hé daaroor. Ek het sopas
> meeste van die Michael Jackson interview gesien

Ek het die hele een gekyk...

Gelukkig stem sommige mense saam dat die ou se balle uitgesny moet
word.

Ek kan nie glo dat jy hom verdedig nie, Gloudina. Ek het beter van jou
verwag.

Uit die Algemene Dagblad:
De Amerikaanse topadvocate Gloria Allred heeft een aanklacht ingediend
tegen Jackson. Zij roept de Amerikaanse autoriteiten op een onderzoek
in te stellen naar zijn omgang met zijn eigen kinderen en het feit dat
hij zijn slaapkamer deelt met kinderen.
Re: King of Pop [boodskap #73231 is 'n antwoord op boodskap #73217] Vr, 07 Februarie 2003 14:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
He-he! Nou nie dat die ou antie eintlik nog so 'n skakelaartjie het
nie....of weet waar dit is nie! Michaeltjie self sal nie weet nie want hy
neig blykbaar nader na die kringspiere toe? Ons moet net vir ou Dom Boks
vergeet nie, hy sal ook 'n insae wil hê. Wat van in die hoek staan en
byklanke te maak?

"Annette" skryf in boodskap news:b205l4$16vbf1$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> :)))) Ons kan 'n hele nuwe wokabulariteit hier opbou deur net Afrikaans te
> probeer praat:)))
> O Magieltjie, Magieltjie
> Sug sy.
> Druk my aanskakelaartjie
> sodat my interne ontbrandingsmasjientjie
> kan galop met passie.
>
> Annette
>
> .adamastor.ac.za...
>> O! Ek kan dit my net voorstel:
>>
>> "Dans vir antie gou weer daai tweegatjakkalsriel wat jy so voor die regter
>> gedoen het!!! O! Dis so 'n aanskakelaar vir my, Michieltjie!"
>>
>> Aanskakelaar, want sy praat mossie ingelssie!
>>
>> Thys oppie Bos!
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:b201mn$17c3hh$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> As hy moeg raak, dan vat hy haar bed toe:))
>>> Annette
>>>
>>>
>>> "Suidwester" wrote in message
>>> news:3e437806.0@news1.mweb.co.za...
>>>> He-he! Wonder hoe sal dit lyk as hy dans na haar 'tunes'? Dink
jy
>> hy
>>>> sal kan bybly? Hoe sal hy dit geleer kry? Sy verander so vinnig
> van
>>>> storie, self sy spekies sal dit nie maak nie!
>>>> "Annette" wrote in message
>>>> news:b1vmk5$171ubb$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>> > Aanklank? Dink jy Gloudina verskaf die musiek en MJ doen die
>> trieks?:)))
>>>> >
>>>> > Annette
>>>> >
>>>> >
>>>> > "Suidwester" wrote in message
>>>> > news:3e435bdd.0@news1.mweb.co.za...
>>>> > > Jinne, maar dis goed smaak verskil! Ek self kon nog nooit
enige
>> trek
>>>> kry
>>>> > > vir Jackson se skril stemmetjie nie. Sekerlik het sy
privaatlewe
>>> niks
>>>> te
>>>> > > doene met sy afwesige talent nie, maar hy is darem ndie ene wat
in
>> die
>>>> > > kalklig wil wees en daarom plaas hy sy privaatlewe oop vir die
>>> publiek.
>>>> > > Tipies Gloudina, is verminking agv plastiese chirurgie en slaap by
>>>> > seuntjies
>>>> > > niks anders as normale gedrag nie! Ag foeitog, die ou dier
loop
> en
>>>> skrik
>>>> > > steeds vir apartheid en enige ander poepspook wat opkom. G'n
>> bleddie
>>>> > > wonder sy kry aanklank met Jackson nie!!
>>>> > > skryf in boodskap news:3E427365.1070507@rogers.com...
>>>> > > >
>>>> > > > Max wrote:
>>>> > > >
>>>> > > >
>>>> > > > > Ek moet sy aanhangers waarsku om dit liewer nie te kyk nie.
> MJ
>>> kan
>>>> > > > > nie vir 'n uur en 'n half sy vlakheid wegsteek nie.
>>>> > > >
>>>> > > > Nou wat het enigiets van al dié dinge iets
>>>> > > > met die prys van eiers te doen? Dis die klomp
>>>> > > > mense wat so oor Michael Jackson sit en praat
>>>> > > > wat die klomp drommels is. Alleen Michael
>>>> > > > Jackson op die verhoog is van enige belang.
>>>> > > > En daar was hy nog altyd een van die beste,
>>>> > > > miskien die beste verhoogkunstenaar van die
>>>> > > > vorige eeu.
>>>> > > >
>>>> > > > Gloudina
>>>> > > >
>>>> > >
>>>> > >
>>>> >
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>
Re: King of Pop [boodskap #73232 is 'n antwoord op boodskap #73186] Vr, 07 Februarie 2003 14:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Weereens my betoog - geen mens, ongeag status, aansien, gewildheid ens. kan
> hom/haar as verhewe bo die wette/waardes beskou nie.

Jy klink net soos daardie dominies wat in die
sewentiger- en tagtigerjare van die preekstoele
af gestaan en pontifikeer het oor alles en nog
wat, en toe moes hulle kerke later om verskoning
vra. Jy klink soos Ingrid Jonker se pa wat in die
Parlement "om verskoning" vra vir sy dogter se
"gedrag," en toe later word sy gehuldig deur die
volgende president van SA vir haar digwerk. Wat
ek gisteraand uit Michael Jackson se onderhoud
oorgehou het, is sy diep liefde vir kinders. Hy
het noual drie van hulle, deur surrogaat moeders
geboorte gegee. ( Snaaks dat niemand die moeders
beskuldig, wat hulle kinders sommer so sito-sito
opgee nie.)
Die ou wat die onderhoud gehou het - ek weet
nie eintlik wat sy etniese agtergrond is nie. Maar
dit lyk hy kom van die Middel-Ooste. Dis natuurlik
daar waar hulle toegelaat word om sommer so maklik
van hulle vrouens te skei, en waar vrouens verdruk
word. Maar nou moet Michael Jackson onder die stok
deurloop.

Gloudina
Re: King of Pop [boodskap #73233 is 'n antwoord op boodskap #73188] Vr, 07 Februarie 2003 14:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Kinders oor die algemeen meer volwasse as grootmense? Janee, dis wat baie
> van hulle DINK. Maar wat is nou eintlik volwassenheid volgens jou.
> Watse "volwasse" optredes het kinders wat "'n hele klomp grootmense" nie
> oor beskik nie?

Die minagtende manier waarop jy van kinders
praat, laat my wonder of jy kinders van jou
eie het? Meeste ouers het 'n diep respek vir
die komplekse en gevarieerde persoonsontwikkeling
van hulle kinders, en is heelwaarskynlik jammer
om hulle kinders, soos hulle groter word, ten sien
verswelg word deur die moeras van middelmatigheid
waarin veral ons westerse sosiale norme mense
indwing.
Vir sover dit my aangaan, gebruik ek liewe my
tyd deur om te gaan met ons drie-jarige kleindogter,
met wie ek diep intellektuele en kulturele omgang het.

Gloudina
Re: King of Pop [boodskap #73234 is 'n antwoord op boodskap #73194] Vr, 07 Februarie 2003 14:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

> Jinne, maar dis goed smaak verskil! Ek self kon nog nooit enige trek kry
> vir Jackson se skril stemmetjie nie.

Hoekom gaan praat jy nie met die Duitsers
daar in Europa, waar hulle vir hom bekroon
het as die verhoogkunstenaar van die eeu nie.
Ekself dink hulle is bietjie bespotlik, en
dit was baie sieklik om te sien hoe volwasse
vroumense oor hom swymel en iemand spesiaal
uit Israel gekom het om sy hand te skud. Hoekom
skud hulle nie liewers die Palestyne se hand
nie.

Gloudina
Re: King of Pop [boodskap #73236 is 'n antwoord op boodskap #73209] Vr, 07 Februarie 2003 15:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jeeaaghh!!! Hoe bederf jy nou my naweek....alhoewel dit met 'n giggel is!

"Annette" skryf in boodskap news:b201mn$17c3hh$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> As hy moeg raak, dan vat hy haar bed toe:))
> Annette
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3e437806.0@news1.mweb.co.za...
>> He-he! Wonder hoe sal dit lyk as hy dans na haar 'tunes'? Dink jy hy
>> sal kan bybly? Hoe sal hy dit geleer kry? Sy verander so vinnig van
>> storie, self sy spekies sal dit nie maak nie!
>> "Annette" wrote in message
>> news:b1vmk5$171ubb$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Aanklank? Dink jy Gloudina verskaf die musiek en MJ doen die trieks?:)))
>>>
>>> Annette
>>>
>>>
>>> "Suidwester" wrote in message
>>> news:3e435bdd.0@news1.mweb.co.za...
>>>> Jinne, maar dis goed smaak verskil! Ek self kon nog nooit enige
trek
>> kry
>>>> vir Jackson se skril stemmetjie nie. Sekerlik het sy privaatlewe
> niks
>> te
>>>> doene met sy afwesige talent nie, maar hy is darem ndie ene wat in die
>>>> kalklig wil wees en daarom plaas hy sy privaatlewe oop vir die
> publiek.
>>>> Tipies Gloudina, is verminking agv plastiese chirurgie en slaap by
>>> seuntjies
>>>> niks anders as normale gedrag nie! Ag foeitog, die ou dier loop en
>> skrik
>>>> steeds vir apartheid en enige ander poepspook wat opkom. G'n bleddie
>>>> wonder sy kry aanklank met Jackson nie!!
>>>> skryf in boodskap news:3E427365.1070507@rogers.com...
>>>> >
>>>> > Max wrote:
>>>> >
>>>> >
>>>> > > Ek moet sy aanhangers waarsku om dit liewer nie te kyk nie. MJ
> kan
>>>> > > nie vir 'n uur en 'n half sy vlakheid wegsteek nie.
>>>> >
>>>> > Nou wat het enigiets van al dié dinge iets
>>>> > met die prys van eiers te doen? Dis die klomp
>>>> > mense wat so oor Michael Jackson sit en praat
>>>> > wat die klomp drommels is. Alleen Michael
>>>> > Jackson op die verhoog is van enige belang.
>>>> > En daar was hy nog altyd een van die beste,
>>>> > miskien die beste verhoogkunstenaar van die
>>>> > vorige eeu.
>>>> >
>>>> > Gloudina
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>
Re: King of Pop [boodskap #73237 is 'n antwoord op boodskap #73229] Vr, 07 Februarie 2003 15:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Max wrote:

> Uit die Algemene Dagblad:
> De Amerikaanse topadvocate Gloria Allred heeft een aanklacht ingediend
> tegen Jackson. Zij roept de Amerikaanse autoriteiten op een onderzoek
> in te stellen naar zijn omgang met zijn eigen kinderen en het feit dat
> hij zijn slaapkamer deelt met kinderen.

Gloria Alldred 'n topadvokaat?
Sy jaag maar net reklame vir
haarself na, sodat sy uitgenooi
kan word om op televisie te
verskyn. Kom ons kyk nou of die
Amerikaanse outoriteite iets aan
die sakie gaan doen.

Gloudina
Re: King of Pop [boodskap #73238 is 'n antwoord op boodskap #73214] Vr, 07 Februarie 2003 15:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Thys de Wet wrote:

> "Dans vir antie gou weer daai tweegatjakkalsriel wat jy so voor die regter
> gedoen het!!! O! Dis so 'n aanskakelaar vir my, Michieltjie!"
>
> Aanskakelaar, want sy praat mossie ingelssie!

Thys, salig is die nederiges van hart,
want hulle sal die koninkryk be-erwe.

Tant Hessie van den Berg
Re: King of Pop [boodskap #73242 is 'n antwoord op boodskap #73234] Vr, 07 Februarie 2003 16:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Antie - kom ek gee jou toe. Daar is min wat Jackson se danspassies kan
namaak.

Maar die res is 'n riller ...

skryf in boodskap news:3E43C81A.3000007@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>> Jinne, maar dis goed smaak verskil! Ek self kon nog nooit enige trek kry
>> vir Jackson se skril stemmetjie nie.
>
>
> Hoekom gaan praat jy nie met die Duitsers
> daar in Europa, waar hulle vir hom bekroon
> het as die verhoogkunstenaar van die eeu nie.
> Ekself dink hulle is bietjie bespotlik, en
> dit was baie sieklik om te sien hoe volwasse
> vroumense oor hom swymel en iemand spesiaal
> uit Israel gekom het om sy hand te skud. Hoekom
> skud hulle nie liewers die Palestyne se hand
> nie.
>
> Gloudina
>
Re: King of Pop [boodskap #73244 is 'n antwoord op boodskap #73186] Vr, 07 Februarie 2003 16:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pieter[4]  is tans af-lyn  Pieter[4]
Boodskappe: 96
Geregistreer: Januarie 2003
Karma: 0
Volle Lid
dit klink vir my of ou G 'n pedovoes is.

"Jonas" skryf in boodskap news:b1vi7k$fqu$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Is daar nog iemand op die ng wat nie ten gunste van die pedofiele is nie?
>
> Antie - ek is ouer as 10 - MJ is 'n siek mens - nie slegs gegrond op sy
> huidige onderhoud nie, maar vanweë ondersoeke wat op hom in die verlede
> gefokus het. Ek stel regtig nie belang is sy tv-vertonings nie. As die
> "mannetjie" nie geld gehad het nie, sou hy lankal reeds in 'n tronk gesit
> het. Ek kan jou 'n afskrif van sy vorige verklaring gee toe hy sy onskuld
> bepleit het - dis so deursigtig soos glas.
>
> Weereens my betoog - geen mens, ongeag status, aansien, gewildheid ens. kan
> hom/haar as verhewe bo die wette/waardes beskou nie.
>
> skryf in boodskap news:3E433382.1070304@rogers.com...
>>
>> Jonas wrote:
>>
>>> Pasop - jou seuns kan saam met hom in 'n bed beland ...
>>
>> Dit is vir my sê snaaks. Hoe groter die man
>> nou kerkman is, hoe vuiler is sy gedagtes.
>> Ek dink ek sal aanneem my kind is veiliger
>> in Michael Jackson se huis as in sommige van
>> die huise van die mense wat so hooghartig oor
>> morele waardes praat. Veral in ag geneem watter
>> soort grappies op hierdie nuusgroep vertel word,
>> en dan lag hulle hê hê daaroor. Ek het sopas
>> meeste van die Michael Jackson interview gesien
>> en is nou nog meer oortuig dat daar iets verkeerd
>> is met die mense wat so oor hom sit en pontifikeer.
>> Selfs die ou wat die onderhoud met hom gevoer het.
>> Wie dink hy is hy? As ek gedurig met sulke grootmense
>> te doen moet kry, en met volwasse meisies wat aan die
>> huil gaan as hulle Michael Jackson sien, dan sal ek
>> ook die geselskap van kinders opsoek. Kinders is oor
>> die algemeen baie meer volwasse as 'n hele klomp
>> grootmense.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: King of Pop [boodskap #73253 is 'n antwoord op boodskap #73234] Sa, 08 Februarie 2003 07:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jinne antie, as jy partydae darem net jouself kan hoor.....of lees voor jy
skryf....of beter nog, dink voor jy skryf! Hier is jy die een wat
drup-drup swymel oor daai skrilbek moffie en nou kan jy nie verstaan hoekom
vroumense dit doen nie? Ek het nie 'n saak met die Jerries en wat hulle
dink van sy musiek nie....ek sal nie een 'n Michael Jackson CD vat as jy my
betaal nie. Wat my egter ook nog fassineer, is dat 'n self-aangestelde
rewolusionêr soos jy wat stert tussen die bene uit jou land weggehol het toe
sake begin warm raak het, iemand kan ondersteun wat juis gedoen het wat teen
jou beginsels behoort te wees.....as jy natuurlik eerlik is oor die rede vir
die weghol! Hy het 'n fortuin bestee om weg te kom van swartman wees en
homself in 'n witman te probeer verander......dat hy nou soos iets lyk
waarmee jy kinders hel bang kan maak in die daglig, was sekerlik nie deel
van sy planne nie?
skryf in boodskap news:3E43C81A.3000007@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>> Jinne, maar dis goed smaak verskil! Ek self kon nog nooit enige trek kry
>> vir Jackson se skril stemmetjie nie.
>
>
> Hoekom gaan praat jy nie met die Duitsers
> daar in Europa, waar hulle vir hom bekroon
> het as die verhoogkunstenaar van die eeu nie.
> Ekself dink hulle is bietjie bespotlik, en
> dit was baie sieklik om te sien hoe volwasse
> vroumense oor hom swymel en iemand spesiaal
> uit Israel gekom het om sy hand te skud. Hoekom
> skud hulle nie liewers die Palestyne se hand
> nie.
>
> Gloudina
>
Re: King of Pop [boodskap #73291 is 'n antwoord op boodskap #73238] Ma, 10 Februarie 2003 06:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Menende??

Thys oppie Bos
skryf in boodskap news:3E43CC65.8080006@rogers.com...
>
> Thys de Wet wrote:
>
>
>> "Dans vir antie gou weer daai tweegatjakkalsriel wat jy so voor die regter
>> gedoen het!!! O! Dis so 'n aanskakelaar vir my, Michieltjie!"
>>
>> Aanskakelaar, want sy praat mossie ingelssie!
>
>
> Thys, salig is die nederiges van hart,
> want hulle sal die koninkryk be-erwe.
>
> Tant Hessie van den Berg
>
Re: King of Pop [boodskap #73292 is 'n antwoord op boodskap #73291] Ma, 10 Februarie 2003 07:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Menende dat nog net ou mense weet van aanskakelaars - die nuwes doen alles
mos met remout of met 'n geklap van die hande;))
Dus, aanskakelaars is nederige goed;)

Annette

"Thys de Wet" skryf in boodskap news:b27h6f$1uks$1@news.adamastor.ac.za...
> Menende??
>
> Thys oppie Bos
> skryf in boodskap news:3E43CC65.8080006@rogers.com...
>>
>> Thys de Wet wrote:
>>
>>
>>> "Dans vir antie gou weer daai tweegatjakkalsriel wat jy so voor die
> regter
>>> gedoen het!!! O! Dis so 'n aanskakelaar vir my, Michieltjie!"
>>>
>>> Aanskakelaar, want sy praat mossie ingelssie!
>>
>>
>> Thys, salig is die nederiges van hart,
>> want hulle sal die koninkryk be-erwe.
>>
>> Tant Hessie van den Berg
>>
>
Re: King of Pop [boodskap #73295 is 'n antwoord op boodskap #73291] Ma, 10 Februarie 2003 12:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Thys de Wet wrote:

> Menende??

> wrote
>> salig is die nederiges van hart,
>> want hulle sal die koninkryk be-erwe.

Presies wat daar staan.

Tant Hessie
Re: King of Pop [boodskap #73296 is 'n antwoord op boodskap #73295] Ma, 10 Februarie 2003 13:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Wat sê jy tog als hess?

Waar val jy tog uit: Spring jy so vinnig om oor michieltjie se storie nou
vir jou beginne dik raak? Nou sleep jy sommer die saligsprekinge ook by?

Wat bedoel je tog ermee?

Hoop dat jy een van hulle is...
skryf in boodskap news:3E4796B5.3080201@rogers.com...
>
> Thys de Wet wrote:
>
>> Menende??
>
>> wrote
>>> salig is die nederiges van hart,
>>> want hulle sal die koninkryk be-erwe.
>
>
>
> Presies wat daar staan.
>
> Tant Hessie
>
Re: King of Pop [boodskap #73297 is 'n antwoord op boodskap #73296] Ma, 10 Februarie 2003 13:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Blykbaar, na die wys van die TV program, het mense uit pure jammerte vir MJ
gestroom na die CD winkels om MJ CD's te koop. Skielik is die nuwe CD wat lê
en stof vergader het die nuwe blitsverkoper van verlede week.

Annette

"Thys de Wet" skryf in boodskap news:b2884e$2cc3$1@news.adamastor.ac.za...
> Wat sê jy tog als hess?
>
> Waar val jy tog uit: Spring jy so vinnig om oor michieltjie se storie nou
> vir jou beginne dik raak? Nou sleep jy sommer die saligsprekinge ook by?
>
> Wat bedoel je tog ermee?
>
> Hoop dat jy een van hulle is...
> skryf in boodskap news:3E4796B5.3080201@rogers.com...
>>
>> Thys de Wet wrote:
>>
>>> Menende??
>>
>>> wrote
>>>> salig is die nederiges van hart,
>>>> want hulle sal die koninkryk be-erwe.
>>
>>
>>
>> Presies wat daar staan.
>>
>> Tant Hessie
>>
>
Re: King of Pop [boodskap #73302 is 'n antwoord op boodskap #73296] Ma, 10 Februarie 2003 17:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Thys de Wet wrote:

> Wat sê jy tog als hess?
> Waar val jy tog uit:
> Wat bedoel je tog ermee?

> Hoop dat jy een van hulle is...

Een van die nederiges van hart? Ek
probeer hard, Thys, maar dis een van
die moeilikste dinge om te doen, Thys.
Die Buddhiste het goeie oefeninge
daarvoor, en ek dink sekere ordes van
die Katolieke Kerk skryf ook metodes
voor om dit te bereik. Maar dis een
van die moeilikste dinge om reg te kry.
Moeiliker as wat dit vir 'n kameel is
om deur die oog van 'n naald te kom.
(Daardie "naald" is natuurlik nie die
naald waarmee ons klere maak nie, maar
'n baie klein poortjie in die mure van
die stad in die Bybelse dae, waardeur 'n
kameel kon kom net as hy op sy knieë
daardeur gaan.)

Tant Hessie met nog nie genoeg eelte
op haar knieë nie.
Re: King of Pop [boodskap #73309 is 'n antwoord op boodskap #73302] Di, 11 Februarie 2003 06:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ag ja! Antwoord 'n dwaas tog nie na sy sitheid nie, anders dink hy hy het
wysheid bekom...
skryf in boodskap news:3E47E40D.3050504@rogers.com...
> Thys de Wet wrote:
>
>> Wat sê jy tog als hess?
>> Waar val jy tog uit:
>> Wat bedoel je tog ermee?
>
>
>> Hoop dat jy een van hulle is...
>
>
> Een van die nederiges van hart? Ek
> probeer hard, Thys, maar dis een van
> die moeilikste dinge om te doen, Thys.
> Die Buddhiste het goeie oefeninge
> daarvoor, en ek dink sekere ordes van
> die Katolieke Kerk skryf ook metodes
> voor om dit te bereik. Maar dis een
> van die moeilikste dinge om reg te kry.
> Moeiliker as wat dit vir 'n kameel is
> om deur die oog van 'n naald te kom.
> (Daardie "naald" is natuurlik nie die
> naald waarmee ons klere maak nie, maar
> 'n baie klein poortjie in die mure van
> die stad in die Bybelse dae, waardeur 'n
> kameel kon kom net as hy op sy knieë
> daardeur gaan.)
>
> Tant Hessie met nog nie genoeg eelte
> op haar knieë nie.
>
Re: King of Pop [boodskap #73330 is 'n antwoord op boodskap #73309] Di, 11 Februarie 2003 15:18 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Thys de Wet wrote:

> Ag ja! Antwoord 'n dwaas tog nie na sy sitheid nie, anders dink hy hy het
> wysheid bekom...

Die evangelie volgens Thys.
Oordeel, oordeel, oordeel.

Tant Hessie oorkant die vlei.
Vorige onderwerp: Een minibussie minder
Volgende onderwerp: Goeie Site
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 09:55:58 MGT 2024