Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Volkspelers gesoek
Volkspelers gesoek [boodskap #7217] Wo, 11 September 1996 00:00 na volgende boodskap
Johan van Vollenhoven  is tans af-lyn  Johan van Vollenhoven
Boodskappe: 28
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
Die AVVB (Afrikaanse Volksdans en Volksang Beweging) - was voorheen
Nasionale Raad vir Volksang en Volkspele - is ernstig op soek na alle
oud-volkspelers reg oor die hele land, met die oog op die stigting van
'n Bond van Oud Volkspelers, of 'n Vriende van die Beweging,
vereeniging.

Indien u weet van oud-volkspelers, of dalk self op 'n stadium betrokke
was en volkspele gespeel het, maak gerus met my kontak.

Indien u in elk geval sou belangstel om by die Volkspele Beweging aan te
sluit en sodoende ook 'n bietjie van ons eie Afrikanerkultuur te
be-oefen, kan u ook met my skakel.

Indien u 'n huidig wel 'n volkspeler is, laat my ook weet - ek
wil juis ook probeer uitvind hoeveel volkspelers of laers, wel
toegang tot die Internet het, met die oog op die moontlike
gebruik daarvan om inligting aan ons volkspelers te kan deurgee
per E-Pos of deur dalk die NG te gebruik. Die NG is mos vir
kultuur.

My E-Pos adres is: vvoj...@sasol.com

Baie dankie.

Johan van Vollenhoven
Re: Volkspelers gesoek [boodskap #7220 is 'n antwoord op boodskap #7217] Do, 12 September 1996 00:00 Na vorige boodskap
Johan van Vollenhoven  is tans af-lyn  Johan van Vollenhoven
Boodskappe: 28
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
JF Dullaart wrote:
>
> Johan van Vollenhoven skryf:
>>
>> Die AVVB (Afrikaanse Volksdans en Volksang Beweging) - was voorheen
>> Nasionale Raad vir Volksang en Volkspele - is ernstig op soek na alle
>> oud-volkspelers reg oor die hele land, met die oog op die stigting van
>> 'n Bond van Oud Volkspelers, of 'n Vriende van die Beweging,
>> vereeniging.
>>
>
> Grote Gonna! Nou het ek alles gehoor. Volkspele op die Internet terwyl
> die land brand! Of is die HOP al die tyd 'n geheime program van die
> AVVB? Op skool het ons dikwels verwys na volkspele verwys as "cultural
> hops"
>
> AVVB lyk so baie na AWB ...
>
> Kan die mense ernstig wees? 'n Bond van Oud Volkspelers! Wat van 'n
> "Volkspele Aksie Bond" of kortweg VABond? Of "Beweging vir Ou Dansers"
> oftewel BOUD.
>
> Ek kan nie wag vir die volgende aankondiging nie!
>
> Joop
>
> --
> _________________________________
> Franz Dullaart (021) 650 3053
> j...@its.uct.ac.za
> http://www-jfd.its.uct.ac.za/
> _________________________________
> Snoepie oor sy inkleurboek:
> "Ek maak altyd die lug blou"

Dankie vir jou inset - die mense het nog nie op hul nuwe naam besluit nie
- sal jou idees aan hulle deurgee vir oorweging.
Re: Volkspelers gesoek [boodskap #7221 is 'n antwoord op boodskap #7217] Do, 12 September 1996 00:00 Na vorige boodskap
JF Dullaart  is tans af-lyn  JF Dullaart
Boodskappe: 25
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Johan van Vollenhoven skryf:
>
> Die AVVB (Afrikaanse Volksdans en Volksang Beweging) - was voorheen
> Nasionale Raad vir Volksang en Volkspele - is ernstig op soek na alle
> oud-volkspelers reg oor die hele land, met die oog op die stigting van
> 'n Bond van Oud Volkspelers, of 'n Vriende van die Beweging,
> vereeniging.
>

Grote Gonna! Nou het ek alles gehoor. Volkspele op die Internet terwyl
die land brand! Of is die HOP al die tyd 'n geheime program van die
AVVB? Op skool het ons dikwels verwys na volkspele verwys as "cultural
hops"

AVVB lyk so baie na AWB ...

Kan die mense ernstig wees? 'n Bond van Oud Volkspelers! Wat van 'n
"Volkspele Aksie Bond" of kortweg VABond? Of "Beweging vir Ou Dansers"
oftewel BOUD.

Ek kan nie wag vir die volgende aankondiging nie!

Joop

--
_________________________________
Franz Dullaart (021) 650 3053
j...@its.uct.ac.za
http://www-jfd.its.uct.ac.za/
_________________________________
Snoepie oor sy inkleurboek:
"Ek maak altyd die lug blou"
Vorige onderwerp: Wat i sdie naam van die Nuusgroep nou weer?
Volgende onderwerp: Hoop vir die doemprofete van Afrikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 08:06:25 MGT 2024