Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hoekom skryf mense nie in s.c.s-a.Afrikaans? Kom skrum op die merkie.
Hoekom skryf mense nie in s.c.s-a.Afrikaans? Kom skrum op die merkie. [boodskap #7199] Di, 10 September 1996 00:00 na volgende boodskap
Barry  is tans af-lyn  Barry
Boodskappe: 18
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ek het nou my se gese oor die toestand van s.c.s-a.Afrikaans, so nou
moet ek seker uithaal en wys, anders is ek dan mos deel van die
probleem.Minder as 70 hoof opskrifte in n maand en n half, ek weet nie
hoe dit vroeer gegaan het nie, maar hierdie is swak. Hoekom skryf
mense nie?

Bang vir kritiek? Mens hoef maar net za in die algemeen te lees om te
sien hoe wreedardig ons optree oor ander se opinies. Iets wat mens min
in die ander groepe (VSA uitgesluit) sien, daar word die onderwerp
aangespreek, nie die skrywer se opvoeding, karakter, intelligensie of
spelfoute, en as die inhoud n klomp strooi is word dit geignoreer,
soos dit moet wees. Hier gebeur die teenoorgestelde, almal gooi
bietjie twak by iets wat alreeds twak is, en ignoreer die res.
Ongelukkig vergeet baie dat ons bydraes die enigste ding is waarby
ander ons meet. En partykeer is dit beter om jou mond te hou en laat
mense dink jy's n idioot, as om dit oop te maak en dit te bewys.
Ons moet maar aanvaar dat ons persoonlike menings nie altyd reg of in
n ander man se keelgat afgedwing kan word nie. om verkeerd te wees is
nie om minderwaardig te wees nie, mense verskil en beredenering is
opvoedig en gesond. n Persoonlike aanval oor iets wat nie met jou
lekker sit nie se baie oor jou eie opvoeding, leer vir jou en ander
niks nie, en skep n moontlike vyand wat dieselfde kinderagtigheid gaan
na-aap al skryf jy of ander n meesterstuk. Om af te breek is geen kuns
nie.

Het ons niks om vir mekaar te se nie? Het ons hoe muure, alarms,
veiligheidshekke en toe deure veroorsaak dat ons nou afloerders
in n insulere familie en vriende wereld geraak het? Ek lees nou die
dag n artikel oor "die skrywer wat in Parys is" en hy praat oor
Afrikaans, dat dit SY taal is, en hy hou sy taal langs sy hart,
gekoester, soos n geheim, net syne, om te gebruik wanner hy wil.
Soos n kode in die land waar hy nou is, wat net hy kan verstaan, en
dat dit hom gelukkig maak. Baie mooi om te lees, maar gaan dit nou ook
in hierdie nuusgroep gebeur?

Gee ons eintlik om? Is dit die ou Suid Afrikaanse dooierigheid wat ter
spraake is, as daar n artikel is, sal ek dit lees, as daar nie een is
nie , sal ek nie lees nie, maar bydrae lewer? Vergeet daarvan. Sal
maar net gebruik maak daarvan en as dit more nie meer daar is nie, sal
ek iets anders vind om te lees. Maar boeta, ek gaan my stem dik maak
as dit wel verdwyn ! Kan dit werklik so wees?

Gee ander om? Ongelukkig nie, hierdie verantwoordelikheid is net
ons'n, as ons dit wil he.

Dit is nou n Soutie se mening wat vandag meer Afrikaans geskryf het as
in die laaste jaar, ek geniet die nuusgroep maar is altyd
terleurgesteld deur sy volume, en ek kan nie glo dat daar so min van
julle daar buite is nie.

Barry /\/~~~~\/\
Re: Hoekom skryf mense nie in s.c.s-a.Afrikaans? Kom skrum op die merkie. [boodskap #7212 is 'n antwoord op boodskap #7199] Wo, 11 September 1996 00:00 Na vorige boodskap
Johan van Vollenhoven  is tans af-lyn  Johan van Vollenhoven
Boodskappe: 28
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
Barry wrote:
>
> Ek het nou my se gese oor die toestand van s.c.s-a.Afrikaans, so nou
> moet ek seker uithaal en wys, anders is ek dan mos deel van die
> probleem.Minder as 70 hoof opskrifte in n maand en n half, ek weet nie
> hoe dit vroeer gegaan het nie, maar hierdie is swak. Hoekom skryf
> mense nie?
>
> Bang vir kritiek? Mens hoef maar net za in die algemeen te lees om te
> sien hoe wreedardig ons optree oor ander se opinies. Iets wat mens min
> in die ander groepe (VSA uitgesluit) sien, daar word die onderwerp
> aangespreek, nie die skrywer se opvoeding, karakter, intelligensie of
> spelfoute, en as die inhoud n klomp strooi is word dit geignoreer,
> soos dit moet wees. Hier gebeur die teenoorgestelde, almal gooi
> bietjie twak by iets wat alreeds twak is, en ignoreer die res.
> Ongelukkig vergeet baie dat ons bydraes die enigste ding is waarby
> ander ons meet. En partykeer is dit beter om jou mond te hou en laat
> mense dink jy's n idioot, as om dit oop te maak en dit te bewys.
> Ons moet maar aanvaar dat ons persoonlike menings nie altyd reg of in
> n ander man se keelgat afgedwing kan word nie. om verkeerd te wees is
> nie om minderwaardig te wees nie, mense verskil en beredenering is
> opvoedig en gesond. n Persoonlike aanval oor iets wat nie met jou
> lekker sit nie se baie oor jou eie opvoeding, leer vir jou en ander
> niks nie, en skep n moontlike vyand wat dieselfde kinderagtigheid gaan
> na-aap al skryf jy of ander n meesterstuk. Om af te breek is geen kuns
> nie.
>
> Het ons niks om vir mekaar te se nie? Het ons hoe muure, alarms,
> veiligheidshekke en toe deure veroorsaak dat ons nou afloerders
> in n insulere familie en vriende wereld geraak het? Ek lees nou die
> dag n artikel oor "die skrywer wat in Parys is" en hy praat oor
> Afrikaans, dat dit SY taal is, en hy hou sy taal langs sy hart,
> gekoester, soos n geheim, net syne, om te gebruik wanner hy wil.
> Soos n kode in die land waar hy nou is, wat net hy kan verstaan, en
> dat dit hom gelukkig maak. Baie mooi om te lees, maar gaan dit nou ook
> in hierdie nuusgroep gebeur?
>
> Gee ons eintlik om? Is dit die ou Suid Afrikaanse dooierigheid wat ter
> spraake is, as daar n artikel is, sal ek dit lees, as daar nie een is
> nie , sal ek nie lees nie, maar bydrae lewer? Vergeet daarvan. Sal
> maar net gebruik maak daarvan en as dit more nie meer daar is nie, sal
> ek iets anders vind om te lees. Maar boeta, ek gaan my stem dik maak
> as dit wel verdwyn ! Kan dit werklik so wees?
>
> Gee ander om? Ongelukkig nie, hierdie verantwoordelikheid is net
> ons'n, as ons dit wil he.
>
> Dit is nou n Soutie se mening wat vandag meer Afrikaans geskryf het as
> in die laaste jaar, ek geniet die nuusgroep maar is altyd
> terleurgesteld deur sy volume, en ek kan nie glo dat daar so min van
> julle daar buite is nie.
>
> Barry /\/~~~~\/\

Wel Barry, ek is nof self nie so lekker doodseker van presies hoe die NG
aanmekaar steek nie. Ek hou dit egter gereelds die afgelope maand of wat
dop, en het ook al by 'n geleentheid of twee my mening gelug.

Ek vermoed dat daar tans 'n paar redes is, waarom mense nie op hierdie
pesifieke NG boodskappe plaas nie.

1. Eerstens dink ek dat alhoewel die NET tans besig is om baie vinnig
veld te wen binne Suid-Afrika, daar nog baie rekenaargebruikers is wat
nog nie toegang tot die Net het nie. Hiermee saam is die feit dat heelwat
maatskappye wel toegang het, maar mense het gedurende hul dagtaak by die
werk, nie eintlik tyd daarvoor nie.

2. Baie Net-gebruikers weet nie eens van die NG nie - ek het ook maar
bloot per toeval op dit afgekom.

3. My waarneming die afgelope paar weke, op hierdie NG, was dat hier wel
'n paar gebruikers is wat redelik gereeld die NG gebruik, maar hulle
skriftelike optrede het my in meer gevalle as wat nodig is, ietwat
gewalg. Ek het nie 'n probleem met kritiek nie, inteendeel, kritiek en
ander mense se opinies kan soms baie waardevol en opbouend wees. Die
vraag is wel of dit werklik nodig is dat die NG-gebruikers so verskriklik
banaal negatief hoef te wees oor ander ouens se opmerkings, dat hulle
amper vulgêr en lasterlik raak. Dit is mos nie nodig om so te wees nie.
Ek het al gewonder of die mense mekaar nie dalk oor die name en dinge wat
hulle mekaar soms toevoeg, sou kon hof toe sleep nie...??

Ewenwel, ek glo vas dat as die gebruikers van hierdie NG, mekaar wel
elkeen sy eie mening sal gun, en waar daar wel verskille is, dit beskaafd
kan verwoord, dan sal die gebruik van hierdie NG beslis verbeter.

Intussen sal ek dit maar steeds goed dophou, en van tyd tot tyd van my
laat hoor. Wat die res betref, stem ek heelhartig met jou saam - 3
hoera's vir jou, Soutie (gelukkig het jy jouself so genoem)!!!

Groetnis van huis tot huis.

Johan
Vorige onderwerp: Was: Wie is Mark Behr? Nou: Wie is Piet Ferreira?
Volgende onderwerp: Straatkinders.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 14:24:03 MGT 2024