Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ook terug...
Ook terug... [boodskap #72066] Do, 16 Januarie 2003 18:54 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
...laas Donderdag al, maar my ISP was van die lug af. Sinet het hulle
afgeskop - seker nie hulle rekening betaal nie.

Ons was vir twee weke op Riversdal by ons rolstoelmensies. Ook darem
so paar keer met ou Tobie gesels. Dit gaan goed met hom dankie.

Ook was ons weer George toe - amper 300 km heen en weer - vir die
tweede episode van 'The Lord of the Rings.' Dit was baie goed, maar
niemand kan rërig die atmosfeer van 'n boek, of die mooi taalgebruik,
in 'n fliek regkry nie. Ons seun het dit gelees toe hy elf jaar oud
was en onthou meer daarvan as ek.

Op pad terug was ons by antieke vriende van ons aan. Op Danabaai. My
kleinboet - 11 jaar jonger as ek maar omtrent 20 cm langer - is in
Oktober met 'n mooie meisie getroud wat 15 jaar jonger as hy is. Die
bliksem! Op die troue toe kom .ek toe agter my ou vriend is die bruid
se oom! Weer bliksem! Hom en sy vrou omtrent 30 jaar gelede gesien,
Mens wil nie oud word nie nè.

Die jaar is al aan die gang, maar hy dra nog gebreide kousies, dus,
voorspoed en goeie wense vir julle almal
Re: Ook terug... [boodskap #72067 is 'n antwoord op boodskap #72066] Do, 16 Januarie 2003 19:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Welkom terug Drom. Tobie het darem laat weet jy leef nog.
Ek het nou gou 'n bietjie hoofrekene gedoen en gelukkig het dit uitgewerk
dat die bruid nie 13 jaar oud is nie;))
Ek ry Sondag via George na Knysna en terug.
As ek sou weet hoe Tobie lyk en naastenby weet waar hy bly op Riversdal, dan
sou ek vir hom kon gewaai het;)

Annette

-"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0301161054.7c598d37@posting.google.com...
> ...laas Donderdag al, maar my ISP was van die lug af. Sinet het hulle
> afgeskop - seker nie hulle rekening betaal nie.
>
> Ons was vir twee weke op Riversdal by ons rolstoelmensies. Ook darem
> so paar keer met ou Tobie gesels. Dit gaan goed met hom dankie.
>
> Ook was ons weer George toe - amper 300 km heen en weer - vir die
> tweede episode van 'The Lord of the Rings.' Dit was baie goed, maar
> niemand kan rêrig die atmosfeer van 'n boek, of die mooi taalgebruik,
> in 'n fliek regkry nie. Ons seun het dit gelees toe hy elf jaar oud
> was en onthou meer daarvan as ek.
>
> Op pad terug was ons by antieke vriende van ons aan. Op Danabaai. My
> kleinboet - 11 jaar jonger as ek maar omtrent 20 cm langer - is in
> Oktober met 'n mooie meisie getroud wat 15 jaar jonger as hy is. Die
> bliksem! Op die troue toe kom .ek toe agter my ou vriend is die bruid
> se oom! Weer bliksem! Hom en sy vrou omtrent 30 jaar gelede gesien,
> Mens wil nie oud word nie né.
>
> Die jaar is al aan die gang, maar hy dra nog gebreide kousies, dus,
> voorspoed en goeie wense vir julle almal
Re: Ook terug... [boodskap #72156 is 'n antwoord op boodskap #72067] Vr, 17 Januarie 2003 19:09 Na vorige boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
druk jou toeter by die huis met die rooi lig :-)
--------
"Annette"
> As ek sou weet hoe Tobie lyk en naastenby weet waar hy bly op Riversdal, dan
> sou ek vir hom kon gewaai het;)
Vorige onderwerp: Siener van Rensburg
Volgende onderwerp: Sjoe ma dis walm
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 20:23:25 MGT 2024