Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Nuus 8/1
Nuus 8/1 [boodskap #71617] Wo, 08 Januarie 2003 18:31
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
1)Vir die wat nie die Huisgenoot deurblaai nie: Joost van der Westhuizen (
skrumskakel) is toe met Amore Vitone ( ex-lotto meisie) getroud. Geen
melding word gemaak van ex-vroulief nie.

2) 10 mense is gister dood toe 'n passasierstrein van agter af in 'n
goederetrein vasgery het net anderkant Kraaifontein op pad na Paarl. 'n
Kommissie van ondersoek het 10 werkdae om 'n verslag van die gebeure op te
stel.

3) 4500 vrywilligers is gereed om op te tree by die openingseremonie van die
krieketwêreldbeker. Daar gaan 6 tablo's wees en dan die finale koornommer.
Ons koor tree op, maar ek is nie by nie. Sommige mense moet werk terwyl die
ander dae het om kan rondsit om te oefen wat om wanneer te doen.

4) Hierdie naweek is die optrede van die finaliste in die Kaapse Klopse
kompetisie, voor dat die wenners aangewys word.

5) SAA borg die SA Ope gholftoernooi wat more begin by Erinvalley by
Somerset Wes.
Die bestuur was verlede maand onder skoot op die wyse waarop hulle van die
ganse ontslae geraak het wat die gholfspelers sou pla.

Annette
Vorige onderwerp: Nuus 19/12
Volgende onderwerp: Nuus 9/1
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 00:22:18 MGT 2024