Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Nuus 19/12
Nuus 19/12 [boodskap #70794] Do, 19 Desember 2002 05:58
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die ANC hou konferensie in Stellenbosch - en die stuk wat die voorblad tot
nou gehaal het was die gebruik van kondome by die kongres:))
Blykbaar is die kongresgangers onsettend besig, en die 2000 kondome wat in
die voorportaal van die DF Malangebou beskikbaar gestel is ( toegedraai in
foelie met 'n hulplynnommer op die een kant gedruk en op die ander kant "for
state use only") is voor 12 almal opgeraap.
Daar is 3000 kongresgangers, dus kan mens aanneem dat daar alweer
ondervoorsiening plaasgevind het;))
Ten spyte van die antirook wetgewing, word rokery wel in die sale tydens
besprekings toegelaat - omdat sulke kongresse mense vreeslik senuweeagtig
kan maak, en blykbaar neem die ANC die rookkwessie meer ligtelik op as wat
ons sou wou glo, aangesien 'n stalletjie van een van die sigaretmaatskappye
reg langs die stalletjie van die dept van gesondheid opgerig is.
Dit maak nie vir hulle saak wie 'n stalletjie het nie, die wat kan en wil
betaal het 'n stalletjie.

Annette
Vorige onderwerp: Nuus 10/12
Volgende onderwerp: Nuus 8/1
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 21:40:20 MGT 2024