Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Van Wyk Louw en Afrikanernasionalisme?
Van Wyk Louw en Afrikanernasionalisme? [boodskap #71331] So, 05 Januarie 2003 12:44 na volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die Vlaamse literator, Luc Renders beskuldig NP van Wyk Louw daarvan dat hy
Afrikanernasionalisme ondersteun het, en dat hy nie sy geleenthede as
dramaturg gebruik het om die vorige bestel te kritiseer nie.

Dit is volgens 2 artikels wat in die "Beeld" van Dinsdag 31 Des 2002 verskyn
het. Die volledige teks van Renders se lesing verskyn op Litnet
www.mweb.co.za/litnet

Waar het Van Wyk Louw mbt apartheid gestaan - wonder mens? En waarom sou hy
Afrikanernasionalisme ondersteun het - wonder mens?
Re: Van Wyk Louw en Afrikanernasionalisme? [boodskap #71335 is 'n antwoord op boodskap #71331] So, 05 Januarie 2003 13:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Die Vlaamse literator, Luc Renders beskuldig NP van Wyk Louw daarvan dat hy
> Afrikanernasionalisme ondersteun het, en dat hy nie sy geleenthede as
> dramaturg gebruik het om die vorige bestel te kritiseer nie.

Uiteindelik begin mense nou vir NP van Wyk
Louw in perspektief sien. Te lank was hy die
heilige koei wat niks verkeerd kon doen nie.
Hy is myns insiens nie so 'n goeie digter soos
D.J. Opperman was nie. Op die oomblik kritiseer
hulle hom net oor sy politiek. Maar hulle moet
ook sy stilistiek kritiseer. Hy het wel baie
baie goeie gedigte geskryf, maar daar is ook
hope snert in sy oeuvre.

Gloudina
Re: Van Wyk Louw en Afrikanernasionalisme? [boodskap #71336 is 'n antwoord op boodskap #71331] So, 05 Januarie 2003 13:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Die Vlaamse literator, Luc Renders beskuldig NP van Wyk Louw daarvan dat hy
> Afrikanernasionalisme ondersteun het, en dat hy nie sy geleenthede as
> dramaturg gebruik het om die vorige bestel te kritiseer nie.

Ek dink egter nie dat Luc Renders as kritikus
die reg het om vir NP van Wyk Louw te kritiseer
oor sy politiek nie. Dit was sy reg om te staan
waar hy wou. Nie alleen was NP 'n aktiewe
Broederbonder nie. Maar so was Opperman ook. Maar
wanneer Opperman sy pen op die papier gesit het,
het hy diepindringende dinge oor Suid-Afrika gesê.
Veral in "Joernaal van Jorik." My private opinie
is egter dat, soos apartheid meer en meer siek
geword het, Opperman dieper en dieper in die bottel
gekyk het en stiller en stiller geword het.

Gloudina
Re: Van Wyk Louw en Afrikanernasionalisme? [boodskap #71337 is 'n antwoord op boodskap #71331] So, 05 Januarie 2003 14:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Waar het Van Wyk Louw mbt apartheid gestaan - wonder mens? En waarom sou hy
> Afrikanernasionalisme ondersteun het - wonder mens?

Jy behoort die twee volumes van J.C. Steyn se
biografie oor NP te lees, as jy in hierdie
onderwerp belang stel. Van Wyk Louw het 'n
giftige haat teenoor die Smuts bewind gehad,
en was 'n baie aktiewe Broederbonder. Maar
gou-gou na 1948, toe die Nasionale Party aan
bewind gekom het, het hy begin sien dat dinge
nie so edel en lofwaardig is nie. En toe
Verwoerd aan die bewind kom, het daar 'n kleine
oorlog tussen die twee uitgebreek. Verwoerd het
NP daarvan beskuldig dat hy nie sy talent gebruik
om die Afrikaner se nasionalistiese strewe te
besing nie.

Gloudina
Re: Van Wyk Louw en Afrikanernasionalisme? [boodskap #71341 is 'n antwoord op boodskap #71337] So, 05 Januarie 2003 14:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die rede waarom ek die geval van Van Wyk Louw aanhaal is bloot omdat hy
alleen verteenwoordigend van sy tyd en tydgenote is - ten spyte van sy
besondere intellek.
Waarom hy op hierdie tydstip gekritiseer word verstaan ek nie so mooi nie -
"hindsight"...

skryf in boodskap news:3E183F34.9010309@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>
>> Waar het Van Wyk Louw mbt apartheid gestaan - wonder mens? En waarom sou hy
>> Afrikanernasionalisme ondersteun het - wonder mens?
>
>
> Jy behoort die twee volumes van J.C. Steyn se
> biografie oor NP te lees, as jy in hierdie
> onderwerp belang stel. Van Wyk Louw het 'n
> giftige haat teenoor die Smuts bewind gehad,
> en was 'n baie aktiewe Broederbonder. Maar
> gou-gou na 1948, toe die Nasionale Party aan
> bewind gekom het, het hy begin sien dat dinge
> nie so edel en lofwaardig is nie. En toe
> Verwoerd aan die bewind kom, het daar 'n kleine
> oorlog tussen die twee uitgebreek. Verwoerd het
> NP daarvan beskuldig dat hy nie sy talent gebruik
> om die Afrikaner se nasionalistiese strewe te
> besing nie.
>
> Gloudina
>
Re: Van Wyk Louw en Afrikanernasionalisme? [boodskap #71344 is 'n antwoord op boodskap #71341] So, 05 Januarie 2003 15:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Die rede waarom ek die geval van Van Wyk Louw aanhaal is bloot omdat hy
> alleen verteenwoordigend van sy tyd en tydgenote is - ten spyte van sy
> besondere intellek.
> Waarom hy op hierdie tydstip gekritiseer word verstaan ek nie so mooi nie -

Ek kan nie verstaan wat jy bedoel as jy
sê dat "hy alleen verteenwoordigend van sy
tyd en tydgenote is.." Dis 'n baie
eienaardige stelling.
Ek dink dat die stuk oor hom in Litnet
'n baie indringende stuk is. Twee dinge wat
uitstaan: dat hy op sy eerlikste oor "volks-
wees" skryf wanneer hy nie oor die Afrikaanse
scene skryf nie, maar byvoorbeeld die Romeinse
Ryk, soos in Germanicus.
Ek dink ook dat die verklaring dat NP se
dramas oor Afrikanerwees en -wording nou amper
onuitvoerbaar is, omdat baie daarvan so gedateer
is, ook geldig is. Vergelyk daarnaas die gedigte
wat Leipoldt oor die lyding van die Anglo-Boereoorlog
geskryf het. Dit het nou nog trefkrag, is nou nog
geldig. Selfs vir iemand wat nie 'n Afrikaner is nie.

Gloudina
Re: Van Wyk Louw en Afrikanernasionalisme? [boodskap #71351 is 'n antwoord op boodskap #71344] So, 05 Januarie 2003 15:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

@rogers.com wrote:

>
> Jonas wrote:
>
>> Die rede waarom ek die geval van Van Wyk Louw aanhaal is bloot omdat hy
>> alleen verteenwoordigend van sy tyd en tydgenote is - ten spyte van sy
>> besondere intellek.
>
> Ek kan nie verstaan wat jy bedoel as jy
> sê dat "hy alleen verteenwoordigend van sy
> tyd en tydgenote is.." Dis 'n baie
> eienaardige stelling.

Ek het eers later besef wat jy bedoel.
Soos mens dit lees, klink dit asof jy sê
"he alone is representative of his times.."
Eintlik, dink ek, bedoel jy "he is only
representative of his times..." Ek dink
dus wat jy geskryf het, was anglisisties.
Eintlik moes jy gesê het: "hy was maar net
verteenwoordigend van sy tyd.."
Hy was natuurlik NIE verteenwoordigend
van sy tyd nie. Daar was baie Afrikaners wat
nie die eng nasionalistiese standpunte ingeneem
het wat hy ingeneem het nie. DIS die een groot
feit wat die deursnee Afrikaner in die gesig moet
staar: dat hulle deur 'n sekere groep Afrikaners
"gehoodwink" is vir dekades en dekades. En dat
hulle gelei is op 'n pad wat meer en meer goddeloos
geword het, hoe langer dit geduur het.

Gloudina
Re: Van Wyk Louw en Afrikanernasionalisme? [boodskap #71353 is 'n antwoord op boodskap #71331] So, 05 Januarie 2003 15:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gaan hulle nou al sy boeke verbrand en al sy bates wat hy aan sy erfgename
nagelaat het konfiskeer?
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:3e1828d4$0$237@hades.is.co.za...
> Die Vlaamse literator, Luc Renders beskuldig NP van Wyk Louw daarvan dat hy
> Afrikanernasionalisme ondersteun het, en dat hy nie sy geleenthede as
> dramaturg gebruik het om die vorige bestel te kritiseer nie.
>
> Dit is volgens 2 artikels wat in die "Beeld" van Dinsdag 31 Des 2002 verskyn
> het. Die volledige teks van Renders se lesing verskyn op Litnet -
> www.mweb.co.za/litnet
>
> Waar het Van Wyk Louw mbt apartheid gestaan - wonder mens? En waarom sou hy
> Afrikanernasionalisme ondersteun het - wonder mens?
>
Re: Van Wyk Louw en Afrikanernasionalisme? [boodskap #71359 is 'n antwoord op boodskap #71337] So, 05 Januarie 2003 16:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Shame, arme ou NP kan ook nie wen nie :))

Elaine

wrote:

Verwoerd het
> NP daarvan beskuldig dat hy nie sy talent gebruik
> om die Afrikaner se nasionalistiese strewe te
> besing nie.
>
> Gloudina
>
Re: Van Wyk Louw en Afrikanernasionalisme? [boodskap #71361 is 'n antwoord op boodskap #71359] So, 05 Januarie 2003 16:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:)))) Hy is dood voordat hy NNP kon word, dis hoekom:))
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3e185bf3.0@news1.mweb.co.za...
> Shame, arme ou NP kan ook nie wen nie :))
>
> Elaine
>
> wrote:
>
> Verwoerd het
>> NP daarvan beskuldig dat hy nie sy talent gebruik
>> om die Afrikaner se nasionalistiese strewe te
>> besing nie.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Van Wyk Louw en Afrikanernasionalisme? [boodskap #71365 is 'n antwoord op boodskap #71351] So, 05 Januarie 2003 17:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die "hoodwink" idee klink goed - maar ek glo dit nie. Dit sou 'n sameswering
impliseer - wat bog is.
Die politieke situasie wat beheer moes word was ietwat meer gekompliseerd
gewees waarin die onderskeie rolspelers gegroei en verander het.
Ook, ek dink te min krediet word gegee aan die ouens wat apartheid of
afsonderlike ontwikkeling voorgestaan het.

skryf in boodskap news:3E1856A0.5040501@rogers.com...
>
> @rogers.com wrote:
>
>>
>> Jonas wrote:
>>
>>> Die rede waarom ek die geval van Van Wyk Louw aanhaal is bloot omdat hy
>>> alleen verteenwoordigend van sy tyd en tydgenote is - ten spyte van sy
>>> besondere intellek.
>>
>> Ek kan nie verstaan wat jy bedoel as jy
>> sê dat "hy alleen verteenwoordigend van sy
>> tyd en tydgenote is.." Dis 'n baie
>> eienaardige stelling.
>
>
> Ek het eers later besef wat jy bedoel.
> Soos mens dit lees, klink dit asof jy sê
> "he alone is representative of his times.."
> Eintlik, dink ek, bedoel jy "he is only
> representative of his times..." Ek dink
> dus wat jy geskryf het, was anglisisties.
> Eintlik moes jy gesê het: "hy was maar net
> verteenwoordigend van sy tyd.."
> Hy was natuurlik NIE verteenwoordigend
> van sy tyd nie. Daar was baie Afrikaners wat
> nie die eng nasionalistiese standpunte ingeneem
> het wat hy ingeneem het nie. DIS die een groot
> feit wat die deursnee Afrikaner in die gesig moet
> staar: dat hulle deur 'n sekere groep Afrikaners
> "gehoodwink" is vir dekades en dekades. En dat
> hulle gelei is op 'n pad wat meer en meer goddeloos
> geword het, hoe langer dit geduur het.
>
> Gloudina
>
Re: Van Wyk Louw en Afrikanernasionalisme? [boodskap #71373 is 'n antwoord op boodskap #71351] Ma, 06 Januarie 2003 01:16 Na vorige boodskap
Joe[1]  is tans af-lyn  Joe[1]
Boodskappe: 36
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Volle Lid
...en verder is daar nie klagtes nie................

skryf in boodskap news:3E1856A0.5040501@rogers.com...
>
> @rogers.com wrote:
>
>>
>> Jonas wrote:
>>
>>> Die rede waarom ek die geval van Van Wyk Louw aanhaal is bloot omdat hy
>>> alleen verteenwoordigend van sy tyd en tydgenote is - ten spyte van sy
>>> besondere intellek.
>>
>> Ek kan nie verstaan wat jy bedoel as jy
>> sê dat "hy alleen verteenwoordigend van sy
>> tyd en tydgenote is.." Dis 'n baie
>> eienaardige stelling.
>
>
> Ek het eers later besef wat jy bedoel.
> Soos mens dit lees, klink dit asof jy sê
> "he alone is representative of his times.."
> Eintlik, dink ek, bedoel jy "he is only
> representative of his times..." Ek dink
> dus wat jy geskryf het, was anglisisties.
> Eintlik moes jy gesê het: "hy was maar net
> verteenwoordigend van sy tyd.."
> Hy was natuurlik NIE verteenwoordigend
> van sy tyd nie. Daar was baie Afrikaners wat
> nie die eng nasionalistiese standpunte ingeneem
> het wat hy ingeneem het nie. DIS die een groot
> feit wat die deursnee Afrikaner in die gesig moet
> staar: dat hulle deur 'n sekere groep Afrikaners
> "gehoodwink" is vir dekades en dekades. En dat
> hulle gelei is op 'n pad wat meer en meer goddeloos
> geword het, hoe langer dit geduur het.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Wat was?
Volgende onderwerp: Anoniem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jul 05 03:35:16 MGT 2024