Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Anoniem
Anoniem [boodskap #71374] Ma, 06 Januarie 2003 01:42
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Anoniem

Die wit sakdoek se punt
o die wit sakdoek se punt
hoe nader aan die berge toe
hoe koeler waai die wind

*

Die kelkie sonder voet
o die kelkie sonder voet
daar's 'n glimlag oor my lippe
maar ek huil in my gemoed

*

Ma se kind se kaaskopkind
skrams gebore in die oosterwind
deurtrek deur die suur asyn
droog geword in maneskyn.

*

Haar'e ogies waarlik blou
Haar'e mondjie suiker soet
Saam geslaap onder een karos
Middernag na die Kaap gedros.

*

Hy's krom van hout maar hy heb geen fout
sy bessies is rond maar regte gesond
ek eet hom ook graag hy's goed vir die maag
en hy groei hier rond op Afrika's grond.

*

Om die nekkie gegrepe
oor die pensie gestreke
o alle deugde
uit die gaatjie kom vreugde.

*

Skiet die pou
so hou vir hou
dat sy gatveer
vou.

*

Die apie hang in die moerbeiboom
doodgeneuk met 'n donkietoom
'n stukkie van sy ribbetjie steek uit sy lyf
sy koppietjie die bewe maar sy pieletjie staan styf.

*

Die soetlemoen se smaak
ek wonder wat my bokkie
in die heiveld wil gaan maak.

*

Die botteltjie tierlaton
Die botteltjie tierlaton,
Die Boveld se bokkies lê
Met 'l holletjies teen 'ie son.

*

Ek het vir jou gewag
die hele liewe nag
en toe ek gaan slaap het
toe was dit helder dag.

*

Die Kaapse Parlemint
die Kaapse Parlemint
wees dan tog genadig vir
'n arme hotnotskjint.

*

Al woon my bokkie nog so ver
al woon my bokkie nog so ver
al woon my bokkie nog so ver
dan troos ek my aan die môrester.

*

Die ringetjie kos 'n pond
Die ringetjie kos 'n pond
Die ringetjie kos 'n pond
Maar my bokkie is verstrond.

*

Die ryp tamatie
die ryp tamatie.
Die Here weet alleen
ek het nog niks gehad nie.

*

Hotnotsgod die bid
hotnotsgod die bid
hoekom is die kombuismeidjie
se kinners dan so wit.

*

Die blou berg moet ek oor
o die blou berg moet ek oor
die blou berg moet ek oor
want die liefde lê daar voor.

*

Die skoen se neusie
o die skoen se neusie
die tye wat gewees het
sal nooit weer wesie.

*

Ella my kind
jy sal verniet jou voete verslyt
want die nadroejakkals
het jou ghantang doodgebyt.

*

Die rooi lappieskombers,
o die rooi lappieskombers.
Die droefheid en die trane
by die uitsit van die kers.
*

My vader het 'n huis.
In die huis is 'n kamer
In die kamer is 'n kas
In die kas is 'n laai,
In die laai is 'n brief,
In die brief staan geskrywe:
Jan Kalintjie hoenderdief.

*

Rokkies wil sy dra,
Maar niemand kyk daarna,
En almal staan versla,
Oor sy die rokkies dra.
Oom Jannie se Mama, goggabie, goggabie, goggabie,
Oom Jannie se mama, goggabie,
Mooi was sy maar lelik nie.

*

2. Di pêrde is ma'er,
Di pad is swaar;
Baing jongkêrels fry oek daar!

*

Jy kan maar sê
Wat jy wil sê;
Di rooiwang-nôintji wil ek hê!
3. Haar ma kan praat,
Haar pa kan slaan;
Mar ek sal haar tog nooit laat staan;
Ek sal haar swaai
Dat linte waai,
En ni stop foor di haan eers kraai.
4. Oompi, oompi, dit is waar,
Sonder 'n nôintji is alte swaar.
Di blou oge
En faal hare,
Di is (die) nôintji wat ek graag wil hê.
Ek wil haar hê
En ek sal haar kryl
As ek mar net na haar gaan fry!
5. Myn niggi, niggi, sê tog ja:
Di Rooi span osse en bokwa,
Daarmé sal ons twé kerk toe ry,
As ek mar net fer jou kan kry!

*

Ou tante Kowa was 'n snaakse ou wyf,
Vra jy haar koffie dan gee sy vir jou snuif.
Ou tante Kowa met haar wynkalbas,
Sy knyp die viool tussen haar tone vas.
Ou tante Kowa sy staat en loer,
Sy skink haar koffie die ene moer.
Ou tante Kowa sy was so dom,
Sy roer haar koffie met haar groot toon om.

Ou tante Kowa sy was so bly,
Sy het gedink sy sal my vir 'n skoonseun kry.
Ou tante Kowa kom die bult daaraf,
Met 'n emmer turksvye op haar kop
op 'n stywe draf.
Ou tante Kowa maak oop jou deur!
Die wilde bobbejaan het my broek geskeur.

*

Die arme boer

Die sprinkhaan en die droogte
Is swaar op onse land
En wat van ons sal worde
Is bowe mij verstand.
Ons skape het die brandsiek,
Ons koren het die roes,
Die beeste krij rooiwater,
Die pêrde vrek van droes.
Die geld is oek so danig skars,
Die koffie word so duur,
Die vreemde Banke raak ons baas,
Die intres vreet so's vuur.

Laas rij ek na neef Pieter.
Hij vra: ,,Waar gaat dit heen?"
Ek sé: ,,Ek kom na jou toe
,,'n Bietjie geld te leen".
Hij sê: ,,Mij lieve kerel,
,,Die ding is op 'n end:
,,Die bank die het mij opgedruk,
,,Mij boedel 's insolvent".
Toe kom ik bij Oom Kootjie.
Hij vra oek waar ek rij.
Ek sê: ,,Ek kom na oom toe,
,,Ek kom jou dogter vrij".
Hij vra mij, wat ver goed ek het,
En hoeveel skaap en vee?
Ek sê: ,,Twaalf skape en één koei".
Toe sê hij sommar ,,Neel"
,,Nee, kerel, nee! jou kerk is uit,
,,Mij dogter 's nie ver jou;
,,Net maar twaalf skape en één koei,
,,En dan praat jij nog van trou!"
Ja, - die sprinkhaan en die droogte
Is swaar op onse land.
En wat van ons moet worde
Is bowe mij verstand.
Vorige onderwerp: Van Wyk Louw en Afrikanernasionalisme?
Volgende onderwerp: Trug!!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 08:20:30 MGT 2024