Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » " Skoppensboer " deur EUGENE MARAIS
" Skoppensboer " deur EUGENE MARAIS [boodskap #69588] Wo, 27 November 2002 16:17 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Skoppensboer
Eugene Marais

1.

'n Druppel gal is in die soetste wyn;
'n traan is op elk' vrolik' snaar,
in elke lag 'n sug van pyn,
in elke roos 'n dowwe blaar.
Die een wat deur die nag
ons pret beloer
en laaste lag
is Skoppensboer.

11.

Gewis en seker is die woord:
die skatte wat ons opvergaar,
ondanks die sterkste slot en koord
word net vir mot en roes bewaar.
Net pagters ons
van stof en dons
om oor te voer
aan Skoppensboer.

111.

Die heerlikheid van vlees en bloed;
die hare wat die sonlig vang
en weergee in 'n goue gloed:
die dagbreek op elk' sagte wang
en oge vol van sterreprag
is weerloos teen sy groter mag.
Alreeds begint die rimpel sny;
oor alles hou die wurm wag
en stof en as is al wat bly:
Want swart en droef,
die hoogste troef
oor ál wat roer
is Skoppensboer.

IV
L'Envoi

Gewis is alles net 'n grap!
Ons speel in die komedie mee
geblinddoek deur 'n lamfer-lap
wat selfs die son 'n skadu gee.
Wat treur ons tog?
Viool en fluit maak nog geluid;
en lank die nag wat voorlê nog.
Al kan ons nooit volmaaktheid raak,
nog blink die oog en gloei die huid
wat heel die winter blomtyd maak.
Dus onverlee
lag ons maar mee
met elke toer
van Skoppensboer!
Re: " Skoppensboer " deur EUGENE MARAIS [boodskap #69605 is 'n antwoord op boodskap #69588] Wo, 27 November 2002 21:36 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Baie Dankie

skryf in boodskap news:3DE4F0F7.8070308@rogers.com...
> Skoppensboer
> Eugene Marais
Vorige onderwerp: hou den bek
Volgende onderwerp: Wie het?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 05:15:04 MGT 2024