Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » hou den bek
hou den bek [boodskap #69492] Di, 26 November 2002 18:29 na volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
nee, ek praat nie met jou nie DD, ek praat met ons slim mense op die
ng. .......... heheheh ......
Ok. Die plaas Hou den Bek is in die Koue Bokveld. Lui die naam 'n
klokkie by die mense wat belangstel in skrywers/digters. Drom, Danie
het vroeër vanaand hier by my staan en gesels en gesê ek moet mense op
die ng. vra. Nou vra ek jou en andere. Thys?
Re: hou den bek [boodskap #69503 is 'n antwoord op boodskap #69492] Di, 26 November 2002 20:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" skryf in boodskap news:as0el4$cbv$2@ctb-nnrp2.saix.net...
nee, ek praat nie met jou nie DD, ek praat met ons slim mense op die
ng. .......... heheheh ......
Ok. Die plaas Hou den Bek is in die Koue Bokveld. Lui die naam 'n
klokkie by die mense wat belangstel in skrywers/digters. Drom, Danie
het vroeër vanaand hier by my staan en gesels en gesê ek moet mense op
die ng. vra. Nou vra ek jou en andere. Thys?

Wouter
Houd-den-bek is die titel van een van Andre P Brink se boeke uit
die 80's. As ek reg onthou gaan dit oor wit en bruin seuns op 'n
plaas met dieselfde naam, maar daarvan is ek nie heeltemaal
seker nie.
Re: hou den bek [boodskap #69541 is 'n antwoord op boodskap #69503] Wo, 27 November 2002 07:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Tobie
Drom, Danie het vroeër vanaand hier by my staan en gesels en gesê ek
moet mense op die ng. vra. Nou vra ek jou en andere.

Wouter
Houd-den-bek is die titel van een van Andre P Brink se boeke uit
die 80's. As ek reg onthou gaan dit oor wit en bruin seuns op 'n
plaas met dieselfde naam, maar daarvan is ek nie heeltemaal
seker nie.

Drom
Ja, ek weet ook net van Brink se boek alhoewel ek dit nie self gelees
het nie.
Google sê daar was in 1825 'n slawe opstand wat op die plaas Hou den
bek uitgebreek het onder die leiding van ene Galant. Dis onderdruk in
die Ceres omgewing, so mens kan seker aanneem dat die plaas daar rond
is.
Re: hou den bek [boodskap #69580 is 'n antwoord op boodskap #69541] Wo, 27 November 2002 13:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Drom wrote:

> Google sê daar was in 1825 'n slawe opstand wat op die plaas Hou den
> bek uitgebreek het onder die leiding van ene Galant. Dis onderdruk in
> die Ceres omgewing, so mens kan seker aanneem dat die plaas daar rond
> is.

Die plaas se naam word "Houd-den-Bek"
gespel. Die plaas was in die Koue
Bokkeveld. ( Is Ceres in die Koue
Bokkeveld?)
Ek het die boek lank gelede in Afrikaans
gelees. Maar snaaks genoeg, die eksemplaar
wat ek vanoggend gebruik, het Andre Brink se
handtekening voorin. Die boek is aan ons gegee
deur Hans Jongman, van Hollandse oorsprong, wat
ons by 'n Haiku konferensie in Toronto ontmoet
het. Hy het die handtekening by Andre Brink
gekry toe laasgenoemde die Toronto International
Writer's Festival bygewoon het, seker om uit 'n
boek van hom voor te lees.
Ek wonder, wat was die boek se Afrikaanse
titel. Ek kan dit nie onthou nie. Die Engelse
titel is "A chain of voices."

Gloudina
Re: hou den bek [boodskap #69584 is 'n antwoord op boodskap #69580] Wo, 27 November 2002 15:38 Na vorige boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Google sê daar was in 1825 'n slawe opstand wat op die plaas Hou den
> bek uitgebreek het onder die leiding van ene Galant. Dis onderdruk in
> die Ceres omgewing, so mens kan seker aanneem dat die plaas daar rond
> is.

Gloudina
Die plaas se naam word "Houd-den-Bek"
gespel. Die plaas was in die Koue
Bokkeveld. ( Is Ceres in die Koue
Bokkeveld?) ........
Ek wonder, wat was die boek se Afrikaanse
titel. Ek kan dit nie onthou nie. Die Engelse
titel is "A chain of voices."

Wouter
Ek het mos reeds gesê. Dis "Houd-den-bek"
Ceres is nie in die Koue Bokkeveld nie, dis wel die naaste groot dorp
daaraan
Vorige onderwerp: Wat help dit?
Volgende onderwerp: " Skoppensboer " deur EUGENE MARAIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 14:33:09 MGT 2024