Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat help dit?
Re: Wat help dit? [boodskap #69173 is 'n antwoord op boodskap #69148] Vr, 22 November 2002 00:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy't my pos uitgesny. Ek het gesê ek was baie meer geheg aan my pa en het
dus meer by hom geleer! Dis anycase nie ek wat so sê nie, maar die slimkop
sielkundiges wat die goed sit en uitdink om hulle geld te maak.

"DD" wrote
>
> Stry jy nog dat jy blond is Elaine:-)
>
> DD
>
Re: Wat help dit? [boodskap #69175 is 'n antwoord op boodskap #69148] Vr, 22 November 2002 00:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja beslis is ek nie blond nie, was nog nooit gewees nie. Ek moes my
antwoord afkort nou-nou - lees die nuwe pos wat ek vir Ferdi gegee het.

Elaine

"DD" wrote:
>
> Stry jy nog dat jy blond is Elaine:-)
>
> DD
>
Re: Pa's en Ma's [boodskap #69176 is 'n antwoord op boodskap #69113] Vr, 22 November 2002 00:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" wrote

> Is dit omdat vrouens in terme van hul "gender" rol maar net eenvoudig
> minder mag en invloed het?

Ek het nie vroeër tyd gehad om jou beter te antwoord nie.

Ek het nie gesê dat 'n ma minder sterk is nie! Ek het ook nie gesê by
"kinders" nie. Ek het spesifiek van seuns gepraat. Moenie my woorde
verdraai nie.

Ek het gesê dat 'n seun wel geneig is om 'n pa se voorbeeld te volg. M.A.W
hy's 'n groot figuur in die optrede van sy seun. Ek sal dit weereens
herhaal. 'n Seun wat in 'n huis grootword, waar sy ma deur sy pa aangerand
word, staan 'n groot kans om self sy eie vrou te slaan. Juis omdat hy so
grootword, en dit sy pa se voorbeeld was, dink hy dis hoe dinge gedoen word.
Verder is 'n meisiekind geneig om met so 'n man te trou. DINK TOG AAN DIE
HUIS WAARUIT HIERDIE KINDERS KOM. 'n Vrou wat aangerand word is geneig om
'n lae selfbeeld te hê. Sy's miskien nie 'n swakkeling nie, maar haar man
laat haar dink sy is. Na jare van sulke behandeling begin die vrou in elk
geval dink dat dit is maar hoe dinge is, en dat dit haar skuld is as haar
man haar slaan. Die meiskind kry dan die "que" van haar ma af, dat dit is
hoe huwelik is. As sy self met so man trou, dink sy niks snaaks daarvan
nie.

Dis ongelukkig hoe dit gaan, maar die ma is veronderstel om die sterk een in
so verhouding te wees en dan haar goed te vat en te waai, vir haarself en
haar kinders. Daar is wel seuns en dogters wat nie so uitdraai nie - juis
oor 'n sterk ma wat hulle grootmaak om nie so te wees nie.

So ek sê weer. 'n Kind (en veral seuns) wat 'n geweldadige pa het, staan
self 'n kans om geweldadig te wees wanneer hulle groot is.

My vriendin het 'n seuntjie wat sonder 'n pa grootword. Dit kind is nou 2
jaar oud, en dis die jare wat die fondasie gelê word. Die arme kind is
heeltemal verward omdat hy nie 'n prominente vader figuur in sy lewe het
nie. Elke keer as hulle hier kom soek die seun net my man, en moet my man
met hom speel en drukkies gee en te kere gaan. Wanneer hy hier is, wil hy
niks met sy ma of my te doen hê nie, hy soek net die oom. My vriendin is nie
'n slegte ma nie, haar seun het net 'n man in sy lewe nodig wat vir hom 'n
voorbeeld kan stel.

My ma is nie 'n minder sterk figuur in my lewe nie, en ek's seker sy was ook
nie in joune nie.

Groete
Elaine
Re: Wat help dit? [boodskap #69179 is 'n antwoord op boodskap #69015] Vr, 22 November 2002 01:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 22 Nov 2002 10:53:39 +0200, "Elaine" wrote:

> Miskien is dit net ek, maar laas toe ek gekyk het was werkloosheid nogal 'n
> probleem in hierdie land. Buitendien, 'n goeie prostituut maak meer geld,
> as 'n tandarts deesdae.

So hoe weet jy hoeveel 'n goeie prostituut maak?

En was IS 'n "goeie" prostituut?

Wat werkloosheid betref - is een van die fredes vir werkloosheid nie
'n gebrek aan vaardighede nie?

Besides, hoekom word mense prostitute?

Iemand op 'n ander groep wat soms met sulke mense werk, het in een
bespreking gese in haar ondervinding word vrouens om veral twee redes
prostitute - omdat hulle 'n dwelm-probleem het of omdat hulle te lui
is en verkies om maklik geld te maak.
Re: Oranië [boodskap #69183 is 'n antwoord op boodskap #69164] Vr, 22 November 2002 03:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
> "@rogers.com" wrote:
> Ek wonder of daar ook fiddleheads
> in die Oranje is.

Dalk sal Drom weet? Ek sien die botaniese naam vir die spesifieke
varing is Matteuccia struthiopteris.

Hier is 'n oulike skakel oor hierdie fiddleheads as iemand dalk wil
sien hoe dit lyk:
http://www.ontariowildflower.com/fern.htm#fernostrich

en resepte by:
http://www.wild-harvest.com/pages/fiddlehead.htm

Heel interessant vir my is die feit dat volgens my Amerikaanse
woordeboek, is 'n fiddlehead dieselfde as 'n 'crosier' of 'crozier' -
"Middle English croser, from Old French crossier, staff bearer
(influenced by croisier, one who bears a cross), from crosse, crosier,
of Germanic origin.]"

En daar is mens dalk sommer alweer terug by die moontlike simboliese
betekenis van Oranië se embleempie. Die vaandeldraers (staff bearers)
van die boerevolk/nasie?

Maar ek dink nogsteeds dat hulle simboliek onwetend geleen het by die
Kelte en ander "pagan" groepe waar die spiraal 'n definitiewe
betekenis het. Nes die Neo-Nazi's en ander ver-regses gedoen het met
die swastika.
Re: Wat help dit? [boodskap #69185 is 'n antwoord op boodskap #69015] Vr, 22 November 2002 03:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 22 Nov 2002 13:08:40 +0100, "emmy" wrote:

Makkelijk geld maken????? Lui???
> Heb je wel eens verdiept in de prostitutie? Heel hard en wreed betstaan daar
> kies je niet voor ( een enkele misschien )
> daar rol je in..door je situatie en dat geld voor 99%
>
> grt emmy

Praat jy nou van Holland of van Suid-Afrika?
Re: Wat help dit? [boodskap #69186 is 'n antwoord op boodskap #69015] Vr, 22 November 2002 03:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 22 Nov 2002 14:33:07 +0200, "Elaine" wrote:

> Ja, maar dis nie die hoofrede nie. Die grootste rede is die swak
ekonomie.

So, hoekom was daar in die dae van wit Affrirmative Action, 'n sterk
ekonomie en werk vir enige witmens in Johannesburg steeds so baie wit
protitute in Jhb?

Ja en ek sien al hoe werk jy vir R1200 per maand? Baie vroue raak
eers
> verslaaf aan dwelms nadat hulle die besigheid betree het. Juis a.g.v.d aard
> van die besigheid probeer hulle die pyn verdoof deur dwelms en drank te
> misbruik.

Hoekom hou hulle dan nie op nie - met protitusie.

Bietjie soos my vriend Rieme wat gese het hy drink sodat hy kan
vergeet. As jy dan vra "wat te vergeet?" dan sê hy "kan nie onthou
nie..."

By the way, ek neem aan jy verdedig ook manlike prostitute met
dieselfde passie? Hulle is ingesluit in al jou argumente hier?

Ook swart manlike prostitute...?
Re: Wat help dit? [boodskap #69187 is 'n antwoord op boodskap #69015] Vr, 22 November 2002 04:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 22 Nov 2002 15:52:12 +0200, "Elaine" wrote:

> "Ferdi Greyling" wrote:

>> So, hoekom was daar in die dae van wit Affrirmative Action, 'n sterk
>> ekonomie en werk vir enige witmens in Johannesburg steeds so baie wit
>> protitute in Jhb?
> Wat kon baie vrouens doen in daai jare as hulle man dood is, en hulle en vir
> sê 10 jaar lank nie gewerk nie? Of as haar man haar los, of as hy sy werk
> verloor het. Dis dieselfde rede as nou - en die ekonomie was nie so sterk
> soos wat almal gemaak is om te glo nie.

Sorry. Die een koop ek nie.

> Ja, hoekom sal ek nie? Dis nog moeiliker vir 'n wit man om werk te
kry deesdae.

So, is daar dan vandag meer wit manlike prostitute as wit vroulike
prostitute?
Re: Pa's en Ma's [boodskap #69191 is 'n antwoord op boodskap #69176] Vr, 22 November 2002 07:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Elaine aan Ferdi
My ma is nie 'n minder sterk figuur in my lewe nie, en ek's seker
sy was ook nie in joune nie.

Wouter
Haai Elaine, ek het nie geweet Ferdi het jou ma geken nie....
Re: Orani [boodskap #69194 is 'n antwoord op boodskap #69183] Vr, 22 November 2002 08:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf in boodskap news:...
>> "@rogers.com" wrote:
>> Ek wonder of daar ook fiddleheads
>> in die Oranje is.
>
> Dalk sal Drom weet?

Nee, hy weet niks daarvan nie en die plaaslike Tuinboukundige is nie
vandag hier om te help nie.

Oor die simboliek: 'n Voormalige kollega woon daar en ek het hom nou
net gebel. Hy sê daar is geen 'duistere motiewe' nie, dit dui maar net
op 'groei uit 'n vrugbare aarde." Kyk na die blaartjie op die spiraal.

En terwyl ek nou hier is wil ek sommer Gloudina se vrae ook antwoord
(sorry Wouter as jy dir alreeds gedoen het!): Oranië lê aan die Gariep
halfpad tussen Hopetown en Petrusville. Oorspronklik het dit bestaan
uit 'n klomp 'prefab' huise vir die mense wat die Vanderkloof dam
gebou het. Na die werk klaar was is die dorp ontruim.

Hoër op teen die Gariep, tussen Norvalspont en Venterstad, kry mens
ook nog die dorpies Gariepdam (voorheen Oranjekrag) en Oviston (van
Oranje-Vis tonnel), wat beide permanente inwoners het maar ook heelwat
vakansie huise. Van die vierde soorgelyke plek(halfpad tussen
Venterstad en Steynsburg), waar die tonnel werkers gewoon het, is nog
net die fondamente oor.

Drom

Net nog iets: Oranië is die SA dorp met by verre die hoogste
gemiddelde akademiese kwalifikasies onder sy mense. Omtrent al die
volwassenes het na-skoolse opleiding waarvan die meeste na-graads is.
Re: Wat help dit? [boodskap #69195 is 'n antwoord op boodskap #69170] Vr, 22 November 2002 08:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Miskien is dit net ek, maar laas toe ek gekyk het was werkloosheid nogal 'n
probleem in hierdie land. Buitendien, 'n goeie prostituut maak meer geld,
as 'n tandarts deesdae.

Elaine

"Ferdi Greyling" wrote:

Hoekom word daar nie eerder moeite gedoen om die mense 'n vaardigheid
te leer dat hulle 'n ander soort werk kan doen nie?
Re: Pa's en Ma's [boodskap #69196 is 'n antwoord op boodskap #69191] Vr, 22 November 2002 08:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
roflmao - okay, my verkeerd uitgedruk!

"Wouter Plaasvark" wrote:

> Wouter
> Haai Elaine, ek het nie geweet Ferdi het jou ma geken nie....
>
>
Re: Wat help dit? [boodskap #69200 is 'n antwoord op boodskap #69170] Vr, 22 November 2002 11:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling"

> Hoekom word daar nie eerder moeite gedoen om die mense 'n vaardigheid
> te leer dat hulle 'n ander soort werk kan doen nie?

En waar moeten dan hun klanten naar toe..?
Als er geen klanten waren was er geen prostitutie.. want ik denk dat er maar
weinig meisjes/jongens zijn die dat
beroep graag doen..
Ze doen/moeten het dikwijls doen vanuit een uiterst desperate situatie...
grt emmy
Re: Wat help dit? [boodskap #69201 is 'n antwoord op boodskap #69179] Vr, 22 November 2002 12:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:3de98ea8.15293926@news.saix.co.za...
> On Fri, 22 Nov 2002 10:53:39 +0200, "Elaine"
> wrote:
>
> <<>Miskien is dit net ek, maar laas toe ek gekyk het was werkloosheid nogal 'n
>> probleem in hierdie land. Buitendien, 'n goeie prostituut maak meer geld,
>> as 'n tandarts deesdae.
>
> So hoe weet jy hoeveel 'n goeie prostituut maak?
>
> En was IS 'n "goeie" prostituut?
>
> Wat werkloosheid betref - is een van die fredes vir werkloosheid nie
> 'n gebrek aan vaardighede nie?
>
> Besides, hoekom word mense prostitute?
>
> Iemand op 'n ander groep wat soms met sulke mense werk, het in een
> bespreking gese in haar ondervinding word vrouens om veral twee redes
> prostitute - omdat hulle 'n dwelm-probleem het of omdat hulle te lui
> is en verkies om maklik geld te maak.

Makkelijk geld maken????? Lui???
Heb je wel eens verdiept in de prostitutie? Heel hard en wreed betstaan daar
kies je niet voor ( een enkele misschien )
daar rol je in..door je situatie en dat geld voor 99%

grt emmy
Re: Wat help dit? [boodskap #69203 is 'n antwoord op boodskap #69179] Vr, 22 November 2002 12:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" wrote:
>
> So hoe weet jy hoeveel 'n goeie prostituut maak?
Omtrent so R1000 per uur :-) Ek's mos nie stupid nie, ek lees baie, en
praat met baie verskillende mense. So leer jy maar wat om jou aangaan.
Praat net een maal met 'n paartjie wat "swingers" is, en gebruik maak van
prostitute, dan vind jy gou-gou uit hoeveel hulle kos.

> En was IS 'n "goeie" prostituut?
Aangesien ek nou nie gebruik maak van haar dienste nie, sal ek nou nie vir
seker kan sê nie. Maar hulle is skoner en mooier as jou standaard Hillbrow
prosituut. Hulle gee seker goeie "blowjobs" en dies meer. Miskien weet sy
hoe om 'n sweep net reg te gebruik.

> Wat werkloosheid betref - is een van die fredes vir werkloosheid nie
> 'n gebrek aan vaardighede nie?
Ja, maar dis nie die hoofrede nie. Die grootste rede is die swak ekonomie.
Daar sit die mense in die vaal driehoek, almal sonder 'n inkomste (na die
krion skema), desperaat en werkloos. Baie van hulle soek werk en kry net
nie werk nie. Glo my, as ek jou sê dat sommige vaardighede net nie in
aanvraag is nie. Dan is daar nog die probleem dat werkgewers werkloosheid
uitbuit. Hoe sorg 'n vrou/man vir haar-/homself op R2500 per maand? 'n
Woonstel alleen gaan jou omtrent R800 per maand kos (in 'n minder goeie
buurt), en dan's daar nog die kwessie van vervoer en petrol. Dan moet hy/sy
nog kos koop, water en ligte betaal, heel moontlik 'n kind versorg, ens. Ek
self het vir amper 'n jaar werk gesoek nadat ek klaar geswat het. Ek was in
een jaar se tyd seker vir oor die 80 onderhoude en het my C.V. die hele
wêreld volgestuur. Die verskonings was gewoonlik oor- of onder
gekwalifiseer, te min ondervinding (nou hoe moes ek ondervinding kry?),
regstellende aksie posisies, ens. Die onderhoud houers se gunsteling vrae
was altyd of ek van plan is om binne vyf jaar te trou en kinders te kry (al
mag hulle nie die vrae vra nie), of ek 'n enkel ma is en vir kinders moet
sorg, ens.
As dit nie was dat ek ouers gehad het wat finansieel bygestaan het nie, sou
ek ook my lyf moes gaan smous. My kêrel het later vir my werk gereel by een
van sy vorige werkgewers. Ek werk nou saam met my man in sy besigheid.
Daar het ek ook geen keurse gehad nie, omdat my vorige werkgewer haar
besigheid toegemaak het.

Aanvaar dit nou maar - werk is skaars in SA, en partykeer het jy geen ander
keuse nie.

> Besides, hoekom word mense prostitute?
Desperasie, goeie geld, (somtyds) 'n dwelmprobleem.

> Iemand op 'n ander groep wat soms met sulke mense werk, het in een
> bespreking gese in haar ondervinding word vrouens om veral twee redes
> prostitute - omdat hulle 'n dwelm-probleem het of omdat hulle te lui
> is en verkies om maklik geld te maak.

Ja en ek sien al hoe werk jy vir R1200 per maand? Baie vroue raak eers
verslaaf aan dwelms nadat hulle die besigheid betree het. Juis a.g.v.d aard
van die besigheid probeer hulle die pyn verdoof deur dwelms en drank te
misbruik.

Groete
Elaine
Re: Wat help dit? [boodskap #69205 is 'n antwoord op boodskap #69179] Vr, 22 November 2002 12:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" wrote:
>
> Iemand op 'n ander groep wat soms met sulke mense werk, het in een
> bespreking gese in haar ondervinding word vrouens om veral twee redes
> prostitute - omdat hulle 'n dwelm-probleem het of omdat hulle te lui
> is en verkies om maklik geld te maak.

Probeer jy vir (gemiddeld) 8 ure op 'n dag op jou rug lê met jou bene oop.
Of om (gemiddeld) 8 verskillende mans se verskillende siek fantasies te help
waar word. Ek dink nie 'n prostituut is lui nie - inteendeel. Sy werk heel
moontlik harder as ons.

E
Re: Orani [boodskap #69206 is 'n antwoord op boodskap #69194] Vr, 22 November 2002 13:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Drom wrote:

> Oor die simboliek: 'n Voormalige kollega woon daar en ek het hom nou
> net gebel. Hy sê daar is geen 'duistere motiewe' nie, dit dui maar net
> op 'groei uit 'n vrugbare aarde." Kyk na die blaartjie op die spiraal.

O, dan was ek tog bietjie na aan die
merk met die raaiskoot. Miskien moet
jy vir jou vriend sê dat hulle simbool
net soos die fiddlehead lyk. Ek dink
dis 'n baie geskikte simboliek, veral
vir mense wat langs 'n groot rivier
woon en elke somer seker modderwater
sien as die rivier afkom. Die fiddle-
heads word in die Kanadese Maritimes
gepluk wanneer daar modderwater is
en die rivier hoog is. Dis die enigste
tyd wat die varing net aan die ontplooi
is en sag genoeg om te eet. 'n Mens
moet dan die fiddleheads gereeld nog
'n keer afwas, selfs al koop jy dit
alreeds gewas in die winkels, want daar
sit nog altyd goed aan wat dit in die
rivier opgetel het.

Gloudina
Re: Wat help dit? [boodskap #69208 is 'n antwoord op boodskap #69186] Vr, 22 November 2002 13:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" wrote:
>
> So, hoekom was daar in die dae van wit Affrirmative Action, 'n sterk
> ekonomie en werk vir enige witmens in Johannesburg steeds so baie wit
> protitute in Jhb?
Wat kon baie vrouens doen in daai jare as hulle man dood is, en hulle en vir
sê 10 jaar lank nie gewerk nie? Of as haar man haar los, of as hy sy werk
verloor het. Dis dieselfde rede as nou - en die ekonomie was nie so sterk
soos wat almal gemaak is om te glo nie.

> Hoekom hou hulle dan nie op nie - met protitusie.
Want teen die tyd is baie of hopeloos verslaaf, of hulle kan nie ander werk
kry nie, of hulle kan nie oor die weg kom met 'n salaris van R1200 per maand
nie. Onthou ook dat baie vrouens, soos ek bo genoem het, se mans hulle
skielik sal los, en as jy vir 'n jaar of meer uit die besigheidsmark was,
sal jy nie weer maklik werk kry nie.

> By the way, ek neem aan jy verdedig ook manlike prostitute met
dieselfde passie? Hulle is ingesluit in al jou argumente hier?
Ook swart manlike prostitute...?

Ja, hoekom sal ek nie? Dis nog moeiliker vir 'n wit man om werk te kry
deesdae. Ek weet nie van baie swart manlike prostitute nie, maar ek hoor
die wit seuns loop die hele Pretoria vol. "Rent Boys".
Re: Orania [boodskap #69209 is 'n antwoord op boodskap #69194] Vr, 22 November 2002 14:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Drom
En terwyl ek nou hier is wil ek sommer Gloudina se vrae ook antwoord
(sorry Wouter as jy dit alreeds gedoen het!): Oranié lê aan die Gariep
halfpad tussen Hopetown en Petrusville. Oorspronklik het dit bestaan
uit 'n klomp 'prefab' huise vir die mense wat die Vanderkloof dam
gebou het. Na die werk klaar was is die dorp ontruim.

Wouter
Dankie, Drom. Ek het geweet dis naby Petrusville. Was die "dorp"
nie eers as Vanderkloof(dam) bekend nie?

Drom
Net nog iets: Oranié is die SA dorp met by verre die hoogste
gemiddelde akademiese kwalifikasies onder sy mense. Omtrent al die
volwassenes het na-skoolse opleiding waarvan die meeste na-graads is.

Wouter
Dit klop met die profiel van die paar inwoners wat ek ontmoet het.
Interessant.
Re: Wat help dit? [boodskap #69211 is 'n antwoord op boodskap #69205] Vr, 22 November 2002 15:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Michelangelo het ook gesê die hardste wat hy nog gewerk het was toe hy op sy
rug was:))
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3dde24e7.0@news1.mweb.co.za...
>
> "Ferdi Greyling" wrote:
>>
>> Iemand op 'n ander groep wat soms met sulke mense werk, het in een
>> bespreking gese in haar ondervinding word vrouens om veral twee redes
>> prostitute - omdat hulle 'n dwelm-probleem het of omdat hulle te lui
>> is en verkies om maklik geld te maak.
>
> Probeer jy vir (gemiddeld) 8 ure op 'n dag op jou rug lê met jou bene oop.
> Of om (gemiddeld) 8 verskillende mans se verskillende siek fantasies te help
> waar word. Ek dink nie 'n prostituut is lui nie - inteendeel. Sy werk heel
> moontlik harder as ons.
>
> E
>
Re: Wat help dit? [boodskap #69213 is 'n antwoord op boodskap #69185] Vr, 22 November 2002 15:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:3ddea5e9.1741991@news.saix.co.za...
> On Fri, 22 Nov 2002 13:08:40 +0100, "emmy" wrote:
>
>
> Heb je wel eens verdiept in de prostitutie? Heel hard en wreed betstaan
daar
>> kies je niet voor ( een enkele misschien )
>> daar rol je in..door je situatie en dat geld voor 99%
>>
>> grt emmy
>
> Praat jy nou van Holland of van Suid-Afrika?

Elk land..

grt emmy
Re: Orani [boodskap #69214 is 'n antwoord op boodskap #69194] Vr, 22 November 2002 15:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
ddu...@ufh.ac.za (Drom) wrote:

>> Dalk sal Drom weet?
>
> Nee, hy weet niks daarvan nie en die plaaslike Tuinboukundige is nie
> vandag hier om te help nie.

Okay, maar jy's darem nog hier. Jy moenie so stil raak nie! :-)

> Oor die simboliek: 'n Voormalige kollega woon daar en ek het hom nou
> net gebel. Hy sê daar is geen 'duistere motiewe' nie, dit dui maar net
> op 'groei uit 'n vrugbare aarde." Kyk na die blaartjie op die spiraal.

Ja 'kay! Ek glo julle. DD het al gister dieselfde gesê.
Maar...maar...MAAR...ek het darem ook nie bedoel dat die spiraal het
"duistere" motiewe nie. Hedonistiese (pagan) simboliek is nie vir my
noodwendig "duister" of sinister nie. Ek vind dit net geweldig
interessant. (En al is die dingetjie op die embleem wel 'n fiddlehead
soos Gloudina tereg opgemerk het, is die "O" van Orania, definitief
slegs 'n spiraal.)
Dis maar al...rerig! En okay - ek erken dat ek skepties staan teenoor
die hele Orania konsep. Maar live and learn ... :-)
Re: Orania [boodskap #69224 is 'n antwoord op boodskap #69209] Vr, 22 November 2002 19:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter
> Dankie, Drom. Ek het geweet dis naby Petrusville. Was die "dorp"
> nie eers as Vanderkloof(dam) bekend nie?
>

Ek het bietjie vergeet van Vanderkloof, soos Liewe Heksie sou sê, maar
dit is dieselfde plek ja. My nuuter (?) padkaart wys Orania op
dieselfde plek as waar die ouer een Vanderkloof wys.

Drom
Re: Wat help dit? [boodskap #69233 is 'n antwoord op boodskap #69211] Sa, 23 November 2002 00:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
hahahahahaha. Jaaaa

"Annette" skryf in boodskap news:arlidg$k006f$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Michelangelo het ook gesê die hardste wat hy nog gewerk het was toe hy op sy
> rug was:))
> Annette
Re: Wat help dit? [boodskap #69235 is 'n antwoord op boodskap #69187] Sa, 23 November 2002 00:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi, my darling, kom ons "agree to disagree" voordat ons vuisslaan. Dis
duidelik dat jy nie 'n clue het hoe moeilik dit vir 'n vrou is om haar plek
vol te staan as sy eers werk gekry het nie. 'n Vrou moet altyd twee keer
harder werk as 'n man om te "bewys" so hoort waar sy is.
Die eenvoudige feit van die saak bly, en jy kan stry soos jy wil, maar
meeste vrouens (en mans) word uit nood prostitute. Ek het dit al voorheen
gesien, en ons sal dit oor en oor sien gebeur. Ek sê weer dat werkgewers
die werkloosheid probleem uitbuit. Weet jy hoeveel plekke bied jou net 'n
kommissie aan? Dan verwag hulle nog jy moet jou eie petrol en dies meer ook
betaal. Weet jy wat kry 'n ontvangsdame? Weet jy wat kry 'n junior
sekretaresse, of 'n "web developer?" Party plekke betaal jou meer, dis waar
maar dis grooter maatskappye wat onder die vergrootglas geplaas word. Die
groot maatskappye is ook nie sommer bereid om enigiemand 'n kans te gee nie.
Jy moet of 5 of meer jaar se ondervinding hê, of jy moet iemand in die
maatskappy ken. As ek eers vir 5 jaar vir 'n salaris van R1500 moet gaan
werk, sal ek kripeer van die honger.
Kleiner maatskappye betaal jou nie so baie nie. En ek's jammer om dit te
sê, maar ek sal nie eers my basiese uitgawes met 'n salaris van R2000 per
maand kan dek nie. Wat nog 'n vrou met kinders (meeste prostitute het
kinders) of 'n man wat graag wil studeer, maar nie lening of iemand het wat
vir hom kan betaal nie. Om barman te speel, gaan nie eers jou koshuis of
woonstel huur behoorlik dek nie.
Kom terug aarde toe en ruik die vrot rose Ferdi. Ons leef in 'n bliksemse
moeilike tyd, en dis maklik vir 'n mens met 'n goeie job om te sê, nou
hoekom kry hulle nie 'n vaardigheid en gaan werk erens anders nie? Wie gaan
betaal vir hulle om daai vaardigheid te leer?

Groete
Elaine

"Ferdi Greyling" wrote:
> So, is daar dan vandag meer wit manlike prostitute as wit vroulike
> prostitute?

Ek glo nie so nie.
Re: Wat help dit? [boodskap #69245 is 'n antwoord op boodskap #69186] Sa, 23 November 2002 08:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Willie Vorster  is tans af-lyn  Willie Vorster
Boodskappe: 38
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Volle Lid
Stel jou voor 'n dame van die aand besluit om op te hou om haar lyf te
verkoop. Nou moet sy uitspring en 'n ander werk kry. Sy stel haar CV saam.
Hoer gewees vir die afgelope tien jaar. Nou wil ek 'n descent job he. Ek is
seker werkgewers sal oor hul voete val om haar in diens te neem. Of wat
praat ek?

"Ferdi Greyling" >
> Hoekom hou hulle dan nie op nie - met protitusie.
>
Re: Orania [boodskap #69246 is 'n antwoord op boodskap #69224] Sa, 23 November 2002 08:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Willie Vorster  is tans af-lyn  Willie Vorster
Boodskappe: 38
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Volle Lid
Nuwer?

"Drom" >
My nuuter (?) padkaart wys Orania op dieselfde plek as waar die ouer een
Vanderkloof wys.
>
> Drom
Re: Wat help dit? [boodskap #69305 is 'n antwoord op boodskap #69235] Ma, 25 November 2002 01:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 23 Nov 2002 02:35:21 +0200, "Elaine" wrote:

> Ferdi, my darling, kom ons "agree to disagree" voordat ons vuisslaan. Dis
> duidelik dat jy nie 'n clue het hoe moeilik dit vir 'n vrou is om haar plek
> vol te staan as sy eers werk gekry het nie. 'n Vrou moet altyd twee keer
> harder werk as 'n man om te "bewys" so hoort waar sy is.
> Die eenvoudige feit van die saak bly, en jy kan stry soos jy wil, maar
> meeste vrouens (en mans) word uit nood prostitute.

Elaine, my ou stukkie, wat nou van jou logiese lyn?
Jy moet dit sekerlik resolve?
Jy se werkloosheid lei daartoe dat mense prostitute word.
Jy se vrouens en mans word prostitute.
Jy se ook wit mans kan vandag nie meer werk kry nie.
Dit volg dan mos logies dat daar nou baie meer wit mans as prostitute
moet wees?
OF jou logiese lyn is foutief.

Jy kan dit nie net weg tower met die soort reaksie wat jy hierbo gehad
het nie.

Ek het dit al voorheen
> gesien, en ons sal dit oor en oor sien gebeur.

Ek het iemand aangehaal wat gereeld met die mense werk - en sy sien
dit anders as jy.

Ek sê weer dat werkgewers
> die werkloosheid probleem uitbuit. Weet jy hoeveel plekke bied jou net 'n
> kommissie aan? Dan verwag hulle nog jy moet jou eie petrol en dies meer ook
> betaal. Weet jy wat kry 'n ontvangsdame? Weet jy wat kry 'n junior
> sekretaresse, of 'n "web developer?"

Ja.

Party plekke betaal jou meer, dis waar
> maar dis grooter maatskappye wat onder die vergrootglas geplaas word. Die
> groot maatskappye is ook nie sommer bereid om enigiemand 'n kans te gee nie.
> Jy moet of 5 of meer jaar se ondervinding hê, of jy moet iemand in die
> maatskappy ken. As ek eers vir 5 jaar vir 'n salaris van R1500 moet gaan
> werk, sal ek kripeer van die honger.

Huisbediendes werk vir 'n kwart daarvan.

> Kleiner maatskappye betaal jou nie so baie nie. En ek's jammer om dit te
> sê, maar ek sal nie eers my basiese uitgawes met 'n salaris van R2000 per
> maand kan dek nie. Wat nog 'n vrou met kinders (meeste prostitute het
> kinders) of 'n man wat graag wil studeer, maar nie lening of iemand het wat
> vir hom kan betaal nie. Om barman te speel, gaan nie eers jou koshuis of
> woonstel huur behoorlik dek nie.
> Kom terug aarde toe en ruik die vrot rose Ferdi. Ons leef in 'n bliksemse
> moeilike tyd, en dis maklik vir 'n mens met 'n goeie job om te sê, nou
> hoekom kry hulle nie 'n vaardigheid en gaan werk erens anders nie? Wie gaan
> betaal vir hulle om daai vaardigheid te leer?

Die staat, as 'n sosiale skeme. (Deel van die "beheer")
As jy prostitusie wettig verklaar en dit dan onder "beheer" sit, gaan
iemand mos betaal vir daardie "beheer".
Wie stel jy voor?
Vir my lyk dit of dit net die staat kan wees.
Re: Wat help dit? [boodskap #69308 is 'n antwoord op boodskap #69245] Ma, 25 November 2002 02:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 23 Nov 2002 10:26:33 +0200, "Willie Vorster"
wrote:

> Stel jou voor 'n dame van die aand besluit om op te hou om haar lyf te
> verkoop. Nou moet sy uitspring en 'n ander werk kry. Sy stel haar CV saam.
> Hoer gewees vir die afgelope tien jaar. Nou wil ek 'n descent job he. Ek is
> seker werkgewers sal oor hul voete val om haar in diens te neem. Of wat
> praat ek?

Party sal seker!

Seriously - sy hoef mos nie te se wat sy was nie?
Ek vra nie vir loodgieters wat hulle in die verlede gedoen het nie.
Solank hulle die pyp kan regmaak is dit OK.
Re: Wat help dit? [boodskap #69349 is 'n antwoord op boodskap #69308] Ma, 25 November 2002 17:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
En hoe gaan jy weet of hy die pyp kan reg maak? Jy gaan hom mos vra of hy
dit voorheen gedoen het? En hoe lank terug hy sy laaste pyp gefix het, want
'n ou wat 10 jaar laas 'n pyp gefix het gaan droogmaak as hy nou eweskielik
weer 'n pyp moet fix.
Wat van sê 'n sekretaresse, hulle gaan tog wil weet of sy kan doen wat sy
sê. 10 jaar terug het baie maatskappy nog op tikmasjiene gerun. Die wat
rekenaars gehad het was dalk nog op DOS. So sy het 10 jaar se agterstand om
in te haal. Email het so te sê nie bestaan nie. Niemand gaan haar aanstel
nie.
Wat van sê 'n boekhouer. 10 jaar terug het baie maatskappye nog boeke met
die hand gedoen. Nou doen hulle dit met Pastel en QuickBooks en dies meer.
So sy's agter, hoe haal sy in?
Wat van sê 'n ontvangsdame. Skakelborde het so baie verander, en die goed
run deesdae op rekenaars, 10 jaar terug het jy 'n knoppie op die foon
gedruk. Wat nou, sy was 10 jaar lank op die straat, hoe haal sy in?
Verpleging - nee wat as jy 10 jaar lank uit verpleging was kry jy nie weet
'n job nie, alles het so baie verander.
Stikster - ja miskien kan sy so 'n werk kry. Maar dan gaan sy moet bewys sy
kan stik, en daar's nie juis werk as stiksters nie.
Au Pair (of Nanny), weereens moet jy kan bewys dat jy na kinders kan kyk.
As iemand nie vir my kan sê waar sy die laaste 10 jaar was, en wat sy gedoen
het nie, gaan ek haar nie aanstel om na my kinders te kyk nie.

Elaine

"Ferdi Greyling" wrote:
>
> Party sal seker!
>
> Seriously - sy hoef mos nie te se wat sy was nie?
> Ek vra nie vir loodgieters wat hulle in die verlede gedoen het nie.
> Solank hulle die pyp kan regmaak is dit OK.
>
Re: Wat help dit? [boodskap #69351 is 'n antwoord op boodskap #69305] Ma, 25 November 2002 18:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" wrote:
>
> Elaine, my ou stukkie, wat nou van jou logiese lyn?
Jy sien net jou kant in, en jy hardloop in sirkels. Jy vra oor en oor
dieselfde vraag, net op 'n ander manier. Ek dog joernaliste is veronderstel
om objektief na 'n saak te kan kyk?

> Jy moet dit sekerlik resolve?
Nie noodwendig nie. Elke ou het sy eie siening. Ek weet en glo wat ek weet
en glo, ek hoef jou nie te oortuig van die waarheid nie. Jy glo wat jy dink
jy weet en glo, en jy hoef my nie te oortuig van jou siening nie.

> Jy se werkloosheid lei daartoe dat mense prostitute word.
> Jy se vrouens en mans word prostitute.
> Jy se ook wit mans kan vandag nie meer werk kry nie.
> Dit volg dan mos logies dat daar nou baie meer wit mans as prostitute
> moet wees?
Ja, deesdae is daar 'n verhoging in die aantal wit manlike prostitute. Maar
daar's steeds minder manlike prostitute as vroulike prostitute. Dalk omdat
daar omtrend 2 keer meer vrouens as mans is? Ek was onder die indruk dat jy
gesê het daar's dalk meer manlike as vroulike prostitute.

> Huisbediendes werk vir 'n kwart daarvan.
As jy jou bediende R375 per maand betaal breek jy die wet boeta. Bediendes
kry ook goed soos gratis kos (ek weet myne en my ma s'n kry in die oggend en
in die middag hulle bord kos. Ek gee gereeld ook vir myne iets ekstra vir
haar kinders. Het haar die R900 deposito op haar RDP huisie gegee en vat
haar na my dokter toe as sy ernstig siek word.
Almal doen dit nie, ek weet - en mense stel al hoe minder bediendes aan,
want hulle kan dit nie meer bekostig nie. Kan jy sien hoe kry 'n wit persoon
'n RDP huis? Ek kan nie. BTW, ek sien net soveel (indien nie meer nie)
swart prostitute as wit prostitute.

> Die staat, as 'n sosiale skeme. (Deel van die "beheer")
> As jy prostitusie wettig verklaar en dit dan onder "beheer" sit, gaan
> iemand mos betaal vir daardie "beheer".
> Wie stel jy voor?
> Vir my lyk dit of dit net die staat kan wees.

As prostitutisie gewettig word, en beheer word, gaan die klomp mos belasting
betaal. 'n Deel van daai "prostitusie belasting" kan dan aangewend word tot
die beheer van die saak. Dink hoeveel meer geld gaan die staat inkry deur
dit te wettig. 'n Goeie prostituut maak sowat R30 000 per maand. En die
"establishment" maak lag-lag 'n miljoen of meer per maand.

Elaine
Re: Wat help dit? [boodskap #69384 is 'n antwoord op boodskap #69349] Di, 26 November 2002 00:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 25 Nov 2002 19:56:59 +0200, "Elaine" wrote:

> En hoe gaan jy weet of hy die pyp kan reg maak? Jy gaan hom mos vra of hy
> dit voorheen gedoen het? En hoe lank terug hy sy laaste pyp gefix het, want
> 'n ou wat 10 jaar laas 'n pyp gefix het gaan droogmaak as hy nou eweskielik
> weer 'n pyp moet fix.

Iemand wat reeds in die tronk was, het moerse goeie kaste vir my
gebou. Ek het hom NIE daaroor gevra nie, maar het toevallig daarvan
geweet via 'n ompad.
Dit het glad nie in berekening gekom in terme van die kaste nie.
Ek wou net weet of hy dit kan bou.
Dus - ek sal nie wil weet of die loodgieters eens 'n prostituut was
nie, maar bloot of sy pype kan regmaak.

Wat die res van jou voorbeeld betref, dis 'n lys waar sulke inligting
ter sprake kan kom. Daar is natuurlik 'n ewe lang lys waar dit NIE ter
sprake kom nie.

Ek gaan in elk geval nie glo dat jy argumenteer dat as iemand eers 'n
protituut was, is sy of hy onredbaar, onopleibaar en onindiensneembaar
nie. Ek dink sy of hy ihet 'n kans op al drie daai goed.
Re: Wat help dit? [boodskap #69385 is 'n antwoord op boodskap #69351] Di, 26 November 2002 02:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 25 Nov 2002 20:16:05 +0200, "Elaine" wrote:

> "Ferdi Greyling" wrote:

>> Elaine, my ou stukkie, wat nou van jou logiese lyn?
> Jy sien net jou kant in, en jy hardloop in sirkels. Jy vra oor en oor
> dieselfde vraag, net op 'n ander manier. Ek dog joernaliste is veronderstel
> om objektief na 'n saak te kan kyk?

Ek wys jou daarop dat jou argument logies tot die konklusie lei dat
daar 'n toename in wit manlike prostitute moet wees in SA.
As daar is, is jou argument reg.
As daar nie so 'n toename is nie, is jou argument iewers gekraak.
Wat van jy antwoord die vraag dan kan ek ophou om dit te vra?

a, deesdae is daar 'n verhoging in die aantal wit manlike
prostitute.

A! 'n Antwoord! Is hulle wit mans? Sat is jou bron?

r
> daar's steeds minder manlike prostitute as vroulike prostitute. Dalk omdat
> daar omtrend 2 keer meer vrouens as mans is?

In die samelewing? Nee, die syfer is verkeerd. Sover ek weet is daar
min of meer ewe veel mans as vrouens, met waarskynlik net-net meer
vrouens.
Maar die kans is dat daar meer OUER vrouens is as ouer mans en dat die
syfer baie gelyk is se nou maar onder 40.

Ek was onder die indruk dat jy
> gesê het daar's dalk meer manlike as vroulike prostitute.

Nee. Ek het gese as dit waar is dat mense protitute word omdat hulle
nie werk kan kry nie en as dit waar is dat wit mans in groot getalle
skielik nie meer werk kan kry nie, dan moet daar 'n toename in wit
manlike prostitute wees.

Huisbediendes werk vir 'n kwart daarvan.
> As jy jou bediende R375 per maand betaal breek jy die wet boeta.

Ek het nie bediendes nie. Net iemand wat soms vir 'n middag kom stryk
en se vertel waarvoor sy elders werk. jy sal jou gat afskrif as jy
hoor wat betaal mense huisbediendes (hoe min hulle betaal word) -
veral op die platteland.

BTW, ek sien net soveel (indien nie meer nie)
> swart prostitute as wit prostitute.>

Hang af waar jy hulle sien. Ek is seker daar is min wit protitute op
die sogenaamde transport-roetes noord Afrika in.

As prostitutisie gewettig word, en beheer word, gaan die klomp mos
belasting
> betaal. 'n Deel van daai "prostitusie belasting" kan dan aangewend word tot
> die beheer van die saak. Dink hoeveel meer geld gaan die staat inkry deur
> dit te wettig. 'n Goeie prostituut maak sowat R30 000 per maand.

Seker nie in die townships nie.

En die
> "establishment" maak lag-lag 'n miljoen of meer per maand.

Met ander woorde daar is geld om hulle op te lei en vaardighede te
gee. Dan kan hulle mettertyd ophou om protitute te word - as jy reg is
dat 'n gebrek aan werkgeleenthede die rede is hoekom hulle protitute
is.
.
Re: Wat help dit? [boodskap #69386 is 'n antwoord op boodskap #69015] Di, 26 November 2002 02:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 26 Nov 2002 08:08:59 +0200, "Willie Vorster"
wrote:

> Ja Ferdi, maar die loodgieter het klaar 'n job. Die trick is om eers die job
> te kry. Weet jy hoe moeilik is dit om deesdae 'n job te kry in hierdie
> land - al is jy goed gekwalifiseerd? Veral as jy wit is. Vra my, ek weet.

Met alle respek 'n loodgieter het nie 'n permanenete job nie, hy of sy
doen jobs soos dit opduik.

Ek weet daar is baie werkloosheid. Ek sien dit baie. My argument in
die saak is dat werkloosheid nie die hoofrede vir prostitusie is nie.
Dis seker bydraens, maar daar is ander redes wat belangriker is - dis
wat ek argumenteer in die thread.
Re: Wat help dit? [boodskap #69412 is 'n antwoord op boodskap #69308] Di, 26 November 2002 06:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Willie Vorster  is tans af-lyn  Willie Vorster
Boodskappe: 38
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Volle Lid
Ja Ferdi, maar die loodgieter het klaar 'n job. Die trick is om eers die job
te kry. Weet jy hoe moeilik is dit om deesdae 'n job te kry in hierdie
land - al is jy goed gekwalifiseerd? Veral as jy wit is. Vra my, ek weet.

Willie Vorster
>
> > Hoer gewees vir die afgelope tien jaar. Nou wil ek 'n descent job he. Ek
is
>> seker werkgewers sal oor hul voete val om haar in diens te neem. Of wat
>> praat ek?
>
Ferdi Greyling

> Party sal seker!
>
> Seriously - sy hoef mos nie te se wat sy was nie?
> Ek vra nie vir loodgieters wat hulle in die verlede gedoen het nie.
> Solank hulle die pyp kan regmaak is dit OK.
>
Re: Wat help dit? [boodskap #69484 is 'n antwoord op boodskap #69386] Di, 26 November 2002 16:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Willie Vorster  is tans af-lyn  Willie Vorster
Boodskappe: 38
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Volle Lid
Ok, ek stem saam. Dis nie altyd die hoofrede vir 'n girl om 'n hoer te word
nie. Party is seker maar net pleinweg jags.

MAAR jou skrywe in jou vorige posstuk het te kenne gegee dat die girls dit
sommer net kan vaarwel roep en 'n oordentlike job kry, nie waar nie? Dit is
nie sooo maklik nie.

Willie.

"Ferdi Greyling" > Met alle respek 'n loodgieter het nie 'n permanenete job
nie, hy of sy
> doen jobs soos dit opduik.
>
> Ek weet daar is baie werkloosheid. Ek sien dit baie. My argument in
> die saak is dat werkloosheid nie die hoofrede vir prostitusie is nie.
> Dis seker bydraens, maar daar is ander redes wat belangriker is - dis
> wat ek argumenteer in die thread.
>
Re: Wat help dit? [boodskap #69507 is 'n antwoord op boodskap #69384] Di, 26 November 2002 21:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Natuurlik - ek sê nie hy/sy is onredbaar nie. Ek verduidelik aan jou hoe
moeilik dit vir so iemand sal wees om weer 'n werk te kry.

Elaine

"Ferdi Greyling" wrote:

> Ek gaan in elk geval nie glo dat jy argumenteer dat as iemand eers 'n
> protituut was, is sy of hy onredbaar, onopleibaar en onindiensneembaar
> nie. Ek dink sy of hy ihet 'n kans op al drie daai goed.
Re: Wat help dit? [boodskap #69508 is 'n antwoord op boodskap #69386] Di, 26 November 2002 21:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Okay, van hulle doen dit vir die geld en klaar. Maar ek's seker 'n R50
Hillbrow prossie doen dit nie vir die geld nie.

Groete
Elaine

"Ferdi Greyling" wrote:
>
> Ek weet daar is baie werkloosheid. Ek sien dit baie. My argument in
> die saak is dat werkloosheid nie die hoofrede vir prostitusie is nie.
> Dis seker bydraens, maar daar is ander redes wat belangriker is - dis
> wat ek argumenteer in die thread.
>
Re: Wat help dit? [boodskap #69569 is 'n antwoord op boodskap #69386] Wo, 27 November 2002 11:29 Na vorige boodskap
Stone  is tans af-lyn  Stone
Boodskappe: 85
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Volle Lid
"Ferdi Greyling" wrote in message
> knip
>
> Ek weet daar is baie werkloosheid. Ek sien dit baie. My argument in
> die saak is dat werkloosheid nie die hoofrede vir prostitusie is nie.
> Dis seker bydraens, maar daar is ander redes wat belangriker is - dis
> wat ek argumenteer in die thread.
>

Daar was onlangs, week of twee terug 'n artikel in die Huisgenoot (deel van
Naspers?)
oor een of ander geleerde wat 'n studie gemaak het oor manlike prostitute in
Pta wat
glo verskriklik toegeneem het die laaste paar jaar, veral wit jong mans, en
volgens hulle
is die hoofrede om geld te maak (om onder andere vir studies te betaal) en
hulle kan nie
ander werk kry wat so goed betaal nie.
Vorige onderwerp: Re: Afrikaners is plesierig?
Volgende onderwerp: hou den bek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 03:40:03 MGT 2024