Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » SWA se plase....alweer!
SWA se plase....alweer! [boodskap #69117] Do, 21 November 2002 06:15
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek dag julle klomp sal wil weet dat daar darem lig voor in die tonnel vir
ons is tov die plase en wie moet ons bedank? Gierigheid! Daai handjies
wat so haak staan as iets maklik bekombaar raak, is iets wat meeste politici
nou een maal maar net nie kan weerstaan nie. Die skerp soeklig is nou op
enigiets wat net met plase verband hou en nou begin die wurms uitkruip.
Nie lank gelede nie is 'n boer veroordeel oor hy mense van sy plaas wou
afsit en die regering het lekker politieke myle gewen daaruit, maar nou het
een van sy amptenare, Permanente Sekretaris van Hoër Onderwys, Vitalis
Ankama, 'n man wat een moerse salaris verdien, 'n stuk hervestigingsgrond
ge-'score' van die regering en dis nie al nie....saam met sy deel, ook die
deel van die plaas waarop die plaashuis is, is aan hom toegeken. Wat egter
sy knaters gaan sprei, is die feit dat die boer wat die plaas aan die
regering verkoop het, die regering ten tyde van die verkoop in kennis gestel
het dat daar families is wat al lank op die plaas bly en wat geen heenkome
het nie.
NOU doen die mense wat hierdie stukke grond gekry het [dis nou Ankama
ingesluit] aansoek dat hierdie plaaswerkers van hulle grond verwyder moet
word! Wat eintlik hier gebeur het, is dat die regering besig is om presies
dieselfde te doen aan plaaswerker-gesinne as wat so 'n paar weke gelede
gedoen is die blanke boer wat die mense van sy grond af wou hê! Dalk is
hierdie maar net weer 'n aanduiding dat in die speelbal van die politici, is
die gewone ou op die grond eintlik niks?
Vorige onderwerp: Re: Tjailatyd
Volgende onderwerp: Wat kan die regering doen om armoede te verlig?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 06:19:36 MGT 2024